RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 26.07.2016

Die inkbessie is nogal 'n plaag in Suid-Afrika. Dr. Charlie Reinardt van die Villa Akademie gesels oor die plant en waar dit voorkom. Daar is ook 'n gesprek met prof. Gerry Swan van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria oor die krokodilspesialisgroep wat navorsing doen op die huide van krokodille. En Lindie Stroebel van die Produktemarkassosiasie gesels oor die rol van hi...

RSG Landbou 25.07.2016

Dr. Helette Lamprecht gesels oor die pasafgelope SASSAS-konferensie en die studentevasvra wat daar gehou is. Daar is ook 'n bydrae oor die nut van medisinale plante op die plaas.

RSG Landbou 22.07.2016

Die departement van Landbou in die Wes-Kaap se Bonsmaraprojek het die vermeerdering en verspreiding van geneties meerwaardige teelmateriaal by ontwikkelende boere ten doel.

RSG Landbou 22.07.2016

'n Nuwe 4-jaar B.Sc-landboukursus is gerig op persone wat in 'n gemengde boerdery-omgewing opgang wil maak.

RSG Landbou 21.07.2016

Grondmikrobes speel 'n lewensbelangrike rol in die natuur. sê Owen Rhode van die LNR op Potchefstroom. Daar is ook 'n bydrae deur Leon de Beer van die NWKV oor 'n genetiese verbeteringsprogram vir ontwikkelende skaapboere, wat al goed op dreef is.

RSG Landbou 20.07.2016

Boere wat droogtehulp uit verskeie oorde ontvang, moet versigting wees met die hooi wat van elders af kom want dit kan met siektes besmet wees. Daar is ook 'n bydrae oor die gebreke aan die rooivleisklassifikasiestelsel.

RSG Landbou 19.07.2016

Natuurboerdery is 'n konsep wat by ZZ2 beoefen word. Prof. Erik Holm vertel wat die voordele van so 'n boerdery is. Daar is ook 'n gesprek oor Afrika Varkpes wat op 'n paar plase uitgebreek het. En Helene Pfeiffer van die MPO gesels oor die opdatering van hulle databasis van mentors.

RSG Landbou 18.07.2016

Nuwe kunsmistegnologie sal bespreek word tydens Fertasa se simposium wat later vandeesmaand in Pretoria plaasvind. En die nuwe voorsitter van die SA Pluimveevereniging, Achmat Brinkhuis, vertel hoe die AGOA-ooreenkoms Suid-Afrikaanse pluimveeboere raak.

RSG Landbou 15.07.2016

SA produsente wat produkte na die VSA uitvoer, moet ook na ander lande diversifiseer wat 'n beter groeipotensiaal toon, blyk dit uit 'n studie oor die AGOA-ooreenkoms.

RSG Landbou 15.07.2016

Wanneer 'n bewustelose dier se hoofslagaar gesny word, moet die snyproses binne 60 sekondes ná verdowing afgehandel word.

RSG Landbou 14.07.2016

Karin Venter kuier by Nelius van Greunen in die George-omgewing. Die Van Greunen-broers se hoofaktiwiteit is melk, maar dan is daar nog aartappels en bloubessies. Daar is ook 'n gesprek met Gerrit van der Merwe, 'n sitrusboer van Sitrusdal. Die wisselkoers van een van sy grootste uitvoermarkte, Engeland, het teen die sitrusuitvoerders gedraai, en hulle kry nou baie minder vir hulle vrugte as voorh...

RSG Landbou 13.07.2016

Onafhanklike ontleder Frans de Klerk sê Brexit is positief vir boere wat aktief op die uitvoermark is. Dr. Dave Midgley gesels oor die winter en skaapsiektes, en Gerrie van der Merwe brei uit oor akwakultuur in Suid-Afrika.

RSG Landbou 12.07.2016

Klimaatsverandering kan 'n wesenlike uitwerking op onkruid hê. Prof. Charlie Reinard praat hieroor na aanleiding van 'n konferensie wat hy in Praag bygewoon het. Daar is ook inligting oor hoe 'n boorgat getoets moet word, en Diederik Vermeulen vertel van 'n jongooiklub-byeenkoms wat op Philipstown plaasvind.

RSG Landbou 11.07.2016

Skaapbrandsiekte is 'n aanmeldbare siekte. Lizaane Celliers van die Prieska-omgewing vertel hoe dit behandel moet word. Daar is ook 'n bydrae oor 'n navorsingsprojek wat deur die LNR met die Afrikanerbeesras onderneem word.

RSG Landbou 08.07.2016

Voedselwetenskaplikes doen forensiese ontledings om die voorkoms en verspreiding van patogene in 'n fabriek op te spoor.

RSG Landbou 08.07.2016

Sekere riviervisse verskyn op die rooidatalys weens die teenwoordigheid van indringer uitheemse roofvisse.

RSG Landbou 07.07.2016

Lise Roberts gesels met Riaan Badenhorst wat 'n Sprinkaanbeampte op Hopetown is. Hy vertel wanneer sprinkane moontlik 'n plaag in daardie gebied kan word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Louis du Pisani oor die waarde van koggelramme.

RSG Landbou 06.07.2016

Dr. Louis du Pisani van die NWKV vertel wat gedoen moet word in Junie as dit by skape kom. Daar is ook 'n gesprek met Rina Belcher van Belnori kaasboetiek wat 'n qualite toekenning gekry het vir haar haar leiersrol in die kaasbedryf. En daar is 'n interessante geselsie oor watervoëls op die plaas.

RSG Landbou 05.07.2016

Basterkrag is 'n belangrike komponent van veeteelt. Dr. Michael Bradfield van Breedplan praat uitgebreid oor die voordele van basterkrag. Daar is ook 'n bydrae oor die verblyfreg van swart arbeiders wat soms op plase woon en elders werk. En Nick Serfontein van Sernick gesels oor planne om 'n Bonsmara-handelsmerk te vestig.

RSG Landbou 04.07.2016

'n Interessante studie is onlangs gedoen oor 'n groot deel van die landboumark. Dr. Schalk van Vuuren veruidelik hoe verskeie vennote hand gevat het in die projek. Daar is ook inligting oor 'n wildveiling wat by Castle Dewild sal plaasvind. En Corne Louw het nuus oor die verwagte insetpryse vir Julie.

RSG Landbou 01.07.2016

'n Derde van alle voedsel wat wêreldwyd geproduseer word vir menslike gebruik, word vermors.

RSG Landbou 01.07.2016

'n Trekker-instrumentasiestelsel meet werkspoed, wielglip, enjinrevolusies, brandstofverbruik en trekkrag.

RSG Landbou 30.06.2016

Lise Roberts gesels met prof. Johan Kirsten van die Fakulteit Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria oor die vordering wat met die Karoolamprojek gemaak is. Daar is ook 'n gesprek met Philip Retief van Van Loveren oor die De Goeree-transformasieprojek. En Johan van den Berg van Santam Landbou kyk na weertendense.

RSG Landbou 29.06.2016

Lise Roberts gesels met Johan Heine van Working on Fire oor die stand van die brandgevaar, en wat boere kan doen om brande te help voorkom. Daar is ook 'n gesprek met Kobus Breytenbach na aanleiding van 'n vergadering wat AgriSA met die topstruktuur van die SAPD gehad het.

RSG Landbou 28.06.2016

Daar is 'n denkpatroon dat as jy makadamias produseer, loop dinge altyd reg. Lindie van Rooyen praat oor die makadamiasituasie in die wêreld waar 'n oorproduksie dreig. Daar is ook 'n gesprek met dr. Robin Meeske oor kuilvoer in droogtesituasies. En 'n bekende melkboer van Theunissen, Koos Pienaar, gesels oor die verandering in die melklandskap soos wat konsentrasies plaasvind.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.