RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 25.08.2016

Vlieë is interessante insekte en het merkwaardige gewoontes. Niel Loubser praat oor vlieë en hoe hulle beheer kan word op die plaas. Daar is ook 'n gesprek met die jong afslaer wat verlede jaar die Toyota Jong Afslaerskompetisie gewen het, Gareth Hughes. Hy praat oor sy wedervaringe in Kanada wat hy besoek het as deel van sy prys.

RSG Landbou 24.08.2016

Frikkie Mare van die Fakulteit Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor prystransmissie. Daar is ook 'n bydrae oor waterbuffels wat in die Kaap aangehou word om mozarellakaas te maak. En Loddie Greyling praat oor die stand van die sigoreibedryf in Suid-Afrika.

RSG Landbou 23.08.2016

Hans-Jurie Moolman gesels oor omgewingswetgewing en landbou. Daar is ook 'n gesprek met die president van die Afrikanerbeestelersgenootskap, dr. Pieter de Kock, oor die voerkraalkapasiteit van Afrikaners. 'n Beefmaster boer, Frans Odendal, het pas teruggekeer van 'n besoek aan boere in Zambië wat met Beefmasters teel. Hy wys daarop dat die Zambiese boere nog baie kan doen op die gebied van genetik...

RSG Landbou 22.08.2016

Dr. Louis du Pisani van die NWKV praat oor die verwagte swak lammeroes wat hy opgemerk het tydens sy reis deur die binneland. Daar is ook nuus oor 'n paar veilings wat in die volgende dae plaasvind. En Ulrich Oberprieler van die Pretoriase Nasionale Dieretuin praat oor die kraaiplaag wat sommige boere teister.

RSG Landbou 19.08.2016

Geroosterde en gemaalde sigorei, afkomstig van sigoreiwortel, is 'n teenwig vir toksiene in die liggaam en het 'n kalmerende uitwerking op die senustelsel.

RSG Landbou 19.08.2016

Die Maker Faire wat deur die Departement van Landbou in die Wes-Kaap geborg word, het vaardigheidsontwikkeling van ouers en hulle kinders ten doel.

RSG Landbou 18.08.2016

Twee veeartse van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria is betrokke by 'n projek om renosters wat gewond is tydens strooptogte, die korrekte behandeling te gee om te herstel. Daar is ook inligting oor die navorsingsprojekte van GraanSA. En Kobus Mulder gesels oor die kuns van kaasmaak.

RSG Landbou 17.08.2016

Lise Roberts praat met Richard Finlay oor 'n konferensie wat binnekort in KwaZulu-Natal plaasvind waar geen-bewerking bespreek sal word. Daar is ook 'n gesprek oor die potensiële gevare om ongepasteuriseerde melk te drink. En Frikkie Mare van die Fakulteit Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor markbewegings in Julie.

RSG Landbou 16.08.2016

Lise Roberts kyk na die ontwikkeling van sonpompe vir boorgate op die plaas. Mense wat die wisselkoers dophou, sal agterkom dat die rand die afgelope paar weke redelik versterk het. Vir boere wat van die uitvoermark afhanklik is, is dit slegte nuus.

RSG Landbou 15.08.2016

Lise Roberts vertel van 'n boetiekwynplaas in 'n omgewing waar mens nie verwag om dit te kry nie - Prieska. Daar is ook inligting oor die belangrikheid van oorganglekke deur dr. Francois vd Vyfer van Voermol. En wildveilings word belangrike onderdeel van die landboutoneel.

RSG Landbou 12.08.2016

Chris Viljoen vertel van 'n boerderystreek waar die wintertemperature tot -24º C daal, die reënval tussen 350 mm en 1200 mm wissel, skaap- en beesboerdery saam met graangewasse gedy, en vier amptelike tale gepraat word.

RSG Landbou 12.08.2016

Chris Viljoen vertel van 'n handleiding wat wys hoe naaldekokers gebruik kan word om varswaterbronne te monitor.

RSG Landbou 11.08.2016

Dr. Danie Odendal sê boere moenie bang wees om 'n veearts in te roep as daar probleme met kalwing is nie. Daar is ook 'n gesprek met Mattheus Maree, 'n katoenboer. En die wenner van 'n kompetisie vir plaaswerkers, Neville Fortuin, vertel hoekom hy aan die kompetisie deelgeneem het.

RSG Landbou 10.08.2016

Lise Roberts praat met Willie Clack, voorsitter van die Veediefstalforum, oor samewerking met die SA polisiediens. Daar is ook nuus oor 'n groot diere-ekspo wat in September in Parys plaasvind. En Suid-Afrikaanse makadamiaboere kan dalk binnekort mededinging verwag uit Sjina.

RSG Landbou 08.08.2016

Dr. Louis du Pisani van die NWKV gesels oor hulle hulp aan kommunale skaapboere. Daar is ook 'n gesprek met Barry Christie oor die makadamiabedryf in Suid-Afrika. En een van die dae is dit weer SAMIC se groot prysuitdelingsfunksie op Vryburg waar toekennings gemaak word vir topkarkasse.

RSG Landbou 08.08.2016

Guileaume Strydom is 'n kampioen in die opeskaapskeer-afdeling. Hy vertel hoe hy 'n skaapskeerder geword het. Daar is ook 'n gesprek met Nico Bezuidenhoudt, die voorsitter van die Kraankuil Jongooiklub. En Ernst Janowski van Absa Agribesigheid gesels oor die Rand en die belangrike wisselkoerse in die wêreld, en wat die uitwerking van Brexit op die plaaslike landbou is.

RSG Landbou 05.08.2016

Predasiebestuur, 'n jakkalsproefdraadprojek, Slenkdalkoors en Johne se siekte is sommige van die NWKV se verantwoordelikhede.

RSG Landbou 04.08.2016

Prof. Melanie Viviers en dr. Albert Strever van die Universiteit van Stellenbosch vertel van 'n nuwe robothulpmiddel in wingerde. En daar is 'n gesprek oor die Farmbiz Afrika Agribesigheidskonferensie wat verlede week in Midrand plaasgevind het.

RSG Landbou 03.08.2016

Dr. Pieter de Kock praat oor die vleisgehalte van die Afrikaner-beesras en die navorsing wat daaroor gedoen is. Daar is ook inligting oor die belangrike rol wat erdwurms in grondstruktuur speel. En prof. Machiel Scholtz gesels oor veekunde as beroepsrigting.

RSG Landbou 02.08.2016

Prof. Charlie Reinhard van die Villa Akademie gesels oor Satansbos en waar die naam vandaan kom. Lindie Stroebel van die PMA praat oor twee belangrike konferensies wat in die bedryf plaasvind. En dit lyk of die jongooi-skou wat in Philipstown plaasgevind het, baie skuksesvol was.

RSG Landbou 01.08.2016

Luister na 'n gesprek met 'n jong haasboer. Lise Roberts gesels met Roelf Pienaar van 'n vrugte-uitvoermaatskappy, en hoor watter markte oopgaan vir Suid-Afrikaanse vrugte. Daar is ook nuus oor veilings wat plaasvind.

RSG Landbou 29.07.2016

Raad van 'n opkomende boer: kry soveel inligting moontlik oor dit wat jy graag wil bereik, en woon kursusse en boeredae by.

RSG Landbou 29.07.2016

Plaaswerkers word gewaarsku teen bedrog in die naam van Sassa, ook bekend as ALL-PAY.

RSG Landbou 28.07.2016

Johan van den Berg van Santam Landbou kyk na die weer en die kouefronte wat hierdie seisoen maar laterig deur kom. Dr. Louis du Pisani van die NWKV kyk ook na die skaapkalender vir Augustus, en vertel vir boere waarna hulle in hierdie moeilike maand moet kyk.

RSG Landbou 27.07.2016

Lise Roberts gesels met Arno Skoonwinkel van Kluitjieskraal wat met Jerseys boet. Daar is ook 'n gesprek oor die moontlikheid dat sitrusuitvoere na die Verre Ooste verhoog kan word. En Mzo Mbola wat 'n interskap in Australië gedoen het, gesels oor hoe Future Farmers hom gehelp het.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.