RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 05.04.2016 27:11
Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor die siektes wat in Maart voorgekom het. Vind uit hoe sojaboonproduksie geraak word deur die droogte. Corne Louw van GraanSA kyk na insetpryse, veral met die oog op dieselprys wat Woensdag stewig klim. Lise Roberts praat met 'n varkstoetteler en finalis in die Elite-kompetisie, Shaun Mockford.
RSG Landbou 04.04.2016 28:20
Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor die siektes wat in Maart voorgekom het. Vind uit hoe sojaboonproduksie geraak word deur die droogte. Corne Louw van GraanSA kyk na insetpryse – veral met die oog op dieselpryse wat Woensdag stewig klim. Lise Roberts praat met 'n varkstoetteler en finalis in die Elite kompetisie Shaun Mockford.
RSG Landbou 04.04.2016 28:20
Dr. Danie Odendaal van die Veeartsnetwerk praat oor die siektes wat in Maart voorgekom het. Vind uit hoe sojaboonproduksie geraak word deur die droogte. Corne Louw van GraanSA kyk na insetpryse – veral met die oog op dieselpryse wat Woensdag stewig klim. Lise Roberts praat met 'n varkstoetteler en finalis in die Elite kompetisie Shaun Mockford.
RSG Landbou 01.04.2016 14:48
Die konflik tussen mens en dier, klimaatbeheer en dierebehuising, organiese teenoor konfensionele boerdery, transformasie en die boer word bespreek.
RSG Landbou 01.04.2016 14:48
Die konflik tussen mens en dier, klimaatbeheer en dierebehuising, organiese teenoor konfensionele boerdery, transformasie en die boer word bespreek.
RSG Landbou 31.03.2016 15:10
Volgens dr. Louis du Pisani van die NWKV, verduidelik hoekom dit belangrik is vir 'n kleinveeprodusent om sy lammers aan kruipvoer gewoond maak, veral as daar 'n tekort aan ruvoer is. Lise Roberts praat met die Wildsbedryf se SA Boer van die Jaar 2016.
RSG Landbou 31.03.2016 15:10
Volgens dr. Louis du Pisani van die NWKV, verduidelik hoekom dit belangrik is vir 'n kleinveeprodusent om sy lammers aan kruipvoer gewoond maak, veral as daar 'n tekort aan ruvoer is. Lise Roberts praat met die Wildsbedryf se SA Boer van die Jaar 2016.
RSG Landbou 30.03.2016 12:41
Lise Roberts vind uit oor kultivar-evaluasies.
RSG Landbou 29.03.2016 15:08
Lise Roberts vind uit oor die voorkoming en behandeling van Brucellose. Sy vind ook uit hoe om 'n tonnelboerdery te begin.
RSG Landbou 27.03.2016 15:55
Johannes Moller, president van Agri SA, praat oor droogtehulp en die sosio-maatskaplike kwessies in landbou.
RSG Landbou 24.03.2016 13:21
Chris Viljoen ondersoek die vraag na heuningbykorwe wat toeneem en byevoedsel wat afneem.
RSG Landbou 24.03.2016 14:11
Wat is die skaapvleisverbruiker se nuutste kosgiere? Lise Roberts praat ook met die bestuurshoof van Gras SA oor hulle simposium.
RSG Landbou 23.03.2016 14:53
Datawetenskap word deesdae vir die graanprodusent al hoe belangriker. Landi Kruger van Graan SA verduidelik wat die waarde daarvan is. Ons vind uit wat produsente, wat sonaangedrewe pompe vir besproeiing oorweeg, in ag moet neem. En die KGI se handleidings sal eersdaags beskikbaar wees.
RSG Landbou 22.03.2016 12:53
'n Pekanneutprodusent vertel van produksie in die Noord-Kaap wat van krag tot krag gaan. En die MPO-voorsitter in die Wes- en Suid-Kaap, Philip Blanckenberg, praat oor die melkboere in hierdie streek.
RSG Landbou 20.03.2016 11:27
Naas die droogte, is landelike veiligheid die belangrikste kwessie op die landbou-agenda. Die voorsitter van Agri SA se Landelike Veiligheidsbeleidskomitee, Kobus Breytenbach, vertel van 'n vergadering waar grenslyne, die wapenwet, parool en polisiëring bespreek is.
RSG Landbou 18.03.2016 14:57
Van die 75 muis- en rotspesies wat in Suid-Afrika voorkom, is slegs 'n paar problematies, waaronder nagmuise en springhaasrotte.
RSG Landbou 17.03.2016 9:25
Hoe raak die huidige droogte die varkvleisprodusent? Die voorsitter van SAVPO, James Jenkinson, gesels hieroor, hulle kleinboer-ontwikkelingsprogram, bio-gas en varkbehuising.
RSG Landbou 16.03.2016 12:53
Wat behels skadetaksasies en inspeksie van graan deur 'n oesversekereringsmaatskappy? En die Instituut vir Graangewasse vertel van hulle biotegnologie-navorsing.
RSG Landbou 15.03.2016 13:53
Daar is vyf sleutelprestasiesareas wat 'n melkboer gereeld op sy plaas moet meet. Chris Fourie van 'n Suiwelbestuursagentskap vertel wat dit is. En dan kyk ons ook na die witmielieprysprestasie.
RSG Landbou 14.03.2016 10:40
Die afgelope paar weke is daar heelwat gefokus op die onteieningswetgewing. Agri SA se parlementêre skakel, Annelize Crosby. praat hieroor. Die veiling op Kroonstad wys dat pryse van A-klasse hoog bly, en boere wat bekommerd is oor die rand moet luister wat Frans de Klerk te sê het.
RSG Landbou 11.03.2016 14:59
Chris Viljoen bespreek die prestasie van koringkultivars onder droogtetoestande.
RSG Landbou 10.03.2016 15:21
Lise Roberts vind uit oor die bestuur van afvalwater en die karkasklassifikasie-sisteem.
RSG Landbou 09.03.2016 14:36
Volgens Graan SA lyk die volgende seisoen beter vir die graanboer. Jannie de Villiers gee treugvoer oor Graan SA se kongres wat op 2 Maart plaasgevind het. Die Kleingraaninstituut se dr. Andre Malan praat ook oor die kleingraankultivars wat oorweeg kan word.
RSG Landbou 08.03.2016 8:35
Die MPO in die Weskaap bied drie boeredae aan en Chanelle Steenekamp vind meer hieroor uit. Die uittredende voorsitter van Graan Suid-Afrika, Louw Steytler deel tydens die Graan SA kongres sy siening van die graanbedryf en wat nou in die wêreld van graan belangrik is.
RSG Landbou 07.03.2016 11:05
Die huidige droogte het nie net 'n effek op Suid-Afrika maar die hele Suider Afrika. Agri SA en SACAU, wat boere in Suider Afrika bystaan, werk tans aan 'n plan om die effek aan te spreek. Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA praat hieroor. Ons herinner produsente wat belangstel of betrokke is by tonnelboerdery om nie die Undercover Farming Ekspo mis te loop nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.