RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 22.03.2018

Die bekende veearts en dieregesondheidskonsultant, dr. Faffa Malan, praat oor brusellose by beeste, en waarom die siekte met hand en tand beveg moet word. Johan van den Berg van Santam Landbou gee in sy rubriek, Weerwaarhede, 'n paar klimaatslimwenke vir die herfs. Japie Grobler was een van die sprekers by 'n onlangse wildskool. Izak Hofmeyr het met hom gesels oor sy siening oor grondhervorming.

RSG Landbou 21.03.2018

Die monitering van plae is belangrik op enige plaas. Ernst de Beer van Laeveld Agrochem praat oor die interessante en dikwels ingewikkelde onderwerp. Daar is ook 'n gesprek met dr. Hendrik Smith van Graan SA en Klaas Malan oor bewaringslandbou. Het jy al ooit die draakvrug gehoor? Wynand Espach van Amorentia Landgoed gesels daaroor, en Willie Clack van die Rooivleisprodusente-organisasie praat oor...

RSG Landbou 20.03.2018

Dr. Bradley Flett van die Instituut van Graangewasse praat oor sklerotinia op sonneblomme. Theo Boshoff van Agbiz gesels oor die voorgestelde wetgewing oor landboukrediet. En Johan Ehlers van Agri-Expo vertel wat alles vanjaar by die gewilde SA Kaasfees op Sandringham in die Kaap verwag kan word.

RSG Landbou 19.03.2018

Ernst de Beer van Laeveld Agrochem praat oor presisieboerdery, en hoe gewasboere dit toepas. Daar is ook 'n gesprek oor 'n eg Suid-Afrikaanse krui, Rooibos. Corli Botha, voormalige Kokkedoor-wenner en vanjaar se Nasionale Rooibosdag-verteenwoordiger, vertel meer van die gebruike van die wonderlike plant. John Boulle, rasdirekteur van die Angus-beesras in Suid-Afrika, verduidelik aan Lise Roberts w...

RSG Landbou 16.03.2018

Landbouskoue in munisipale gebiede bied uitstekende geleenthede waar die provinsiale Departement van Landbou met die boeregemeenskap en plaaslike owerhede kan skakel. Dit is wat volgende week op Beaufort-Wes gebeur.

RSG Landbou 16.03.2018

Chris Viljoen kyk na 'n studie van die Suid-Kaap se sandduinstruike en bome ná die brande in 2017, na-oes wingerdpraktyke, Augsburg Landbougimnasium se aanpassings by die droogte, boerdery met klimaatsverandering as 'n gegewe, en Agri Wes-Kaap se streekskongresse.

RSG Landbou 15.03.2018

Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor straalstrome in sy gereelde Weerwaarhede-rubriek. Daar is ook inligting oor Wildbedryf SA se konferensie en buffelwerkswinkel. Daan Bronkhorst van Hinterland vertel waar die maatskappy in die landbouwaardeketting inpas. En ons maak kennis met Wakkerstroom-boer, BP Greyling, en sy seun.

RSG Landbou 14.03.2018

WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat praat oor die plaaslike pluimveebedryf. Prof. Neil McLaren gesels oor die internasionale sorghum-kongres wat in Suid-Afrika plaasvind. En Koos du Pisani gesels met twee opkomende boere, Gert Esau en Samuel Willemse, wat die onlangse Williston-skou bygewoon het.

RSG Landbou 13.03.2018

Die Hinterland Nasionale Interras-vleisbeeskampioenskappe is vanjaar weer 'n hoogtepunt by die ALFA-ekspo, wat in September by die Afridome in Parys plaasvind. Phillip Lee van Hinterland praat hieroor. Dr. Gerhard Neethling van die Rooivleis Abattoirvereniging gesels oor listeriose, met die fokus op die lewendehaweprodusent en die abbatoir.

RSG Landbou 12.03.2018

Prof. Charlie Reinhard vertel van die maatreëls wat plante inspan om hulleself te verdedig teen natuurlike vyande. Steven Barnard gesels oor die suksesvolle FarmerKidz-projek. En Omri van Zyl van Agri SA praat or 'n vergadering wat met die ANC gehou is oor die gronddebat.

RSG Landbou 09.03.2018

Chris Viljoen hoor by die Landboufakulteit van die Universiteit van die Vrystaat wat drakrag en weidingskapasiteit in die praktyk behels.

RSG Landbou 09.03.2018

Waterwetgewing van 12 Januarie 2018 – wat sê die wet? Daar word gefokus op tafeldruif- en rosynetendense. Die leerlinge van Boland Hoër Landbouskool maak steggies vir die kweek van spekbome, en ons fokus op die Nasionale bestuursplan vir bergsebras

RSG Landbou 08.03.2018

Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor die legio webwerwe en toepassings wat fokus op die verskaffing van 'n internet-weerdiens. Henco Christie van Opti Feeds gesels oor die implikasies wat 'n fosfaattekort vir vee en wild inhou. En ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het met 'n paar jeugskoudeelnemers by die Williston-skou gepraat.

RSG Landbou 07.03.2018

Luister 'n mens na prof. Louw Hoffman van die Universiteit van Stellenbosch wanneer hy oor vleiskunde praat, besef jy dat vleis nie sommer net vleis is nie. Daar is ook 'n gesprek oor hoe belangrik behoorlike skadu vir produserende diere is. En Koos du Pisanie het op Williston met Hernus de Loux gesels oor hulle jeugskou.

RSG Landbou 06.03.2018

Die tradisionele beeld van die boer wat sit en sy koei melk, is al lankal iets van die verlede. Soos in ander landbouvertakkings, het die melkbedryf ook tegnologie ingespan om die melkproses te moderniseer. Mike Mouton van DeLaval vertel hoe boere deesdae melk produseer, en watter rol rekenaars en tegnologie hierin speel. Daar is ook 'n gesprek met Willem Botha van Netafim oor hoe 'n bedryf in Isr...

RSG Landbou 05.03.2018

Hennie Maas praat met dr. Andre Jooste van Aartappels SA oor die stand van die aartappelbedryf. Daar is ook inligting oor 'n wildskool wat binnekort aangebied word. 'n Voedseltegnikus praat oor voedselveiligheid en die listeriose-uitbrekings wat tans in die nuus is.

RSG Landbou 02.03.2018

Sy het 'n passie om jongmense in landbou te anker, want ons benodig voedsel, en net deur die landbou kan ons voortbestaan. Chris Viljoen gesels op Elsenburg met Joheen Isaacs.

RSG Landbou 02.03.2018

Chris Viljoen kyk na die jaarlikse SKOG-voorsaaidag op Moorreesburg, onkruiddoder-weerstanddigheid, broeivoëls wat opgeveil word op Oudtshoorn se volstruisnavorsingsplaas, en die wildbedryf en markgeleenthede in die Oos-Kaap. Daar is ook nuus oor leerders van Oakdale wat leer om buffels te skuif, en 'n finansiële bestuurskursus doen.

RSG Landbou 01.03.2018

Johan van den Berg praat oor die vaardigheid om weer te voorspel. Studente van Elsenburg gesels oor die geleentheid wat hulle gehad het om die NWKV te besoek en meer oor wol uit te vind. Francois van der Merwe van die Tabakinstituut gesels oor die stand van die tabakbedryf in Suid-Afrika.

RSG Landbou 28.02.2018

Die term winsgewendheid loop soos 'n goue draad deur die landbou. Dit is die tema by vanjaar se Graan SA-kongres. Lise Roberts praat met die hoofbestuurder van Graan SA, Jannie de Villiers, oor die tema Boublokke na winsgewendheid. Daar is ook 'n gesprek met Louis Steyl, die rasdirekteur by Bonsmara SA, oor hulle Die Rooi Ras-geleentheid wat vandeesmaand plaasvind. Andries Theron, 'n koringproduse...

RSG Landbou 27.02.2018

Wat beteken waterrentmeesterskap? Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie praat oor die begrip, en hoe die MPO dit in sy beleidsomgewing bevorder. Koos du Pisanie het onlangs 'n draai gemaak by die Victoria-Wes Landbouskou, en met Jannie Olivier gesels oor die kuns om perde te skou. Michael Howell van Kempston Agri vertel hoe om goeie hooi te maak, en watter toerusting gebruik moet word....

RSG Landbou 27.02.2018

Wat beteken waterrentmeesterskap? Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie praat oor die begrip, en hoe die MPO dit in sy beleidsomgewing bevorder. Koos du Pisanie het onlangs 'n draai gemaak by die Victoria-Wes Landbouskou, en met Jannie Olivier gesels oor die kuns om perde te skou. Michael Howell van Kempston Agri vertel hoe om goeie hooi te maak, en watter toerusting gebruik moet word....

RSG Landbou 26.02.2018

In RSG Landbou kuier ons by die immergroen Victoria-Wes landbouskou. Koos du Pisanie gesels met JP Hugo, 'n bekende Saalperdafrigter, oor sy deelname daar. Dan gesels Bonne de Bod oor renosterstropery en die jongste syfers wat in hierdie verband bekendgemaak is. Daar is ook 'n gesprek oor die vrugtevliegplaag wat onlangs sy kop uitgesteek en Jan-Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosb...

RSG Landbou 26.02.2018

In RSG Landbou kuier ons by die immergroen Victoria-Wes landbouskou. Koos du Pisanie gesels met JP Hugo, 'n bekende Saalperdafrigter, oor sy deelname daar. Dan gesels Bonne de Bod oor renosterstropery en die jongste syfers wat in hierdie verband bekendgemaak is. Daar is ook 'n gesprek oor die vrugtevliegplaag wat onlangs sy kop uitgesteek en Jan-Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosb...

RSG Landbou 23.02.2018

Daar lê uitdagings voor vir geenbewerking om by te dra tot volhoubare en nog groter graanproduksie. Enkele daarvan is multispesie dekgewasse, die verhoging van die koolstofinhoud van gronde en fosfaatbeweging deur die profiel. Chris Viljoen gesels verder met twee boere van die Bapsfontein distrik op die Hoëveld en ook 'n spesialis op die praktyk.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.