RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 23.02.2018 14:58
Een van die knaende probleme in die veebedryf is dat parasiete weerstand opbou teen antibiotika. Lise Roberts.gesels met dr Johan van Rensburg van Afrivet, oor hierdie probleem. Klimaat kan ook 'n uitwerking hê op diereproduksie en Johan van den Berg van Santam Landbou vertel ons meer in sy gereelde Weerwaarhede-rubriek. Ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het die RSG Landbou-mikrof...
RSG Landbou 22.02.2018 26:32
Een van die knaende probleme in die veebedryf is dat parasiete weerstand opbou teen antibiotika. Lise Roberts.gesels met dr Johan van Rensburg van Afrivet, oor hierdie probleem. Klimaat kan ook 'n uitwerking hê op diereproduksie en Johan van den Berg van Santam Landbou vertel ons meer in sy gereelde Weerwaarhede-rubriek. Ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het die RSG Landbou-mikrof...
RSG Landbou 21.02.2018 28:56
Veilings is deel van 'n veeboer se bestaan. Lise Roberts gesels oor 'n veiling van Kalahari Red-bokke. Wat staan 'n mens te doen as jy op 'n beseerde uil afkom? Brendan Murray van die Owl Rescue Centre gee raad. Izak Hofmeyr het ook 'n insiggewende gesprek gevoer met die bekende veekundige, dr Michael Bradfield, na aanleiding van sy aanbieding by die Rooivleisprodusente-organisasie en Nasionale Wo...
RSG Landbou 19.02.2018 28:38
Uile speel 'n belangrike rol in die ekostelsel. Lise Roberts praat met Danelle Murray oor die werk wat by die Owl Rescue Centre gedoen word. Daar is ook 'n gesprek met Herman Hugo van die Nasionale Wolkwekersvereniging oor sake wat onlangs by hulle streeksvergadering bespreek is. Die begrotingsrede word binnekort gelewer, en Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid praat oor die landbou se verwagtinge...
RSG Landbou 19.02.2018 27:10
Carin Venter stel ons voor aan 'n besonderse groepie mense op Soutvleij Farm in die Oos-Kaap. Isak Hofmeyr gesels met James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie oor die streeksvergaderings wat in KwaZulu-Natal plaasgevind het. Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid werp lig op die nasionale begrotingsrede wat binnekort gelewer sal word.
RSG Landbou 16.02.2018 12:23
Geen-bewerkingslande het tydens die onlangse rampdroogtejaar op die Hoëveld, oeste van tussen ses en nege ton per hektaar gelewer, terwyl opbrengste van 2,5 tot 3,25 ton per hektaar op nabygeleë konvensionele bewerkte lande ge-oes is. Twee boere van die Bapsfontein-omgewing, wat geen-bewerking toepas, vertel vir Chris Viljoen meer hieroor.
RSG Landbou 16.02.2018 14:56
Chris Viljoen kyk na die netto-inkomste per hektaar van wingerdboere, vleilande wat die mees kritiese bedreigde ekostslesl in Suid-Afrika is, watergebruikdoeltreffendheid van organiese teenoor konvensionele bewerking, en die Waterwet 20 jaar later.
RSG Landbou 15.02.2018 28:22
Wat behels die jongste ontwikkelings in die wêreld van genomies-gebaseerde teelwaardes? Dis een van die vrae wat dr. Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek beantwoord. Johan van den Berg van Santam Landbou verduidelik hy wat die oes van water behels. En ons hoor by Christo Joubert van die Landboubemarkingsraad wat hulle verwagting is van 2018.
RSG Landbou 14.02.2018 30:41
Bloubessies is 'n relatief nuwe gewas op grootskaalse produksie in Suid-Afrika. Martin Wohlfarter van Laeveld Agrochem praat oor hierdie bessiesoort se verbouiing. Ons korrespondent in die Oos-Kaap, Carin Venter, gesels met die Nieu-Seelander, Ian Walsh, oor die Falkirk-seleksiestelsel wat by skape gebruik word. Daar is oudergewoonte 'n wolmarkverslag deur Plaas Media se Yolande Roodt, en Petru Fo...
RSG Landbou 13 Februarie 2018 13.02.2018 26:58
Elton Greeve van AgriDev Consulting praat oor 'n paar belangrike sake wat aandag moet kry wanneer grond vir die doel van grondhervorming aangebied word. DNS-tegnologie is reeds bekend in die veebedryf, maar raak deesdae ook belangrik in die hondetelingsbedryf. Boere soek dikwels 'n goedgeteelde hond op die plaas, en dr. Munro Marx van Unistel Geneeskundige Laboratoriums gesels hieroor. Daar is ook...
RSG Landbou 12.02.2018 27:15
Daar is inligting oor veilings en swart ekonomiese bemagtiging in die landbou. En dr. Tom Strydom van MSD Dieregesondheid gesels oor bosluise wat in nat toestande gedy.
RSG Landbou 09.02.2018 12:28
Fruitlook is 'n hulpmiddel boere, wat die waterstand op plase aandui, byvoorbeeld hoeveel water 'n blok lusern gebruik. Dan dui dit ook op stresfaktore van plante en bome, en wanneer groei daarvan begin staak. Chris Viljoen gesels oor die wetenskap met kundiges wat nóú saamwerk met Nederlandse eweknieë.
RSG Landbou 9 Februarie 2018 09.02.2018 14:57
Chris Viljoen kyk na 'n uitnodiging om lid te word van die Nasionale Plaaswerkersforum, 'n perfekte storm in die inmaakvrugtebedryf, 'n verskil van 2 meter in die straal van sprinkelaars, en perspektief in die droogte- en watersituasie.
RSG Landbou 08.02.2018 30:01
Wat is die verskil tussen waterverbruik en waterverbruiksdoeltreffendheid? Daar is ook 'n bydrae deur Kobus Visser van Agri SA oor die Agrisecuritas Trustfonds. Jannie de Villiers van Graan SA gesels oor die Kaapse Nampo, wat in Bredasdorp plaasvind. En Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor kuilvoervariasie en voedingswaarde.
RSG Landbou 07.02.2018 28:40
Charne Wilhelmi van Vulpro gesels oor aasvoëls en hulle gewoontes. Daar is ook 'n gesprek met Wandile Sihlobo van Agbiz oor voedselprysinflasie. Roelie van Reenen van Beefmaster-voerkrale verduidelik waarna gekyk word wanneer speenkalwers by die voerkraal aankom. En Yolande Roodt van Plaasmedia het die wolmarkverslag.
RSG Landbou 06.02.2018 28:11
Dr. Erika van Zyl praat oor oor voergewasse en wurmbeheer. Daar is ook 'n gesprek met dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk oor 'n grootskaalse kunsmatige inseminasie- en sinkronisasieprojek wat pas by ZZ2 afgehandel is. Hy sê die projek was 'n goeie toetslopie vir hoe beeste in die toekoms gesinkroniseer moet word. En Barry Christie van Subtrop gesels oor die stand van die makadamiabedryf.
RSG Landbou 05.02.2018 27:42
Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor siektes wat tussen somer en herfs kop uitsteek. Daar is ook 'n gesprek met Henk Crafford van Agricol oor die Japannese radys se vermoë om grondvoginhoud te benut. En Gawie van Heerden van Konsortium Merino praat oor 'n veiling wat op 15 Februarie op Dombietersfontein gehou word.
RSG Landbou 02.02.2018 12:25
Smart-agri se doel is om klimaatslim te boer en die uitdagings van klimaatsverandering te bestuur. Boere dwarsoor die land, en alle belangstellendes, word genooi om deel te neem aan die implementering van hierdie program wat reeds in 2014 'n aanvang geneem het. Vier vroue wat by die program betrokke is, gesels met Chris Viljoen.
RSG Landbou 02.02.2018 14:56
Chris Viljoen kyk na die waternood in die natuur, 'n vleisbeesboeredag in die Suid-Kaap, kruisteling vir klimaatslimverhogings in vleiskoeie se doeltreffendheid, en waarom kinders dit moet oorweeg om by 'n landbouskool te matrikuleer.
RSG Landbou 02.02.2018 14:56
Chris Viljoen kyk na die waternood in die natuur, 'n vleisbeesboeredag in die Suid-Kaap, kruisteling vir klimaatslimverhogings in vleiskoeie se doeltreffendheid, en waarom kinders dit moet oorweeg om by 'n landbouskool te matrikuleer.
RSG Landbou 01.02.2018 28:01
Johan du Pisanie van ABSA praat oor boere se skuldbestuur. Daar is ook 'n bydrae oor die bestuur van variasie in kuilvoerhope. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die rol wat klimaat by plantdatums speel.
RSG Landbou 01.02.2018 28:01
Johan du Pisanie van ABSA praat oor boere se skuldbestuur. Daar is ook 'n bydrae oor die bestuur van variasie in kuilvoerhope. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die rol wat klimaat by plantdatums speel.
RSG Landbou 31.01.2018 30:08
Veediefstal is 'n groot probleem wat nie maklik opgelos sal word nie. W.A. Lombard van die Universiteit van die Vrystaat vertel van 'n studie wat gedoen is oor die koste van veediefstal. Daar is ook 'n bydrae oor antieke grane, en Ursula Human van Plaas Media vertel van haar artikel hieroor, wat onlangs in Farmbiz verskyn het. En Lise Roberts praat met dr. Hendrik Smit van Graan SA oor bewaringsla...
RSG Landbou 31.01.2018 30:08
Veediefstal is 'n groot probleem wat nie maklik opgelos sal word nie. W.A. Lombard van die Universiteit van die Vrystaat vertel van 'n studie wat gedoen is oor die koste van veediefstal. Daar is ook 'n bydrae oor antieke grane, en Ursula Human van Plaas Media vertel van haar artikel hieroor, wat onlangs in Farmbiz verskyn het. En Lise Roberts praat met dr. Hendrik Smit van Graan SA oor bewaringsla...
RSG Landbou 30.01.2018 26:29
Watter faktore bepaal die waarde van landbougrond? Frikkie Mare van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor hierdie belangrike onderwerp. Daar is ook 'n gesprek met Charne Wilhelmi van Vulpro oor die bewaring van aasvoëls, en die belangrike rol wat hierdie voëls in die natuur speel. En dr. Koos Coetzee van die Melkprodusente-organisasie gesels oor melkprodu...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.