RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 05.10.2017 28:24
Die wêreld se oseane word gekenmerk deur 'n sogenaamde vervoerband. Johan van den Berg gesels in sy gereelde Weerwaarhede-rubriek oor hierdie verskynsel. Prof. Meville Saayman van Noordwes-Universiteit verduidelik waar die potensiaal in wildsplaastoerisme lê, en daar is 'n gesprek met John Falck van Coniglio oor die moontlike grootskaalse bemarking van konynvleis in Suid-Afrika.
RSG Landbou 04.10.2017 28:28
Onkruid is nie 'n gewasboer of tuinier se vriend nie. Dr. Charlie Reinhardt vertel waar die naam 'onkruid' vandaan kom. Daar is ook 'n gesprek met Kevin Cloete van die Senepol Beestelersgenootskap oor die beesras, en Janse Rabie van Agri SA verduidelik wat sy organisasie se standpunt is oor skaliegas-ontginning.
RSG Landbou 03.10.2017 26:54
Skeer-intervalle by Angora-bokke is 'n belangrike bestuursaspek. Jo-Anne Naude van BKB praat hieroor. Friedrich en Carina Loesch praat oor hulle merino-boerdery en betrokkenheid by Konsortium Merino. Tydens die afgelope Alfa vee-ekspo in Parys was die samewerking van veral studente iets om te aanskou. Donsie Wessels was die studente-programleier, en sy gesels oor hulle werk tydens die ekspo.
RSG Landbou 02.10.2017 28:09
'n Suid-Afrikaanse landbou-ingenieur, Felix Reynders, is genomineer om as president van die Internasionale Kommissie vir Besproeiing en Dreinering te dien. Hy vertel waarom dit belangrik is dat Suid-Afrika deel is van die organisasie. Daar is ook 'n gesprek met Frans van Eden oor waarom jou plaas jou belangrikste bate is. En Amour Strydom gesels oor die bedrywighede van die Nasionale Jeugskou en d...
RSG Landbou 29.09.2017 12:23
Die droogte in baie dele van die land duur voort, en die situasie vererger by die dag. In die jare 70 tot 80 van die vorige eeu het soortgelyke omstandighede geheers. Die Landbouradio-span het destyd tydens 'n besoek aan Namakwaland en Boesmanland by boere, navorsers en voorligtingsbeamptes aangeklop en 'n hoorbeeld saamgestel. Watter lesse is daar vandag daaruit te leer?
RSG Landbou 29.09.2017 14:58
Chris Viljoen kyk na die behoefte vir die kommersialisering van Afrika-groente, wêreld erfenisgebiede, Augsburg Landbougimnasium se sitrusaanplantings, en landboukundiges en voedselwetenskaplikes se samewerkingsooreenkoms met ABInBev.
RSG Landbou 28.09.2017 26:05
Hoewel ons almal bekend is met die Suidooster, is daar ander sogenaamde internasionale wind wat 'n rol speel in globale weerpatrone. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor 'n paar van die winde. Daar is ook 'n gesprek met Agri Limpopo se jongboer vir 2017, Pieter Nel. Ons luister ook na Chris Derksen se vleispryseverslag, en daar is 'n gesprek met Arne Verhoef oor hennepproduksie in Suid-...
RSG Landbou 27.09.2017 29:21
Schalk Schoeman van die Landbounavorsingsraad praat oor die produksie van koffie, en die feit dat die bedryf kop opgetel het. Daar is ook 'n gesprek met Nico Claassens van Laeveld Agrochem oor avokadobome wat nie elke jaar dieselfde drag vrugte het nie. En 'n merinoboer, Kotie van den Berg, verduidelik hoekom hy met die skaapras boer.
RSG Landbou 26.09.2017 29:53
Anatoliese herdershonde is besig om 'n vastrapplek in die Suid-Afrikaanse veebedryf te kry. Deon Cilliers, 'n kenner van die honde, praat oor die honderas. Daar is ook 'n gesprek met Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, oor die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie wat pas afgehandel is. En Carin Venter gesels met Johan van Vuuren,'n wolskeer-adviseur en RSG Landbou se korrespondent...
RSG Landbou 24.09.2017 26:38
Lise Roberts praat met Amour Strydom oor die komende nasionale jeugskou, wat vanjaar in die Oos-Kaap aangebied word. Sy gesels ook oor die jeugskou-aktiwiteite wat eie aan daardie provinsie is. Daar is ook 'n gesprek met Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid oor ekonomiese vooruitsigte in die landboubedryf. En ons maak kennis met die KwaZulu-Natalse jongboer van die jaar, Ross Lowe.
RSG Landbou 22.09.2017 12:24
Chris Viljoen praat met 'n afgetrede wateringenieur wat deur die Food and Agricultural Organization genooi is om tydens Waterweek in Stockholm 'n referaat te lewer oor Water accounting and productivity in the agricultural sector.
RSG Landbou 22.09.2017 14:56
Veevermindering gaan gepaard met 'n afname in die drakrag op 'n plaas. Daar is aad vir wingerdboere in die droogte. Die Anuga Wêreldvoedselskou word aan die begin van Oktober in Duitsland gehou. Landbouskool-leerders ontvang onderrig van die SA Besproeiingsinstituut. En ondersteuning aan mekaar in dae van moedeloosheid op die plaas.
RSG Landbou 21.09.2017 30:19
Johan van den Berg van Santam Landbou praat in sy weerrubriek oor die verskillende soorte wind. Daar is ook 'n bydrae oor hoe 'n boer sy finansiële beplanning moet doen. En daar word gesels oor die stand van die merinobedryf.
RSG Landbou 20.09.2017 30:05
Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie se konferensie en prysuitdeling het verlede week tydens ALFA plaasgevind. Richardt Venter gesels oor die kompetisie en vanjaar se wenners. Dirk Uys van Bayer Crop Science vertel van 'n ooreenkoms wat vir bye en die landbou tot voordeel is, en Lodewyk Koch van Brasuda gesels oor weidingsgrasse.
RSG Landbou 19.09.2017 29:16
Jurie Naude van De Heus vertel watter voordele kruipver inhou. Dr. Morne de la Rey van Embryo Plus praat oor die in-vitrobevrugting van buffels en renosters, en daar is gesprek met 'n Nigeriese besoeker aan ALFA, wat verlede week in Parys plaasgevind het. Koos du Pisanie praat met die president van Agri SA, Johannes Möller, oor die posisionering van landbou in Suid-Afrika.
RSG Landbou 18.09.2017 30:26
Veediefstal en probleemdiere bly 'n groot kopseer vir veeboere. Lise Roberts praat met Jan Adriaan Cordier oor die kwessie en oor maniere om dit te bestuur. Tot onlangs toe nog het wolkopers gereeld beswaar gemaak oor sogenaamde wolbesoedeling. Die voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging, Gillau du Toit, praat oor die terugvoer wat deesdae ontvang word oor plaaslike wolgehalte. Al gehoor...
RSG Landbou 15.09.2017 12:30
Die toegang van plaaswerkers tot opleiding, gesondheidsdienste, werksgeleenthede, sosiale deelname en huisvesting is saamgevat in 'n sensusverslag deur die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Chris Viljoen kyk na bevindings en wat dit vir die toekoms inhou.
RSG Landbou 15.09.2017 14:49
Hoe draai jy 'n bal binne 'n kubus op 'n gewone draaibank? Watter impak het die hoë wolpryse op kommunale boere? Die droogte lei tot 'n toename in die sink van boorgate. Die Nasionale Plaaswerkersforum hou hulle jaarlikse sportdag. En Control Union doen oudits op Tesco-produsente.
RSG Landbou 14.09.2017 30:46
Om kuilvoer in silosakke te maak, is 'n redelike nuwe verskynsel in Suid-Afrika. Die kuilvoerkonsultant, Richardt Venter, vertel meer hiervan. In ons weeklikse aflewering van Weerwaarhede, gesels Johan van den Berg van Santam Landbou oor siklone en warrelwinde. En Koos du Pisanie gesels oor GWK en Veeplaas se Boeredag wat op 20 September in Prieska gehou word.
RSG Landbou 13.09.2017 27:57
Koos du Pisanie gesels met Henning Myburg, die hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, oor landboutoestande in die uitgestrekte provinsie. Daar is ook 'n gesprek met Celeste Dekker van die Landbounavorsingsraad oor hoe geo-informatika in landbou toegepas word. Vir die Taschners van Pretoria is rose en roosboerdery 'n passie. Heike Taschner-Jeske gesels oor die roosplaas wat haar pa, Ludwig Taschner, o...
RSG Landbou 12.09.2017 30:44
'n Opspraakwekkende eerste renosterhoringveiling van John Hume het onlangs plaasgevind. Die filmmaker en TV-aanbieder, Bonne de Bod, vertel meer hiervan. Daar is ook 'n gesprek met die LNR se nasionale kleinskaalse beesboer van die jaar, Madjidiso Moleketsi. Philip Swart gesels oor die Melkprodusente-organisasie se nasionale kongres. En Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou, gesels oor 'n toek...
RSG Landbou 11.09.2017 29:26
Albert Loubser, een van die organiseerders van die Alfa vee-ekspo op Parys, vertel van die aktiwiteite wat tydens die ekspo aangebied word. Daar is ook 'n gesprek met Philip Swart van die Melkprodusente-organisasie oor die MPO se bydrae tydens die ekspo. En Alfons Visser gesels oor 'n nuwe grondboontjie-aanleg wat op Hartswater geopen het.
RSG Landbou 08.09.2017 12:27
Suid-Afrika se riviere is in 'n swak toestand, met meer as 80% daarvan wat bedreig word. Dit is nie slegs die resultaat van wat op rivieroewers plaasvind nie, maar ook die gevolg van hoe grond en water deurentyd in die opvangsgebied bestuur en benut word. 'n Omvattende handleiding vir die rehabilitering van riviere in Suid-Afrika is saamgestel. Chris Viljoen het twee van die skrywers van die handl...
RSG Landbou 08.09.2017 14:59
Wes-Kaap se landbou verkeer in day zero. Watter interaksie is daar tussen veeboerdery en die ekostelsel in die Richtersveld? Landbouskoolleerders word onderrig in jag en die installering van kameras vir jagluipers. En Cape Nature stel sy reservate gratis oop vir belangstellendes.
RSG Landbou 07.09.2017 29:18
Waarom vind kuilvoerverliese plaas? Dit is een van die vrae wat Richardt Venter beantwoord. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor fotoperiodisme, en daar is 'n gesprek met die LNR se nasionale jongboer van die jaar, MJ Ernst. Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, het by Agri Noord-Kaap se kongres gaan kuier en vir Henk van Wyk uitgevra oor landboutoestande in die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.