RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 27.05.2016 14:57
Chris Viljoen het meer inligting oor die 2016 vroue landbou-entrepreneurkompetisie.
RSG Landbou 26.05.2016 28:36
Baie waarde lê verskuil in inheemse diere, veral veldbokke. Daar is ook 'n bydrae oor die gehaltemerk vir olyfolie, en Klaus Eckstein van Bayer praat oor die vennootskap wat landboubesighede kan vorm met klein boere in Afrika.
RSG Landbou 25.05.2016 27:54
Plattelandse paaie wat in 'n swak toestand is, het 'n beduidende uitwerking op die vervoer van landbouprodukte. Prof. Wynand Steyn vertel van 'n studie wat gedoen is om die swak padgehalte te korreleer met die kwaliteit van landbouprodukte. Lise Roberts praat ook met 'n kaasmaker in die Franschoek omgewing wat met die qualite toekenning bekroon is.
RSG Landbou 24.05.2016 26:07
Intensiewe skaapboerdery het baie voordele. 'n Egpaar vertel hoe hulle saamwerk om hierdie soort boerdery 'n sukses te maak. Daar is ook 'n bydrae oor die indringerplant, Slangbos, of soos hy meer algemeen bekend staan, Bankrotbos.
RSG Landbou 23.05.2016 27:27
Hoor watter belangrike rol varsproduktemarkte in die landbouwaardeketting speel. RSG Landbou gesels met een van die direkteure van die Tshwane Varsproduktemark, Ruben Jones, oor hoe so 'n mark funksioneer. Daar is ook nuus oor die wynbedryf wat sy vere regskud en baie meer gaan doen om die plaaslike mark te ontwikkel.
RSG Landbou 20.05.2016 12:10
Alternatiewe voerbronne in droogtetye sluit onder meer in sitruspulp, rosyne en ryp peule van die muskietboom.
RSG Landbou 20.05.2016 14:58
Chris Viljoen kyk na smoorgewasse as alternatief teen onkruidweerstand in kleingrane.
RSG Landbou 19.05.2016 28:25
Lise Roberts het by Nampo se Oesweek gaan kyk na boerepatente en Herefords. Ernst Janowski verduidelik ook hoe boere meer tegnologies moet innoveer om mee te ding.
RSG Landbou 18.05.2016 27:49
Het jy geweet dat die bekende geelwortel oorspronklik pers was? Hoor meer van nuwe en ou groentevariëteite wat deesdae weer in die mode is. Daar is ook 'n interessante gesprek met 'n komkommerboer wat op 'n relatief klein area 'n vrag komkommers oes. En daar word gepraat oor 'n projek om soutvlakke in geproseseerde vleis te verminder.
RSG Landbou 17.05.2016 28:15
Chris Sturgess van Safex veruidelik termynkontrakte vir vleis. Daar is ook 'n gesprek met dr. Andre Jooste van Aartappel SA pryse van die gewas. En dr. Gerhard Verdoorn gesels oor glifosaat en gerugte dat dit kanker kan veroorsaak.
RSG Landbou 16.05.2016 27:24
Fanie van Dyk vertel van die Drakensbergers se uitstalling by Nampo. Daar is ook 'n bydrae oor die stand van die suiwelbedryf in die lig van die kosteknyptang waarin die boere hulleself bevind. En Manie Lombard praat oor 'n veiling van SA Vleismerinos.
RSG Landbou 14.05.2016 11:30
Die resultaat van bewaringslandbou? Plantbedekking, vogbewaring en verhoogde oesopbrengs.
RSG Landbou 13.05.2016 14:57
Die lewe is kompleks, en ons almal ervaar in een of ander stadium ons unieke lewenseise wat by tye kan voel asof dit ons gaan onder kry – soos die verlies van 'n geliefde, of 'n egskeiding, of om afgedank te word by die werk. Hoe kan jy lewenseise verwerk?
RSG Landbou 12.05.2016 29:10
'n Misoes is nie noodwendig die einde van die wêreld nie. Landbou-ekonoom Pietman Botha praat oor skuldbestuur in landbou. Daar is ook 'n bydrae oor aalwurms in grondbone, en Barbara Bieldt van die MPO gesels oor melkpoeier waarvoor ITAC 'n aansoek het vir invoere. En wat is die simptome van ensoötiese aborsies is?
RSG Landbou 11.05.2016 26:38
Rykie Visser van Agrinet praat oor kouestres by beeste. En Kobus van Coller, die voorsitter van die Nampo Oesdagkomitee het die jongste inligting oor hierdie reuselandboufees wat later vandeesmaand op Bothaville plaasvind.
RSG Landbou 10.05.2016 27:22
Daar is 'n bydrae oor nuwe tegnologie om spilpuntbesproeiing beter te beheer, en Etienne Erasmus van Metafin praat oor die herkoms van drupbesproeiing. Willem Basson is 'n melkboer naby Darling en hy vertel oor sy metaangasaanleg waarmee hy 400 kilowatt elektrisiteit vir sy plaas opwek.
RSG Landbou 09.05.2016 26:54
Lise Roberts kyk na die herrie oor die pekelinhoud by hoenders. Daar word ook gesels oor 'n suiwelinligtingsdag van die melkbokvereniging. Daar is ook 'n wolmarkverslag, en Chris Derksen praat oor beesvleispryse wat op 'n veiling behaal is.
RSG Landbou 06.05.2016 12:29
Kan saaiboere bewaringslandbou toepas?
RSG Landbou 06.05.2016 14:58
Chris Viljoen kyk na die voedingswaarde van die plaaslike lemoenvariëteite Mandaryn, Navel en Valencia.
RSG Landbou 05.05.2016 27:33
Bertus Jacobs van GWK praat oor presisieboerdery met Koos du Pisani. Daar is ook meer inligting oor melkbeeswelsyn. En Giepie Caldo is 'n skaapkenner - hy praat oor goeie voeding vir lammers en ooie.
RSG Landbou 04.05.2016 28:20
Die ontwerp van 'n melkstal is baie belangrik, en moet aanpas by die omstandighede van die boer. Mike Mouton vertel van al die dinge waarna 'n melkboer moet kyk voor hy stal bou. Daar is ook 'n gesprek oor 'n stoetveeprojek wat Veeplaas by landbouskole onderneem. Dr. Astrid Jankelsohn van die Kleingraan Instituut op Bethlehem praat ook oor Russiese koringluis.
RSG Landbou 03.05.2016 27:36
Die grootste gros Nigeriese veeboere is kommunale boere, vertel Albert Loubser na aanleiding van sy besoek aan die land. Een van die grondbewerkingspraktyke waarna boere ernstig kyk, is die geenbewerkingsmetode. Richard Findlay van Kwazulu-Natal praat oor die belang van geenbewerking. Daar is ook nuus oor 'n veldtog om varkvleis meer bekend te stel.
RSG Landbou 01.05.2016 26:47
Spesiale honde word gebruik om ongewenste landbouprodukte, wat die land inkom, uit te snuffel. Ons besoek ook 'n bessieplaas naby Parys in die Vrystaat. En ons stel jou voor aan die Vrystaatse inskrywing vir die Jongboer van die Jaar-kompetisie.
RSG Landbou 29.04.2016 12:30
Die enigste tekstielmuseum in Suid-Afrika is in Jubileumhuis, die hoofkantoor van VLV-Kaapland op Stellenbosch.
RSG Landbou 29.04.2016 14:48
Alles wat tussen die plaashek en die verbruiker se bord gebeur, is die verantwoordelikheid van voedselwetenskap.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.