RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 13.01.2017

In die kleinveeboerdery-omgewings soos die Karoo, is die boer se grootste uitdagings droogte en rooijakkalse. Sover dit laasgenoemde betref, is jakkalswerende heinings die enigste doeltreffende oplossing.

RSG Landbou 13.01.2017

Chris Viljoen kyk na die veiligheid van voetslaners, die 2016-koringseisoen, gedroogde appelpulp as alternatief vir mielies by beeste, en die aktiwiteite van Agri Wes-Kaap en die Nasionale Plaaswerkersforum.

RSG Landbou 12.01.2017

Dr. Danie Odendal verduidelik hoekom dit so moeilik is om haarwurm te beheer. En Hans-Jurie Moolman vertel wat boere te doen staan wanneer werkers op hulle plase nie hulle huise wil verlaat nie.

RSG Landbou 11.01.2017

Reproduksie en sinkronisering is wagwoorde in die veebedryf. Dr. Danie Odendal van die Veeartsnetwerk vertel hoe mens 'n reproduksieramp kan keer. Daar is ook 'n bydrae deur Rachelle Cloete oor 'n baie suksesvolle identifikasiestelsel wat in die volstruisbedryf gebruik word, en Dawie Maree van FNB kyk in die kristalbal oor wat vanjaar in die landbou verwag kan word.

RSG Landbou 10.01.2017

Andre Vermeulen praat oor die vermoë van hommeltuie en waarvoor dit in landbou gebruik kan word. Tegniese ontleder Frans de Klerk praat oor die bewegings van die rand teenoor die belangrikste buitelandse geldeenhede. En een van die voorste boere in die Somerset-Oos omgewing, Tollie Jordaan, vertel vir Lise Roberts van sy boerdery.

RSG Landbou 09.01.2017

Tegniese ontleder Frans de Klerk praat oor die prys van witmielies. Daar is 'n bydrae deur Coralizette Erasmus oor die versorging van miniatuurperde. En dr. Johan van Rensburg van Afrivet praat oor die redes waarom skaapvoerkrale boere se belangstelling so prikkel.

RSG Landbou 06.01.2017

Chris Viljoen besoek die plaas van 'n boer, geneesheer en vlieënier wat 'n passie het vir die lewe en vir alles wat hy aanpak.

RSG Landbou 06.01.2017

Om ingemaakte vrugte en konfyt te maak, klink maklik, maar hoe gemaak as jy in die Karoo bly en volhoubaar moet produseer vir 'n mark wat tot in Namibië uitgebrei het? Hoe berg jy die produk, en vir hoeveel werkers skep jy 'n inkomste?

RSG Landbou 05.01.2017

Die RPO het 'n stelsel in werking gestel om die kode van beste praktyk onder sy lede te vestig. Koos du Pisani praat met AG Human oor hoe hy te werk gegaan het om die kode op sy plaas te vestig. Daar is ook 'n gesprek met Heinz Meissner of die begrip van 'n grootvee-eenheid nog geldig is. Ons gesels ook met Ferdie Motala, die Landbouskywers in die Wes-Kaap se opkomende boer van die jaar.

RSG Landbou 04.01.2017

Wanneer mens by geleenthede soos Nampo kom, is een van die trekpleisters die miniatuurperde. Coralizette Erasmus praat oor die besondere ras en waarom hulle so gewild is. Renier Snyman van die Bosveld Groep gesels oor die belang van 'n voorsorgfonds vir die landbou. En Naude Baard brei uit oor een van die groot plae vir vrugteboere, die vrugtevlieg.

RSG Landbou 03.01.2017

Die Grootfontein Landboukollege op Middelburg het onlangs groot makietie gehou. Abrie Aucamp vertel van 'n besondere reunie wat plaasgevind het. Daar is ook 'n interessante gesprek oor proteas, en Petrus van Rooyen van Pannar praat oor die beplanning van 'n goeie voervloeiprogram.

RSG Landbou 01.01.2017

Jan Hendrik Venter gesels oor Tuta Absoluta, die tamatiemot. Daar is ook 'n gesprek met Gert Jordaan oor die Modern Merino-veiling wat in Februarie plaasvind. En Karin Venter praat met 'n egpaar wat naby Middelburg in die Oos-Kaap op Beskuitfontein boer.

RSG Landbou 30.12.2016

Aan die begin van die 1960's was daar sterk sprake dat Sui-Afrika nie meer ru-olie van die Midde-Ooste kon invoer nie, en dis waar navorsing op sonneblomolie vir trekkerenjins begin het. Chris Viljoen gesels met die eerste hoof van wat vandag bekend staan as die Instituut vir Landbou-ingenieurswese.

RSG Landbou 29.12.2016

Tafeldruifverkopers langs die N1 in die Hexriviervallei skep 'n potensiële lewensgevaar vir hulleself en motoriste, en maak die wêreld vir die provinsiale en munisipale verkeersdepartemente baie moeilik.

RSG Landbou 29.12.2016

Jaques Beukes is die Jongboerwenner van 2016. Lise Roberts het met hom gepraat. Daar word gekyk na weersvooruitsigte. En prof. Darrel Abernethy van Onderstepoort vertel meer van die pad vorentoe met Brusselose.

RSG Landbou 28.12.2016

Die praktiese uitvoerbaarheid en koste om 'n abbatoir op elke wildsplaas te vestig, is net nie haalbaar nie, volgens dr. Maretha van der Merwe, adjunkdirekteur van ogewingsgesondheid in Tshwane. Daar is ook bydraes oor akwakultuur en die landbousektorvoorsorgfonds. En die 2016 Graanprodusent van die Jaar deel sy geheime.

RSG Landbou 26.12.2016

Die Nasionale Landbounavorsingsraad het onlangs hulle 2015/16 jaarverslag bekendgemaak, en die president, dr. Shadrack Moephuli. praat oor hulle fokuspunt vir die nuwejaar. China se varsprodukte-invoerwaarde is tans 7.4-miljard dollar, maar hoeveel hiervan is vanaf Suid-Afrika. Cecilia Landman van The X Group praat hieroor.

RSG Landbou 25.12.2016

Volgens Absa Agri Besigheid het SA Wild in 2014 'n hoogtepunt bereik. Daar word tans meer wild geteel as wat ge-oes word, en dit het 'n sywaartse effek op wildpryse en by sekere spesies 'n negtiewe effek op pryse. Ons vind uit wat die waarde van turksvye is tydens droogte. En Luan van der Walt van Graan SA vertel waarom produsente hulle moet verskans.

RSG Landbou 23.12.2016

'n Boer se sukses word bepaal deur die mense om hom. Gesels ook met jou bure. Wat jou buurman anders doen, kan dalk net bydra tot die sukses op jou eie plaas. Dis die lewensfilosofie van 2016 se nasionale jongboer van die jaar. Chris Viljoen het by hom in die Hexriviervallei gaan kuier.

RSG Landbou 23.12.2016

Watter effek het grondsoort op die eindproduk van die druifstok? Filosofieë waarvolgens 'n wyn gemaak kan word, verskil van mekaar. Dit is van die blootstelling wat tien pasgegradueerde keldertegnologie-studente ervaar het tydens 'n studiebesoek aan Europese wingerde en kelders.

RSG Landbou 22.12.2016

Wat is die rol van die media ten opsigte van die rapporteting van siektes soos Brusselose? En Hencke Marais van WRSA en 'n spesialis-wildteler van steenbokkies praat oor die uitdagings om met die kleinbokpesies te boer.

RSG Landbou 21.12.2016

Dr. Annemie Erasmus gesels oor die monitering van die Afrika stronkboorder in GM-gewasse. Daar is ook 'n gesprek met dr. de Wet van Worcester oor bakteriese siektes, en daar is 'n bydrae oor landbou-opleiding met dr. W P Burger. Jannie de Villiers van Graan SA lewer ook 'n kersboodskap.

RSG Landbou 20.12.2016

'n Goed beplande kuddegesondheidsprogram kan baie tyd en geld spaar. Danie van Niekerk van Virbac gesels oor die beplanning van so 'n program. Daar is ook 'n bydrae deur dr. Danie Odendal oor nuwe idees vir die veeartsnetwerk wat nou al goed aan die gang is. En dr. Chris van Dijk van die MPO kyk in die kristalbal en gesels oor die vooruitsigte vir die melkboer in 2017.

RSG Landbou 19.12.2016

Volgens Petru Fourie van Graan SA is somergraanaanplantings in die westelike deel van die land sowat 45% voltooi, maar daar word verwag dat produsente in die somergraanaanplantingsgebiede tog hulle verwagte voornemens om te plant sal bereik. Ons gesels ook oor die voordele van tropiese grasse vir vee- en wildweiding en Brasilië se jongste weidingtegnologieë.

RSG Landbou 16.12.2016

"Die enigste werkbare boerdery is 'n familieboerdery waar almal betrokke is, want 'n boer benodig daadwerklike ondersteuning." Chris Viljoen besoek die plaas van 'n boer en sy gesin in die Overberg wat vanjaar 'n besondere prestasie behaal het.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.