RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 27.06.2016 26:33
Lise Roberts gesels met 'n muskadel-wynmaker in die Oranjerivieromgewing. Daar is ook nuus oor 'n belangrike landbousakekonferensie wat aanstaande maand plaasvind met die oog op samewerking met Afrika. En dr. John Purchase praat vanuiit Aarhus, Denemarke, oor die Ifama konferensie waar landboutemas bespreek word.
RSG Landbou 24.06.2016 12:29
Landbouleierskap word nie net in raadsale benodig nie, maar ook op elke plaas.
RSG Landbou 24.06.2016 14:46
Beter kompaksie van die bolaag van mieliekuilvoer kan die gehalte van die eindproduk verhoog.
RSG Landbou 23.06.2016 27:36
Nic Opperman van AgriSA gesels oor hoe die voorgestelde waterregte-wetgewing landbou gaan raak. Daar is nuus oor hoe die droogte renosters raak en watter maatreëls ingespan word om verligting te bring. Die Sondagsrivier sitrusmaatskappy doen baie werk om transformasie suksesvol deur te voer.
RSG Landbou 22.06.2016 27:32
Met die dat die wildbedryf met rasse skrede geroei het, is daar ook 'n behoefte aan die veilige vervoer van wild. Louisa van Huysteen vertel wat die status van die wildvervoerbedryf is. Daar is ook inligting oor die wintergraanaanplantings en Kobus Uys, wat die NWKV kongres bygewoon het, vertel wat sy benadering tot skaapboerdery is
RSG Landbou 21.06.2016 26:44
Deesdae hoor mens al meer van tegnologie soos hommeltuie ens. Maar daar is nog plek vir lugfotografie met behulp van vastevlerk vliegtuie – veral as groot gebiede in baie fyn detail afgeneem moet word. Lise Roberts gesels met Hennie Loots van Geospace oor lugfotografie en landbou. Daar is ook meer inligting oor 'n sg kubermark vir groente en vrugte.
RSG Landbou 19.06.2016 27:19
Dit gaan goed met die volstruisbedryf. Piet Klein van die Volstruisbesigheidskamer gesels oor die stand van die bedryf – veral op die vooraand van 'n EU besoek aan Suid-Afrika. Daar is ook 'n gesprek met een van die wenners van die Shiraz-kompetisie, Conrad Vlok en daar is nuus oor nuwe inisiatiewe om skaapvleis te bemark.
RSG Landbou 17.06.2016 12:26
Word ons jongmense op skool en tersiêre vlak opgelei en voorberei om die landbouleisels mettertyd oor te neem?
RSG Landbou 17.06.2016 14:50
Koekiesbak, brei en hekel is nie al waarmee VLV- lede hul besig hou nie
RSG Landbou 16.06.2016 27:45
Daar is 'n hele paar sake wat mens mee rekening moet hou as jy 'n boorgat wil sink. Albertus Lombard verduidelik meer daaroor. Daar is ook 'n gesprek oor kommersiële Drakensbergers. Dan gesels Lise Robert met die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, Jaques Beukes. Jy sal agerkom dat hy baie passie het en selfs met 'n suksesvolle transformasieprojek begin het.
RSG Landbou 15.06.2016 28:43
Het jy al van 'n voedselkoöperasie gehoor? Meer inligting oor so 'n onderneming in RSG Landbou. Daar is ook 'n gesprek met Schalk Schultz van Santam Landbou oor droogteversekering en dan gesels Isak Klopper oor skaapskeerdersopleiding. Hestia Nienaber van die KGI op Bethlehem verduidelik ook meer oor sg teikenarea weerstands toetsing
RSG Landbou 14.06.2016 28:23
Die Rooibosteebedryf gaan van krag tot krag. Die eg Suid-Afrikaanse produk raak al gewilder in baie dele van die wêreld. Ernest du Toit gesels oor die bedryf. Daar is ook interessante inligting oor die groentevoorkeure van verbruikers. Lise Roberts gesels met 'n Ile de France boer, Gert vd Linde.
RSG Landbou 13.06.2016 1:13
Hoe belangrik is dit om teelwaardes op veilingskatalogusse te sit? Frans Jordaan van die LNR praat daaroor. Hy brei ook uit oor teelwaardes en genomika. Daar is ook 'n gesprek met Nick Serfontein van Sernick Bonsmaras wat onlangs 'n bul vir R200 000 op 'n veiling verkoop het. Dr Goddy Prinsloo van die KGI waarsku ook oor plantluise
RSG Landbou 10.06.2016 12:29
'n Padkaart om die landbousektor meer weerstandbiedend teen klimaatverandering te maak
RSG Landbou 10.06.2016 14:07
Elsenburg bied 'n eenjaar sertifikaatkursus in perdestudies aan
RSG Landbou 09.06.2016 27:17
Die droogtehulp wat deur AgriSA gekoördineer word, is goed op dreef. Christo vd Rheede, van AgriSA, gesels oor die verloop van die hulp. Daar is ook 'n gesprek met Prof Hettie Schönveldt oor verbruikers se vleisvoorkeure. Dr Koos Coetzee van die MPO gee ook 'n oorsig van die melkaanbod tot dusver die jaar
RSG Landbou 08.06.2016 27:09
Die droogte se impak word op baie plekke gevoel. So ook is dit die geval met siektes wat in graangewasse voorkom. Dr Belinda Jansen van Rensburg, van die IGG, gesels oor die siektes. Daar is ook 'n gesprek met Prof Gareth Bath van die Universiteit van Pretoria se veeartsenyfakulteit oor bloutong – waarvan heelwat gevalle aangemeld is.
RSG Landbou 07.06.2016 27:59
Ons fokus op 'n belangrike konferensie wat handel oor die rol van landboubesighede in Afrika. Die bekende politieke kommentator, Justus Malala, en die voormalige minister van Finansies, Mnr Nene, tel onder die sprekers. Daar is ook inligting oor die sitrusakademie en 'n beursfonds.
RSG Landbou 06.06.2016 28:53
'n Klompie jong afslaers het tydens die Toyota Nasionale Jong afslaerskompetisie, baie goed gedoen. Daar is ook 'n bydrae oor die gevaar van longontsteking by diere. Karin Matodes praat ook oor kiwi vrugte uit die Europese Unie wat nou in Suid-Afrika beskikbaar is.
RSG Landbou 03.06.2016 14:56
Die voor- en nadele van houtstruktuur huise
RSG Landbou 02.06.2016 27:31
Dit kan voordelig wees om jou beeste op die plaas af te rond. In RSG Landbou, gesels W A Lombard van die Fakulteit Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat oor die metodes van plaasafronding. Daar is ook 'n gesprek met Ernst Janowski van ABSA Agribesigheid oor die belangrikheid van data in 'n boerdery – in die bedryf word gepraat van groot data.
RSG Landbou 01.06.2016 29:49
Daar is nuus oor hoe dit met die stroopproses in die land gaan. Petru Fourie van GraanSA gesels daaroor. Daar is ook inligting oor die lewensloop van die lewerslak en Chris Fourie van die Boland Landbouskool gesels oor die besondere skool in die Kaap. Daar is ook 'n terugblik op die Internasionale Branguskongres deur die President van die telersgenootskap, Sias Booysen.
RSG Landbou 31.05.2016 28:51
Dit gaan goed met die Afrikaner beesras in Suid-Afrika. Lise Roberts praat met dr Pieter de Kock oor die Afrikaner bees expo wat binnekort plaasvind. Daar is ook 'n bydrae oor die uitdagings in die varkbedryf en Johann van den Berg gesels weersake en die La Nina wat redelik sterk ontwikkel. Dit kan 'n nat somer in die somerreënvalgebied beteken.
RSG Landbou 30.05.2016 26:04
Sover dit sitrusproduksie en die beheer van siektes betref, staan Suid-Afrika hoog aangeskrewe in veral die Europese Unie. In RSG Landbou praat Deon Joubert oor die maatreëls wat getref is om swartvlek op sitrus te beheer. Daar is ook raad aan skaapboere oor hoe die skaapkalender vir Junie lyk.
RSG Landbou 28.05.2016 12:07
Die wettigheid van werklike landbou watergebruik word tans geverifieer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.