RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 19.10.2016

Dr. Kobus Botha praat oor klimaatslim reënwateropvangtegnieke. Daar is ook 'n uitgebreide gesprek met vanjaar se Graan SA / Syngenta Graanboer van die Jaar, Josua du Plessis. En die Vryburg-omgewing is in die kollig met 'n beesplaasproduksiedag.

RSG Landbou 18.10.2016

Henry Coetzee vertel waarna jy moet oplet wanneer jy weiding onder besproeiïng het. Daar is 'n nuwe toep wat gebruik kan word om landbou-inligting te verkry via jou slimfoon. En Albertus Lombard praat verder oor die hoe en wat van boorgate.

RSG Landbou 17.10.2016

Markontleder Frans de Klerk praat oor die prys van witmielies wat snaakse manewales uithaal. Frikkie Mare van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Landbou-ekonomie kyk deur 'n vergrootglas na September se markbewegings. En Kobus Steenkamp van Monsanto gesels oor wêreldvoedseldag.

RSG Landbou 14.10.2016

Hoedanig en waarom het die Karooveld oor tyd verander? Met 70 jaar se navorsingsondervinding, gesels 'n kenner oor dit wat hy waargeneem het.

RSG Landbou 14.10.2016

Die wynbedryf versoek oplossinggerigte kommentaar oor die Konsepdrankwet in die Staatskoerant 40321 (Liquor Act).

RSG Landbou 13.10.2016

'n Baie suksesvolle wildveiling is onlangs in die hartjie van die Karoo op Graaff-Reinet gehou. Een van RSG Landbou se medewerkers, Karin Venter, het daar besoek afgelê en met s 'n paar mense gesels wat aan die veiling deelgeneem het. Daar is ook 'n bydrae deur dr. Alcia Cloete oor een van die gevreesde siektes op 'n plaas, Brucellose.

RSG Landbou 11.10.2016

Kobus Steenekamp van Monsanto praat oor die belangrikheid van navorsing in die saadbedryf. Daar is ook 'n bydrae oor die belangrikheid van vitamiene-aanvullings, en Christo Maree gesels oor die belangrikheid van draad op 'n plaas.

RSG Landbou 10.10.2016

Sedert Januarie vanjaar het die internasionale suiwelprentjie nogal verander. So sê dr. Koos Coetzee van die MPO. Die veteraanafslaer Frik Verster praat oor die jong talent wat deesdae op die rostrum gesien kan word.

RSG Landbou 10.10.2016

Sedert Januarie vanjaar het die internasionale suiwelprentjie nogal verander. So sê dr. Koos Coetzee van die MPO. Die veteraanafslaer Frik Verster praat oor die jong talent wat deesdae op die rostrum gesien kan word.

RSG Landbou 10.10.2016

Simon Streicher van die Varkvleisprodusentevereniging praat oor hulle kommer dat ongewenste vleissnitte die land binnekom. Daar is ook 'n bydrae oor landboutoerisme, en Breyton Milford van Agri Expo gesels oor die Agri Expo Livestock wat binnekort by Sandringham in die Kaap plaasvind.

RSG Landbou 10.10.2016

Simon Streicher van die Varkvleisprodusentevereniging praat oor hulle kommer dat ongewenste vleissnitte die land binnekom. Daar is ook 'n bydrae oor landboutoerisme, en Breyton Milford van Agri Expo gesels oor die Agri Expo Livestock wat binnekort by Sandringham in die Kaap plaasvind.

RSG Landbou 07.10.2016

Agri Expo skep 'n platform van internasionale standaard om landbou te vergelyk en die waardeketting na die verbruiker te neem. Dit is 'n uitvloeisel van die oudste landbou-organisasie in die land.

RSG Landbou 07.10.2016

Agri Expo skep 'n platform van internasionale standaard om landbou te vergelyk en die waardeketting na die verbruiker te neem. Dit is 'n uitvloeisel van die oudste landbou-organisasie in die land.

RSG Landbou 07.10.2016

Hoë gehalte, lae kouebehoefte perskes wat vroeg ryp word en afkomstig is van die VSA en Mexiko, word tans in Suid-Afrika geëvalueer.

RSG Landbou 06.10.2016

Earl Loxton is die sagtevrugtebedryf se Toetreder van die Jaar. Hy vertel vir Lise Roberts meer hiervan. Lise het ook by 'n blommeboer gaan kuier, en die boer die kuns afgevra. Dr Pieter Vervoort, voorsitter van die Dieregesondheidforum, gesels oor 'n projek waar daar baie aandag aan Brucellose gegee word.

RSG Landbou 05.10.2016

Hoe sal jy weet of jy met die korrekte beesras boer? Danie Bosman vertel van die verskillende beesrasse in Suid-Afrika. Daar is ook 'n bydrae oor die Russiese koringluis, en Richard Venter gesels oor die kuilvoerkoning-kompetisie. Daar is ook 'n gesprek met 'n Nederlandse Boerboelteler wat die Alfa Expo bygewoon het.

RSG Landbou 04.10.2016

Breyton Milford gesels oor Agri Expo Livestock wat binnekort by Sandringham naby Stellenbosch plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Charmaine Scholtz wat die sagtevrugtebedryf se spesiale landbouwerker van die jaar is. En dr. Pierre van Rooyen van SA Stamboek spog oor die feit dat sy organisasie die gesogte internasionale ICAR-toekenning gekry het.

RSG Landbou 03.10.2016

Hoor wat die aarstappelsertifiseringsdiens doen. Daar is ook 'n bydrae oor die omvang van predasie in Suid-Afrika en hoe die bestuur daarvan aangepak moet word.

RSG Landbou 30.09.2016

Absolute skoon keldertoerusting, insluitend die vloer, is nodig alvorens die wynmaakproses kan begin. Dit moes die tien finalejaar keldertegnologie-studente op Elsenburg leer voordat hulle kon begin wynmaak van 21 kultivars.

RSG Landbou 30.09.2016

Volgens wetgewing moet 'n aanpassing gemaak word aan die soutvlakke van kossoorte, insluitend brood wat deel uitmaak van baie se daaglikse dieet.

RSG Landbou 29.09.2016

Die Alfa Ekspo het vandeesweek afgeskop, en een van die hoogtepunte is die kampioen van kampioene. Die interras kampioenbul en koei van Suid-Afrika word aangewys. Gawie van Wyk van die NWKV fokus op lenteparing. Dan gesels 'n dorperboer, Tony Cahi, oor die aanpasbaarheid van die skaapras. En vir landbou is weersake gewoonlik bo aan die lys. Volgens Johan van den Berg van Santam Landbou is Septembe...

RSG Landbou 28.09.2016

Die bestuur van hulpbronne op 'n plaas verg noukeurige aandag. Michael Holland-Mutter vertel hoe die gebruik en bestuur van elektriseit op 'n plaas, soos die Karsten-boerdery naby Upington, soms 'n uitdaging is. En Josef du Plessis van GraanSA praat oor die jaarlikse Graanboer-van-die-jaar-kompetisie wat in Oktober sy hoogtepunt bereik met 'n galageleentheid in Johannesburg.

RSG Landbou 27.09.2016

Die gesondheid van kalwers is lewensbelangrik vir enige veeboer. August Lingnau gesels oor die verskillende sake waarna mens moet kyk vir kalfgesondheid. Daar is ook 'n gesprek met Albert Loubser oor die Alfa Expo in Parys. En 'n buffelbul is onlangs vir R168-miljoen op 'n veiling verkoop. Ons gesels met Ruben Els oor die geskiedenis van Inala, die buffelbul.

RSG Landbou 26.09.2016

Lise Roberts gesels met Frans Seevink wat 'n spesiale kategorie in die karkaskompetisie van Samic gewen het. Daar is ook 'n gesprek met die Kwanalu Boer van die Jaar, Neville Sheffer. En boere in die Karoo is stadig maar seker besig om wild by hulle boerdery te integreer. Neil Dodds vertel meer hieroor en 'n veiling wat eersdaags op Graaff-Reinet plaasvind.

RSG Landbou 24.09.2016

Slim mense koop wol, want hulle besef die waarde van wolprodukte. Daarby is die wolmark op 'n hoogtepunt, en die verwagting is dat die prys van wol verder sal styg.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.