RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 11.05.2017 28:29
Die Hereford-boere loop vanjaar met 'n breë glimlag rond, want die bekende ras uit Engeland vier fees. Lise Roberts praat met Bertus Mong hieroor. Weet jy wat die intertropiese konfergensiegebied is? Johan van den Berg verduidelik wat hierdie weerverskynsel is. En daar is 'n gesprek met Coralizette Erasmus oor die terapeutiese waarde van miniatuurperde.
RSG Landbou 10.05.2017 30:30
Daar sit meer aan 'n erdwurm as net die aas wat jy aan jou vishoek sit. Chane Myburg van die IGG gesels oor die nut van erdwurms. Lise Roberts praat ook met 'n kruieboer van Pretoria, Theresa Franken. En aar is 'n kaasstorie met Dean Lategan en Ashley Anne May van Latanakaas.
RSG Landbou 09.05.2017 28:03
Wat doen 'n wildboer om renosters doeftreffend te voer? Craig Shepstone het die antwoorde. Hennie Maas gesels ook met 'n Bonsmara-boer van die Delareyville-omgewing oor die 60 jarige viering van sy stoet. En Lise Roberts praat met die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Aangeleenthede, Alan Winde, oor die rol van die Kaasfees in die plaaslike ekonomie.
RSG Landbou 08.05.2017 30:02
Lise Roberts gesels met Johan Ehlers van Agri Expo oor die pas afgelope Kaasfees. Daar is ook 'n kykie na 'n groot boeredag, wat naby Edenville by Sernick plaasgevind het. En soos gewoonlik is daar veilingnuus en vleispryse.
RSG Landbou 05.05.2017 12:22
Suid-Afrika is primêr 'n warm land, en daarom leen dit ditself nie oral tot kommersiële sagtevrugteverbouing nie. Die sukses wat nogtans behaal word, kan grootliks toegeskryf word aan vrugtenavorsers se jarelange ywer. Chris Viljoen kuier by die Landbounavorsingsraad Infruitec.
RSG Landbou 05.05.2017 14:55
Chris Viljoen kyk na die loopkoste van landbouwerktuie; raad vir skaapboere op die vooraand van die winter; plaaskomiteelede wat opleiding kry; en die toekoms van die pikkewyn.
RSG Landbou 04.05.2017 28:35
Die Angus-beestelersgenootskap vier vanjaar hulle eeufees. Andrew Masterson van die genootskap vertel wat hulle alles beplan. En Johan van den Berg verduidelik wat die suidelike ossilasie indeks is.
RSG Landbou 03.05.2017 27:27
Jaco Pieters praat oor voermengers en hoe belangrik dit is om die regte menger vir jou toepassing te kies. En Dan Kriek gesels oor landelike veiligheid.
RSG Landbou 02.05.2017 29:58
Hioe maak mens goeie kuilvoer? Karin Venter van Veeplaas het kers gaan opsteek by die kuilvoerkoning van Suid-Afrika, Bennie van Greunen van George. Daar is ook 'n gesprek met Cronje Deale, wat uitstekende resultate met sy Bovelder-beeste behaal. En Lindie Botha lig die sluier oor die Mpumalanga-skou wat later vanjaar plaasvind.
RSG Landbou 30.04.2017 27:52
Hoe het die Megaboere TV-program tot stand gekom? Lise Roberts gesels met Wynand Dreyer, die vervaardiger van die reeks. Daar is ook 'n gesprek met Fanie van Heerden oor fynwolproduksie, en Mswandile Mandla praat oor 'n bemagtingsprojek by die Keerom-landgoed.
RSG Landbou 28.04.2017 12:28
Die 2017 Nasionale Vroue-entrepreneurkompetisie is onderweg. Vroue, insluitend jongmense en gestemdes, met 'n bestaans- tot 'n kommersiële boerdery se inskrywings word ingewag. Chris Viljoen gesels met twee van die organiseerders, en een van 2016 se nasionale wenners.
RSG Landbou 28.04.2017 14:58
Chris Viljoen kyk na die gemeenskapsbetrokkenheid van VLV-lede; wat die sukses bepaal in vennootskapsboerdery; Die RPO in die Noord-Kaap se fokus op opkomende boere; die MPO se deelname aan die Kaasfees; en loopbaangeleenthede vir studente in landboubestuur aan die NMMU se George-kampus.
RSG Landbou 26.04.2017 27:43
Reën is 'n bekende natuurverskynsel, maar daar is min mense wat weet hoe reën gevorm word. Johan van den Berg van Santam Landbou praat oor reënvorming. Daar is ook 'n bydrae deur WA Lombard oor die omvang van veediefstal in die Vrystaat, en Alfred Andrag kyk na besproeiingstegnologie. En ons kyk na biosekuriteit by skape.
RSG Landbou 26.04.2017 27:06
Een van die hoogtepunte vir die MPO vanjaar is die Groot Kuddekonferensie wat eersdaags plaasvind. Dr. Chris van Dijk van die MPO praat oor die belangrikheid van hierdie byeenkoms. 'n Groot getal internasionale sprekers tree by die konferensie op. Daar is ook 'n bydrae oor lusernaanplantings, en dr. Karin Wessels kyk terug na die Intensiewe Skaapskool wat in Bloemfontein plaasgevind het.
RSG Landbou 25.04.2017 28:49
Albert Loubser gesels oor hoe mense moet omgaan met produksiediere. Hy gebruik die voorbeeld van 'n hoender, wat 'n besonder klein breinkapasiteit het. En Corrie Swanepoel van die Instituut vir Grond en Klimaat verduidelik wat met grondgesondheid bedoel word.
RSG Landbou 24.04.2017 27:46
Frikkie Mare van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe verstedeliking die landbou raak. Daar is 'n gesprek met prof. Moritz van Vuuren oor antibakteriële weerstand en hoe dit onder produksiediere hanteer moet word. En Herman Kleyhans gesels ook oor 'n kuddeprojek waarby die Santa Gertrudes-beesras betrokke is.
RSG Landbou 21.04.2017 12:29
Sukses in grondhervorming lei tot sukses in die kommersiële landbou. Chris Viljoen besoek Wesland Boerdery naby Saron om dit in die praktyk waar te neem.
RSG Landbou 21.04.2017 15:00
Chris Viljoen kyk na erkenning aan plaaswerkers met sangtalent; hommeltuie; sigoreiproduksie; en antibiotikaweerstand in die landbousektor.
RSG Landbou 20.04.2017 30:11
Damvlakke in die Wes-Kaap is uiters laag. Carl Opperman van Agri-Wes-Kaap skets die prentjie. Daar is ook inligting oor indringerplante wat waterhulpbronne negatief beinvloed. Soos gewoonlik is Johan van den Berg op sy pos met weerwaarhede, en hierdie keer gesels hy oor verdamping. En Nick Serfontein praat oor 'n veiling wat aan die begin van Junie plaasvind.
RSG Landbou 19.04.2017 29:25
Wildboerdery op 'n intensiewe skaal het ook sy nadele, veral wanneer dit kom by die bekamping van siektes. Dr. Johan Kriek gesels oor hierdie probleem. 'n Besondere kuddekompetisie het onlangs in Graaf-Reinet plaasgevind, en Gawie van Wyk van die NWKV het nuus daaroor. Linde du Toit praat ook oor die stand van weiding, en die belangrikheid daarvan.
RSG Landbou 18.04.2017 29:00
Wat is die voordele van intensiewe skaapboerdery? Daar is ook 'n bydrae oor 'n boeredag wat die naby Kroonstad plaasvind.
RSG Landbou 16.04.2017 26:06
'n Internasionale groep Suid-Devon boere lê van vandag af besoek by verskeie beesplase in Suid-Afrika. Dan Kriek van die Suid-Devon telersgenootskap gesels oor die toer en wat alles besoek gaan word. Ons gesels ook met die Vrystaat se Jongboer van die Jaar, Johan van Huysteen. En 'n Sauvignon Blanc van Steenberg het onlangs 'n besondere internasionale toekenning gekry in Bordeaux, Frankryk.
RSG Landbou 14.04.2017 12:27
Wat het klein kaasmakers en alternatiewe gewasse soos granate, olywe, heuningbostee en rooibostee en werkskepping gemeen? En hoe word 'n hotelskool se studente geanker in landbouprodukte met die oog op entrepreneurskap?
RSG Landbou 13.04.2017 15:00
Chris Viljoen kyk na kaas wat met boeretroos, rooiwyn en laventel gemaak word. Daar is ook granaatkaaskoek en granaatroomys by die SA Kaasfees!
RSG Landbou 13.04.2017 27:47
Nampo is om die draai, en Kobus van Coller gesels oor hierdie grootse landbou-geleentheid. Johan van den Berg van Santam Landbou is weer op sy pos om te praat oor weerwaarhede. Hy gesels oor klimaatsverandering en klimaatsveranderlikheid. Biotegnologie speel 'n al belangriker rol in landbou, en dr. Munro Marx kyk na biotegnologie en die wildbedryf.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.