RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 29.01.2018

Die jaarlikse Alfa-handelskou wat by die Afridome in Parys in die Vrystaat gehou word, is vanjaar 'n nuwe kompetisie ryker. Lise Roberts praat met Albert Loubser van Plaas Media oor hierdie unieke kompetisie vir kleinvee. Daar is ook 'n gesprek met dr. Philip Myburgh van die Landbounavorsingsraad oor die doeltreffende besproeiïng van tafeldruiwe. En Dawid Botha van Rooikoppies-boerdery in die Fran...

RSG Landbou 26.01.2018

Die Eksteenskuil Landbou-koöperasie is die enigste kleinboerorganisasie met 'n Fair Trade-sertifikaat waarmee hulle 'n handige inkomste verdien uit rosyne-uitvoere. Chris Viljoen nooi jou saam na die Oranjerivier naby Keimoes.

RSG Landbou 26.01.2018

Chris Viljoen kyk na die verwagte wêreldwye tekort aan wyn, geakkrediteerde kursusse vir nuwe boere deur die RPO in die Noord-Kaap, volhoubare landbou- en hulpbronbestuur met 'n droogtefokus in 'n nagraadse program, en die LNR se Instituut vir Landbou-ingenieurswese beskik oor 200 handleidings vir die boer.

RSG Landbou 25.01.2018

Die Noord-Kaap kry die minste reën van al nege provinsies in Suid-Afrika. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor die reënval in die verskillende provinsies. Daar is ook 'n gesprek met Richardt Venter van Agsci Unlimited oor die terminologie wat in kuilvoer gebruik word. En Phillip Oosthuizen, die hoof van navorsing by Sernick, vertel van die navorsingsresultate van hulle voerkraalproewe.

RSG Landbou 24.01.2018

Marike Brits praat met Gert Kriek, ondervoorsitter van die Balfour Boerevereniging, oor die afgelope Balfour Hooidag wat op sy plaas gehou is. Hennie Maas gesels met Schalk van der Merwe oor die rol van presisieboerdery in sy plaasopset. Schalk het 'n Bonsmara-stoet, en hy vertel waarom hy juis met die beeste boer. Yolande Roodt is op haar pos met die jongste wolmarkverslag, en Rico Basson van Vin...

RSG Landbou 23.01.2018

As 'n mens met kleinwild wil boer, is dit nie sommer net 'n kwessie van bokke koop nie. Henco Marais van Wildbedryf SA se kleinwildadvieskomitee vertel waarna voornemende kleinwildboere moet kyk. Lise Roberts gesels met Arne Verhoef van Hemphub oor die eienskappe van die Moringa-plant. En Rob Visser van Dalewood praat oor sy kaasmakery naby Stellenbosch.

RSG Landbou 22.01.2018

Kuilvoer is 'n belangrike wapen in die veeboer se voerarsenaal. Prof. Robin Meeske praat oor die plek wat kuilvoer in 'n voervloeiprogram inneem. Daar is ook 'n gesprek oor die ekologie en mynbou met Mauritz de Bruin van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe. En dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Gifinligtingsentrum brei uit oor die hoe peste en plae aanpas by klimaatsverandering.

RSG Landbou 19.01.2018

Watter bydrae kan gekoὂrdineerde landbouvoorligtingsondersteuning lewer tot grondhervorming? Hoe en waar pas die wetenskap in?

RSG Landbou 19.01.2018

Mense wat boorgatwater verkoop, word vasgevat. Landbouskade op plase waar water tot op die been besnoei is, word op R15 miljard beraam. Data wys dat daat 30 000 werksverliese was weens die droogte. En voornemende studente vir die landboubestuurskursus by NMU in 2019 moet nóú inskryf.

RSG Landbou 18.01.2018

Johan van den Berg in RSG Landbou vertel hoe plante droogte oorleef. Daar is ook nuus oor aangeplante weiding vir wild. Richardt Venter, 'n kuilvoerkonsultant, gesels oor die impak wat die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie op die gehalte van kuilvoer het.

RSG Landbou 17.01.2018

Fritz van Oudtshoorn van Africa Land Use Training praat oor veldbestuur en inheemse grasse. Rudi Kuschke van Klein Karoo Saadbemarking praat oor aangeplante weiding en bemesting. Hy verduidelik of chemiese bemesting nog nodig is as die beeste die veld in elk geval bemes. Die onafhanklike tegnieseontleder, Frans de Klerk, gesels oor die sonneblom- en witmielieprys.

RSG Landbou 16.01.2018

Carin Venter praat met Sissie Matela van Matatiele in die Oos-Kaap waar sy die organisasie Environmental and Rural Solutions bedryf. Die organisasie hou hom besig met opheffingswerk onder ontluikende boere. Daar is ook 'n gesprek met prof. Charlie Reinhardt van die Villa Akademie oor eenjarige uitheemse onkruide. En Lise Roberts praat met dr. Nolte Troskie oor die veesiekte, bloednier.

RSG Landbou 15.01.2018

RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het onlangs 'n rondetafelbyeenkoms van die Internasionale Wolhandelaarsorganisasie, IWTO, in Port Elizabeth bygewoon. Sy het met drie wolprodusente en 'n wolhandelaar van Noorweë gesels. Henk Crafford van Agricol praat oor Smutsvingergras se gebruik as 'n weidingsgewas. En daar is gesprek met Jan-Louis Venter, 'n produksie-adviseur by die Na...

RSG Landbou 12.01.2018

Met die ondersteuning van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram, word 'n volhoubare hulpbronprogram oor omgewingsprobleme binnekort in vier produktiewe, maar gedegradeerde landskappe, in Suid-Afrika van stapel laat loop. Chris Viljoen praat hieroor met die projekbestuurder.

RSG Landbou 12.01.2018

Watter resultate het vrugtevlieg-navorsing in die Benede-Oranje opgelewer? Wat hou dit in vir die grootste landbou-uitvoerbedrywe?

RSG Landbou 11.01.2018

Kuilvoerkenner Richardt Venter vertel hoe belangrik kuilvoer-ontledings is. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor hittegolwe. Chris Derksen is weer op sy pos met vleispryse, en dan hoor ons van 'n man wat met elande boer. Sollie Potgieter meen dat elandsvleis baie smaaklik is, en 'n gereg is wat elke Suid-Afrikaner behoort te geniet.

RSG Landbou 10.01.2018

Die Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium doen belangrike werk. Hanneline Meyer vertel van die mikotoksien-ontledings wat daar gedoen word. Willem Bestbier van die SA Tafeldruifindustrie, SADTI, gesels oor die verwagte tafeldruifoes. En Andrew Knipe van die Gamtoos Besproeiingsraad praat oor die werk wat gedoen word met betrekking tot werkskeppping.

RSG Landbou 09.01.2018

Watter veranderinge het die afgelope jare in die vleiswaardeketting plaasgevind? Dit is een van die vrae wat Lise Roberts aan Alex Cilliers van GWK vra. Daar is ook 'n gesprek met die man wat die Droughtmaster-beesras in Suid-Afrika tot stand gebring het, Johan van der Nest. Hennie Bruwer gesels oor die toekoms van die katoenbedryf in Suid-Afrika, en Michelle van der Vyver van Noobswitch praat oor...

RSG Landbou 08.01.2018

Lise Roberts praat met Henk Crafford van Agricol oor die gebruik van soetwitblomklawer as weidingsgewas. Daar is 'n gesprek met Albert Loubser oor genetika, en of daar grense is aan verwante tegnologieë. En Lise Roberts gesels met afgetrede landbou-ingenieur Koos le Roux oor die instandhouding van plaasimplemente en -masjinerie.

RSG Landbou 05.01.2018

Wilde bokke wat in die Tankwa Nasionale Park gevang is, word nou vir navorsing by die Carnarvon Navorsingstasie hervestig. Chris Viljoen praat met die hoof van die navorsingspan oor die vangproses en die resultate tot dusver behaal is.

RSG Landbou 05.01.2018

Chris Viljoen kyk na die uitdagings en suksesse wat behaal word op 'n uitvoer-perskeplaas in die Vaalwater-distrik in Limpopo.

RSG Landbou 04.01.2018

Die maak van kuilvoer is 'n ou tegniek wat op plase gebruik word. Richardt Venter van Agsci Unlimited vertel van 'n nuwe manier van kuilvoermaak wat aan die toeneem is, naamlik om kuilvoer in silosakke te maak. Johan van den Berg gesels in sy rubriek, Weerwaarhede, oor die osoonlaag en wat daarvan geword het. En Lise Roberts praat met Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf SA oor buffelprotokolle.

RSG Landbou 03.01.2018

Dr. Paul Reynolds, 'n veearts van Dundee, praat oor biosekuriteit in intensiewe lamhokstelsels. Cecilia Breedt praat oor die oesbeskermingsafdeling van die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium. En Werna Venter van Clocolan gesels oor die Carli Rooivlagbewusmakingsveldtog teen hondsdolheid.

RSG Landbou 02.01.2018

SA Stamboek bied verskeie dienste aan die veeboer. Dr. Bobbie vd Westhuizen praat oor die dienste wat vir kleinveeboere beskikbaar is. Daar is 'n gesprek met dr. Sumari Potgieter van Afrivet oor die oordraagbaarheid van siektes tussen vee en wild. En hondsdolheid is een van die gesprekstemas.

RSG Landbou 31.12.2017

Albert Loubser kyk na waar die kleinveebedryf homself bevind as gevolg van diefstal en predasie. Hy vertel ook hoe die nuwe benadering van intensiewe stelsels, veeboere met 'n ander oog na die bedryf laat kyk. Prof. Charlie Reinhardt kyk na die noodsaaklikheid van stikstof vir peulgewasse. En virussiektes onder vee word bespreek.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.