RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 23.09.2016

Die Nelson Mandela Universiteit se George-kampus bied 'n volwaardige jaar-kwalifikasie in veldbrandbestuur aan vir werknemers van organisasies wat veldbrandbestuur beoefen.

RSG Landbou 22.09.2016

'n Kuddebestuurskursus word tydens die Alfa Expo op Parys aangebied. Daar is ook 'n gesprek met die Oos-Kaapse jongboer van die jaar, Chili Matzizula. En Desire van Heerden praat oor die insekweerstandsgroep wat besoek gaan aflê by produsente om meer inligting te verskaf oor weerstand en insekplae.

RSG Landbou 21.09.2016

Wessel Lemmer, landbou-ekonoom van ABSA, is opgewonde oor die landbousektor. Hy vertel waarop hy sy optimisme grond. En Jannie de Villiers van GraanSA gesels oor die waarde van goeie vennootskappe in landbou.

RSG Landbou 20.09.2016

Dr. Klaus Ekstein van Bayer praat oor die behandeling van saad wat 'n belangrike rol speel in gewasproduksie. 'n Saadbehandelingsaanleg, die enigste in Afrika, is pas in Gauteng geopen. En dr. Chris van Dijk van die MPO praat oor die suksesvolle afloop van die nasionale kongres van die MPO.

RSG Landbou 19.09.2016

Flippie Cloete van die Noordwes-Universiteit se skool vir ekonomie vertel van prysbewegings in die wildbedryf. Daar is ook 'n insetsel met die Departement van Landbou en Visserye se vroue-entrepreneur van die jaar, Venetia Jansen.

RSG Landbou 16.09.2016

Drie landbou-ingenieurs vertel hoe hulle hulle kennisvelde toepas as wateringenieur in Engeland, akwakultuurbestuurder in Oos-Londen en 'n skaapboer op Lady Grey.

RSG Landbou 15.09.2016

Cape Nature nooi belangstellendes om sy natuurreservate gratis te besoek van 19 tot 25 September.

RSG Landbou 15.09.2016

Hoe voel jy oor boerdery as jy al lanegr as 60 jaar daarby betrokke is? Toekie Burger is die oudste wingerdboer in die land. Hy vertel vir Lise Roberts hoe boerdery oor die afgelope dekades verander het. Frikkie Mare van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Landbou-ekonomie kyk na Augustus se marktendense. En dit lyk of biologiese insekdoders hulle merk begin maak in plaagbestryding.

RSG Landbou 14.09.2016

Die SKA-projek in die Karoo het baie voordele. Koos du Pisani praat met Fanie Dippenaar oor hoe boere deur die SKA geraak word. Daar is ook 'n bydrae oor een van die probleemsiektes in die veestapel, Brucellose. En Johan Kriel van GraanSA vertel van 'n kompetisie vir opkomende boere.

RSG Landbou 13.09.2016

Die president van Agri Noord-Kaap, Henk van Wyk, gesels oor die provinsie se kongres wat pas plaasgevind het. Daar is ook 'n insetsel oor boorgatlisensiëring. Connie Jansen van Vuuren vertel meer oor die Beefmaster-beesras. En Heiko Meyer brei uit oor die goeie hoedanighede van pekanneute en hoe belangrik Sjina as 'n uitvoermark is.

RSG Landbou 12.09.2016

Daar is 'n bydrae oor die suksesse van 'n veldbulklub; 'n Limousine-teler vertel meer oor die welslae van 'n bulveiling; daar is nuus oor 'n toekenning wat Wellington Wyne gekry het; dr. Johan van Rensburg brei uit oor skaapbrandsiekte; en dr. Gerhard Verdoorn moedig boere aan om gebruikte gifhouers deeglik skoon te maak.

RSG Landbou 09.09.2016

Daar is tans meer as twee miljoen bokkies in die Oos-Kaap wat gekam of geskeer kan word vir die skaars kasjmiervesel wat veral gedy bokant 1000 m bo seevlak.

RSG Landbou 09.09.2016

Daar is groot verwagtinge by Noord-Kaapse boere oor die memorandum van verstandhouding wat opgestel word tussen Agri Noord-Kaap en die SKA op Carnarvon.

RSG Landbou 08.09.2016

Hoe lyk die waardeketting in die suiwelbedryf? Dr. Koos Coetzee van die MPO praat hieroor en die feit dat die produsent die kleinste deel van die waardeketting kry. Daar is ook terugvoer oor die RPO-kongres deur die nuutgekose voorsitter, Koos van der Ryst. En prof. Bernard Slippers gesels oor navorsing wat by die Universiteit van Pretoria gedoen word om 'n skadelike houtwespe hok te slaan.

RSG Landbou 07.09.2016

Die Landbousakevertroueindeks is 'n belangrike hulpmiddel om dinge soos ekonomiese klimaat en landbou-omstandighede te monitor. Dr. John Purchase van Agbiz vertel meer van die indeks. Daar is ook 'n gesprek met die wenner van die BVG-kommoditeitskompetisie, en nuus oor die Alfa-veeverhandelingskou wat aan die einde van die maand op Parys gehou word.

RSG Landbou 06.09.2016

Daar is nuus oor 'n veldram-projek in die Noord-Kaap. Louis van Rensburg brei uit oor die metings wat gedoen word wanneer ramme met mekaar vergelyk word en watter eienskappe daarna gekyuk word. Daar is ook 'n bydrae oor telers wat besoek gaan afgê by die Alga Expo op Parys. En Walther van Niekerk van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat brei uit oor 'n besoek aan...

RSG Landbou 05.09.2016

Die Wellingtonstreek het onlangs 'n gesogte wyntoekenning ontvang. Lise Roberts gesels met Marko Roux, 'n wynmaker in daardie omgewing. 'n Veearts vertel ook hoe hy met behulp van selfoontegnologie dit regkry om sy praktyk en drie plase te bestuur.

RSG Landbou 02.09.2016

Die kurrikulum van die Grootfontein Landboukollege is herskryf sodat afgestudeerdes hulle binne 'n volhoubare boerderystelselsverband kan laat geld. Dit hou nuwe uitdagings in vir beide dosente en studente.

RSG Landbou 02.09.2016

Onwettige hondejagters (sogenaamde taxi hunters) hou 'n groot bedreiging in vir biodiversiteit langs die Weskus waar skaars en bedreigde diere voorkom.

RSG Landbou 01.09.2016

Die droogte wys steeds sy tande, en daar is baie boere wat sukkel. Dr. Christo van der Rheede van AgriSA verduidelik waar die probleme lê. Daar is ook 'n bydrae oor die jongste aanbieding van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid. En dr. Ferdi Meyer skets die omstandighede waaronder landboubeleid in Suid-Afrika tans bestuur word.

RSG Landbou 31.08.2016

Luister na die eerste wolmarkverslag vir die nuwe seisoen. Daar is ook inligting oor hoe koksidiose beheer kan word. Dr. Isak Hatting gesels oor sy Drakensbergerkudde, en daar word uitgebrei oor die toekoms van kiwivrugte in Suid-Afrika.

RSG Landbou 30.08.2016

Toestande in die Indiese Oseaan is steeds goed vir goeie reënval in die somerreënval gebied. Daar is ook 'n gesprek met varkboer Charl Braak wat meen dat varkboere voor heelwat uitdagings staan. Lise Roberts praat ook met twee beurshouers van die Sitrusakademie.

RSG Landbou 29.08.2016

Daar word deesdae in landbou van groot data gepraat. Ernst Janowski van Absa Agribesigheid veruidelik wat dit is en hoe dit in landbou gebruik word. Daar is ook nuus oor die Aldam Vleisbeesskool wat in Oktober plaasvind, en daar is inligting oor verskeie veilings.

RSG Landbou 26.08.2016

Die geskiedenis van die Angorabok in Suid-Afrika kan teruggevoer word na 1838 toe die sultan van Turkye 12 gekastreerde ramme en 1 ooi hierheen verskeep het. Die sultan wou sy land se sybokhaarbedryf beskerm min wetende dat die ooi aanboord dragtig was. Vandag is die Karoo die grootste sybokhaarprodusent ter wêreld.

RSG Landbou 26.08.2016

Reënwaterinsameling en biogasproduksie vir voedselproduksie en energie-voorsiening word nagevors.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.