RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 18.06.2018

Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, het onlangs by 'n kuddekompetisie op Pearston gaan inloer. Sy het met 'n paar van die mense wat die byeenkoms bygewoon het, gesels. Daar is ook 'n uitgebreide gesprek met Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersvereniging oor hoe Johne se siekte die skaapbedryf beïnvloed. Daar is soos gewoonlik veilingnuus, en Lise Roberts praat met JP vd B...

RSG Landbou 15.06.2018

Biodiversiteit misdaad in SA het 'n winsgewende onderneming geword, veral vir buitelanders wat ons flora en fauna stroop. In die eerste paar maande van 2018 is boetes en gevangenisstraf in howe opgelê van tot R1m en 13 jaar afhangende van die omvang van die diefstal. Chris Viljoen gesels met die hoof van die biodiversiteit misdaad ondersoekeenheid van Cape Nature

RSG Landbou 15.06.2018

Produsentepryse skep groot vertroue in die rooivleisbedryf; boerdery bedrywighede op die Marlow Hoër Landbouskool in die Oos-Kaap; biologiese beheer van kroongal in wingerde; en die vestiging van 'n agro-innovasie hub by die Universiteit van Stellenbosch

RSG Landbou 14.06.2018

In RSG Landbou word daar gefokus op Old Mutual oor boedelbelasting, op Arabierperde, renosters en genetiese verandering van 'n kudde

RSG Landbou 13.06.2018

Chenin Blanc is een van die gewildste witwyne in Suid-Afrika. Ina Smith van die Chenin Blanc-vereniging van Suid-Afrika vertel meer van die toptien-kampioenskappe wat vir die wyn gehou word. Die Gekombineerde Skool Balfour bestuur tans die Veeplaas Hugenoot-kudde. Die teler wat die vee geskenk het, Stefan Celliers, vertel hoe die projek verloop. Ons hoor ook van die nuwe voorsitter van die Rooivle...

RSG Landbou 12.06.2018

Die laaste wolmarkverslag van die seisoen word gelees. Daar is ook 'n gesprek met een van die uitstallers by die afgelope SA Kaasfees, Leon die Melkman, oor sy kaasmaakproses. Shikshah Dowlath-Singh van Old Mutual verduidelik wat boere in ag moet neem wanneer dit by boedelbeplanning kom. Dieetkundiges het onlangs in Gauteng bymekaargekom vir 'n suiweldag, en Lise Roberts praat met dr. Tuschka Reyn...

RSG Landbou 11.06.2018

Ons hoor by drie mense wat by die Merino-veldramklub betrokke is, van die ras en sy kenmerke. Daar is veilingsnuus, en dr. Faffa Malan praat oor die gevreesde Slenkdalkoors en waarna boere moet oplet. Lise Roberts praat ook met Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association oor hulle jaarlikse Fresh Connections-konferensie.

RSG Landbou 08.06.2018

Sowat 300 afgevaardigdes word verwag by die jaarlikse Landbou-ekonomie Vereniging van Suid-Afrika se konferensie van 25 tot 27 September. Die taak van die landbou-ekonoom in landbou word deur drie bekende landbou-ekonome uitgespel in 'n gesprek met Chris Viljoen.

RSG Landbou 08.06.2018

Chris Viljoen kyk na navorsing om die produksiesiklus van aarbeie te verleng, wyndruifprodusente wat toenemend afhanklik is van kostebesparing en presisieboerderypraktyke, koringprodusente in besproeiingsgebiede wat op die uitkyk moet wees vir die garsgeeldwergvirus, en 'n trekker wat afgeskryf is op die Augsburg Landbou-gimnasium wat deur een van die matrikulante herstel word.

RSG Landbou 07.06.2018

Hendrik van Pletzen van Voermol het 'n ryk loopbaan as veekundige agter die rug. Hy praat oor sy loopbaan met Koos du Pisanie, ons medewerker in die Noord-Kaap. Daar is ook 'n gesprek met 'n vetvee-beoordelaar, Johan Odendaal, oor 'n voerkraaluitdaging vir studente by Onderstepoort. Georgina Jeurissen gesels oor 'n inligtingsdag oor die Wagyu-beesras wat binnekort plaasvind, en Sherelle Swartbooi...

RSG Landbou 06.06.2018

Argentinië en Suid-Afrika werk op 'n besondere manier saam op die gebied van landbou. Hendrik Jordaan vertel van 'n Argentynse onderneming, Laurik International, en die bevordering van landboubande tussen die twee lande. Dis weer daardie tyd van die jaar dat oesreste ter sprake kom, en Hendrik van Pletzen van Voermol gesels oor die benutting van hierdie belangrike bron van voer. Ons hoor ook van d...

RSG Landbou 05.06.2018

Lise Roberts kyk na wol, brusellose, kaas en plaasvoerkrale.

RSG Landbou 04.06.2018

Wessel Hatting was een van die finaliste in Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Lise Roberts gesels met hom oor sy boerdery. Daar is ook gesprek met Hennie Bruwer van Katoen SA oor katoenproduksie wêreldwyd, en waar Suid-Afrika staan ten opsigte hiervan. Lise Roberts het ook tydens die afgelope SA Kaasfees met Anna Andrag en Lise Weideman gesels oor bessieverbouing in die Stellen...

RSG Landbou 01.06.2018

Gewasnavorsing met die hulp van hommeltuigtegnologie word met groot vrug toegepas op die Eiland navorsingsplaas van die Noord-Kaap se Departement van Landbou op Upington. Chris Viljoen het gaan kyk hoe dit werk op die walle van die Oranjerivier.

RSG Landbou 01.06.2018

Chris Viljoen kyk na die benutting van die indringer, Lantana camara, as 'n moontlike oesbeskermingsagent, 'n strategie om die toekoms van heuningbygetalle te verseker, en 'n modelboer-mentorkonsep gemik op volhoubare hulpbronbenutting. En'n jong boer maak 'n plan - selfs tussen klasse op 'n landbouskool.

RSG Landbou 30.05.2018

Dr. Pieter Vervoort van die Nasionale Dieregesondheidsforum gesels oor 'n belangrike buffel-inligtingsdag wat binnekort plaasvind. Gunther Engelke van die Kaapse Vlakte-landbouvereniging gesels oor die interessante landboustreek en die vereniging se werksaamhede. Chris Derksen is op sy pos om oor vleispryse te praat, en Doug Stern van Agri Oos-Kaap bring ons op hoogte van 'n hofgeding oor die hers...

RSG Landbou 30.05.2018

Waar staan die landbou as beleggingsbestemming in die ekonomie? Bertie Hamman van Standard Bank het die antwoord op hierdie vraag. Vanjaar se Nampo was weer 'n reusesukses, volgens Jannie de Villiers van Graan SA. En Lise Roberts gesels met Daan Boraine oor die gebruik van turksvye as veevoer.

RSG Landbou 29.05.2018

Dr. Carel Muller van die Universiteit Stellenbosch sê die melkaantekening wat swak in Suid-Afrika gedoen word, kommerwekkkend is. Hy gesels ook oor bulle met hoë teelwaardes. Yolande Roodt is op haar pos met die wolmarkverslag, en Frans van Eden gesels oor die belangrike rol wat prysonderhandeling speel, veral in die landbou.

RSG Landbou 28.05.2018

Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersorganisasie praat oor die stand van die wolbedryf en hoe opkomende skaapboere vorder. Daar is ook veilingsnuus, soos die Poggenpoel Molopo Bonsmaras se veiling.

RSG Landbou 25.05.2018

In Afrika word bees- en varkbloed algemeen in produkte gebruik. In Suid-Afrika word dit egter onderbenut, en gaan dit verlore tydens die slagproses. Chris Viljoen is by 'n navorsingsinstansie waar bloed as deel van waardetoegevoegdeprodukte nagevors word.

RSG Landbou 25.05.2018

Chris Viljoen kyk na die inskrywings vir die 2018 Voue Landbou-entrepreneurskompetisie eersdaags sluit, kunsmatige inseminasie by volstruise, vanjaar se koejaweloes, en hoe verskillende veespesies se drakrag en weidingskapasiteit vergelyk.

RSG Landbou 24.05.2018

Wat is die voordele van raaigras as 'n wisselbougewas. Dr. Buks Olivier praat oor presisieboerdery in veekuddes, en hoe elke bees in die kudde 'n eie persoonlikheid het. Izette Dreyer gesels oor die verwerking van granaatolie vir menslike verbruik. En Pierre Vlok, 'n ou hand in die veebedryf, deel die ervarings en lewenswaarhede wat hy oor die jare in die bedryf opgedoen het.

RSG Landbou 23.05.2018

'n Span plaaslike navorsers het onlangs die Britse Hoëkommissaris besoek met die oog op 'n samewerkingsooreenkoms oor koringnavorsing. Lise Roberts gesels met Mariana Purnell van Agbiz Grain hieroor. Intensiewe skaapboerdery was een van die onderwerpe van bespreking by 'n boeredag van die Nasionale Wolkwekersvereniging op Prieska. Ockie Olivier het boere hieroor toegespreek. En dan vertel Piet Era...

RSG Landbou 22.05.2018

Hoor meer oor die herkoms van die Jersey-melkbeesras wat in 1881 na Suid-Afrika ingevoer is. Hennie Maas het by Nampo met Stan Jerling oor waterwys en windpompe gesels. Jan Serfontein van Hinterland vertel van die wapenafdeling in hulle landswye winkels. En tydens die SA Kaasfees het Lise Roberts vir Liezel Louw van Taaibosch Kaas van Heidelberg in die Suid-Kaap raakgeloop en meer uitgevind oor di...

RSG Landbou 21.05.2018

Nominasies vir die 2018 Kwanalu Jongboer van die jaar het geopen. Lise Roberts gesels met Sandy la Marque oor die kriteria van die kompetisie. Carin Venter praat met 'n sybokhaarveearts, dr. Mackie Hobson, oor sy aanbieding tydens 'n boeredag vir opkomende Angora-produsente. 'n Opkomende Angora-boer, Katie Miners, vertel ook van die 200 bokke wat sy besit. Braford-beestelers hou eersdaags veiling,...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.