RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 10.07.2017

Weerstandigheid teen antibiotieke is nie net 'n probleem by die gesondheid van die mens maar ook dier. Dr Johan van Rensburg gee meer besonderhede hieroor. Dan is Steyn Prinsloo aangewys as die Mpumalanga Landbou Jongboer vir 2017 en hy boer in die Kiepersol omgewing. Hennie Maas gesels ook met Louis Steyl oor die genomiese teelwaarde vir die Bonsmara.

RSG Landbou 07.07.2017

Is die hout van 'n boom wat doodgebrand het steeds benutbaar en wat word bedoel met 'n vuurgedrewe plantegemeenskap.

RSG Landbou 07.07.2017

Chris Viljoen fokus op die pleidooi vir verdere voerbydraes vir die Wes-Kaap, asook die toekoms van wildlewe in dele van die Suid-Kaap waar die habitat afgebrand het. Dan vra hy ook hoe oortyd berekend word, wat is die voorkoms van plantluise wat virusse na koring oordra en Chris kyk na kursusse in arbeidsverhoudings en wild- en natuurlewebestuur.

RSG Landbou 06.07.2017

Hennie Maas gesels met Johann van der Berg van Santam Landbou in die reeks, Weerwaarhede oor die Indiese Oseaan dipool indeks. Die Suid-Afrikaanse veld is fosfaat-arm en Mari Strauss verduidelik wat is die effek hiervan op dieregesondheid. Dan is die Dexter telergenootskap by die Landbouskool Hendrik Potgieter betrokke en Ockie Barnard verskaf meer besonderhede.

RSG Landbou 05.07.2017

Wat is gesonde grond? Dít is die vraag wat Owen Rhode van die IGG beantwoord. Hennie Maas gesels met die nuutverkose President van die Wêreld Landbou-organisasie, dr. Theo de Jager, wat vir die volgende twee jaar in die hoedanigheid moet optree, en Kevin Nel van Monsanto verduidelik vir ons wat grysblaarvlek is.

RSG Landbou 04.07.2017

Hulle sê 'n boer is eintlik 'n risikobestuurder. Dit is waar as dit by sake soos weersomstandighede kom. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor klimaat-risikobestuur. Daar is 'n bydrae oor lamsiekte deur dr. Faffa Malan, en Julie Truter gesels oor die Karoo Ranching filmfees wat onlangs plaasgevind het.

RSG Landbou 03.07.2017

Lise Roberts praat oor dekgewasse, en Dawie du Plessis van Agricol brei uit oor die verskillende soorte gewasse wat op verskillende plekke in die land sal aard. Daar is 'n bydrae oor die droogtehulp wat in die Noord-Kaap verleen is, en Gary Arnold van Astral brei uit oor die voëlgriep wat in Suid-Afrika gediagnoseer is.

RSG Landbou 30.06.2017

Waarom sou 'n boer dit oorweeg om 'n hommeltuig of drone aan te skaf om die gebeure op die plaas dop te hou? Soos byvoorbeeld met die vastelling van veegetalle, of om te kan sien of daar voldoende water beskikbaar is, die nagaan van kampdrade of die gesondheid van die gewasse op die plaas. Chris Viljoen gesels met 'n navorser wat 'n passie het vir díe ontluikende wetenskap.

RSG Landbou 30.06.2017

Chris Viljoen gesels oor bye se aanpassings om die sowat 20 000 verskillende plante in ons land te bestuif, foto-voltaïese panele wat water uit afgeleë boorgate vir veesuipings kan pomp, waarom watergebruik gevalideer en geverifieer moet word, die wisselkoers se rol in die inmaakvrugtebedryf, en die Eden distrik wat toetree tot die Plaaswerker van die jaar-kompetisie.

RSG Landbou 29.06.2017

Die begrip 'koue eenhede' word meestal verkeerd verstaan. In sy gereelde rubriek, Weerwaarhede, verskaf Johan van den Berg van Santam Landbou agtergrond oor hoe koue eenhede bereken word, en vertel ook hoekom díe eenhede so belangrik is in landbou. Verder is daar 'n gesprek met Tony Esmeraldo van Dupont oor 'n tegnologie sentrum wat onlangs in die omgewing van Delmas geopen is.

RSG Landbou 28.06.2017

Wildboerdery het die afgelope paar jaar baie aandag gekry, maar min word gesê oor boer met kleinwild. Hennie Maas gesels met Arnaud le Roux oor die sake waarna 'n kleinwildboer moet oplet. Verder is daar 'n gesprek met dr. John Purchase oor die Ifama-kongres wat in Miami in die VSA plaasgevind het, en Willem Eigenhuis gesels oor 'n besondere landboutoepassing wat vir boere ontwikkel is.

RSG Landbou 27.06.2017

Het jy al van 'n deelmelkery gehoor? George Kuyler van die MPO gesels hieroor. Hy het die Large Herds Konferensie onlangs bygewoon. Die landbou-ekonoom, prof. Johan Willemse, gesels oor landbou- en verbruikersiklusse en Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid praat oor die mielie-oorskot se impak.

RSG Landbou 26.06.2017

Hoe moet 'n boer se kop werk as hy winsgewend wil boer? Dít is een van die kernvrae wat Koos du Pisanie aan Gerrit van Zyl, 'n Bonsmara boer, vra. Daar is 'n interessante gesprek met 'n Argentynse boer en interras beoordeelaar wat die Royal skou in Pietermaritzburg bygewoon het. Gerhard Schutte van die RPO gesels oor die uitdagings in die rooivleisbedryf na aanleiding van die RPO Noord-Kaap kongre...

RSG Landbou 23.06.2017

Ons kyk na bloekombome en hulle invloed op die ekostelsel. Vir elke een ton hout wat 'n boom produseer word ongeveer een ton koolstofdioksied uit die lug verwyder. Doen die somme. Gaan jy 'n boom plant of nie? Chris Viljoen gesels met twee bos- en houtspesialiste oor onder meer die aanplant van bloekombome.

RSG Landbou 23.06.2017

Chris Viljoen kyk na Suid-Afrika se bosboubedryf waarvan sowat 40% onderhewig is aan grondeise, maar steeds wil baie eisers voortgaan met agrobosbou. Verder gesels hy oor 'n leerderbestuurstelsel vir die wynbedryf, 'n skoliere Dorperstoet wat besonders goed presteer, en RPO in die Noord-Kaap wat hul databasis en webtuiste finaliseer.

RSG Landbou 22.06.2017

In Weerwaarhede praat Johan van den Berg oor klimaatsiklusse. Daar is 'n gesprek met Hugh Campbell van Hortgro oor die rol van bye in die landbou - 'n rol wat dikwels onderskat word. Veediefstal bly maar 'n knaende probleem en Joe Scholtz van die RPO in die Noord-Kaap gesels oor die impak hiervan op veeboere in díe provinsie.

RSG Landbou 21.06.2017

'n Skaapboer praat uit sy Karoohart: Karin Venter gesels met Douglas Caldo wat tussen Matjiesfontein en Sutherland boer. Brian Callaghan van die Hoërskool Bekker gesels oor die skool se betrokkenheid by die kuddeprojek van Veeplaas en hoe die Afrikaner-beesras betrokke geraak het. Jannie de Villiers van GraanSA brei uit oor die organisasie se droogtehulpprogram.

RSG Landbou 20.06.2017

Die Large Herdskongres vind elke twee jaar plaas en Lise Roberts gesels met dr. Chris van Dijk van die MPO oor die afloop van vanjaar se byeenkoms. Prof Charlie Reynard praat oor skape wat ingespan word om onkruid te beheer, en verder is daar 'n gesprek met die nuwe ondervoorsitter van die NWKV, Herman Hugo.

RSG Landbou 19.06.2017

Hendrik Jordaan is 'n Suid-Afrikaansgebore Argentynse boer. Ursula Human praat met hom oor sy boerdery. Die professionele jagbedryf in Suid-Afrika groei steeds en Dries van Coller, die nuwe president van die Professionele Jagtersvereniging, praat hieroor. Dr. Johan van Rensburg gesels oor die peervormige maagslak wat groot skade aanrig in die veebedryf.

RSG Landbou 16.06.2017

Chris Viljoen kyk na waarom leerders by ons land se hoër landbouskole inskryf, wat die leerplan insluit en hoe die jeug die uitdagings en moontlikhede wat landbou bied ervaar. Met die Nasionale Jeugdag wat pas verby is, word ons saam genooi na vier skole toe.

RSG Landbou 15.06.2017

Chris Viljoen kyk na wat 'n boer te doen staan in 'n geval van grondbesetting, 'n skema om afgestudeerde landboustudente te help plaas, die oorsprong van plantname soos die ploegtydblommetjie en selfsorg of kampverblyf in natuurreservate.

RSG Landbou 15.06.2017

Die rolblaarluis skep groot probleme in die wingerdbedryf. Lise Roberts praat met Konrad Schutte van Vinpro oor díe plaag. Natuurlik is Johan van den Berg van Santam Landbou weer op sy pos met weerwaarhede. Die keer praat hy oor sonvlekke en die weer. Daar is ook 'n gesprek met Prof. Este van Marle-Koster oor die Departement Vee- en Wildkunde, aan die Universiteit van Pretoria, wat eeufees vier. G...

RSG Landbou 14.06.2017

Lise Roberts fokus op die Muskadeltoekennings, die Upington Jeugskou en die Avokado Kwekers Vereniging. Henry Swiegers, die voorsitter van Muskadel Suid-Afrika, gesels oor belangrike toekennings wat verlede maand gemaak is en Bennie Nortje van die Jeugskou op Upington praat oor die afloop van die geleentheid en hoe dit georganiseer word. Kosie Eloff van die Avokado Kwekers Vereniging brei uit oor...

RSG Landbou 13.06.2017

Landbouers in verafgeleë gebiede ervaar dikwels probleme met hulle internetverbindings. Lise Roberts praat met Sarel Roos oor satellietverbindings wat gebruik kan word om internet op plase te verbeter. Ons gesels verder oor twee veilings wat plaasgevind het, 'n baie suksesvolle sybokhaarveiling en 'n Bonsmara-veiling. En dr. Johan van Rensburg gesels oor die rumenontwikkeling by herkouers.

RSG Landbou 12.06.2017

Ruvasa het die afgelope week kongres gehou. Lise Roberts praat met 'n drietal veeartse wat díe kongres bygewoon het oor die afloop daarvan. Hans-Jurie Moolman werp die soeklig op 'n hofgeding waar arbeiders op 'n plaas, wat weidingsregte het, die toegestane grond heeltemal laat oorbewei het. Hy praat oor die regsposisie van die grondeienaar. Johan van den Berg van Santam Landbou gee ook 'n oorsig...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.