RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 15.12.2016 14:55
Chris Viljoen kyk na navorsing op Afrika-blaargroente, 'n tersiêre landboubestuurkursus, en die uitwerking van stoor op kunsmatig gebroeide volstruiseiers. Daar is ook 'n bydra oor Agri Wes-Kaap wat besin oor 2016. En is daar nog bestaansreg vir die VLV?
RSG Landbou 15.12.2016 28:02
Dr. Gerhard Neething van die Abbatoirvereniging praat oor die rol wat sy organisasie speel on Brusselose te help beveg. Daar is ook 'n bydrae oor die verwerking van wildsvleis, en die nuwe uitdagings wat die wildvleissektor in die gesig staar. En Ken Nieuwenhuizen van die Sondagsrivier Sitrusmaatskappy vertel van 'n bemagtingsprojek van R300-miljoen.
RSG Landbou 13.12.2016 27:47
Die afgelope droogte het baie landboukundiges kop laat krap. Lise Roberts praat met Pieter Smit van Monsanto oor saad, en wat hulle uit die droogte geleer het. Dawie Maree, 'n landbou-ekonoom by FNB, verduidelik ook hoe kredietgraderings die landbou kan raak.
RSG Landbou 13.12.2016 26:55
Die handhawing van die koueketting in suiwelproduksie is van kritieke belang. Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap veruidelik hoe die koueketting funksioneer. Daar is ook 'n gesprek oor die landbouvoorsorgfonds, en Ernst Janowski van Absa Agribesigheid kyk na die landbouvoorsiutsigte vir 2017.
RSG Landbou 12.12.2016 28:41
Dr. Danie Odendal praat oor dieresorg tydens die vakansieperiode. Daar is ook 'n bydrae oor landbouprodukverwerking, en hoe die landbouwaardeketting lyk. Jannie de Villiers van GraanSA gesels ook oor die invoer van sekere GMO-variëteite.
RSG Landbou 09.12.2016 12:20
Weidingsnavorsing moet omgewingsfaktore voortdurend in berekening hou. Wat het bygedra tot die 1933-droogte. En wêreldwyd staan dit bekend as kamp nommer ses.
RSG Landbou 09.12.2016 15:00
Chris Viljoen kyk na die Grootvadersbosch Natuurreservaat, landbouprodukverwerking in landelike gebiede, weidingsvariëteite se aanpasbaarheid, die Nasionale Plaaswerkersforum en die droogtesituasie in Noord-Kaap wat kritiek is.
RSG Landbou 08.12.2016 27:04
Die Neusberg Drakensberger-stoet in die Oos-Kaap behaal besondere prestasies wat aanpassing betref. Die stoetmeester, Clift Frewen, vertel meer. Daar is ook 'n bydrae oor die rol wat biosekuriteit, bewusmaking en voorkoming in die stryd teen Brusselose speel.
RSG Landbou 07.12.2016 27:49
Lise Roberts praat met Abraham de Klerk oor 'n soutinfusie wat in wyn gebruik word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Annalie Barnard oor kouestres by koring. En Donny Malherbe vertel van stevia, 'n natuurlike versoeter wat as 'n plaasvervanger vir suiker gebruik kan word.
RSG Landbou 06.12.2016 28:49
Predasiebestuur moet met alles moontlik gekoördineer word, sê prof. HO de Waal van die Universiteit van die Vrystaat. Die universiteit begin 'n projek waar inligting oor predasie op 'n 24 uur basis verkry kan word. Daar is ook 'n bydrae oor kursusse in effektiewe bestuur van water wat deur die MPO aangebied is.
RSG Landbou 05.12.2016 28:05
Dr. John Purchase van Agbiz praat oor die landbouvooruitsigte vir 2017. Daar is ook 'n bydrae deur dr. Gerhard Verdoorn oor plae wat hierdie tyd van die jaar kop uitsteek, soos nagmuise en kwelias. En dr. Louis du Pisani van die NWKV neem die wolskaaplandskap in oënskou.
RSG Landbou 02.12.2016 12:21
'n Skaaphond se besondere reuksin word ingespan in navorsing op die uiters bedreigde oewerkonyn. Chris Viljoen kyk na 'n hommeltuig wat gebruik word om die habitat te karteer en evalueer, en 'n driedimensionele ligspektrumkamera om plantdigtheid te karteer.
RSG Landbou 02.12.2016 14:55
Chris Viljoen kyk na produsenteverenigings en landbou-organisasies se bestuur; Vinpro se inligtingsdag op 19 Januarie 2017; navorsing op die indringer bloudisseldoring; en landboutoestande in die Oos-Kaap.
RSG Landbou 01.12.2016 28:40
Dr. Danie Odendal van die Veeartsnetwerk praat oor die ekonomiese impak van Brusselose. Daar is ook 'n gesprek met Arnaud le Roux oor boerdery met kleinwildspesies. Lise Roberts gesels met dr. Andre Ernst oor 'n avokadokultivar wat hulle ontwikkel het. En Johan van den Berg van Santam Landbou kyk na die weervooruitsigte.
RSG Landbou 30.11.2016 26:57
Dis nou die tyd om vir parasiete te doseer. So sê dr. Clint Austin van Bayer Dieregesondheid. Daar is ook 'n bydrae oor hoe mens kultivarkeuses vir sojaboomvarieteite maak deur dr. Annelie de Beer van die LNR op Potchefstroom. Lise Roberts gesels ook met dr. Andre Ernst, die Landbouskrywers se boer van die jaar.
RSG Landbou 29.11.2016 22:26
Juan Venter vertel van Noupoort se Jongooiklub. Daar is 'n bydrae oor 'n sakrekenaar wat gebruik kan word om die koolstofvoetspoor in landbou te meet. En Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad praat oor voedselpryse.
RSG Landbou 28.11.2016 29:00
Johan Oosthuyzen van Castle de Wildt vertel van die topklas-wildveilings wat daar aangebied word en die eenstopdiens wat hulle aan wildboere bied. Daar is ook 'n gesprek met Brian du Preez, 'n student van Stellenbosch, wat 'n plantsoort ontdek het wat die laaste keer vroeg in die vorige eeu beskryf is. En Wiehahn Visagie gesels oor 'n oorbruggingskursus wat landboustudente kan volg as hulle ná hul...
RSG Landbou 25.11.2016 12:30
Die Kaapse Weskus-biosfeerreservaat beslaan 387 000 hektaar. Renosterveld, strandveld, fynbos, duikertjies, steenbokkies en elande kom algemeen daar voor. Danksy ekologiese paaie op plase, kan die diere binne en buite die beskermde gebiede beweeg. Kom kuier saam met Chris Viljoen tussen Darling en Yzerfontein.
RSG Landbou 25.11.2016 14:59
Chris Viljoen praat oor veld- en bergbrande wat in die somermaande grootliks voorkom kan word; kruisteling met swart, blou en rooi volstruise; die appelkoosoes wat begin het; en 'n gebore Karooseun wat die Prestige-landbouwerker vir 2016 is.
RSG Landbou 24.11.2016 27:44
Teen 2030 sal 60% van die 2,5 miljard mense wat deel is van die statebond, jonger as 30 wees. Daarom het die 27ste Landbouvereninging-kongres wat vanjaar in Singapore gehou is, op die jeug gefokus. Johan Ehlers van Agri-Expo was een van die sprekers. En 'n varkboer van die Fochville-omgewing is aangewys as die 2016 Agri Gauteng Jongboer.
RSG Landbou 23.11.2016 28:31
Lise Roberst gesels met 'n jong egpaar van Murraysburg wat met angoras en skape boer, en van die Universiteit van Pretoria se navorsing oor onkruidweerstand teen glisofaat-onkruiddoder. Sy gesels ook met Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad oor die druk op plaaslike hoenderprodusente.
RSG Landbou 22.11.2016 27:54
Lise Roberts gesels met Simon Streicher van Suid-Afrikaanse Varklvleisprodusente-organisasie. Hy tree uit en ons hoor wat hy te sê het oor sy tyd by die organisasie. En die MPO versoek dat elke melkboer in die land 'n vraelys voltooi.
RSG Landbou 21.11.2016 27:59
Die voorsitter van die Nasionale Landbouskrywersvereniging, Magda du Toit, vertel wie vanjaar vereer is, en die bekende landboujoernalis, Charl van Rooyen, praat oor sy 43 jaar in die bedryf. Dr. Dirk Strydom van Graan SA kyk na vooruitsigte vir die nuwe plantseisoen, en 'n gesogte dormerkudde word die komende week op 'n veiling verkoop.
RSG Landbou 18.11.2016 12:28
Fruit Look is 'n bestuurshulpmiddel wat besparing kan meebring op waterkoste, kraggebruik en bemesting met geen terugvloei na riviere nie. Dit is 'n wen-wen situasie vir die boer.
RSG Landbou 18.11.2016 14:58
Chris Viljoen kyk na die Nasionale Plaaswerkersforum se jaarlikse sportdag, 'n veldbrand-simposium in die Krugerwildtuin, VLV Kaapland se projekte oor 88 jaar, en saadversameling met die oog op veldherstel ná droogtetye.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.