RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 18.05.2018 12:29
Blocuso is die naam van drie gemeenskapsplase langs die Oranjerivier, stroomop van Keimoes. Die plaaslike kerk het hierin 'n bepalende rol gespeel, en ons kuier daar saam met Chris Viljoen.
RSG Landbou 18.05.2018 14:13
Chris Viljoen kyk na besparing deur geoptimiseerde meganisasiestelsels, Agri Wes-Kaap se jongboerkomitee, Oakdale Hoër Landbouskool op Riversdal wat 90 jaar vier, en 2018 se vrouelandbou-entrepreneurkompetisie.
RSG Landbou 17.05.2018 30:53
Lise Roberts gesels met opkomende sybokhaarprodusent Lloyd James oor sy boerdery en die bedryf. Daar is 'n gesprek met Thys Swart, 'n Fleckvieh-boer, wat die onlangse SA Kaasfees in die Kaap bygewoon het. Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika praat oor die komende jagseisoen. En Rona Beukes van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye deel die jongste wintergraanproduksiesyfers.
RSG Landbou 16.05.2018 30:37
Mikotoksiene in voer, veral kuilvoer, kan 'n probleem wees. Johan Potgieter van Opti Feeds vertel wat boere kan doen om die verskynsel die hoof te bied. Basil Williams van Herbal View vertel meer van sy hidroponikastelsels. Hendrik Potgieter gesels oor die veeldoelige Dexter-beesras, en dr. John Purchase van Agbiz gee inligting oor somergraan-aanplantings.
RSG Landbou 15.05.2018 30:43
Lise Roberts praat met Rico Basson van Vinpro oor die huidige druiwe-oes en watter impak die droogte daarop gehad het. Daar is ook 'n gesprek met dr. Danie Odendaal van Afrivet Training Services oor die voorkoming en herkenning van dieresiektes. En Annelize Erasmus, 'n bokmelkkaasprodusent van Bapsfontein, laat die aap uit die mou oor die interessante bedryf.
RSG Landbou 14.05.2018 28:45
Carin Venter lê besoek af in Adelaide by Ben en Ilse van der Westhuyzen, en hulle Angora-stoet. Gary Willows van CMW/OVK is in dieselfde omgewing werksaam, en hy gesels oor die werk van 'n tegniese veldbeampte. Daar is ook 'n gesprek met Janse Rabie van Agri SA oor die organisasie se jongste projek, 'n watersentrum. Dan gesels veeboer, Cois Harman, oor die oudste Braunvieh-stoet in Suid-Afrika – d...
RSG Landbou 11.05.2018 12:20
Die jongste navorsing oor dieregenetika is by die World Congress on Genetics Applied to Livestock Production in Nieu-Seeland bekendgemaak. Chris Viljoen praat met twee wetenskaplikes oor die waarde van hierdie inligting in die praktyk.
RSG Landbou 11.05.2018 14:34
Dwarsoor die wêreld hou indringerplante 'n gevaar in vir oesverliese en voedselsekuriteit. Nieteenstaande die droogte het vanjaar se kleiner druifkorrels beter kleure en geure. Daar is 'n groot aanvraag vir amandelvoortplantingsmateriaal. En 30% van alle voedselsoorte wat benodig word vir die menslike dieet, word deur bye bestuif.
RSG Landbou 10.05.2018 26:16
Hoewel insekte dikwels as 'n pes beskou word, speel hulle 'n baie belangrike rol in enige ekostelsel. Hennie Maas praat met prof Johnny van den Berg van die Noordwes-Universiteit oor die rol wat insekte speel. Martin Schoeman is Wildbedryf Suid-Afrika se wildteler van die jaar. Hy gesels oor sy boerdery en teelbeleid. En Philip du Preez van Old Mutual Insure praat verder oor versekering vir boerde...
RSG Landbou 09.05.2018 27:39
Die stoetbestuurder op die plaas ONDERSTEUN, Okkie Galant, praat oor sy liefde vir die werk wat hy daar doen. Boerdery is lank nie meer net 'n stuk grond waarop daar met vee en gewasse gewoeker word nie – dis 'n sake-onderneming, en boere is eintlik risikobestuurders. Philip du Preez van Old Mutual Insure verduidelik wat risiko is en hoe dit bestuur kan word. Luister weer na 'n insetsel oor die af...
RSG Landbou 08.05.2018 28:48
Lise Roberts praat met Rico Basson van Vinpro oor die belangrikheid van die Kaasfees vir die wynbedryf. Daar is ook 'n gesprek oor die aanwending van turksvye as voergewas. Roelo van Heerden, vanjaar se wenner in die Merino Classic, en Derek Donkin van Subtrop gesels oor avokadoproduksie in Suid-Afrika.
RSG Landbou 07.05.2018 27:44
Die turksvy is onlangs nog as 'n soort aspoestertjie-plant beskou, maar deesdae kyk dierevoedingkundiges met ander oë na die wondergewas. Prof. HO de Waal van die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe turksvyplante as aanvullende voerbron vir vee kan dien. Daar is ook 'n gesprek met Daleen Potgieter, president van die Sussex Beestelersgenootskap, oor die pas afgelope nasionale kampioenskap. En...
RSG Landbou 04.05.2018 12:29
Suid-Afrikaanse boer bewerk bykans 16 miljoen hektaar grond, waarvan sowat 1,6 miljoen hektaar besproei word. Wat kommerwekkend is, is dat die aantal hektaar per individu waarop voedsel geproduseer kan word, internasionaal en plaaslik verminder. Dis hier waar beskikbare water toenemend onmisbaar word. Chris Viljoen praat hieroor met die president van die Internasionale Kommissie op Besproeiing en...
RSG Landbou 04.05.2018 14:59
Die Nasionale Plaaswerkersforum praat oor grondhervorming. Sybokhaar-kwekers is positief. Die mens-dier interaksie op die volstruis word bestudeer. En aan watter vereistes moet hommeltuigvlieëniers voldoen?
RSG Landbou 03.05.2018 26:54
Die organiseerders van die jaarlikse SA Kaasfees op Sandringham in die Wes-Kaap, het nie gedink dat vanjaar se Kaasfees sou plaasvind nie. Die knellende droogte het almal bekommerd gehad. Luister hoe Agri-Expo deurgedruk het met die reëlings, en vanjaar weer 'n suksesvolle geleentheid kon aanbied. Lise Roberts praat ook met die Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede, Alan Winde, oor die fe...
RSG Landbou 02.05.2018 28:58
Tertius Meyer praat oor die droogte in die Gamtoos. Dr. Michael Bradfield gesels oor 'n paar Wagyu-roete-vergaderings wat binnekort dwarsoor Suid-Afrika sal plaasvind. Die afronding van speenkalwers is die onderwerp waaroor Ulrich Muller van Voermol gesels. En daar is 'n bydrae oor die rol wat agritoerisme in die landboubedryf kan speel.
RSG Landbou 30.04.2018 27:26
Marike Brits gesels op Laeveld Agrochem se seilsafari met aktrise Simone Nortman. Dr. Vaughan Hattingh was een van die medereisigers, en hy praat oor die vereistes vir sitrusuitvoere. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die herfs- en wintervoouitsigte.
RSG Landbou 29.04.2018 29:42
Die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria is met 'n interessante projek besig. Prof. Dietmar Holm vertel meer van die projek, die Onderstepoort Voerkraal-uitdaging. Daar is ook nuus oor die Laeveld Agrochem seilsafari. Marike Brits het met een van die sprekers op die Safari, Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras, gesels. Andrew Adams brei ook uit oor die Royal-skou wat in Piete...
RSG Landbou 27.04.2018 12:30
'n Kewer bekend as PSHB (Polyphagous Shothole Borer) maak landwyd amok onder uitheemse spesies en inheemse bome. Twee van die spesies wat erg besmet word en as broeiplek vir die kewer dien, is die Engelse akker en Platane. Wat is die simptome, en wat moet mense doen wat dit opmerk?
RSG Landbou 26.04.2018 14:53
Dieregesondheid is die grootste bedreiging vir die rooivleisbedryf in Suid-Afrika. Die residu-moniteringsprogram vir volstruise word nie deur die EU aanvaar nie. En 80 nuwe fungusspesies is beskryf, waarvan baie uit Suid-Afrikaanse huisstof geȉsoleer is.
RSG Landbou 26.04.2018 28:15
Johan van den Berg van Santam Landbou praat in die laaste aflewering van Weerwaarhede oor hoe hy by weerkunde in die landbou betrokke geraak het. MC Loock van Standard Bank gesels oor die verskansing van graan. En Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika kyk gee 'n oorsig van hulle pas afgelope konferensie.
RSG Landbou 25.04.2018 29:05
Hoe moet graanprodusente prysbestuur op hulle plase toepas? MC Loock van Standard Bank Agribesigheid het die antwoord. Corne Louw, seniorekonoom by Graan SA, vertel waarom versekering vir landbouers so belangrik is, en waarom die uitgawe liefs aangegaan moet word. Ons hoor ook hoekom interlekke noodsaaklik is. Dr. Danie Visser is 'n varkgenetika-spesialis, en hy gesels oor die Kolbroek-vark.
RSG Landbou 24.04.2018 30:34
Lise Roberts praat met 'n rekenmeester, Frans van Eden, oor suikerbelasting en die suikerbedryf. Daar is ook 'n gesprek met Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie oor 'n instrument om volhoubaarheid op melkplase te meet. En dr. John Purchase van Agbiz praat oor grondonteiening en die rol wat die Grondwethersieningskomitee daarin speel.
RSG Landbou 23.04.2018 28:18
Die voeding van ooie voor en tydens lamtyd, verg noukeurige aandag. Jurie Naude van De Heus praat oor die moets en moenies van ooivoeding in hierdie kritieke tydperk. Daar is 'n bydrae oor die afgelope Laeveld Agrochem Seilsafari. En Lise Roberts gesels met die Vrystaat Landbou Jongboer vir 2018, Nelius Ferreira. Hy is 'n Bonsmara-boer van die Harrismith-omgewing.
RSG Landbou 20.04.2018 12:20
Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap poog om alternatiewe gewasse te bevorder, en het daarom 'n alternatiewe gewasnavorsingsfonds gestig. Om die gewasse aan die verbruiker bekend te stel, smee die departement 'n vennootskap met die Kaasfees wat volgende week plaasvind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.