RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 02.11.2017

Johan van den Berg van Santam Landbou vertel wat aanvoelbare temperatuur beteken. Dr. Elleunorah Allsop van die Landbounavorsingsraad in Stellenbosch gesels oor 'n plaag wat in olyfboorde voorkom, die olyfsaadwespe. En Elton Greeve van Agri-Dev Consulting vertel hoe produsente by grondhervormingsprojekte betrokke kan raak.

RSG Landbou 01.11.2017

Wat beteken volhoubaarheid? Mauritz de Bruin van die Bedreigde Wildlewetrust gesels oor hierdie belangrike onderwerp. Een van die finaliste in die Graan SA Boer van die Jaar-kompetisie, Jan Boshoff van die Delmas-omgewing, gesels met Lise Roberts oor sy boerdery-filosofie. En Carin Venter voer 'n insiggewende gesprek met Deon Heyns oor die Humansdorp Koöperasie.

RSG Landbou 31.10.2017

Herbie Colignan en Ferdi van Zyl praat oor konynbeoordeling tydens die Nasionale Jeugskou. Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum praat oor plaasmoorde. En dr. Francois van der Vyver van Nutri Feeds gesels oor produksiedoelwitte by vleisbeeste.

RSG Landbou 30.10.2017

'n Nuwe rekenaartoepassing om die renostersaak te bevorder, is bekendgemaak. Andries Potgieter van Rhino Connect praat hieroor. Corne de Beer, 'n afslaer, vertel van 'n oënskynlike oplewing in die kleinveebedryf. Lise Roberts gesels met Willie Clack van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum oor die misdaadstatistiek wat pas bekend gemaak is, en hoe dit die landbou raak.

RSG Landbou 27.10.2017

Navorsers van oral oor het vroeër vandeesmaand in Bloemfontein vergader om Suid-Afrikaanse kameelperde te bestudeer, en om te help verseker dat die unieke diere ook deur ons nageslagte bewonder kan word.

RSG Landbou 27.10.2017

Chris Viljoen kyk na die groen-ekonomie in Namakwaland, finalejaar wynmakers sebesoek aan Franse wingerde en kelders, die validasie-verifikasieproses versus inlysting by 'n besproeiingsraad en waterregistrasie, besighede wat boorgatwater verkoop op sosiale media, en waterbesparing.

RSG Landbou 26.10.2017

Christelle van Vuuren praat oor boerboele wat dikwels op plase voorkom. Daar is ook die gereelde Weerwaarhede saam met Johan van den Berg van Santam Landbou. Het jy geweet dat 'n menshaar gebruik is om die mate van vogtigheid in die lug te bepaal?

RSG Landbou 25.10.2017

Kan graanboere nog plant vir die nuwe seisoen? Dit is een van die vrae wat aan Luan van der Walt van Graan SA gestel word. Daar is ook 'n gesprek oor sakebeginsels wat op 'n plaas moet geld, en Hein Visagie, een van die Graan SA boer van die jaar-finaliste, vertel van sy boerdery in Porterville. En Corne Nel en Adri de Klerk gesels oor die wolskaapbeoordeling tydens die Nasionale Jeugskou.

RSG Landbou 24.10.2017

Antibiotika-weerstandigheid beteken dat daar deesdae anders gekyk moet word na die behandeling van diere. Lise Roberts praat met dr. Gerhard Jordaan oor navorsing met fulviensuur, en die belowende resultate wat dit toon. Daar is ook 'n gesprek met Bonne de Bod oor die onlangse beslagleggings op renosterhorings.

RSG Landbou 23.10.2017

Die 2017 Nasionale Jongboer is op 19 Oktober aangewys. Jaco Strauss van die Vaalhartsbesproeiingsgebied in die Noord-Kaap het met die louere weggestap. RSG Landbou het die geleentheid bygewoon. Corne Liebenberg van Laeveld Agrochem gesels oor 'n unieke bootvaart waar boere en hulle gesinne die maatskappy se gasvryheid kan geniet. 'n Dormerboer, Colene van der Merwe, vertel van haar boerdery, en di...

RSG Landbou 20.10.2017

Ons het in die vorige program gehoor van die gebruik van 'n hommeltuig op 'n plaas in die distrik van Beaufort-Wes. Dean Gouws van die plaas Branddoorns gesels verder met Chris Viljoen en Arie van Ravenswaai van die programtegnologie-oordrag in die Wes-Kaapse Departement van Landbou.

RSG Landbou 20.10.2017

Chris Viljoen kyk na Suid-Afrika se mariene- en kusomgewings, die Wêreldvoedselskou in Keulen, en die wynbedryf se winsgewendheid, internasionale mededingendheid en volhoubaarheid.

RSG Landbou 19.10.2017

Met die goeie reën wat op plekke geval het, raak parasiete onder vee 'n probleem. Dr. Johan van Rensburg van Afrivet vertel hoe die peste beheer kan word. Daar is ook 'n gesprek met die Gauteng jongboer van die jaar-finalis, Andries Groesbeek. In die gereelde Weerwaarhede-rubriek gesels Johan van den Berg van Santam Landbou oor 'n bekende weerverskynsel, weerlig, en waar dit vandaan kom. En daar i...

RSG Landbou 18.10.2017

Die olyfsaadwespe is 'n groot probleem in die olyfbedryf. Lise Roberts gesels met dr. Elleunorah Allsop van die LNR oor die wespe en die olyfbedryf in die algemeen. Daar is ook raad van Elton Greeve oor hoe boere by grondhervormingsprojekte betrokke kan raak. En een van die sprekers by Aartappel SA se onlangse kongres, Jurie Welman, verduidelik hoe belangrik kennis van kliënte en die waardeketting...

RSG Landbou 18.10.2017

Die olyfsaadwespe is 'n groot probleem in die olyfbedryf. Lise Roberts gesels met dr. Elleunorah Allsop van die LNR oor die wespe en die olyfbedryf in die algemeen. Daar is ook raad van Elton Greeve oor hoe boere by grondhervormingsprojekte betrokke kan raak. En een van die sprekers by Aartappel SA se onlangse kongres, Jurie Welman, verduidelik hoe belangrik kennis van kliënte en die waardeketting...

RSG Landbou 17.10.2017

Die Graan SA-graanprodusent van die jaar is Vrydagaand aangewys. AC van Wyk van die plaas Warmhoek in die Bultfontein-omgewing, het met die louere weggestap. Hy praat oor sy passie vir mielieverbouing. Croplife SA waarsku dat 'n Afrika-bolwurmplaag moontlik kan kop uitsteek. En Johan van den Berg van Santam Landbou kyk na die weervooruitsigte vir die seisoen.

RSG Landbou 16.10.2017

Een van die finaliste in die Jongboer van die Jaar-kompetisie, Jaco Strauss van die Noord-Kaap, praat oor sy boerderyplanne. Daar is ook 'n gesprek met dr. Andre Jooste van Aartappels SA oor hoe die aartappelbedryf nader aan die verbruiker kan kom. En Francois Coetzee van De Heus brei uit oor hulle samewerking met die varkboere van Suid-Afrika in die projek, Pork 360.

RSG Landbou 13.10.2017

Die waarde en kostebesparing van 'n hommeltuig op 'n ekstensiewe plaas is nog grootliks onontgin. Chris Viljoen nooi jou saam na 'n plaas in die Groot-Karoo.

RSG Landbou 13.10.2017

Chris Viljoen kyk na die werk van die Nasionale Plaaswerkersforum, die vak landbou-tegnologie, Elsenburg se uitstalling by die Villiersdorp-skou, die Rooivleisprodusente-vereniging in die Oos-Kaap, en herbivoor voedingseleksie in ariede sisteme.

RSG Landbou 12.10.2017

In Weerwaarhede gesels Johan van den Berg oor hael en hoe dit ontstaan. Wedvlugduiwe was een van die kategorieë by vanjaar se Nasionale Jeugskoukampioenskappe op Bathurst en 'n leerder van Reddersburg in die Vrystaat, Petro van Aswegen, vertel waarom sy juis met die voëls skou. Hannes Nel van Ladysmith vetel van sy melkboerdery. Welksiekte is 'n kopseer vir koejawelprodusente, en Maritha Schoeman...

RSG Landbou 11.10.2017

Dr. Jasper Coetzee praat oor voerkrale se vereistes vir die aankoop van skape. Daar is ook 'n gesprek met Schalk de Villiers van RFID-Experts Africa oor presisieboerdery. En Breyton Milford van Agri-Expo vertel vir Carin Venter van sy indrukke van die jaarkongres van die Melkprodusente-organisasie.

RSG Landbou 10.10.2017

Die finale rondes van die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie het in September by die Alfa vee-ekspo plaasgevind. Prof. Robin Meeske praat oor die afloop en standaard van die kompetisie. Daar is ook 'n gesprek met Gordon Anderson wat in die De Doorns-omgewing boer. En Dawie Maree van FNB vertel van hulle betrokkenheid by die Megaboere-projek.

RSG Landbou 09.10.2017

Sommige boere boer met interessante kombinasies vee. Tydens die onlangse Alfa vee-ekspo het Lise Roberts met Arnaud le Roux gesels oor hoe hy kleinwild en Dexters in sy boerdery kombineer. Daar is ook 'n gesprek met dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk oor vastetyd kunsmatige inseminasie en sinkronisasie. En dr. Chris van Dyk van die Melkprodusente-organisasie praat oor die MPO-kongres wat on...

RSG Landbou 06.10.2017

Waaraan kan die sukses toegeskryf word van die oudste suksesvolle opkomende boerderygroep in die Langkloof? Chris Viljoen het met die viering van hulle 21ste bestaansjaar, by 'n paar van die boere aangesluit.

RSG Landbou 06.10.2017

Chris Viljoen kyk na voedselsekuriteit, die lesse wat ons uit die droogte kan leer, rooivleis-voorsiening in die Wes-Kaap in die Kersseisoen, universiteite se navorsingsuitsette, 'n nuwe weergawe van Global Gap, en bolwurmmotte op Swartland se navorsingsplaas.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.