RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 01.12.2017

Chris Viljoen kyk na die komende brandseisoen in die Wes-Kaap, diereproduksie se bydrae tot die totale waardeproduksie van landbou, die wel en weë van die boer, Wêreld-Gronddag op 5 Desember, en 'n groeteboodskap van die Nasionale Plaaswerkersforum.

RSG Landbou 29.11.2017

'n Baie belangrike organisasie, die Suid-Afrikaanse Kultivar- en Tegnologie-agentskap, is pas in Pretoria in die lewe geroep. Lise Roberts praat met die voorsitter van die organisasie, Andries Theron. Daar is ook nuus oor die jongste sojaboon-kultivarresultate. En 'n veearts, dr. Hendrik du Toit, brei uit oor laparoskopiese inseminasie.

RSG Landbou 28.11.2017

Dr. Darren Green praat oor die gewildheid van kanola-olie in ander lande, en rekenmeester Frans van Eden gesels oor die belangrikheid van administrasie op die plaas. Deesdae word gesofistikeerde tegnieke gebruik om dragtigheid by produksiediere te verhoog. Carin Venter het by Jules van Aardt gaan kuier om uit te vind hoe hulle laparoskopie gebruik om hulle skaapkudde te bestuur.

RSG Landbou 27.11.2017

Mense wonder dikwels wat van die tradisionele boerekoöperasie geword het. Henk Agenbach vertel van die Humansdorp Koöperasie wat nog as 'n ware boerekoöperasie beskou word. Daar is ook 'n bydrae oor die sukses wat Astral Foods met hulle voedingsprojekte behaal het. Charl Uys, eienaar van die Marochel Bonsmara-stoet, vertel meer oor die poenskop Bonsmara-bees. En dr. Schalk Schoeman van die Landbou...

RSG Landbou 24.11.2017

As deel van hulle finalejaarprojek moes studente van die Departement Voedselwetenskap by die Universiteit Stellenbosch afvalprodukte omskep in voedselprodukte wat kommersieel benut kan word.

RSG Landbou 24.11.2017

Chris Viljoen kyk na die inskakeling van hernubare energie vir kleinskaalse opwekkers, die gesondheidswaarde van oranje patats, die gebruik van hommeltuie in presisie boerderystelsels, en nuwe infrastruktuur wat benut word in die opleiding by die Augsburg Landbougimnasium.

RSG Landbou 23.11.2017

Johan van den Berg van Santam Landbou gesels sy rubriek, Weerwaarhede, oor weeroorlogvoering – dis hoe weer gebruik word in strategiese militêre- of ander beplanning. PW van Heerden vertel van die Meatmaster-skaapras, wat redelike groei in Suid-Afrika toon. En Piet Snyman van die LNR praat die rol van landbou-ingenieurs in die bedryf.

RSG Landbou 22.11.2017

Al gehoor van die uitdrukking dat jy eerder slimmer moet werk as harder? Pieter du Plessis van ActionCOACH sê jy moet eerder áán jou besigheid werk as ín jou besigheid. Daar is ook 'n bydrae deur Gys Helm van Laeveld Agrochem oor witluise op sitrus. Arnaud le Roux van WRSA praat oor die status van die oribi in Suid-Afrika. En Magda du Toit van Landbouskrywers SA gesels oor die organisasie wat vanj...

RSG Landbou 22.11.2017

Al gehoor van die uitdrukking dat jy eerder slimmer moet werk as harder? Pieter du Plessis van ActionCOACH sê jy moet eerder áán jou besigheid werk as ín jou besigheid. Daar is ook 'n bydrae deur Gys Helm van Laeveld Agrochem oor witluise op sitrus. Arnaud le Roux van WRSA praat oor die status van die oribi in Suid-Afrika. En Magda du Toit van Landbouskrywers SA gesels oor die organisasie wat vanj...

RSG Landbou 21.11.2017

Die Drakensberger-beestelersgenootskap is vanjaar 70 jaar oud. 'n Drakensberger-stoetteler, Carel Nel, praat oor die organisasie. Dit gaan goed met die makadamiabedryf in Suid-Afrika, en daarom is dit belangrik om te kyk na die verskillende groeistadiums in makadamiabemesting. Dr. Gerhard Nortje vertel meer hieroor. Dr. Norman Casey praat ook oor die veekunde-beroep.

RSG Landbou 20.11.2017

Ons hoor weer van die spekboomprojek, #spekkies, in die Oos-Kaap. Daar is 'n gesprek met Wessel Cloete, 'n boer in die Visriviervallei. En Anton Rabe van Hortgro praat oor die stand van die sagtevrugtebedryf.

RSG Landbou 17.11.2017

Chris Viljoen kyk na 'n inisiatief by Steinkopf wat gerig is op alle vlakke van die waardeketting in die rooivleissektor.

RSG Landbou 17.11.2017

Chris Viljoen kyk na die inmaakvrugte-oes wat op hande is, die moontlike gevaar van voëlgriepkarkasse op ondergrondse waterbronne, onduidelikheid oor watermeting, die werklike druk op bo- en ondergrondse water, en onwettige watergebruik.

RSG Landbou 16.11.2017

Die Benguela-seestroom het 'n groot invloed op die weerstoestande in Suid-Afrika. Johan van den Berg van Santam Landbou verduidelik waarom die stroom belangrik is. Daar is ook 'n gesprek met Katjana Ott, WRSA se Oos-Kaapse wildteler van die jaar. En dr. Aartjan Verschoor van die LNR verduidelik ook hoe dit met tabakproduksie in Suid-Afrika gaan.

RSG Landbou 15.11.2017

Dr. Sonja Steenkamp vertel van 'n nuwe aalwurm wat op grondbone voorkom. Daar is ook 'n bydrae oor genomika deur dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek, en adv. Koos Nel, hoof van Agrimark by Old Mutual, vertel meer van mediese dekking teen gevreesde siektes. En daar is 'n gesprek met beroepsjagter Jacques Greeff, wat in die Oos-Kaap met 'n unieke projek besig is.

RSG Landbou 14.11.2017

Om 'n kalf reg groot te maak, is nie kinderspeletjies nie. August Lingnau vertel meer van hierdie interessante grootmaakproses. Daar is ook 'n bydrae deur Dawid Botha oor 'n inligtingsdag wat Saterdag by die Rooikoppies-plaas naby Frankfort plaasvind. En Carin Venter het onlangs die WRSA se konferensie in die Oos-Kaap bygewoon en met 'n drietal wildboere gesels.

RSG Landbou 13.11.2017

Lise Roberts praat met Burre Burger, wat op 'n besondere manier droogtehulp aan boere verskaf. Daar is ook inligting oor 'n boer wat 'n navorsingseenheid by sy boerdery op die been gebring het. En Hennie Maas gesels met Nick Serfontein van die Sernick-groep oor hulle werksaamhede.

RSG Landbou 10.11.2017

Met behulp van satelliet- en reënvaldata word die aantal hektaar wat geraak word deur langtermyndroogtetoestande in bepaalde omgewings van die Noord-Kaap bepaal. Chris Viljoen is by die Upington Navorsingstasie, waar hy oor droogtemonitering gesels.

RSG Landbou 10.11.2017

Chris Viljoen kyk na landbouwetenskap as 'n skoolvak, die Google-trekkerprojek wat 360º beeldmateriaal van Suid-Afrika se natuurreservate aan kykers bied, die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se Suidelike Afrika-gebied wat vergader, en die bamboesplant en sy veselgare.

RSG Landbou 09.11.2017

Sonder die energie van die son, is geen lewe op aarde moontlik nie. In Weerwaarhede praat Johan van den Berg van Santam Landbou oor sontraling. Dr. Louis du Pisani van die NWKV gesels oor die suuranys-studiegroep in die Kareedouw-omgewing se skaapreproduksieverbeteringsprojek. En as jy skaapskeer as 'n loopbaan oorweeg - Isak Klopper van die NWKV gesels hieroor.

RSG Landbou 08.11.2017

Navorsing word in Skotland gedoen om 'n middel te ontwikkel om snotsiekte te beheer. Prof. Moritz van Vuuren praat oor die siekte en die navorsing. Daar is ook 'n gesprek met die Toyota New Harvest Boer van die Jaar, Ricard Myburgh.

RSG Landbou 07.11.2017

Die potensiaal vir agritoerisme in Suid-Afrika is groot, en word tot 'n groot mate onderbenut. Christelle van Zyl van die Noordwes-Universiteit vertel van 'n studie wat sy doen oor agritoerisme en die potensiaal daarvan. Daar is ook die gereelde wolmarkverslag, Dawie Maree van FNB Landbou vertel hoe belangrik beplanning in landbou is.

RSG Landbou 06.11.2017

Bankrotbos het nie verniet sy naam gekry nie. Dr. Erika van Zyl van die KwaZulu-Natal Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling praat oor die ongewenste plant wat 'n plaas letterlik bankrot kan maak. Daar is ook nuus oor die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging, en Johan Odendaal verduidelik wat bedoel word met vetvee. En Dick Myburg gesels oor infrarooitegnologie en hoe dit op die...

RSG Landbou 03.11.2017

'n Landbousektorplan vir die Wes-Kaap fokus op klimaatsverandering en geleenthede en uitdagings. Dit is 'n padkaart vir boere om meer klimaatsbestand en volhoubaar te produseer.

RSG Landbou 03.11.2017

Chris Viljoen kyk na die impak van die droogte, die vel- en veerkwaliteit van volstruise, die responsible wool standard, Agri Wes-Kaap se reaksie op plaasgebeure, finalejaar voedselwetenskapstudente wat bier uit ou brood maak, pretzels uit druifdoppe en ontbytpap uit piesangskille.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.