RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 04.03.2016

Chris Viljoen kyk na landboustudente se deelname, al dan nie, aan kampusaktiwiteite.

RSG Landbou 03.03.2016

Verbruikers van varklvleis word dikwels afgesit deur 'n reuk of smaak. Dit word beergeur genoem, en produsente kan dit verhoed. En kleinveeboere moet, veral a.g.v. die droogte, verseker dat hulle ooie in goeie kondisie is. Dr. Louis du Pisani van van Nasionale Wolkwekersvereniging verduidelik waarom dit juis nou so belangrik is.

RSG Landbou 02.03.2016

Agbiz sê die belastingheffing op koeldrank is nie goeie nuus vir landbou nie. Noemenswaardige navorsing is gedoen om die onkruid, die Wandelende Jood, op drie stadiums te behandel. En is daar plek vir tegnologie by oesversekering?

RSG Landbou 01.03.2016

Judy Stuart, die stigter van Future Farmers wat sedert 2005 jongmense plaasopleiding gee, is ise Roberts se gas. En Tobie Mostert van Dasvlei naby Philadelphia vertel waarop hy fokus om as suiwelboer te oorleef.

RSG Landbou 29.02.2016

Die Agrisecuritas Trustfonds wat vir plaasveiligheid aangewend word, benodig dringend finansiële hulp. Die aanvraag vir veral nagsigtoerusting, het geweldig toegeneem. Die voorsitter, Japie Grobler, gesels hieroor met Lise Roberts. Die sonneblomprys word ook bespreek.

RSG Landbou 26.02.2016

Wat hou lidmaatskap van die Nasionale Plaaswerkersforum vir lede in?

RSG Landbou 25.02.2016

Wanneer is die regte tyd om van diere ontslae te raak? Prof. Gareth Bath gesels met Lise Roberts hieroor, en dat boere moet let op die beeld van die bedryf tydens hulle besluite. Die Universiteit van die Vrystaat bied weer 'n SAFEX-kursus aan wat ook op beeskontrakte sal fokus. En Sygenta se Graanakademie skop hierdie week af.

RSG Landbou 24.02.2016

Onbewerkte grond kan tien keer meer water terughou as bewerkte grond. Dr. Hendrik Smith, 'n bewaringslandboukundige by Graan SA, verduidelik hoe die droogte die praktyk affekteer. En die 2015 Koringseisoen vir die besproeiingsgebiede was 'n ongewone seisoen. Wintertemprature was 2 tot 3 grade warmer en die vetkorrelpersentasie word hierdeur beinvloed. Kim Coetzee van die Kleingraaninstituut praat...

RSG Landbou 23.02.2016

'n Holstein-teler van die Oos-Kaap vertel van sy prestasie, en volgens Holstein Internasionaal is 'n soortelyke rekord nog nooit aangeteken. En volhoubaarheid, 'n woord wat gereeld tydens landboubesprekings gebruik word, word deur Woodlands Dairy verduidelik.

RSG Landbou 22.02.2016

'n Spesifieke prosedure moet gevolg word om aansoek te doen vir hulp by Agri SA se Droogterampfonds. Henk van Wyk verduidelik die proses. En Frans de Klerk gesels oor die mielieprys en die uitwerking van die Rand op die mielieprys.

RSG Landbou 19.02.2016

Kommersiële boere se hulp word gevra met indiensopleiding van landboubestuur-studente.

RSG Landbou 18.02.2016

Wildboere kom van 17 tot 20 Maart bymekaar vir die WRSA-kongres. Adri Kitshoff-Botha vertel wat bespreek sal word. Die Koedoeskop Ramphulp soek dringend vervoer vir voer aan boere in nood. En koringboere in die Vrystaat moet naderstaan vir die Instituut vir Graangewasse se 2016 seisoenaanbevelings.

RSG Landbou 17.02.2016

Lise Roberts kyk na die rol van insekte in bewaringsboerderye, en die doel van vorderings- en oesverslae.

RSG Landbou 16.02.2016

Suid Afrika het 110-miljoen ton suiwel in 2015 uitgevoer. Bertus van Heerden gesels oor die in- en uitvoersyfers wat bekendgemaak is. Die KGI praat oor die 2015 koringseisoen in die Vrystaat. En behalwe vir sonkraginstallasies kan ons ook op 'n ander manier krag spaar.

RSG Landbou 15.02.2016

Die Bedryfskamer van Agri SA hou die einde van Februarie konferensie in Somerset-Wes, en die voorsitter, Harry Prinsloo, verduidelik waarop hulle gaan fokus. En die impak van die droogte op veilings en die gemeenskap is waaroor Kathleen Lombard van Andre Kok en Seun van Vryburg gesels.

RSG Landbou 12.02.2016

Landboufakulteite en skole moet saamwerk om die toekoms van goed toegeruste landbou-onderwysers te verseker.

RSG Landbou 11.02.2016

Die RPO se Kode vir Beste Praktyke is aangepas om die uitdagings van die rooivleisbedryf aan te spreek. Klimaatsverandering en waterbestuur is nuut, en daar is ook 'n sterk fokus op volhoubare boerdery. En dr. Dirk Strydom van UFS gee terugvoer oor die kontrakte van die JSE se beeskarkas-termynkontrakte.

RSG Landbou 10.02.2016

Toit Wessels van Graan SA vertel van hulle algemene jaarvergadering in die Wes-Kaap.

RSG Landbou 09.02.2016

Sal die droogte olyfproduksie raak? Andries Rabie van Willocreek verduidelik.

RSG Landbou 08.02.2016

Kry lammers gereeld in die kraal en doen 'n kondisie-ondersoek. Dis van die raad wat dr. Louis du Pisani van die NWKV vir kleinveeboere gee. Die nuwe minimumlone vir plaaswerkers is bekendgemaak, en Elize van die Westhuizen van Agri SA praat hieroor.

RSG Landbou 05.02.2016

Duikers, Steenbokke en Klipspringers raak toenemend gewild op wildveilings, wat positief bydra tot biodiversiteit.

RSG Landbou 04.02.2016

Wanneer aansteeklike brongitis onder hoenders uitbreek, kan dit tot 50% sterftes beteken. Dr. Karen van der Walt van Zoëtis brei hieroor uit. En die waarde van gewasrotasie moenie onderskat word nie, volgens dr. Belinda Janse van Rensburg van die Instituut vir Graangewasse.

RSG Landbou 03.02.2016

Hoe lyk die weeromstandighede vir die res van die seisoen? Dr. Johan Malherbe van die LNR praat hieroor, en die afgelope seisoen se koringproduksie kom ook onder bespreking deur dr. Ian Heyns.

RSG Landbou 02.02.2016

Die onlangse Brusselose-uitbreking in die George-omgewing is van groot kommer aangesien die omgewing tot dusver 'n Brusselosevrye-gebied was. Dr. Danie Odendaal praat met Lise Roberts oor die oorsaak. En dan praat Douglas Dixon van die MPO in Mpumalanga oor die suksevolle Alzu-hooidag in Middelburg.

RSG Landbou 01.02.2016

Met die droogte op almal se lippe wonder ons hoe gaan dit met grondhervorming. En wat is landbou se rol met die komende munisipale verkiesings? Die president van Agri SA, Johannes Moller, beantwoord hierdie en ander vrae.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.