RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 14.03.2017 29:34
Watter soort infrastruktuur het mens nodig as jy intensief met skape wil boer? Manie Wessels, 'n skaapboer in die Vrystaat, het die antwoord. Daar is ook 'n gesprek oor 'n Bonsmara-groepteelskema. En Fred Camphor gesels oor die jagvooruitsigte vir die nuwe seisoen.
RSG Landbou 13.03.2017 29:28
Karin Venter vertel wat by die Fairworld ramveiling gebeur het. Daar is ook 'n gesprek oor die werk wat Agrinspec doen, veral oor die ondersoek na onderverklaarde skaapvleis uit Ausrtralië en Nieu-Seeland. En dr. Dirk Strydom van GraanSA vertel wat die stand van die graan- en oliesadebedrywe in die wêreld is.
RSG Landbou 10.03.2017 12:10
RSG Landbou, die vroeëre Landbouradio, het oor die afgelope 60 jaar berig oor droogtes en vloede, vet en maer jare, en oor mense wat lief is vir ons bodem. Maar die versugting na inligting oor die eter strek baie verder terug in die verlede. Die eerste aanbieder van Landbouradio deel sy herinneringe met Chris Viljoen.
RSG Landbou 10.03.2017 14:59
Chris Viljoen kyk na die gevolge indien watergebruik nie geverifieer is nie; die 2017 inmaak-vrugte-oes, onbekende larwes op gewasse; besproeiingskoringkultivars; arbeid in die landbou; en 'n volstruisinligtingsdag en -veiling.
RSG Landbou 09.03.2017 29:56
Lise Roberts gesels met Charles Back van Fairview, wat onlangs 'n erepenning ontvang het. Daar is ook 'n gesprek met dr. Gerhard Verdoorn oor die plae en peste wat hulle opwagting ná die reën gemaak het. En Jaco Fivaz van die Mango-kwekersvereniging praat oor die vooruitsigte in hulle bedryf.
RSG Landbou 08.03.2017 27:26
Hammies Hamman van Ceres se wêreld gesels oor appelproduksie. Daar is ook 'n gesprek oor korporatiewe praktyke wat ook op boerderye van toepassing is. En Jannie de Villiers van GraanSA praat oor sy organisasuie se bydrae tot transformasie.
RSG Landbou 07.03.2017 29:09
De Wet Boshoff van Afma vertel hoe die kuiken-voerbedryf geraak word deur die invoer van hoendervleis van die V.S.A. en Europa. Daar is ook meer inligting oor onderhoudslekke deur Jurie Naude van De Heus.
RSG Landbou 06.03.2017 29:34
Hoe kan landboukragvoorsieners inskakel by die nasionale netwerk? En 'n Drakensbergerboer vertel waarom hy die ras gekies het.
RSG Landbou 03.03.2017 12:30
Die verpligte gemeenskapsdiensprogram vir veeartse het aan die begin van 2016 'n aanvang geneem, toe 134 afgestudeerdes landswyd uitgeplaas is. Dit het bygedra tot broodnodige dieregesondheidsdienste in plattelandse gemeenskappe. Chris Viljoen praat hieroor met drie veeartse.
RSG Landbou 02.03.2017 14:57
Chris Viljoen kyk na die werk van die Nasionale Plaaswerkersforum en die VLV-Kaapland; die voordele van gewasverbouing in kweekhuise; die jaarlikse veiling van jong volstruisvoëls op die Oudtshoorn Navorsingsplaas; en Agri-Wes-Kaap se streekkongresse.
RSG Landbou 02.03.2017 26:22
Groot dele van die land het reën gekry, en die boere juig. Johann van den Berg van Santam Landbou sê hoewel die droogte grootliks gebreek is, is die finansiële en maatskaplike droogte nog met ons. Daar is ook 'n bydrae oor 'n navorsingsbeskermingsprogram vir die makadamiabedryf.
RSG Landbou 01.03.2017 27:47
Onkruid het nie verniet die naam wat hy het nie. Dr. Elbie Hugo praat oor hierdie ongewenste plante en die impak wat dit op gewasverbouing het. Daar is ook 'n gesprek met Willem le Roux, wat daarin spesialiseer om diere te vervoer. En Jannie de Villiers van Graan SA gesels oor 'n paar hoogtepunte van die onlangse Koringindaba.
RSG Landbou 28.02.2017 29:12
Die Santam Kuilvoerkoning se wenners is verlede week in Pretoria aangewys. Lise Roberts vra die boer letterlik die kuns af hoe om goeie kuilvoer te maak. Daar is ook 'n gesprek oor die verbouing van truffels in Suid-Afrika. En Diederik Vermeulen van die Philipstown Jongooiklub gesels oor die veiling wat hulle later vanjaar gaan aanbied.
RSG Landbou 27.02.2017 28:36
Daar word nou al baie lank gepraat oor die vleisgraderingstelsel teenoor die vleisklassifikasie stelsel. Dr. Michael Bradfield van Breedplan SA het baie sterk idees hieroor. Hy praat van die vleisberaad wat in Maart plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Deon Joubert oor sitrus en verwante sake. En Nico Groenewald van Standard Bank kyk na die landboutoestande ná die reën.
RSG Landbou 24.02.2017 12:20
Volhoubaarheid word verbind met grondkwaliteit of -gesondheid. Sodra grondkwaliteit verbeter word m.b.v. organiese materiaal, bring dit ekologiese, agronomiese en ekonomiese volhoubaarheid mee wat gepaard gaan met winsgewende boerdery.
RSG Landbou 24.02.2017 14:59
Hoe word die natuur geraak deur droogtes? Watter landbou-studierigtings is daar op die George-kampus van die NMMU? Is daar raad vir die kommandowurm? En wat is die jongste verwikkelings insake kleinskaalse hernubare energie-opwekkingseenhede?
RSG Landbou 23.02.2017 27:41
Die Wêreld Natuurlewefonds het op 8 Februarie vir die eerste keer in Suid-Afrika 'n ooreenkoms met 'n boer in die Caledon-omgewing onderteken vir die bewaring van Renosterveld op sy plaas. Die SA Makadamia-kwekersvereniging het besluit om by Subtrop te bedank. En Agri SA deel hulle mening oor die nuwe minimumloon.
RSG Landbou 22.02.2017 27:58
Waar kom die draakvrug vandaan, en kan dit in Suid-Afrika aangeplant word? Graan SA se laboratorium vir koringnavorsing kom onder die loep. En Frans van Eeden, 'n rekenmeester van Pretoria, gee raad oor goeie kontantvloei in jou boerdery.
RSG Landbou 21.02.2017 27:29
By die SA Suiwelkampioenskappe, wat op 23 Februarie plaasvind, word varsmelk ook nou beoordeel. Johan Ehlers verduidelik waarom. En Hammes Hamman van die Ceres-produsentegroep praat oor die vrugte-produsente se daadwerklike poging om water beter te bestuur.
RSG Landbou 20.02.2017 28:09
Biologiese beheer van die herfskommandowurm is moontlik. 'n Jong boerdery-egpaar van die Oos-Kaap gesels oor Jordaan Genetics se sukses. En boerderye moet vir voorlopige belasting registreer.
RSG Landbou 17.02.2017 12:26
Sowat 7% van alle wildspesies wat op veilings verkoop word, is kleurvariante. Ondanks die groot uitbreiding van kleurvariante, het dit begin afneem en daarmee saam het die besonder hoë pryse van 'n paar jaar gelede ook gedurende 2016 gedaal. Chris Viljoen gesels hieroor met 'n wildnavorser en landbou-ekonoom wat 'n studie hiervan maak.
RSG Landbou 17.02.2017 15:00
Chris Viljoen kyk na 'n voorsaaidag, kunsmatiggebroeide-volstruiseiers, die verloop van die parsseisoen, toenemende getalle vroue in die landbouwetenskap, en die Oos-Kaapse wildbedryf.
RSG Landbou 16.02.2017 27:24
Suzanne Oosthuyzen vertel van die Undercover Farming Expo by die WNNR konferensiesentrum. Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid druk 'n bietjie die koorspen in landbou se mond om te sien hoe gesond die bedryf is. En Marina Bester van Skaapvleis SA praat oor skaapvleis se teenwoordigheid by die Woordfees op Stellenbosch.
RSG Landbou 15.02.2017 30:20
Christo Joubert van die Landboubemarkingsraad vertel van 'n interessante studie wat deur Statistieke SA gedoen is onder kleinboere. Daar is ook meer inligting oor die koring-indabas wat Agbiz Grain in Pretoria en die Kaap gaan hou. En Dawie Maree van FNB bespiegel oor die impak van die komende begroting op landbou, byvoorbeeld of BTW dalk verhoog sal word.
RSG Landbou 14.02.2017 26:56
Hennie Maas hoor by Arnaud le Roux hoe hy met duikers boer. Daar is ook 'n gesprek met Piet Gouws, wat in die noordweste van Namibië boer. Hy sê daardie gebied is uiters droog, maar hy het 'n unieke manier gevind om voeraanvulling met ghabbabos te doen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.