RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 17.07.2018 27:57
Baie mense onderskat die waarde van bome op plase. Hennie Maas praat met boomkenner Neels Esterhuysen, oor die waarde van bome as versiering, afskerming en die produksie van hout. Dr. Danie Visser, 'n veekundige en varkkenner, praat oor varkproduksie in Suid-Afrika, en vergelyk plaaslike varkvleisverbruik met die van 'n land soos Sjina. Daar is ook 'n gesprek met Phillip Meiring van Voermol oor dr...
RSG Landbou 17.07.2018 29:06
Veearts dr. Faffa Malan het onlangs 'n toekenning van die Rooivleisprodusente-organisasie Vrystaat ontvang vir sy vele jare van onbaatsugtige diens aan die bedryf. Die ondervoorsitter van die RPO in die Vrystaat, Neville Raath, vertel waarom hulle besluit het om hierdie toekenning aan hom te gee. Wouter de Wet van RCL Foods gesels oor Driehoek Voere se onlangse oorname deur RCL Foods. En Juan Booy...
RSG Landbou 16.07.2018 28:23
Dr. Faffa Malan praat oor die maandelikse veesiekteverslae wat deur veeartse landswyd ingedien word. Hy sê slenkdalkoors is tans grootste gevaar. Daar is 'n gesprek met rekenmeester Frans van Eden van Prioritise oor die belangrikheid van finansiële state in 'n onderneming, veral op die plaas. En dr. Requier Wait van Agri SA bespreek die dieselrabat en wat dit vir boere beteken.
RSG Landbou 13.07.2018 12:16
Wat beteken klimaatsverandering, en hoe raak dit 'n ieder en elk? Chris Viljoen praat hieroor met die vervaardigers van DIE KWIK STYG, wat elke Vrydag om 12:45 op RSG uitgesaai word.
RSG Landbou 13.07.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na tussenverbouiing-aanbevelings, hulp met jaarlikse plaasoudits, primêre en sekondêre versouting van grond, en die vestiging van die Africa Wildlife Economy Institute om volhoubare ekonomiese benutting van natuurlewe in Afrika te bevorder.
RSG Landbou 12.07.2018 26:05
Lise Roberts praat met Johann de Wet van De Wetshof, wat aangewys is as Agri Wes-Kaap se jongboer van die jaar. Albert Loubser van Plaas Media is een van die organiseerders van die vee-ekspo, ALFA. Hy vertel wat in September op Parys gaan gebeur. En daar is 'n gesprek met Blain Nell van Sovereign Foods, wat nou eg Suid-Afrikaanse status geniet.
RSG Landbou 11.07.2018 25:31
Dr. Johan van Rensburg van Afrivet praat oor kouestres op plaasdiere, en wat gedoen kan word om hulle te help om hierdie toestand te hanteer. Daar is 'n gesprek met dr. Erhard Briedenhann oor die sojaboonbedryf, en die uitdagings waarmee sojaboonboere te kampe het. En Theo Boshoff van Agbiz verduidelik koolstofbelasting, wat tans in konsepwetgewingstadium is.
RSG Landbou 10.07.2018 27:41
Landbouers in die Wes-Kaap het onlangs motte opgemerk, wat dui op die teenwoordigheid van die herfskommandowurm. Hennie Maas praat met prof. Hanneline du Plessis van die Noordwes-Universiteit oor die voorkoms van die plaag. Daar is 'n gesprek met Johan van den Berg van Santam Landbou oor die weer van die afgelope paar weke, en wat nog voorlê. En Lise Roberts gesels met Henry Arendse van Jamestown...
RSG Landbou 09.07.2018 22:39
Rekenmeester Frans van Eden praat oor die in- en uitvloei van kapitaal op 'n plaas. 'n Motiveringspreker by die Noord-Kaapse RPO-kongres, dr. Gustav Gous, vertel hoe boere hulle uitdagings moet hanteer. Daar is ook 'n gesprek met Danelle Murray oor hoe plastiek omskep word om uilhuise te bou.
RSG Landbou 06.07.2018 12:16
Universiteite kan hulleself nie inrig as werkverskaffingsburo's nie, maar daar is ook 'n etiese vraagstuk – as 'n universiteit studente inneem, behoort dit ook die student by te staan om uiteindelik 'n doeltreffende plasing in die bedryf te bewerkstellig. Chria Viljoen kyk na die stigting van 'n nuwe aanlynberoepsportaal.
RSG Landbou 06.07.2018 14:58
Weet beter, doen beter – hoe kan Suid-Afrikaanse ondernemings by hierdie tema aanpas? Chris Viljoen kyk ook na die belang van uniforme toediening van besproeiingswater, en boere van Brasilië wat tot 800 ton nat turksvymateriaal van 'n hektaar af oes. En 'n aanval op die landbougemeenskap is 'n aanval op voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling.
RSG Landbou 05.07.2018 28:56
Advokaat Koos Nel, die hoof van Old Mutual Agrimark, praat oor die aard van die eise wat hulle hanteer. Daar is 'n gesprek met die nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, Koos van der Ryst, oor die uitdagings wat vir die organisasie voorlê. En Carin Venter gesels met drie produsente wat die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging se kongres in Graaff-Reinet bygewoon het.
RSG Landbou 03.07.2018 27:55
In weerwil van die droogte in die Wes-Kaap, lyk sake wat die wyndruifoes betref nie te sleg nie. Lise Roberts praat met Niël Groenewald van Distell oor die vooruitsigte in die bedryf. Daar is ook 'n gesprek met advokaat Koos Nel van Old Mutual Agrimark oor risikodekking in die landbou. En Berndt Oellerman, direkteur vir streek- en nywerheidsontwikkeling by die Departement van Handel en Nywerheid,...
RSG Landbou 02.07.2018 28:53
Een van die groot landbougebeure later vanjaar by ALFA in Parys se Afridome, is die Forum and Expo for Agricultural Development. Dr. Neil van Zyl, mede-organiseerder van ALFA, praat oor die doelwitte van hierdie byeenkoms. Daar is ook 'n gesprek met Hannes du Plessis van Namibië, WRSA se groen ekonomie wildboer van die jaar.
RSG Landbou 29.06.2018 11:23
#DontBeTrashy is 'n veldtog wat deur Cape Nature begin is om rommelstrooiery in reservate en bewaringsgebiede te keer. Die gemors wat mense weggooi, eindig in die riviere, waterlope en uiteindelik in die see.
RSG Landbou 29.06.2018 14:57
Chris Viljoen kyk omgewingsimpak van bosboubome, studiebeurse vir die kinders van plaaswerkers, 'n wêreldwye opname om die lewensomstandighede van landelike vroue te bepaal, en die vordering wat gemaak is met navorsing op grondgedraagde siektes by graangewasse.
RSG Landbou 28.06.2018 28:59
Nico Groenewald van Standard Bank praat oor die landbou se bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk. Die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging in Mpumalanga het by hulle nasionale kongres weggestap met die Goue Ramtoekenning. Machiel Odendaal en sy vrou, Louise, vertel van hulle lewe as skaapboere. En Omri van Zyl van Agri SA praat oor die risiko's wat hulle voorsien vir die toekoms, en...
RSG Landbou 27.06.2018 27:38
Landbou in die Oranjerivier-omgewing is ook deur die droogte geraak. Koos du Pisanie praat met die president van die streek se landbou-unie, Wihan van Rensburg, oor die omvang van die droogte. Wildbedryf SA se Naboombedryfskamer bied suksesvolle opleiding van plaaswerkers aan, en Malan Davey vertel hoe hierdie transformasie-inisiatief werkers bemagtig. En Nico Groenewald van Standard Bank praat oo...
RSG Landbou 26.06.2018 26:11
Dr. Antonie Geyer van die Universiteit van die Vrystaat praat oor tegnieke om die winsgewendheid van lewende hawe te bepaal. Daar is 'n gesprek deur ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter, met Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersorganisasie, oor die afgelope NWKV-kongres. En Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap gesels oor die rol wat voedselveiligheid spe...
RSG Landbou 25.06.2018 28:26
Tertius Meyer van die Gamtoos Besproeiingsraad praat oor die ernstige droogte in die Gamtoosriviervallei. Daar is 'n gesprek met Pieter Vervoort van die Nasionale Dieregesondheidsforum oor grondhervorming en voedselsekerheid. Jy hoor van Richard Findlay oor die KwaZulu-Natalse bewaringsboerderykonferensie, wat in September plaasvind. En die president van Agri Limpopo, Leon Borcherds, vertel waarom...
RSG Landbou 22.06.2018 10:52
Swakara-pelse maak tans 0,03% van die totale pelsproduksie in die wêreld uit. Dit is 'n baie klein deel van die pelsbedryf, maar om gevestig te bly in die modewêreld, moet produksie verhoog word, en produsente sal moet produseer wat pelseniers benodig.
RSG Landbou 22.06.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na die benutting van hommeltuie in landbounavorsing, 'n internasionale inspeksie- en sertifiseringsbedryf en die 27 nuwe koejawelseleksies wat op Nelspruit geteel is, en in 2019 behoort te dra. En by die RPO-kongres in die Noord-Kaap het vroue verneem hoe hulle persoonlikhede in vier kleure geklassifiseer kan word.
RSG Landbou 21.06.2018 29:05
Lenel Oosthuizen vertel wat gedoen moet word om 'm voerkraal-onderneming op die been te bring. Daar is 'n bydrae van Marianna Theyse oor die Varsprodukte Invoerdersvereniging. Nic Bronkhorst van Obaro brei uit oor die noodsaaklikheid daarvan om jongmense by die landbou te betrek. En Agri SA het op Sitrusdal met rooibosprodusente vergader oor die moontlikheid om 'n bedryfsliggaam te stig.
RSG Landbou 20.06.2018 27:09
In RSG Landbou word daar gefokus op bosbou, piesangbossiekte en aartappels
RSG Landbou 19.06.2018 27:35
Hennie Maas praat met Phillip Lee van Hinterland oor hoe winterlekke doeltreffend aangewend kan word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Koos Coetzee, die Melkprodusente-organisasie se landbou-ekonoom, oor hoe die vraag na langlewemelk in Suid-Afrika toegeneem het. Ronald Heath is die navorsingsdirekteur by Bosbou Suid-Afrika, en hy gee agtergrond oor die interessante bedryf.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.