RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 13.02.2017

ZZ2 in Limpopo word gewoonlik geassosieer met tamatieproduksie. Die onderneming se bemarkingsbestuurder, Clive Garret, gesels oor die welslae wat hulle behaal het met avokado-produksie. Daar is ook nuus oor die stand van die kommandowurmplaag in Noordwes. En Lise Roberts gesels met dr. Renee Prins oor koringnavorsing.

RSG Landbou 10.02.2017

Het jy al ooit 'n blom soos 'n aster oor jou hand uitgeskud en sulke donker of strooikleurige strepies sien kriewel, skaars 1,5 mm groot? Dis heel moontlik blaaspootjies wat 'n kopseer is vir groente-, blom- en vrugteboere. Chris Viljoen het 'n insekkundige hieroor uitgevra.

RSG Landbou 10.02.2017

Chris Viljoen kyk na die Berg-Olifants validasie-verifikasieproses van die Departement van Water en Sanitasie; vleilande wat deel is van waterhulpbronne; die oorsaai van kikoejoe; 'n nuwe koringkultivar vir die binneland; en 'n vleisbeesdag in die Suid-Kaap.

RSG Landbou 09.02.2017

Swenkgras word beskou as een van die top weidingsgewasse. Henk Crafford van Agricol vertel meer van die gewas. Daar is ook 'n bydrae deur Johan Strydom van die MPO-Noord oor 'n kuilvoerdag wat binnekort plaasvind. En sommige skaaopboere verkeer tans onder 'n kontantvloeidruk vanweë die droogte. Dr. Louis du Pisani van die NWKV gee raad.

RSG Landbou 08.02.2017

Die mededinging om landbougrond kry al hoe meer aandag. Dr. Gerhard Verdoorn gesels oor die faktore wat 'n rol speel, veral die mynbou-aktiwiteite in Mpumalanga. Anneliese Crosby gesels ook met Ursula Human oor 'n grondhervormingsindaba wat sy bygewoon het.

RSG Landbou 07.02.2017

Die Santam Landbou Kuilvoerkompetisie nader sy einde. Richard Venter praat oor die doel van die kompetisie. Daar is ook 'n interessante onderhoud wat Izak Hofmeyr met Nic Serfontein gedoen het oor die afloop van die boeredag vir opkomende boere, en Johnny van der Merwe van die Noordwes-Universiteit kyk na die landbousektor as werkskepper.

RSG Landbou 06.02.2017

Een van die hoogtepunt-veilings is die veiling van veteraantrekkers. Altesaam 21 trekkers kom later die maand onder die hamer en die belangstelling behoort groot te wees. Ons praat ook weersake met Johann van den Berg van Santam Landbou.

RSG Landbou 03.02.2017

Wolprodusente in die kommunale gebiede baat by opleiding en mentorskap van die NWKV. Waar die NWKV 'n sterk voetspoor het, is daar 'n baie positiewe impak - van die landboubydrae tot die huishoudelike inkomste van gesinne.

RSG Landbou 03.02.2017

Chris Viljoen vertel van 'n onwettige jagter met honde, wat sy rieme styf geloop het; die taaipitperske- en appelkoosoes; die EU se ouditverslag oor die volstruisbedryf; aftree- en spaargeld vir plaaswerkers; en die watersituasie in die Wes-Kaap.

RSG Landbou 02.02.2017

Intensiewe skaapboerdery kry al hoe meer aandag. Izak Hofmeyr praat met twee kundiges wat 'n proef oor voeding vir die intensiewe skaapboerdery-bedryf onderneem. Daar is ook 'n gesprek met Lourie Bosman oor die Landbousektor-voorsorgfonds se ontstaan, en Lise Roberts gesels met 'n egpaar wat in die Harrismith-omgewing 'n indrukwekkende boerdery bedryf.

RSG Landbou 01.02.2017

Dr. Francois van der Vyfer praat oor die voedingsbehoeftes van beeste na 'n droogteperiode. Nico Fouche van MelkSA kyk na die afgelope jaar in die melkbedryf. En Pietman Botha, 'n landboukonsultant, gesels oor maatreëls wat getref kan word om plaasveiligheid te bevorder.

RSG Landbou 31.01.2017

Enige saaiboer sal weet dat 'n planter 'n kardinale deel van sy landboutoerusting is. Daarom is dit noodsaaklik dat planters korrek gekalibreer moet word. Willie Human van Rovic Leers vertek waarna mens moet kyk as jy 'n planter wil kalibreer. Daar is ook 'n bydrae oor 'n belangrike internasionale byeenkoms wat Landbouskrywers SA organiseer.

RSG Landbou 30.01.2017

Lise Roberts gesels met Willie Clack oor veediefstel wat groot afmetings in Suid-Afrika aanneem. Dr. Karin Wessels vertel hoe dit gegaan het met die Mamre-veiling. En die onafhanklike tegnieseontleder, Frans de Klerk, kyk na die beweging in die mielieprys.

RSG Landbou 27.01.2017

Hoe versprei Karooplante? En 2016 was 'n rigtinggewende jaar vir die wildbedryf.

RSG Landbou 27.01.2017

Chris Viljoen kyk na besproeiïng met gryswater; natuurlike hulpbronbestuurstudie; die droogte en brande wat hulle tol in die Noord-Kaap eis; en verandering in die wingerdbedryf.

RSG Landbou 26.01.2017

Beleggers is huiwerig om in die landbou te belê. So sê Jaco Minnaar, die voorsitter van GraanSA. Neels de Villiers van Ventersburg se omgewing praat oor die lesse wat hy uit die afgelope droogte geleer het. En dr. Faffa Malan vertel watter peste boere voor moet uitkyk.

RSG Landbou 25.01.2017

Die mieliestronkboorder bly 'n kopseer vir mielieboere. Kobus Steenekamp van Monsanto praat oor hierdie pes. Daar is ook 'n gesprek met dr. Japie van der Westhuyzen van SA Stamboek oor produksie-aantekening. Hy sê daar is nog heelwat boere wat nie die produksie van hulle diere behoorlik aanteken nie.

RSG Landbou 24.01.2017

Verskeie besproeiingsmetodes word in die landbou gebruik. Een daarvan is ondergrondse drupbesproeing. Willem Botha van Netafim praat oor die hoe en wat van hierdie soort besproeiing. Daar is ook 'n gesprek met 'n wynmaker van Bonnievale, Edwin Mathambo. En Nick Serfontein van Sernick vertel van 'n boeredag vir opkomende boere.

RSG Landbou 23.01.2017

Koos du Pisani gesels met HG Human oor 'n seleksiemetode vir stoetramme. Daar is ook 'n bydrae met Chris Schutte van Astral Foods, wat logistieke probleme ondervind as gevolg van Eskom wat krag na die plaaslike owerheid wil afsny omdat die owerheid nie hulle Eskom-rekening betaal nie.

RSG Landbou 20.01.2017

'n Plaaswerker of skeerder kan jou dikwels leer hoe om 'n dier op 'n sekere manier te vang en te hanteer, om jou werk te vergemaklik en moontlike beserings te voorkom. 'n Staatsveearts in die Sentraal-Karoo vertel vir Chris Viljoen hoe hy en sy span 'n bydrae lewer tot die opleidingsbehoeftes van plaaswerkers op veeplase in die geweste.

RSG Landbou 20.01.2017

Chris Viljoen kyk na sigorei en weeblaar as weiding; responsible wool standard-sertifisering, die keuring van landboustudente by Maties en die loopvoëlgroep.

RSG Landbou 19.01.2017

Bertie de Wet van Laeveld Agrochem praat oor inentingsprogramme. Daar is ook inligting deur dr. Annemie Erasmus oor die kommandowurmplaag wat kop uitgesteek het. En dr. Lea Shuda, staatsveearts op Kuruman, gesels oor Afrika-perdesiekte wat in die omgewing uitgebreek het.

RSG Landbou 18.01.2017

Baie probleme kan voorkom word as 'n vroeë-siektewaarskuwingstelsel in plek is. Dr. Danie Odendal van die Veeartsnetwerk vertle hoe so 'n stelsel werk. Daar is ook 'n bydrae met prof. Melville Saayman oor wildsveilingpryse. En dr. Morne de la Rey gesels oor die in vitro-bevrugtiging van 'n buffelkoei.

RSG Landbou 17.01.2017

Prof. Charlie Reinard van die Villa Academy verduidelik wat die omvang van bosindringing op wildplase is. Daar is ook 'n bydrae oor die stand van die Suid-Afrikaanse grondboontjiebedryf. En die eerste wolmarkverslag van die jaar word aangebied deur Marti Kirstein.

RSG Landbou 16.01.2017

Die Port Beaufort-gemeenskap in die Witsand-omgewing het 'n interessante geskiedenis. Lise Roberts praat met Fred Camphor van SA Jagters oor hoe die organisasie en verbruikersjag werk. En Chris Derksen kyk na vleispryse.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.