RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 20.04.2018 15:00
Chris Viljoen kyk na landboustudierigtings op die George-kampus van die Nelson Mandela Universiteit, insekte wat voorkom op pekanneute, die 2018 Jongboer van die Jaar-kompetisie, en 'n omvangryke internasionale data-inisiatief.
RSG Landbou 19.04.2018 27:28
Wilhelmus van der Schyff van Bultfontein vertel van sy uitblinker Beefmasterbul en -stoet. In Weerwaarhede gesels Johan van den Berg van Santam Landbou oor klimaat en die plantdatums van gewasse. Die direkteur van die Suid-Afrikaanse Brandewynstiging, Christelle Read-Jahn, vertel hoe brandewyn gemaak word. En Piet Neethling van Game SA praat oor die stand van die uitvoer van wildsvleis na die Euro...
RSG Landbou 18.04.2018 26:30
Toit Wessels van Graan SA vertel hoe die reëlings vir die reuse Nampo-landbouskou verloop. Ons kuilvoerkenner, Richardt Venter van Agsci Unlimited, praat oor die doen en later van kuilvoerkontrakteurs. En 'n Drakensberger-boer, Gawie Roux, gesels oor die rol wat genetika speel in sy beesboerdery, en waarom hy juis met Drakensbergers boer.
RSG Landbou 17.04.2018 26:42
Die tydskrif, Veeplaas, het 'n skolekuddeprojek wat goed op dreef is. Die Sussex Beestelersgenootskap is betrokke by die projek, en het 'n paar beeste aan Hoërskool Oakdale geskenk. Helene Pfeiffer van die Instituut vir Suiweltegnologie by die Melkprodusente-organisasie vertel van 'n nuwe bordspel wat ontwikkel is om melkprodusente en hulle werkers te help. En Derek Wolmarans van Hinterland praat...
RSG Landbou 16.04.2018 26:03
Hoe raak wetgewing wat die koolstofvoetspoor beheer, die landbou? Harmke Immink van Promethium Carbon het die antwoord op hierdie vraag. Lise Roberts gesels met Hendrik Theron, een van die finaliste in die Vrystaat Jongboer-kompetisie. Daar is meer inligting oor 'n rekordprys wat vir 'n ram betaal is op 'n veiling. En 'n plaasbestuurder gesels oor sy werk.
RSG Landbou 13.04.2018 12:28
Die sagtheid, sappigheid, smaak, verhouding tussen vleis, been en vet, kleur en vogverlies op die rak is ondersoek tydens 'n skaapvleis-oudit deur die Lanbounavorsingsraad.
RSG Landbou 13.04.2018 15:00
Suid-Afrikaanse boere kan voorsien in die spesifieke voedselvoorkeure van Asiërs. 'n Sangkompetisie en vaardigheidsprogram vir landbouwerkers wag inskrywings in. En leer ken die Boerbok, wat uit die Oos-Kaap lob-ear geteel is.
RSG Landbou 12.04.2018 29:32
Die doeltreffende benutting van sonenergie speel 'n beduidende rol in die landbou. Johan van den Berg gesels in sy rubriek oor waarna 'n mens alles moet kyk as jy sonenergie doeltreffend wil benut. Daar is 'n gesprek met Rina Belcher van Belnori Boetiek-kaasmakery op Bapsfontein wat onlangs 'n hele handvol Qualite-toekennings opgeraap het. Dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging...
RSG Landbou 11.04.2018 29:35
Gawie Naude, 'n Braunvieh-boer wat betrokke is by die Unicom Landboukollege op Tweespruit, vertel van die Braunvieh-kudde wat aan die skool geskenk is. Daar is ook 'n gesprek met die hoof van die skool, Francois Hatting, wat verduidelik hoe sy skool by PlaasMedia se kuddeprojek betrokke geraak het. En dr. Johan van Rensburg van Afrivet gesels oor weerstandigheid by parasiete, en watter oplossings...
RSG Landbou 10.04.2018 30:27
Die voorbereiding van ooie vir die lamseisoen is 'n baie belangrike aspek van skaapboerdery. Hennie Maas praat met Charl Saunderson oor die fynere detail van hierdie bestuursaksie. Daar is ook 'n gesprek met dr. Garry Paterson van die Landbounavorsingsraad, wat verduidelik wat bedoel word met die term grondklassifikasie. En Marguerite en Louis Hatting praat oor die die jeugskou wat op Hofmeyr geho...
RSG Landbou 09.04.2018 27:24
Lise Roberts en Herman Vigne gesels oor die onlangse jeugskou op Hofmeyr in die Oos-Kaap. Daar is ook 'n gesprek met Johan Coetsee van die Varkprodusente-organisasie oor varkvleis en listeriose. Marike Brits het onlangs op Tzaneen gaan kuier by die Maluma Avokado-simposium, waar sy met Xander Erns van Allesbeste Boerdery en Willem Botha van Netafim gesels het.
RSG Landbou 06.04.2018 12:25
'n Metode waardeur veeboere self die toestand van hulle veld asook hul vee kan meet en daarvolgens bestuursbesluite neem – Chris Viljoen verneem vanoggend van die drie-vlak monitering van veld en vee by die Spoegrivier gemeenskap in Namakwaland
RSG Landbou 06.04.2018 12:25
Varswater visse word bedreig – boere se hulp word benodig; VLVK se projek vir 2018 is “ruim op”; daar is bykans geen aanplanting van nuwe vrugteboorde weens onsekerheid en droogtetoestande; en 'n app of toepassing wat die “reën vir Afrika” projek ontwikkel
RSG Landbou 05.04.2018 27:54
Bonne de Bod is 'n regeelde medewerker in RSG Landbou en sy praat oor die voortbestaan van die renosterspesie – veral nou nadat die die laaste noordelike wit renoster op aarde onlangs dood is. Johan vd Berg praat in sy gereelde Weerwaarhede oor die voordeel van windbreke en hoe windbreke gebruik moet word. Daar is ook 'n bydrae oor die voeding van katagtige karnivore.
RSG Landbou 04.04.2018 28:49
In RSG Landbou praat Izanne Crous van Soill oor kanola verbouing Sy brei uit oor die gewas wat in wisselbou gebruik word en sy wys ook op die interessante wortelstelsel wat Canola het wat tot 'n meter diep in die grond kan penetreer. Daar is ook 'n gesprek met Nico Bronkhorst van Obaro oor landbou as belegging. Lusern is 'n goeie voer gewas en daaroor praat Dawie du Plessis van Agricol.
RSG Landbou 03.04.2018 31:23
As mens na die afgelope jaar se melksensus opname kyk, is daar interessante verskynsels. In RSG Landbou gesels dr Koos Coetzee, landbou-ekonoom by die MPO, oor die opname en die neigings. Daar is ook 'n interessante gesprek met dr Wynand Louw van die Meterologie Instituut van Suid-Afrika. Hy praat oor standaarde met syfers en eenhede. Daar is ook 'n bydrae oor Veeplaas se kuddeprojek en die Simmen...
RSG Landbou 02.04.2018 27:52
Die kleinveebedryf is besig om te intensifiseer. In RSG Landbou gesels Albert Loubser van Veeplaas oor hierdie verskynsel. Carin Venter, ons medewerker in die Oos-Kaap, het ook gaan kuier by die president van Agri Oos-Kaap, Dougie Stern, en hy bring ons op hoogte van belangrike landbousake in daardie provinsie. RSG Landbou se medewerker in KwaZulu-Natal, Izak Hofmeyr, het by die nuwe Aldam Wildsko...
RSG Landbou 30.03.2018 12:30
“Water accounting plus” is 'n boekhoustelselmetode wat die vraag beantwoord – is daar water beskikbaar vir verdere ontwikkeling, al dan nie. Chris Viljoen gesels met twee van 'n span navorsers wat 'n verslag oor die waterposisie in SA aan die WNK (Waternavorsingskommissie) moet voorlê
RSG Landbou 29.03.2018 14:58
In RSG Landbou word daar gesels oor oorwegings met die ontwerp van landbou- infrastrukture en munisipaliteits-prosedure; 'n Nederlander bestuur Control Union in SA; vleisbeesgenetika nagevors by Angus, Brahmaan, Bonsmara, Nguni en Charolais; en 'n tabakboeredag op Oudtshoorn tussen al die bedrywighede by die KKNK
RSG Landbou 29.03.2018 30:41
Johan van den Berg van Santam Landbou gesels in Weerwaarhede oor hoe kleur 'n rol speel in klimaat. Richard Venter praat oor kuilvoer innokulante en watter rol die produkte speel. Nico Groenewald van Standard Bank gesels verder oor die uitdagings in landbou, en dr. Roelof Botha verrtel waarom hy opgewonde is oor die ekonomie en die landbou.
RSG Landbou 28.03.2018 27:41
RSG Landbou fokus op bewaringslandbou. U hoor eers vir dr Belinda Janse van Rensburg van die IGG oor die effek van bewaringslandbou op mielie kopvrot en dan gesels Prof Johnny vd Berg oor bewaringslandbou en biodiversiteit. Daar is ook 'n interessante gesprek met Nico Groenewald van Standard Bank en hy gesels oor faktore wat die landbousekor raak.
RSG Landbou 27.03.2018 30:35
Wat is 'n biosfeer? Dit is die vraag wat Mauritz de Bruin van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe beantwoord. Jy kan ook meer hoor van Clover se Mama Afrika-projek onder leiding van prof. Elain Vlok. In ons maandelikse gesprek met die rekenmeester en eienaar van Prioritise, Frans van Eden, gesels hy oor die impak van die onlangse begrotingsrede op die landbou en sake-eienaars.
RSG Landbou 26.03.2018 28:39
Nico Groenewald van Standard Bank praat oor die landbou se bydrae tot die Suid-Afrika se ekonomiese welvaart. Daar is ook 'n gesprek met dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek oor sy besoek aan Nieu-Seeland en die International Committee for Animal Recording. En Bertus van Heerden van Agri Inspec gesels oor hoe die organisasie die landbousektor teen onwettige invoere beskerm.
RSG Landbou 23.03.2018 12:29
Wat is die werklike area en verbruik van besproeiingslandbou op streek-, provinsiale- en nasionale vlak? 'n Projek is pas voltooi wat aandui hoeveel water waar en wanneer beskikbaar gemaak moet word, en die verslag word nou aan die Waternavorsingskommissie voorgelê. Chris Viljoen gesels met twee van die navorsers.
RSG Landbou 23.03.2018 14:48
Chris Viljoen kyk na 'n Junior Landcare-veldtog en die pad vorentoe ná listeriose. Is dit grootliks plaaskinders wat inskryf by Hoër Landbouskole? Daar is 'n rekord rosyne-oes in die Noord-Kaap, maar in die veegebiede wes van Carnarvon beleef boere 'n vierde kritieke droogtejaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.