RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 17.11.2016

Die Sernick Groep het vir nog twee eenhede FSSC-sertifisering ontvang; Butch van Blerck, 'n regsgeleerde praat oor die verantwoordelikheid van die koper en verkoper van 'n dier met siektes; en hoor hoe die sampioenbedryf daaruit sien.

RSG Landbou 16.11.2016

Lise Roberts gesels met Danie Marais, besturende direkteur van NWK, oor sy loopbaan. Hy lê aan die einde van November die tuig neer. En tydens die somermaande kom virale-siektes ook onder vee voor. Hierdie siektes is ongevoelig vir antibiotieka, maar wat nou? Dr. Henk Visser van Ubuntu Veeartsenydienste van Mokopane het raad.

RSG Landbou 15.11.2016

Jan-Hendrik Venter van die Departement Landbou verduidelik hoe Tuta Absoluta, of die tamatieblaarmynermot, uitgeken kan word. En Albertus Lombard van Aqua-earth fokus praat oor die koste van boorgate.

RSG Landbou 14.11.2016

'n Meesterskaapskeerder van Brittanje is aan die woord, en ons hoor van die jongboer van die Noord-Kaap, Vicky Bruwer. Daar is ook 'n bydrae van Albert van Rensburg van Biomin oor alternatiewe groeibevorderaars. En 'n vermaarde afslaer, Deon Klopper, gesels oor sy 25 jaar in die bedryf.

RSG Landbou 11.11.2016

Boere gaan al hoe meer aanlyn om meer uit te vind van die jongste navorsing wat hulle an help met besluitneming. Tyd ontbreek soms om 'n werkwinkel by te woon, maar wat is tans aanlyn beskikbaar? Chris Viljoen verneem wat die landbouwaardeketting inhou by twee navorsers en landbouleiers.

RSG Landbou 11 November 2016 11.11.2016

Chris Viljoen praat oor 'n nuwe hoë opbrengs koringkultivar, 'n wynbedryfoorsig, 'n uitnodiging om nuwe vrugtekultivars te besigtig, twee beurse vir tersiêre studie aan landbouskoolleerders en Fruitlook as hulpmiddel in droogtes.

RSG Landbou 10.11.2016

Prof, Dietmar Holm praat oor Brucellose en veilings. Daar is ook 'n terugblik op die Beesplaas Boerdedag, en Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid kyk na die moontlikhede vir olyfproduksie in Suid-Afrika.

RSG Landbou 09.11.2016

Dawie Maree van FNB kyk na somergraan-produksiekoste. Daar is ook 'n gesprek met 'n landbou-egpaar van Beskuitfontein naby Middelburg in die Kaap. En dr. Belinda Jansen van Rensburg gesels oor siekte-ontwikkeling tydens droogtes.

RSG Landbou 08.11.2016

Marike Brits was by die Agri-Expo Livestock wat onlangs in Stellenbosch plaasgevind het. Sy gesels onder meer met Jan van Zyl, 'n Brahmanboer. Daar is ook inligting oor doeltreffende roofdierbeheer, en dr. Chris van Dijk van die MPO gee terugvoer oor die IDF-konferensie wat in Rotterdam plaasgevind het.

RSG Landbou 07.11.2016

Louis Meintjies van die TLU vertel van 'n projek goedkoper diesel aan boere te verskaf. Daar is ook 'n bydrae oor die Sybokhaarvereniging wat 'n groot skou en veiling op Willowmore aanbied. En Louise Mari van Zyl gesels verder oor die impak van landbou op die omgewing, en aan watter vereistes boere moet voldoen.

RSG Landbou 04.11.2016

Daar kom tussen 5,000 en 6,000 verskillende plante in die Karoo voor.

RSG Landbou 04.11.2016

Die tamatie-blaarmyner maak sy verskyning in Suid-Afrika.

RSG Landbou 03.11.2016

Die Nasionale Jeugskou bied 'n geleentheid vir jong mense om blootstelling aan die landbou te kry. Usula Human gesels met van die beoordeelaars wat betrokke is by die skou. Prof. Charlie Reinard, 'n onkruidkundige, praat oor onkruid en aardverwarming. En daar is 'n gesprek met dr. Santjie Pieterse oor die uitbreking van Brucellose in haar kudde, en hoe sy dit hanteer het.

RSG Landbou 02.11.2016

Reënwateropvangs kan in die toekoms 'n belangrike rol speel in die beskikbaarheid van water. Dr. Kobus Botha van die LNR vertel meer oor hierdie konsep. Een van die finaliste in die GraanSA Syngenta Boer-van-die-jaar kompetisie is Johan Willemse. Hy is een van twee broers wat aan die kompetisie deelgeneem het, en Lise Roberts gesels met hom. Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid neem die nuwe korin...

RSG Landbou 01.11.2016

Lise Roberts gesels met die wenner van die Toyota AgriSA jongboer van die jaar-kompetisie, Jaques Beukes. Dr. Michael Bradfield praat oor die Aldam Vleisbeesskool, wat jaarliks plaasvind by Aldam. En daar is wolwenke van dr. Louis du Pisani van die NWKV.

RSG Landbou 31.10.2016

Lise Roberts kyk na die kwaliteit van die Suid-Afrikaanse wolskeersel. Jan-Louis Venter van die NWKV gesels oor die probleme wat ontstaan as wol se gehalte nie behoorlik bekyk word nie. En daar is 'n bydrae oor die impak van landbou op die omgewing, en aan watter vereistes grondeienaars moet voldoen.

RSG Landbou 28.10.2016

Chris Viljoen gesels met 'n 90-jarige wat nog voluit met tafeldruiwe boer.

RSG Landbou 28.10.2016

Die Tesco nurture-skema maak van 1 Januarie 2017 af deel uit van die Global Gap weergawe 5.

RSG Landbou 27.10.2016

Volgens Johan van den Berg van Santam Landbou is toestande in die Indiese Oseaan baie gunstig vir reën oor Suid-Afrika. Daar is ook 'n bydrae deur dr. Paul Lubout oor genetika en die wildbedryf, en dr. Sewellyn Davey van Elsenburg praat verder oor die gevreesde Brucelose-siekte. Dave Duncan van Subtrop gesels ook oor die tekort aan avokado's.

RSG Landbou 26.10.2016

Die Wes-Kaap, veral die Rûens-gebied, is bekend vir sy koringproduksie. Dr. Ian Heyns van die Instituut vir Kleingraan gesels oor produksie in die gebied. Daar is ook 'n gesprek met Dissie Kruger, een van Graan SA Syngenta se finaliste. Dr. Clint Austin van Bayer Dieregesondheid gesels ook oor parasietbeheer op plaashonde.

RSG Landbou 25.10.2016

Marike Brits het met 'n paar deelnemers op Morgenzon gepraat oor hulle deelname aan die Nasionale Jeugskou. Breyton Milford, die voorsitter van die Jeugskou, neem ook vanjaar se byeenkoms in oënskou. En daar is 'n bydrae oor die Safex-werkswinkel wat elke jaar deur die Departement Landbou-ekonomie aan die Vrystaatse Universiteit aangebied word.

RSG Landbou 24.10.2016

Die Wagyu-beesras van Japan is bekend vanweë die goeie marmering in sy vleis. Izak Hofmeyr praat met Karel Teseling wat in Australië woon, oor die beesras. Daar is ook 'n gesprek met Omri van Zyl van Agri SA oor die stand van droogtehulp. En Dawid Nel gesels oor die internasionale Dorperveiling wat eersdaags op Upington gehou word.

RSG Landbou 22.10.2016

Dogters van die Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam bied sterk kompetisie aan hulle seuns-eweknieë.

RSG Landbou 21.10.2016

Wanneer is ek 'n watergebruiker? Waarom moet ek waterverbruik registreer?

RSG Landbou 20.10.2016

'n Staatsveearts, dr. Sewellyn Davie, gesels oor die beheermaatreëls vir brucellose. Daar is ook 'n gesprek met Craig Shepstone oor die voeding van wild in droogtetoestande. Johannes Moller, die president van Agrisa, kyk terug na die pas afgelope kongres van die organisasie. En Jompie Burger van die Suiwelstandaarde-agentskap gesels oor die verpakking van suiwelprodukte.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.