RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 16.08.2018

'n Volledige diensgelykheidsplan is volgens wet verpligtend vir maatskappye in Suid-Afrika. Advokaat Ernst Richter van die LWO-werkgewersorganisasie verduidelik wat van die landbou verwag word. Die Afrika Brahman-kongres vind aan die einde van September by die Afridome in Parys plaas. Die vise-president van die Brahman Beestelersgenootskap, De Waal Nigrini, vertel wat hulle beplan. En ontmoet die...

RSG Landbou 15.08.2018

Voetslaanpaaie op plase word al hoe meer gewild. Hennie Maas praat hieroor met Albert Bossert van die Voetslaan-organisasie van Suidelike Afrika. Wie is die Nasionale Oesskattingskomitee en hoe gaan hulle te werk om data in te samel? Leon Coetzee, adjunkdirekteurgeneraal van landbou-ontwikkelingsdienste in die Oos-Kaap, praat ook oor die werk wat hulle doen. Hy gee sy indrukke van die werk wat Agr...

RSG Landbou 14.08.2018

Die gesprek met die Karoo-kruiekenner, Antoinette Pienaar, word voortgesit. Sy praat hierdie keer oor tuinkruie. Kevin Smit van Hinterland gee raad oor die bestuur van produsente se insetkoste. En die moontlikheid om 'n veeartsenykunde-fakulteit by die Universiteit van Fort Hare te begin, word ondersoek.

RSG Landbou 13.08.2018

Die Katjie-drieblaar is 'n krui wat tydens lamtyd deur die ooi tot op die grond gevreet word. Die bekende Karoo kruiekenner, Antoinette Pienaar, vertel hoe kruie in die streek natuurlik beheer word. Carin Venter, RSG Landbou se verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het onlangs die Agri Oos-Kaap kongres bygewoon waar sy met Dan Kriek, die president van Agri SA, gesels het. Ons hoor ook wie vanjaar se A...

RSG Landbou 10.08.2018

Watter bydrae lewer landbou-opleiding, die toepassing van moderne tegnologie en die beskikbaarheid van die jongste plantmateriaal in die vestiging van nuwe boere? Chris Viljoen gesels met 'n boer wat hierdie pad volg, en reeds aangewys is as nasionale kommersiële boer van die jaar.

RSG Landbou 09.08.2018

Chris Viljoen kyk na plaassertifiseringsoudits, Sapo Trust se plantpatologie-laboratorium, die take van veldwagters by die Keurboomsrivier / Robberg-natuurreservaat, en 'n nuwe sentrum vir voedselveiligheid, wat veral fokus op voedseloordraagbare siektes.

RSG Landbou 08.08.2018

Die Bultfontein Boertjiefees vind die einde van die maand plaas. Die voorsitter van die komitee, Herman Meiring, vertel meer van die fees. Die somer is om die draai, en sodra dit warmer word, steek peste en plae weer kop uit. Dr. Handre Bredenkamp van Afrivet vertel watter hulp hulle aan boere kan bied. Die South African Meat Industry Corporation se wenners in vanjaar se karkaskompetisie word op 1...

RSG Landbou 08.08.2018

Die gehalte van water het 'n noemenswaardige effek op plaagdoders want, volgens Francois Viljoen van Syngenta, bestaan 95% van so 'n mengsel uit water. Ons medewerker in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat, Izak Hofmeyr, praat met Mike Nicolau van Elmic Beefmasters oor sy pasafgelope veiling. Ons hoor ook wat die fokus van die vyfde Agbiz Graan-symposium is. En Pieter Swart, president van die Brangu...

RSG Landbou 07.08.2018

Volgens Henk Crafford van Agricol is die soetwitblomklawer 'n veelsydige peulgewas. Hy vertel meer van hierdie gewas se verbouiing en aanwending. Dr. Elizna Boag van Afrivet gee raad oor kindervriendelike honde op plase, en dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie praat oor die veranderende melklandskap in Suid-Afrika. Hy vertel onder andere hoeveel melk vanaf natuurlike weidings afko...

RSG Landbou 06.08.2018

RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het die onlangse jongooi-skou op Philipstown bygewoon, waar hy met 'n verteenwoordiger van die Britse Koningshuis, Peter Ackroyd, oor die rol van wol in die modebedryf gesels het. En Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association praat oor die varsproduktewaardeketting.

RSG Landbou 03.08.2018

Hoe kan pigmente in turksvyskille, die plant se olies, sade en slymgom tot voordeel van die mens benut word? Chris Viljoen gesels met 'n voedselwetenskaplike oor die turksvyplant, wat nie net deur vee benut word nie.

RSG Landbou 03.08.2018

Chris Viljoen kyk na welwillendheidsprojekte van VLVK in die Oos-Kaap, 'n Hoër Landbouskool met 70 onderwysers vir 250 leerders, alternatiewe energiebronne, en die 12de veldbrandbestuur-simposium wat vanjaar op George plaasvind.

RSG Landbou 02.08.2018

Bonne de Bod praat oor die “Rhino coin”. Dr. Michael Bradfield, besturende direkteur van die plaaslike Wagyu-beestelersgenootskap, gesels oor 'n Wagyu-veiling wat binnekort plaasvind. Daar is ook nuus oor medisinale plante op plase, en die bekende skaapveearts, dr. Dave Midgley, gesels oor lamseisoene, en hoe jy na jou lammers moet kyk.

RSG Landbou 31.07.2018

Die landbougemeenskap is onthuts oor die handelsoorlog wat tussen die VSA en ander lande woed. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-unie, praat oor die aangeleentheid. Daar is nuus van 'n projek wat by Harrismith onderneem word deur die Wildbewaringstrust. Owen Rhode van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse praat oor gunstige grondmikrobes, en 'n melkboer van die...

RSG Landbou 31.07.2018

Die saadmaatskappy, Pannar, is vanjaar 60 jaar oud. Nick Goble praat oor die geskiedenis van die vooraanstaande maatskappy. Daar is 'n gesprek met dr. Koos Coetzee van die Melkprodusente-organisasie oor die International Farm Comparison Network-byeenkoms wat hy in Ierland bygewoon het. En Lise Roberts praat met Ernst Retief en Carina Coetzer van Birdlife South Africa oor rentmeesterskap en die Ing...

RSG Landbou 30.07.2018

Dr. Pieter Haumann van Fertasa vertel meer van die organisasie, en hoe dit bemestingsake namens die landbou aanspreek. Wilhelmus van der Schyff praat oor die Schyff Beefmaster-veiling, en Freddy Schmidt gesels oor die Stormhoek-produksieveiling wat later vandeesweek plaasvind. En Arnaud le Roux van Wildbedryf SA praat oor die grysbokkie en sy gewoontes.

RSG Landbou 27.07.2018

Tydens vanjaar se Swartland Landbouskou bied die Departement van Landbou in die Wes-Kaap 'n vaardigheidskortkursus aan oor kleinvee dieregesondheid. Dit is 'n behoefte in die omgewing, en kursusgangers word deur die skoukomitee geïdentifiseer. Dit vind plaas in samewerking met staatsveeartse. Chris Viljoen vertel van Connect-agri op Moorreesburg.

RSG Landbou 27.07.2018

Die koejawelsapmark is onder druk, maar die bedryf wil die varsmark deur beter gehalte uitbou. Die ontbytgraanmark geniet aandag in navorsing. Die voorkoms van Newcastle-siekte en influenza kan ook agterplaashoenders uitroei. Personeel van Agri-SA besoek die Noord-Kaap van Maandag 30 Julie tot Vrydag 3 Augustus.

RSG Landbou 26.07.2018

Die Mamre intensiewe lamstelsel wat deur Karin en Manie Wessels van Mamre Intensiewe Skaapboerdery ontwikkel is, het vinnig in gewildheid toegeneem. Izak Hofmeyr vertel van die intensiewe skaapproduksieskool wat in Port Elizabeth plaasgevind het. Hy brei ook uit oor die werking van die stelsel. En daar is 'n gesprek met Omri van Zyl van Agri SA oor die jaarvergadering van die World Farmers Organis...

RSG Landbou 25.07.2018

Daar is nuus oor die eerste Agri Gauteng-ekspo wat binnekort plaasvind. Hennie Maas praat met Hans ten Hagen van Loosdrecht in Nederland oor die strawwe droogte wat tans in die waterryke land ervaar word. Hy sê daar is baie water, maar die boere is nie toegerus om die lande te besproei nie. En dr. John Purchase gesels oor die afgelope Agbiz-kongres, en die belangrike sake wat daar bespreek is.

RSG Landbou 24.07.2018

Lise Roberts praat met Dawie du Plessis van Agricol oor koelseisoen-peulgewasse. Dr. Helena Theron van SA Stamboek brei uit oor klougesondheid by beeste. Manie Wessels van Mamre Intensiewe Skaapboerdery vertel van die hoë speenlampryse wat onlangs behaal is. En Keneilwe Nailana van Standard Bank verduidelik hoe 'n land moet belê in jong agripreneurs.

RSG Landbou 23.07.2018

Dr. Dirk Strydom van Graan SA praat oor die Internasionale Graanraad en wêreld-graantendense. Hy dink die vooruitsigte is positief, maar glo dat die handelsoorloë wat tans aan die gang is, fyn dopgehou moet word.

RSG Landbou 20.07.2018

Hoe gaan klimaatsverandering plantegroei en uiteindelik diereproduksie beȉnvloed? Boere sal vorentoe met die hulp van stelselmonitering, inligting ontvang oor die uitwerking van hoër temperature op spesieverandering in Karooveld. Chris Viljoen gesels met twee navorsers van die Noord-Kaap oor die resultaat van 'n langtermynproef by die Carnarvon-navorsingstasie.

RSG Landbou 20.07.2018

Chris Viljoen kyk na die verifikasieproses in die Berg-Olifantswaterbeheergebied, die impak van weidingsintensiteit op grasvelde van die noordelike Vrystaat, die uitdagings en volhoubaarheid by die AWK Jaarkongres, aartappelrolblaar, en die PSHB kewer se uitwerking op avakados, pekanneute en makadamias.

RSG Landbou 19.07.2018

Dr. Danie Odendaal vertel hoe belangrik 'n veearts se rol is in kuddegesondheid. Hy verduidelik dat die veearts deel van 'n boer se bestuurspan moet wees. Daar is 'n gesprek met Judy Stuart oor 'n besonderse toekenning wat haar organisasie, Future Farmers, later vanjaar ontvang. Jannie Badenhorst van die Hoërskool Bekker gesels oor die skool se Veeplaas-kudde wat nou al drie jaar aan die gang is....

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.