RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 29.12.2017

Boere van die Spoegrivier-omgewing in die Kamiesberge is trots op die welslae wat hulle behaal met die bekamping van erosieslote. In die koelte van die voorstoep van een van die boere, verneem Chris Viljoen van die oorsaak en die herstelproses van die probleem.

RSG Landbou 29.12.2017

Gauteng is die gasheer vir 2018 se nasionale Percheron-veiling wat gepaard gaan met die algemene jaarvergadering en inligtingsdag. En daar is nuus oor navorsing oor 'n lae-energiedieet vir Nguni-beeste in die lig van die WNNR se voorspelling dat gebiede in Suid-Afrika waar mielies geproduseer word, met 30% sal afneem.

RSG Landbou 28.12.2017

In Weerwaarhede praat Johan van den Berg van Santam Landbou oor die meet van lugvogtigheid en verdamping In enige onderneming speel 'n begroting 'n belangrike rol, ook op die plaas. Frans van Eden praat oor die belangrikheid van 'n begroting. Daar is ook 'n herhaling van 'n interessante gesprek oor konynboerdery.

RSG Landbou 27.12.2017

Hennie Maas praat met Pieter du Plessis oor entrepreneurskap. Boerdery is deesdae meer soos 'n onderneming as 'n gewone plaas, daarom is fyn beplanning nodig. Daar is ook 'n gesprek oor antibiotikaweerstand in die veebedryf. En die Graanprodusent van die Jaar, AC van Wyk van die Bultfontein-omgewing, is aan die woord.

RSG Landbou 25.12.2017

Dean Lategan en Ashley-Anne May van Latana-kaas gesels oor kaasmakery. Dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech praat oor parasiete by melkbeeste. Die inskrywings vir die SA Suiwelkampioenskappe open op 4 Januarie. Lise Roberts praat met Breyton Milford oor die kompetisie. Daar is ook 'n bydrae met die Toyota AgriSA Jongboer van die Jaar, Jaco Strauss.

RSG Landbou 24.12.2017

Hortgro hou elke jaar 'n sangkompetisie onder hulle werknemers. Luister na vanjaar se wenner, Mbolelo Sekade. Daar is ook 'n gesprek met Mariza Naude, 'n boervrou uit die Bedfordomgewing, oor die Bedford Tuinfees. Die garingboom het besondere eienskappe. Tim Murray en Susan Davies praat oor hierdie unieke boom. En die pekanneutbedryf het ongekende groei beleef.

RSG Landbou 22.12.2017

Suid-Afrika is sedert 1993 'n lid van die Internasionale Kommissie op Besproeiïng en Dreinering, en het in hierdie tyd sewe internasionale toekennings ontvang oor onder meer waterbestuur, nuwe tegnolgie en die manier waarop daar na waterbronne omgesien word. Die kommissie se president, Felix Reinders van Suid-Afrika, vertel vir Chris Viljoen van die werk van die kommissie.

RSG Landbou 22.12.2017

Die administrateur van die Nasionale Luserntrust tree af ná 32 jaar, en maak 'n arendsvlug oor die noodsaaklike bedryf. 'n Hommeltuig is gewoonlik toegerus is met 'n kamera met slegs drie bandwydtes. Om die invloed van droogtes op plante te bepaal, word daar egter 'n hiper- of multispektrale sensor benodig.

RSG Landbou 21.12.2017

Die beoordeling van Angorabokke by die Nasionale Jeugskou was iets om te aanskou. Carin Venter gesels met Esna le Roux en Hans Greeff hieroor. Daar is 'n gesprek met Desiree van Heerden van Syngenta, wat onlangs 'n toekenning gekry het vir haar werk op die herfskommandowurm. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels in Weerwaarhede oor weerstasies.

RSG Landbou 20.12.2017

Igsaan Felix vertel van die Jeffreysbaai Windplaas-gemeenskapsprojek. Josua du Plessis, 2016 se graanboer van die jaar, het op uitnodiging van Syngenta besoek gebring aan die organisasie se hoofkantoor in Basel, Switserland. Hy gee sy indrukke. En Jaco van Rensburg, 'n veeteler van die Prieska-omgewing, gesels met ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, oor produksiemeting.

RSG Landbou 19.12.2017

Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor kunsmatige inseminasie en sinkronisasie. Een van die kursusganger by die Syngenta Graan-akademie, Preline Swart, vertel van die kursus wat sy onlangs daar voltooi het. En dr. Munro Marx van Unistel Geneeskundige Laboratoriums gesels oor die genetika van die Wagyu-beesras.

RSG Landbou 18.12.2017

Voersorghum is 'n veelsydige gewas. Joubert Swanepoel van Agricol praat oor die moontlikhede van die wonderlike gewas. Daar is 'n bydrae oor die Syngenta Graan-akademie. Die Nasionale Jeugskou kom ook onder die soeklig wanneer Corne Nel en Adri de Klerk gesels oor die beoordeling van wolskape. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die afgelope maand se reën, en die vooruitsigte voren...

RSG Landbou 15.12.2017

Chris Viljoen kyk na navorsing oor klimaatslim-landbou, met die fokus op vleisbeeste as die eksterne bedryf wat die meeste van ons natuurlike hulpbronne benut.

RSG Landbou 15.12.2017

Chris Viljoen kyk na die oranjepatat wat 'n belangrike bron van Vitamine A is, die wingerdoesverwagting vir die seisoen en die 2017 inmaakvrugte-oes. En daar is steeds geen verligting vir die suidwestelike deel van die Noord-Kaap nie.

RSG Landbou 14.12.2017

Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die verskil tussen arriditeit en droogte. Dawie Maree van FNB Landbou skets vir 'n prentjie oor die stand van lewende hawe in Suid-Afrika, en wat vorentoe verwag kan word. Dr. Munro Marx van Unistel Geneeskundige Laboratoriums vertel van die voor- en nadele van inteling, lynteling en kruisteling. En Lise Roberts gesels met die eerste vroue president...

RSG Landbou 13.12.2017

Dr. Annemie Erasmus van die Landbounavorsingsraad praat oor die omvang van die Afrikamieliestamboorder-probleem. Ons kyk ook met 'n vergrootglas na bokboerdery. En dr. Dirk Strydom van Graan SA praat oor die graanvooruitsigte.

RSG Landbou 12.12.2017

'n Seleniumtekort kan lei tot mastitis by beeste, sê dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech. Lise Roberts praat met die hoof van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie, Johann Kotze. Dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie gee 'n terugblik op die Internasionale Suiwelfederasie se spitsberaad, wat in Dublin plaasgevind het. En dr. John Purchase van Agbiz bespreek die vera...

RSG Landbou 11.12.2017

Albert Loubser, redakteur van Veeplaas, praat oor die jongste landboutendense wat in die tydskrif bespreek word. Daar is 'n gesprek met Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad oor die status van graan- en oliesade. En dr. Danie Odendaal van Veeartsnetwerk gesels oor die welslae wat behaal word om die netwerk volhoubaar te maak.

RSG Landbou 08.12.2017

Rentmeesterskap gee aan die boer wettige beskerming teen ongewenste aktiwiteite soos mynbou en hidroliese breking. Chris Viljoen kyk op Kamieskroon hierna, soos van toepassing in die Sukkulente Karoo.

RSG Landbou 08.12.2017

Chris Viljoen kyk na die oorgangsone tussen beboude en natuurlike gebiede, bekend as die urban interface; 'n oorsig van Agri Oos-Kaap; en 2017 se beste nuwe toetreder tot kommersiële landbou.

RSG Landbou 07.12.2017

Wat beteken geografiese tydsverspreiding by reënval? Johan van den Berg van Santam Landbou verduidelik. Daar is ook 'n gesprek met Julene Meyer oor 'n interessante kleinveeras, die Swakara. En Hennie van der Walt van Wild en Jag vertel van 'n publikasie wat hulde betoon aan die grondleggers van die wildbedryf.

RSG Landbou 06.12.2017

Dit is nou die tyd dat saaiboere oplet na insekte wat mieliesaailinge aanval. Dr. Annemie Erasmus van die Landbounavorsingsraad gesels hieroor. Daar is ook 'n bydrae deur Gordon Brown, een van die finaliste in die afgelope Santam Nasionale Kuilvoerkompetisie. En Dr. Hanre Ferreira van Afrivet praat oor inwendige parasiete by melkbeeste.

RSG Landbou 05.12.2017

Janse Rabie van Agri SA praat oor skaliegas en hidrobreking. Daar is ook 'n gesprek met Richardt Venter oor die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie wat al hoe gewilder raak. Dr. Louis du Pisani van die NWKV praat oor 'n opwindende reproduksie-opleidingsprogram wat aanstaande jaar begin. En daar is nuus oor die implikasies van die jongste brandstofprysverhoging.

RSG Landbou 04.12.2017

Kyk en luister 'n mens na die nuus, is dit duidelik dat die kwessie rondom vuurwapens en vuurwapenlisensies nog nie bygelê is nie. Hennie Maas praat met Fred Camphor van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging oor die stand van sake, en waarheen die saak op pad is. Daar is ook 'n gesprek met dr. Faffa Malan oor 'n nuwe veesiekte, kriptosperidiose, wat al hoe meer kop uitsteek onder veral skaapk...

RSG Landbou 01.12.2017

“Ons wil almal grond hê, maar ons kan nie almal grond bewerk nie,” sê een van Eksteenskuil se senior rosyneboere. Chris Viljoen praat met twee boere langs die Oranjerivier.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.