RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 11.04.2017

Die afgelope droogte het boere baie lesse laat leer. Een van die lesse is die bestuur van weidingsgewasse. Lodewyk Koch van Brasuda praat oor die belangrikheid van die regte weidingsgewasse, en waarna boere moet kyk. Daar is ook 'n bydrae oor die belasting op koolstof wat in die vooruitsig gestel word. Dr. Heinz Meisner praat oor die faktore waarna landbou kyk om pro-aktief te wees in die bestuur...

RSG Landbou 11.04.2017

Drupbesproeiïngstegnologie het die afgelope jaar met rasse skrede vooruitgegaan. Willem Botha van Netafim vertel waar die bedryf tans staan, en hoe die pekanneutbedryf voordeel trek uit hierdie tegnologie. Daar is ook 'n bydrae oor die belangrike rol van navorsing en ontwikkeling in landbou.

RSG Landbou 10.04.2017

Prof. Norman Casey van die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria vertel van die deurbraak wat gemaak is met genetiese manipulering in die dierewêreld. Daar is ook 'n bydrae oor die wetgewing op jag met behulp van honde. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die weerpatrone en vooruitsigte vir die volgende maand.

RSG Landbou 07.04.2017

Wat is die aard en omvang van 'n provinsiale landboudepartement se werksaamhede? Die Wes-Kaapse departement betrek die 25 munisipaliteite en landbouskoue binne sy grense in hierdie verband. Chris Viljoen praat oor die eerste geleentheid vanjaar wat binnekort op Clanwilliam plaasvind.

RSG Landbou 07.04.2017

Wêrelderfenisdag vind plaas op 18 April; daar is slegs een tekstielmuseum in Suid-Afrika; 'n versoek van die nasionale plaaswerkersforum aan produsente; navorsing op onkruiddoderweerstand in kleingrane; en daar is nie meer 'n produsent in die Wes-Kaap wat nie deur die waterkrisis geraak word nie.

RSG Landbou 06.04.2017

'n Program vir boere dwarsoor die land.

RSG Landbou 04.04.2017

Die Boran-bees het 'n interessante geskiedenis. Die president van die telersgenootskap, Johan Erasmus, praat oor die bees van Afrika. Die ras het baie gewild geword sedert sy bekendstelling, en die genootskap groei sterk. Daar is ook 'n kykie na die varkvleisbedryf in Suid-Afrika deur die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie, James Jenkinson.

RSG Landbou 03.04.2017

In familiebesighede in die landbou, is opvolgbeplanning noodsaaklik. Hendrik Wessels praat hieroor. Daar is ook 'n bydrae oor bosluisoordraagbare siektes deur dr. Johan van Rensburg. En Gerhard de Bruin kyk na Internasionale Wouddag wat in Maart plaasgevind het.

RSG Landbou 03.04.2017

Izak Hofmeur gesels met Willie Nel van Moolmanshoek in die Clocolan-omgewing oor sy transformasie na ekotoerisme. Daar is ook meer inligting oor die belastingverhoging se impak op landbou.

RSG Landbou 31.03.2017

Daar is weinig van ons wat nog nie kennis gemaak het met 'n veearts nie, hetsy die boer, stedeling of dorpenaar. Maar wie hou die arms van die veearts omhoog?

RSG Landbou 31.03.2017

Chris Viljoen kyk na die 2016/17 inmaakvrugte-oes; die waarde van inheemse oesbeskermingskennis; die gesondheidsvoordele van rooibostee; die 2017 kleingraan-handleiding; en die tamatieblaarmyner wat ook aartappels, soetrissies, eiervrug en appeliefies aanval.

RSG Landbou 30.03.2017

Lise Roberts praat met prof. Melville Saayman oor die teel van leeus in aanhouding. In sy gereelde rubriek, Weerwaarhede, praat Johann van den Berg oor hitte-eenhede. En Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap gesels oor die waarde van roumelkkaas.

RSG Landbou 29.03.2017

Craig Shepstone praat oor die 1-2-3-metode om wild korrek te voer. Daar is ook 'n gesprek met Richard Gilles oor die Lake Farm Centre wat besondere werk doen om volwasse afhanklike mense aan die landbou voor te stel. En daar is inligting oor die kuddeprojek wat Veeplaas baie suksesvol by landbouskole in die land van stapel laat loop.

RSG Landbou 28.03.2017

PC Ferreira van die Hannover-omgewing het 'n droom verweselik toe hy aktiwiteite op sy plaas omskep het in agritoerisme. Dawie du Plessis van Agricol gesels oor die koning van hooigewasse. lusern. En Yolande Roodt en Japie Nel van Schweizer-Reneke verduidelik hoe die verskillende melkstelsels werk.

RSG Landbou 27.03.2017

Daar is 'n gesprek met Komien van Niekerk, wat aangewys is as die Jeugskou se Skouman van die Jaar. En Wildbedryf SA het planne met transformasie - Adri Kitshoff-Botha verduidelik wat dit behels.

RSG Landbou 24.03.2017

Onder die eenkanaal-bemarkingstelsel van destyds is vrugte geteel vir die behoefte van die kanaal, maar ná deregulering het wêreldmarkte oopgegaan, en daarvoor is daar plaaslik nie geteel nie. Daar moes spoedig aan die uitdaging en behoefte voldoen word. Terselfdertyd is tweedegraad vrugte destyds plaaslik bemark, en die persepsie bestaan vandag steeds dat pruime groen en suur is, terwyl die teend...

RSG Landbou 24.03.2017

Chris Viljoen kyk na die landbou- en voedselsertifiseringsbedryf, die stryd teen indringers langs riviere, opleidingsprogramme in die wynbedryf, onkruidbeheerweerstand in kleingrane, en 'n sleutel om klimaat en landbou-inligting te ontsluit d.m.v. selfone,

RSG Landbou 23.03.2017

Dr. Riaan du Preez verduidelik wat primêre dieregesondheid is. Daar is ook terugvoer oor 'n Bovelder-veiling van vroulike diere wat onlangs op Vrede plaasgevind het. En Johan van den Berg praat weerwaarhede.

RSG Landbou 22.03.2017

Wat is belangrik as jy as afslaer 'n veiling hanteer? Dit is een van die vrae wat Hennie Maas aan Ian Grobbelaar stel. Ian is Vleissentraal se afslaer van die jaar vir 2016. Ons hoor ook meer van hartwater, en wat die siekte veroorsaak.

RSG Landbou 20.03.2017

Anton Smuts is die nuwe voorsitter van Vinpro. Lise Roberts praat met hom oor verskillende aspekte van die wynbedryf. Daar is ook inligting oor die werk van 'n kuilvoerkontrakteur, en hoe dit inskakel by die van 'n kuilvoerkonsultant. Dr. Danie Odendal gesels ook oor knopvelsiekte wat deesdae by kuddes voorkom.

RSG Landbou 20.03.2017

Daar is inligting oor 'n hele paar veilings wat plaasvind, en Annelieze Crosby gesels oor die rol wat AgriSA kan speel om te help met werkskepping. Karen Venter het die mikrofoon na Tarkastad geneem waar sy met 'n drietal mense gepraat het oor die aktiwiteite van die Jeugskou in die Oos-Kaap.

RSG Landbou 17.03.2017

Die egtheid van heuning kan bepaal word met 'n vinnige metode. Plaaslike produsente kan nie meeding teen die laer pryse van vervalste produkte nie, waardeur suikerstroop bygevoeg word óf vermeng word met plaaslike heuning óf valslik geëtiketteer word as synde 'n plaaslike produk. Chris Viljoen gesels met 'n voedselwetenskaplike hieroor.

RSG Landbou 17.03.2017

Chris Viljoen kyk na die nasionale waterweek; rooivleis-inligtingsdae op Fraserburg, Richmond en Griekwastad; ses wetenskaplikes se bydrae tot landbou-onderrig; en wat is veen -brand dit of brand dit nie?

RSG Landbou 16.03.2017

Weerwaarhede is die naam van 'n nuwe rubriek oor weer in die landbou, wat voortaan elke Donderdagoggend uitgesaai sal word. Johan van den Berg is die aanbieder. Daar is ook 'n insetsel oor Statistieke SA se jaarlikse landbou-opname wat tans aan die gang is. En Wessel Lemmer van ABSA Agribesigheid praat oor neutproduksie in Suid-Afrika.

RSG Landbou 15.03.2017

Lise Roberts kyk na saadoorgedraagde aalwurms en 'n nuwe interprovisiale veediefstalforum. Basie van der Merwe gesels oor die Landbou-voorsorgfonds. En Frikkie Mare van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor die voerbedryf.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.