RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 28.04.2016

Christo van der Rheede van AgriSA praat oor die droogtemaatreëls wat ingestel is om die wintermaande deur te sien. Daar is ook 'n bydrae oor 'n jong skaapboer se benutting van die waardeketting, en dr. Goddy Prinsloo praat oor plantluise en plantsiektes.

RSG Landbou 26.04.2016

Dr. Louis du Pisani van die NWKV praat oor ruvoer-reserwes. Daar is ook 'n bydrae oor internasionale genetiese ontledings, en dr. John Purchase gesels oor 'n belangrike kongres vir landboubesighede wat binnekort plaasvind.

RSG Landbou 26.04.2016

'n Skaapboer uit die Kroonstad omgewing, Danie Thomas, gesels oor al sy planne. Hy is nie net 'n skaapboer nie, maar hy rooster ook koffie. Daar is ook 'n interessante gesprek met Jaques van Rensburg oor 'n projek om indringerplante op die Vergelegen landgoed hok te slaan.

RSG Landbou 25.04.2016

Al ooit gewonder waarom koffie nie op 'n groter skaal in Suid-Afrika verbou word nie? Daar is ook 'n gesprek met p.rof Dietmar Holm oor Wêreld Veeartsdag, en Omri van Zyl van AgriSA verduidelik meer oor die droogte en finansiering.

RSG Landbou 23.04.2016

Landbou moet volgens die regte oudits gemeet word om wilde aantygings teen die bedryf, wat nie geverifieer kan word nie, te weerlê.

RSG Landbou 22.04.2016

Chris Viljoen kyk na 'n aftree-neseier vir plaaswerkers wat die tuig neerlê.

RSG Landbou 21.04.2016

As jy saamwerk, kan jy 'n saak makliker wen. Dit is die uitgangspunt van 'n groepie renosterboere in Limpopo wanneer dit kom by renosterstropery. Lise Roberts praat met een van die boere oor die planne wat hullr maak. Dit lyk ook of brandsiekte ondert jakkalse 'n positiewe wending vir veeboere kan beteken. Dr. Gerhard Verdoorn veruidelik.

RSG Landbou 20.04.2016

Daar is boere in Suid-Afrika wat van hommeltuie gebruik maak. Andre Vermeulen verduidelik hoe die nuwe tegnologie in landbou gebruik kan word. Edrhard Wolf van Distell praat ook oor die kwaai hitte en die uitwerking daarvan op die druiwe-oes. En Leon Kruger van die LNR op Irene praat oor die effek van stres op diere en hoe dit voorkom kan word.

RSG Landbou 19.04.2016

Een van die duidelikste aanwysers van die droogte in die landbou, is die prys wat mens deesdae vir 'n sakkie aartappels betaal. Dr. Andre Jooste van Aartappels SA praat oor die uitwerking van die droogte op aartappelproduksie. Daar is ook 'n gesprek met twee jong vroue wat aan die Jeugskou op Middelburg deelgeneem het. 'n Paar van die deelnemers aan die Cleaver-kompetisie vir slaghuise gesels ook...

RSG Landbou 18.04.2016

Satelliet-tegnologie speel 'n belangrike rol in oesskattings. Daar is ook 'n bydrae oor die verskil tussen kraal- en kunsmis vir bemesting.

RSG Landbou 15.04.2016

Waarom word groen- of koffiekleur-kaas op die mark geplaas in plek van die tradisionele rooiskilkaas?

RSG Landbou 15.04.2016

Daar is talle vrae en onsekerheid by produsente oor die Global Gap weergawe 5.

RSG Landbou 13.04.2016

Die landboujoernalis wat sekerlik die langste in die bedryf betrokke is, is Hans Lombard, wat vroeër vandeesmaand 90 jaar oud geword het. Hy gesels oor sy loopbaan. Daar is ook 'n gesprek oor geskille wat ontstaan oor grensheinings. Ons gesels met regsgeleerde Hans-Jurie Moolman. En daar is 'n bydrae oor Barry York wat met goue wildebeeste boer. Hy is aangewys as WRSA se wildteler van die jaar.

RSG Landbou 13.04.2016

Elmarie van Aswegen gesels oor haar skape wat sy melk. Daar is ook 'n gesprek met Annatjie Loio van die Graanhanteringsmaatskappy oor mielie-invoere. En Kobus Stenekamp van Monsanto praat oor 'n projek waar nuwelingboere opgelei word.

RSG Landbou 12.04.2016

Is dit koste effektief om sonkrag te gebruik vir besproeiing? Theuns Dreyer, 'n besproeiingskundige beantwoord die vraag. Daar is ook 'n gesprek met 'n rosyntjieboer in Prieska se omgewing, en Jompie Burger van die Suiwelstandaarde Agentskap verskaf meer inligting oor nuwe etiketteringsregulasies vir suiwelprodukte. Prof Dietmar Holm vertel ook hoe Ruvasa betrokke is by internasionale veeartsdag.

RSG Landbou 11.04.2016

Daar is 'n gesprek oor hoe die droogte trekkerverkope beïnvloed. Dr. Faffa Malan praat oor Slenkdalkoors en Koos Botha, 'n hoenderboer, gesels oor sy bedryf, en die uitdagings waarmee hoenderboere te kampe het. Chris Derksen lewer verslag oor vleispryse wat behaal is, en daar is ook veilingnuus.

RSG Landbou 11.04.2016

Daar is 'n gesprek oor hoe die droogte trekkerverkope beïnvloed. Dr. Faffa Malan praat oor Slenkdalkoors en Koos Botha, 'n hoenderboer, gesels oor sy bedryf, en die uitdagings waarmee hoenderboere te kampe het. Chris Derksen lewer verslag oor vleispryse wat behaal is, en daar is ook veilingnuus.

RSG Landbou 08.04.2016

Wat is risiko en onsekerheid, en watter strategieë kan 'n boer volg om risiko te bestuur?

RSG Landbou 08.04.2016

Veeboere is bereid om in tye van droogte skuld te maak of lenings aan te gaan om hulle diere in 'n goeie toestand en in produksie te hou.

RSG Landbou 08.04.2016

Veeboere is bereid om in tye van droogte skuld te maak of lenings aan te gaan om hulle diere in 'n goeie toestand en in produksie te hou.

RSG Landbou 07.04.2016

Die Toyota Nasionale Afslaerskompetisie is al goed aan die gang. Albert Loubser praat hieroor van Bathurst af waar die Oos-Kaapse been van die uitdunne plaasgevind het. Daar is ook 'n gesprek oor die kaasfees wat by Sandringham in die Kaap gehou word, en jy kan hoor wat alles by die Bloemskou gaan gebeur. En daar is 'n bydrae oor werk wat gedoen word om die naspeurbaarheid van landbouprodukte te v...

RSG Landbou 07.04.2016

Die Toyota Nasionale Afslaerskompetisie is al goed aan die gang. Albert Loubser praat hieroor van Bathurst af waar die Oos-Kaapse been van die uitdunne plaasgevind het. Daar is ook 'n gesprek oor die kaasfees wat by Sandringham in die Kaap gehou word, en jy kan hoor wat alles by die Bloemskou gaan gebeur. En daar is 'n bydrae oor werk wat gedoen word om die naspeurbaarheid van landbouprodukte te v...

RSG Landbou 06.04.2016

Dr. Elbie Hugo van die IGG op Potchefstroom praat oor die soorte onkruid waarvoor boere moet oplet. Daar is ook inligting oor graanbergingsilos. Die groot jag- en wapenuitstalling, Huntex, vind in April plaas en Adriaan Woudstra praat daaroor. Lise Roberts gesels ook met 'n ontwikkelende boer wat met Braunvieh boer.

RSG Landbou 06.04.2016

Dr. Elbie Hugo van die IGG op Potchefstroom praat oor die soorte onkruid waarvoor boere moet oplet. Daar is ook inligting oor graanbergingsilos. Die groot jag- en wapenuitstalling, Huntex, vind in April plaas en Adriaan Woudstra praat daaroor. Lise Roberts gesels ook met 'n ontwikkelende boer wat met Braunvieh boer.

RSG Landbou 05.04.2016

Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor die siektes wat in Maart voorgekom het. Vind uit hoe sojaboonproduksie geraak word deur die droogte. Corne Louw van GraanSA kyk na insetpryse, veral met die oog op dieselprys wat Woensdag stewig klim. Lise Roberts praat met 'n varkstoetteler en finalis in die Elite-kompetisie, Shaun Mockford.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.