RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 06.09.2017

Die Alfa vee-ekspo vind binnekort by die Afridome in Parys plaas. Een van die items op die program is 'n interraskompetisie. 'n Interras-beoordeelaar vertel hoe so 'n beoordeling plaasvind. Daar is ook 'n bydrae met Willem Botha van Netafim oor drupbesproeiing op mielies, en Deon Wynne praat oor 'n rotplaag in die Noord-Kaap.

RSG Landbou 05.09.2017

Wat is die definisie van grasvelde in Suid-Afrika? Die antwoord is nie so voor-die-handliggend nie. Mauritz de Bruin praat oor die rol van grasvelde in die Suid-Afrikaanse omgewing. Daar is 'n gesprek met Tharia Unwin oor 'n navorsingsprojek oor die bewaring van luiperds. Gert Steyn gesels oor die rol van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging. En Breyton Milford vertel van die Nasionale Jeugsk...

RSG Landbou 04.09.2017

Olyfproduksie in Suid-Afrika loop lelik deur onder die droogte. Lise Roberts hoor by Karien Bezuidenhoudt hoe erg die situasie is. Daar is inligting oor die werksaamhede van die Vereniging van Varsproduk-invoerders. Frikkie Mare verduidelik wat 'n resessie is. En Johan Ehlers brei uit oor die Agri-Expo Livestock wat binnekort in die Kaap plaasvind.

RSG Landbou 01.09.2017

'n Provinsiale raamwerk en implementeringsplan is vir die landbousektor van die Wes-Kaap is ontwikkel in reaksie op klimaatsverandering. Dit maak gebruik van wat reeds besig is om te gebeur, en daarom gesels Chris Viljoen oor die projek wat reeds in 2014 'n aanvang geneem het.

RSG Landbou 01.09.2017

Chris Viljoen kyk na Group on Earth Observation, die gebruik van hommeltuie in die landbou, innoverende denke wat nodig is in die sekondêre landbousektor, en die gemeenskapsbetrokkenheid van vroue.

RSG Landbou 31.08.2017

Johan van den Berg van Santam Landbou vertel hoe weerindekse gebruik word om versekering uit te werk. Stan Burger deel interessante inligting oor die Damara-skaapras. En Richardt Venter gesels oor hoe kuilvoer se monsterneming gedoen moet word vir voerontleding.

RSG Landbou 30.08.2017

Voorplantkontrakte is een manier hoe produsente hulle risiko kan bestuur. Dawie Maree van FNB Landbou preet hieroor. Die SA Graanlaboratorium verduidelik watter rol hulle nuwe oesbeskermingsafdeling speel. En dr. Piet Jooste, 'n mikrobioloog, gesels oor hoe moeilik dit is om die bakterie, listeria, uit te roei.

RSG Landbou 29.08.2017

Ons vind uit wie is die Smaldeel Merino-klub. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingsraad verduidelik hoe diere in voerkrale winsgewend grootgemaak kan word. En BFAP praat oor hulle tien-jaar landbouvooruitskouing.

RSG Landbou 28.08.2017

Die Ankole-beesras is 'n bekende Afrika-ras wat vanjaar sy eerste veilingsbuiging in Suid-Afrika gemaak het. Dr. Morne de la Rey vertel meer van die eienskappe van die ras. Kemp in wolskeersels kos produsente jaarliks baie geld. Ons vind uit hoe dit voorkom kan word. En ons stel jou bekend aan die Agri-Ooskaap Jongboer vir 2017.

RSG Landbou 25.08.2017

Studente wat afstudeer, weet nie altyd waar om werk te kry nie en is soms onbewus van beskikbare geleenthede. 'n Platform word nou geskep waar studente hulle inligting kan oplaai en met maatskappye in verbinding tree. Daar sal ook voorsiening gemaak word vir vakansiewerksgeleenthede.

RSG Landbou 25.08.2017

Chris Viljoen kyk na die effek van kalium op die proteȉenstabiliteit van melk, groenteverbouing in sakke, Rusland wat minder perskepuree van Suid-Afrika af invoer, die bewaring van skaars bolplante in renosterveld, en die jaarlikse SKOG-boeredag.

RSG Landbou 24.08.2017

Die eerste gesertifiseerde Karoolamproduk is in 2011 gelewer. Hennie Maas praat hieroor met dr. Johan Kirsten. 'n Kuilvoerspesialis, Richardt Venter, verduidelik waarom gesigbestuur van kuilvoerbunkers so belangrik is. Jannie de Villiers van Graan SA praat oor die verwagte graanproduksie in die Wes-Kaap. En Johan van den Berg beantwoord die vraag of die weer in Suid-Afrika met ander lande in die w...

RSG Landbou 23.08.2017

Lise Roberts praat met die voorsitter van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, oor die faktore wat 'n invloed het op plaaslike investering. Francois Hatting vertel van Veeplaas se kuddeprojek by die Unicom Landbouskool op Tweespruit. En George Prinsloo van Laeveld Agrochem praat oor die belangrikheid van goeie vennootskappe op jou plaas.

RSG Landbou 22.08.2017

Voerkraalontwerp moet reg gedoen word, vertel Petrus Brits van die Landbounavorsingsraad. Helene Pfeiffer praat oor die werk wat die Melkprodusente-organisasie doen, via die Instituut vir Suiweltegnologie. En Ian Steyn van Agri-skills plaas die soeklig op opleiding in die landbou.

RSG Landbou 21.08.2017

In die Herefordstal word daar vanjaar groot feesgevier, want die ras is nou 100 jaar oud. Die president van die genootskap, dr. Hinner Köster, gesels oor die feesvieringe en die ras. Daar is ook 'n bydrae oor die waarde van peulgewasse deur Ruan Stander van Agricol. En Andrew Bennett van Monsanto verduidelik meer oor die virusbestande eienskappe van mielies.

RSG Landbou 18.08.2017

Connect-agri is 'n program waardeur die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, op voetsoolvlak uitreik na die platteland. Dit gebeur weer volgende week tydens die George-skou, waar leerders ingelig word oor landbouloopbane.

RSG Landbou 18.08.2017

Hoe word die Sentinel 2-satelliet ingespan vir oesskattings? Chris Viljoen kyk ook na plaaslike mark-werkwinkels, die optimisering van die Vaalharts besproeiingskema, en Agri Oos-Kaap se finansiële ondersteuning aan Agri SA se regsfonds. En voornemende landboubestuurstudente op die George-kampus van die Nelson Mandela Universiteit het tot 31 Augustus tyd om te registreer.

RSG Landbou 17.08.2017

Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor mis, die weervooruitsigte vir die res van die maand, en of ons al werklik winter gehad het. Daar is ook 'n bydrae met Adri Kitshoff-Botha van WRSA oor 'n toekenning wat sy onlangs ontvang het.

RSG Landbou 16.08.2017

Richardt Venter, 'n onafhanklike kuilvoerkonsultant, praat oor die bolaagverliese by kuilvoer. En dr. Munro Marx van Unistel vertel hoe belangrik ouerskapsbevestiging in die veebedryf is.

RSG Landbou 15.08.2017

Renosterstroping het die afgelope tyd weer toegeneem. Lise Roberts praat met Bonne de Bod oor die probleem. Daar is ook 'n gesprek met Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap oor die beheer van roumelk. Daar is ook 'n bydrae oor voervloeibeplanning – 'n werkswyse om voldoende voer vir jou vee te hê die hele jaar lank.

RSG Landbou 14.08.2017

Dr Gerhard Neething van die Abattoirvereniging het nuus oor die nuwe regulasies rakende die vleis-inspeksieskema. En hierdie tyd van die jaar kyk die geenbewerkingsboere in KwaZulu-Natal met 'n vergrootglas na hulle aktiwiteite tydens hulle jaarlikse konferensie.

RSG Landbou 11.08.2017

Gebalanseerde voeding speel 'n bepalende rol in die ontwikkeling van kinders gedurende hulle eerste lewensjare. Groenteboere, in samewerking met hulle plaaslike Landcare-kantoor, het saamgespan om 'n verskil te maak in hulle omgewing.

RSG Landbou 11.08.2017

Chris Viljoen kyk na die toepassing van nuwe ruimtelike tegnologie in landbou, die langtermynbeplanning van die Bergrivier met die oog op toerisme, die mededingendheid van die land se landbousektore vergeleke met eweknie ondernemings in die buiteland, onafhanklike inspeksiedienste op kwaliteit en kwantiteit van produkte, en VLV Kaapland se 88ste jaarkongres.

RSG Landbou 10.08.2017

Die Jongooiklub op Phillipstown se koördineerder, Diederick Vermeulen, vertel hoe die behoefte aan 'n kompetisie tussen jongooiklubs ontstaan het. In Weerwaarhede vertel Johan van den Berg van die oseane se invloed op die weer. Volgens hom sou ons meer reën gekry het as die Atlantiese Oseaan so warm soos die Indiese Oseaan was.

RSG Landbou 08.08.2017

Die LNR Instituut vir Graangewasse se navorsing in Hartswater en Bethlehem oor die effek van plantstremming op kopvrot, het interessante uitslae getoon. 'n Plantpatoloog, dr Belinda Janse van Rensburg, deel die data. Tot dusver is die middels teen haarwurm wat by skape voorkom, glad nie doeltreffend nie, en dr Hanre Ferreira van Afrivet praat oor 'n oplossing. Dan gesels Frikkie Mare van die Depar...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.