RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 09.06.2017 12:30
Daar word jaarliks erkenning verleen aan werkers vir hul aandeel in die landbou van die Wes-Kaap. Dit het weer Dinsdagaand afgeskop en ons sluit by Chris Viljoen aan wat drie persone genader het om te gesels oor die inisiatief vir vanjaar.
RSG Landbou 09.06.2017 14:59
Chris Viljoen praat oor grondklassifikasie wat die basis is van kartering, die boer se regterhand op 'n plaas, die vraag na Suid-Afrika se rooivleis wat jaarliks styg, en oupas en oumas se bydrae tot landbousukses.
RSG Landbou 08.06.2017 29:17
Koue fronte is in die winter aan die orde van die dag, net soos die een wat pas die Kaap getref het. In die gereelde rubriek Weerwaarhede, gesels Johan van der Berg van Santam Landbou oor wat 'n koue front presies is en hoe dit ontstaan. Dr. Sara Erasmus van Stellenbosch het bevind dat Karoo lamsvleis unieke eienskappe het. Lise Roberts gesels met haar oor haar bevindinge en dr. Munto Marx van Uni...
RSG Landbou 07.06.2017 29:01
Mense assosieer turksvye gewoonlik met lekker vrugte en skerp dorings. Ons gesels met prof. HO de Waal, van die Universiteit van die Vrystaat, oor proefnemings om turskvye as veevoer te gebruik. Daar is 'n gesprek met die Jongboer van die jaar van Agri Wes-Kaap. Dr. Munro Marx gesels oor die toepassing van DNS-tegnologie by wedvlug duiwe en raak ook aan die hoenderbedryf wat die tegnologie betref.
RSG Landbou 06.06.2017 29:42
Hoe gaan die melkstal van die toekoms lyk? Díe vraag word beantwoord deur Kenneth Botha. 'n Landbou-ekonoom, Ernst Janowski, gesels oor die pols van die landbou op die oomblik en Leon de Beer, van die NWKV, gesels oor die kongres van díe organisasie wat aan die einde van Junie plaasvind.
RSG Landbou 05.06.2017 29:13
Hennie Maas praat met Omri van Zyl oor die droogtehulp wat boere uit die privaatrsektor gekry het. Die jagseisoen is in volle swang, en Fred Camphor gee 'n oorsig van vanjaar se seisoen. 'n Sybokhaarkampioen, Jordie van Hasselt, gee wenke oor suksesvolle syboekhaarteling. En dr. John Purchase gesels oor die impak wat Nampo het op die landbou, veral landboubesighede.
RSG Landbou 02.06.2017 12:03
Chris Viljoen kyk na die Suid-Afrikaanse olyf- en Fynbos-snyblombedrywe.
RSG Landbou 02.06.2017 14:59
Chris Viljoen kyk na die kersiebedryf in Suid-Afrika, die huidige markomstandighede vir die volstruis en al sy produkte, introspeksie in die inmaakvrugtebedryf en die opleiding van plaaswerkers. Verder praat hy oor die opleiding by 'n hoër landbouskool wat aanpas by die huidige droogtesituasie.
RSG Landbou 01.06.2017 28:25
Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor ryp, en hoe die impak daarvan bestuur kan word. Daar is 'n gesprek met Riaan Marais van Tshwane Natuurbewaring oor die bestuur van 'n leeukamp. En ons gesels met Julian Southy, die wolboer van die jaar.
RSG Landbou 31.05.2017 27:00
Lise Roberts gesels met Riaan Marais van Tshwane oor natuurbewaring in stedelike gebiede. Andries Fourie gesels oor die grootmaak van klein Angorabokkies, en Riaan Wyk verskaf meer inligting oor pikante rissies.
RSG Landbou 30.05.2017 27:39
Steenbokkies is een van die boksoorte waarmee mense boer. Lise Roberts gesels met Henke Marais oor die voeding van díe boksoort. Chris Sturgess van die JSE gesels oor risikobestuur in die landbou, en daar is inligting oor die sterk rand en witmielieprys.
RSG Landbou 29.05.2017 29:29
Mampoer is eie aan Suid-Afrika soos kamele in die Sahara. Ons gee meer inligting oor 'n mampoerfees wat naby Pretoria plaasvind. Willem Botha van Netafim gesels oor drupbesproeing en meer spesifiek lae lewering drupbesproeing. Nick Serfontein vertel meer van 'n groot veiling wat eersdaags op sy plaas plaasvind en Albert Loubser praat oor die Alfa landbou-expo wat in die tweede helfte van die jaar...
RSG Landbou 26.05.2017 12:21
Die Landbounavorsingsraad in Nelspruit het 28 koejawelseleksies geteel om die bedryf uit te brei ten opsigte van houvermoë, 'n beter voorkoms, 'n dieper pienk kleur met minder pitte, en 'n hoër suikerinhoud. Chris Viljoen praat hieroor met twee lede van die Koejawelprodusentevereniging.
RSG Landbou 26.05.2017 15:00
Chris Viljoen kyk na navorsing op die olyfsaadwespe, die droogtetoestand in die westelike deel van die Noord-Kaap, die beplanning en beheer van veldbrande in die Noorde en Ooste van Suid-Afrika, 'n sitrustonnelprojek by 'n landbouskool en wêreldbiodiversiteit.
RSG Landbou 25.05.2017 29:21
In ons gereelde rubriek, Weerwaarhede, gesels Johan van den Berg van Santam Landbou verder oor ryp. Lise Roberts is in gesprek met John Miller van die Suid-Devon telersgenootskap en twee Suid-Devon boere. Prof. HO de Waal gesels oor die Predasiebestuurs-inligtingsentrum, en Elrita Venter vertel meer van alternatiewe kosprodukte wat tydens die Kaasfees aandag geniet het.
RSG Landbou 24.05.2017 27:44
Lise Roberts gesels met dr. Albert Schutte van PIC, 'n internasionale organisasie, oor die verbetering van varkgenetika. Die Angusboere glimlag breed want hulle het pas 'n baie suksesvolle kongres en veiling gehou tydens die Bloemskou. Hans Greef van die LNR op Grootfontein gesels oor die grootmaak van klein Angorabokkies.
RSG Landbou 23.05.2017 26:31
Lise Roberts hoor van 'n internetlandboukollege wat beplan word. Koos Nel van Ou Mutual praat oor die fyner puntjies van familieboerderye. En Lise gesels met 'n kaasmaker van die Karoo, Estilanie Marais.
RSG Landbou 22.05.2017 29:50
Prof. Bernard Slippers van die Universiteit van Pretoria vertel van die samewerking wat daar is tussen Suid-Afrika en Japan wat bosbounavorsing betref. Daar is ook inligting oor die belang van die Kaasfees op Sandringham vir die suiwelbedryf. En Quinten Keiser van Isuzu gesels oor die dinge waarna gekyk moet word om die veilige en doetreffende vervoer van diere na abbatoirs te verseker.
RSG Landbou 19.05.2017 12:29
'n Grondbedekking beteken dat water deur die plant opgeneem word vir produksie, en dat dit nie afloop of verdamp nie. Chris Viljoen gesels met kundige oor die suksesse en uitdagings wat bewaringslandbou meebring.
RSG Landbou 19.05.2017 14:59
Chris Viljoen kyk na meentgronde wat problematies word, die 2017 wyndruifoes, Hoër Landbouskool Boland, en landboukurrikulum-ontwikkeling by Maties.
RSG Landbou 18.05.2017 29:02
Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor ryp. Daar is 'n bydrae van dr. Flippie Cloete van die Universiteit van die Vrystaat oor wild as belegging, en Dr. Danie Odendal van die Veeartsnetwerk praat oor virussiektes wat deur insekte oorgedra word.
RSG Landbou 17.05.2017 28:26
Die Herfskommandowurm-spook het nog nie gaan lê nie. Dr. Annemie Erasmus van die IGG gesels daaroor. Hugo Lochner gesels oor die rol van die landboumedia, en Frikkie van Zyl van die Blouskool op Kroonstad gesels oor die Santa Kuddeprojek. Lise Roberts het ook by Nampo gaan inloer en van Toit Wessels verneem hoe dit met die byeenkoms gaan.
RSG Landbou 16.05.2017 28:48
Lise Roberts was onlangs by die Kaasfees op Sandringham naby Stellenbosch. Sy het met Kristo Pienaar van Nuy gepraat oor wyn en kaas. Daar is ook 'n gesprek met dr. Danie Odendal van die Veeartsnetwerk, wat pas teruggekeer het van 'n besoek aan Afrikalande. En Linda Galvad praat oor organies plant.
RSG Landbou 15.05.2017 28:26
Lise Roberts gesels met prof. Bernard Slippers oor peste en plae in die bosboubedryf. Daar is ook inligting oor kalfdiareë en wat mens daaraan kan doen.
RSG Landbou 12.05.2017 12:29
Daar is 'n opbou van afval in die wêreld en daarom word proteȉenproduksie op 'n alternatiewe wyse nagevors. Chris Viljoen gesels met 'n navorser van die Universiteit van Stellenbosch oor 'n boerdery met larwes.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.