RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 08.08.2017 27:37
Die Dorper-skaapras is baie gewild in die buiteland. Dries Wiese praat oor die aanpasbaarheid van hierdie skaap. As dit kom by die suksesvolle teling van wildebeeste, speel hulle voedingsbehoeftes 'n groot rol. Lise Roberts gesels met Craig Shepstone hieroor. En dan hoor ons van 'n Merino-stoetboer, Eddie Prinsloo, wat oor sy werksaamhede in Lesotho gesels. Hy werk veral nou saam met die koning va...
RSG Landbou 07.08.2017 26:52
Lise Roberts gesels met Rico Basson van Vinpro oor 'n nuwe wyntoerisme-webwerf. Daar is ook 'n gesprek met Andries Potgieter en Jan Fourie oor 'n nuwe projek om renosterstroping hok te slaan. Dries Wiese het al diep spore in die kleinveebedryf getrap, en Koos du Pisanie gesels met hom oor die uitdagings van kleinveeboere.
RSG Landbou 04.08.2017 12:30
Beskrywende sensoriese ontleding is 'n wetenskap met 'n wye toepassingsveld in die landbou, soos om produkte te klassifiseer of te gradeer.
RSG Landbou 04.08.2017 15:00
Chris Viljoen kuk na voëlgriep en biosekuriteitsmaatreëls, klimaatsverandering, koringproduksie, die wetlike prosesse in watergebruik, en die 2017 plaaswerkerkoorkompetisie.
RSG Landbou 03.08.2017 29:42
Vir baie mense is droogte net een woord en een begrip. Daar is egter verskillende soorte droogtes, soos hidrologiese droogte en sosio-ekonomiese droogte. Johan van den Berg van Santam Landbou brei hieroor uit. Daar is ook 'n bydrae van Frans van Eden oor hoe boere hulle belastingbeplanning moet doen.
RSG Landbou 02.08.2017 26:21
Dawie Maree van FNB Landbou verduidelik wat inflasie is. Daar is ook 'n bydrae oor voeding en wild, en hoe lekke 'n rol kan speel. En Paul van Niekerk van Boshoek Bovelders gesels oor sy veiling wat binnekort plaasvind.
RSG Landbou 01.08.2017 28:19
Ons gesels met Johan Swart wat met sy Dormerstoet in die Swellendam-omgewing boer. Hy het 'n interessante benadering tot ram-aankope. Daar is ook 'n gesprek met Alfons Visser oor die pekanneutbedryf. En die rooiluis kom onder die vergrootglas in 'n gesprek met dr Sumari Potgieter van Afrivet.
RSG Landbou 31.07.2017 29:48
Dis binnekort weer tyd vir die jaarlikse Aldam Veeskool. Hennie Maas gesels met dr. Michael Bradfield oor wat vanjaar by die skool verwag kan word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Gerhard Neethling oor die oordraagbaarheid van brusellose, en Theo Boshoff van Agbiz verduidelik wat die stand van sake is met die statusverslag oor klimaatverandering.
RSG Landbou 28.07.2017 12:30
Wat beteken sensoriese wetenskap? Hoe word dit in die praktyk benut om die verbruiker se smaakvoorkeure te bepaal met die hulp van proepanele? Chris Viljoen gesels met twee navorsers oor produkkwaliteit en sensoriese wetenskap.
RSG Landbou 28.07.2017 14:58
Navorsing op medisinale plante skep nuwe geleenthede vir boere; veldwagters stel hulle lewe daagliks in gevaar om stropers hok te slaan; daar is tans 'n goeie vraag na koejawels, maar die oes is te klein vir die mark; en die wysigingswet op die beskerming van gedresseerde diere tree op 31 Julie 2017 in werking.
RSG Landbou 27.07.2017 28:04
Grondtemperatuur is 'n baie belangrike aspek in die landbou. Johan van den Berg van Santam Landbou praat hieroor. Daar ook 'n bydrae oor die Alfa-ekspo wat in September in Parys in die Vrystaat plaasvind, en Gert van der Linde gesels oor die Ile de France-skaapras.
RSG Landbou 26.07.2017 28:39
Waarom is insekteling belangrik vir die landbou? Daar is ook 'n bydrae van SA Stamboek oor teelwaardes vir vleisbeeste, en Jonathan Deale gesels oor skaliebreking in die Karoo.
RSG Landbou 25.07.2017 26:39
Een van die baanbreker-voedingsmaatskappye in Suid-Afrika, Meadow Voere, is vanjaar 75 jaar oud. Hennie Maas gesels met Chris Schutte van Astral Foods oor die besondere gebeurtenis. Hy kyk ook terug na voerformuleringsmetodes van weleer. Daar is 'n gesprek met dr. Bernice Mostert van SA Stamboek oor teelwaardes by melkbeeste. En Jan Jacobs gesels oor hidroponiese groenvoer.
RSG Landbou 24.07.2017 29:04
Kiwivrugte is al 'n geruime tyd in Suid-Afrika. Lise Roberts praat met John Rahme oor die besonderse vrug wat van Nieu-Seeland af kom. Daar is ook 'n gesprek met Carl van Heerden oor die voedingsbehoeftes van groentegewasse.
RSG Landbou 21.07.2017 12:30
Met die uitsondering van Suid-Afrika, word daar nêrens ter wêreld kersies geproduseer aan die begin van Oktober nie. Die geleentheid moet deur plaaslike produsente benut en uitgebrei word. Chris Viljoen gesels hieroor met 'n navorser wat pas van Japan teruggekeer het.
RSG Landbou 21.07.2017 14:59
'n Opname in die Noord-Kaap wys dat sowat 760,000 skape voer benodig om te oorleef; 'n Landbouskool botteleer en etiketteer hulle eie wyn vir die mark; leierskap, bestuur en waardegedrewe maatskappye kom onder die soeklig; VLV-dames verleen hulp ná 'n koshuis op Britstown afbrand; en inwendige parasiete kan floreer by waterkrippe wat oorloop.
RSG Landbou 20.07.2017 27:25
Koos Nel van Old Mutual Agrimark praat oor aftreebeplanning vir boere. Daar is ook 'n gesprek oor die stand van die makadamiabedryf. En Johan van den Berg gesels oor die tydskale van weervoorspellings.
RSG Landbou 19.07.2017 29:32
Carin Venter het by die Angorabok-konferensie gaan inloer, en praat met 'n paar boere oor die kongres. Natuurlike middels soos Fulviensuur is waarskynklik die antwoord op die tekort aan antibiotika.
RSG Landbou 18.07.2017 28:39
As daar een saak is wat 'n boer na aan die hart lê, is dit die weer. Ons praat onder meer oor die El Niño- en La Niña-natuurverskynsels, en gesels met Elsa de Jager van die Suid-Afrikaanse Weerdiens oor die sake. Dr. Koos Coetzee, die hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie, praat verder oor plaaslike en internasionale suiweltendense.
RSG Landbou 17.07.2017 29:46
Hoe doeltreffend is sonkragpanele op die plaas? Dít is een van die vrae wat ons aan Stefan Steffens gestel het. Ons gesels met Bonne de Bod oor renosterstropery, en Albert van Rensburg vertel vir ons hoe om doeltreffende kuilvoer te maak met behulp van kuilvoerinokkulante.
RSG Landbou 14.07.2017 12:30
Sowat 20 000 inheemse bome waaronder olienhout, witstinkhout, boekenhout en wit- en rooi karee word een keer per jaar aan boere beskikbaar gestel by die Kluitjieskraal kwekery naby Wolseley. Chris Viljoen het vanjaar se boomdag bygewoon.
RSG Landbou 14.07.2017 15:00
Chris Viljoen fokus op die Infrastruktuur in die Oos-Kaap, die Universiteit van Stellenbosch se jaarlikse produksieveiling, D-dag vir validasie en verifikasie in die Berg-Olifants wateropvanggebied, landbousertfisering en die Plaaswerkersforum.
RSG Landbou 13.07.2017 26:14
Die Sernick-groep het in 2015 'n interessante proef gedoen om voerkraal-doeltreffendheid te verhoog. Ons gesels met die proefleier, Philip Oosthuyzen, oor die afloop van die proef, en hy verduidelik vir ons wat verder beplan word. In Weerwaarhede praat Johan van den Berg oor die dinamiek van die kweekhuiseffek. Daar is ook 'n gesprek met Pieter du Plessis oor besigheidsbeginsels in landbou en op d...
RSG Landbou 12.07.2017 29:15
Ons gesels met dr. Charlie Reinard oor plante se wonderlike vermoë om hulself te kan beskerm. 'Daar sit meer in 'n mieliepit as net die pit,' Pieter Taljaard van Monsanto verduidelik vir ons watter tegnologieë gebruik word om 'n mieliepit die gewenste opbrengs te laat kry, en daar is 'n interessante gesprek met Niel Kirstein oor perde-uithouritte.
RSG Landbou 11.07.2017 27:29
Om te weet is om te weet! Dít is die slagspreuk van sake soos melkaantekening. Ons gesels met dr. Japie van der Westhuyzen van Stamboek Suid-Afrika oor díe meetbeginsel, wat die voordele daarvan is en hoeveel meting kos. Ons is in die middel van die winter en in die somerreënvalgebied is dit die droë-seisoen. Philip Meiring van Voermol gesels oor die voedingsbehoeftes van produksiediere hierdie ty...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.