RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 29.01.2016

Die ontstaan van vroue-landbouverenigings kan nagespeur word na 'n gebeurtenis in Kanada.

RSG Landbou 28.01.2016

Skaapvleis SA sê verbruikers moenie toelaat dat verwagte voedselprysstygings hulle verhoed om hierdie eg Suid-Afrikaanse lekkerny te koop nie. Daar is goedkoper snitte. En vanjaar se ekspo vir tonnelboere is om die draai. Suzanne Oosthuizen vertel wat belangstellendes kan verwag.

RSG Landbou 27.01.2016

Volgens Graan SA se geskatte beramings staan somergraanaanplantings tans op tussen 55 en 60 persent. Petru Fourie, ekonoom van Graan SA praat meer spesifiek oor die verskillende streke. Frans de Klerk sê die witmielieprys reageer duidelik op die verwagte oesskattingsyfers en dr. John Purchase van Agbiz reageer op Cosatu se aantuigings dat die mielieprys gemanipuleer word.

RSG Landbou 26.01.2016

Die reeds sukkelende melkboer en suiwelbedryf lei verder onder die droogte. Die Melkprodusente organisasie gesels met Lise Roberts oor die stand van die bedryf en die ekonoom dr Koos Coetzee kyk kyk ook na produksiesyfers.

RSG Landbou 25.01.2016

Met die reën wat plek plek geval het en die gras wat hier en daar uitkom is dit belangrik dat boere die veld goed bestuur. Dr Louis du Pisani van die NWKV gee raad. En Livhu Ngwekhulu, Agri SA se transformasiebestuurder fokus op hulle swart ekonomiese bemagtingingsbeleid.

RSG Landbou 22.01.2016

Belangstellendes word genooi om hul eie aartappelkultivar in hul huistuin te teel.

RSG Landbou 21.01.2016

Die nuwe hoofbestuurder van Wildbedryf Suid Afrika, Adri Kitshoff-Botha gesels oor hulle jaarlikse konferensie wat vanjaar in Maart by Sun City gehou word. En die wynmaker van Nuy, Christo Pienaar is ook een van Lise Roberts se gaste.

RSG Landbou 20.01.2016

Dis weer tyd vir boere wat belangstel om hulle graanverskansings kennis op te skerp. Lise Roberts gesels met Chris Venter van BVG. En landbou bateversekering kom ook onder die soeklig met Agriseker.

RSG Landbou 19.01.2016

Lise Roberts gesels met twee boere van die Vrystaat, Jaco Bekker en Willie Weich oor die droogtehulp wat reeds ontvang is. En as melkboere en lede van die Melkprodusente Organisasie wil weet hoe die MPO hulle gaan bystaan in 2016, dr. Chris van Dijk fokus op faktore soos die welsyn en kapasiteit van mens en dier op die plaas. Volhoubare melkboerdery vir klein en grootboere is die uiteindelike doel...

RSG Landbou 18.01.2016

Die ramphulpsfonds wat nou deur Agri SA bestuur word staan reeds op oor die R2 miljoen maar hoe gaan ons verseker dat die hulp wel by die boere in nood uitkom. Lise Roberts praat met die adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede.

RSG Landbou 15.01.2016

Boere in drooggeteisterde distrikte ry water aan om dorpenaars in hul nood by te staan.

RSG Landbou 14.01.2016

Beenmeel en hoendermis vir vee is teen die wet. Veeboere word gewaarsku dat alternatiewe voer alhoe minder word en kuddes sal verminder moet word. Dr. Heinz Meissner waarsku ook teen oorbeweiding. Frans de Klerk is weer terug en hy gesels oor die witmielie en sonneblomprys.

RSG Landbou 13.01.2016

Die koringprodusent se invloed in die prys van brood is maar slegs agtien, volgens die ondervoorsitter van Graan SA, Andries Theron. Verder vind Lise Roberts uit of daar plek vir navorsing is in oesversekering. Sy gesels met Riaan Reynders van Agriseker.

RSG Landbou 12.01.2016

Die Slow Food beweging vind stadig maar seker sy voete in Suid-Afrika maar hoe kan die suiwelprodusent hierby betrokke raak. Rina Belcher gesels hieroor. Dan vind die Alzu voer en hooidag weer vanjaar op 21 Januarie buite Middelburg plaas. Paul du Toit verskaf meer inligting.

RSG Landbou 11.01.2016

Risikobestuur en brande is waaroor Andries Wiese van Mutual and Federal Agri gesels en Omri van Zyl van Agri SA praat oor 'n paar fokuspunte vir 2016.

RSG Landbou 08.01.2016

Daar is geleenthede waar die LNR (landbounavorsingsraad) 'n weerstasie op 'n plaas oprig .

RSG Landbou 07.01.2016

Volgens dr. Gerjan van der Veen van Zoëtis is kaasagtige limfklierswering 'n kroniese siekte wat wat by bokke en skape voorkom. Maar Lise Roberts gesels ook met 'n weidingkundige, prof. Chris Dannhauser oor voer tydens hierdie kritiese tye en ook wat aangeplant kan word vir die droeë jare voorlê.

RSG Landbou 06.01.2016

Die Instituut vir Graangewasse is opsoek na 'n vatbare populasie van die Afrika stamboorder. Dr. John Purchase van Agbiz kyk na 2016 vanuit 'n landboubesigheids perspektief.

RSG Landbou 05.01.2016

Wat kan boere doen om ruvoer bietjie te rek. Die Garingboom gee vir boere die unieke geleentheid om tot 'n 45% gedeelte van lusern te vervang. Dan kan doringlose turksvy ook gemeel word. Dr Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging gesels oor hierdie navorsing. Sy bydra fokus op voerkoste en voeraanwending. En die MPO praat oor die rentmeesterskap van 'n suiwelboer.

RSG Landbou 04.01.2016

Dan Kriek, Vise-President van Agri SA, het 'n positiewe boodskap vir boere in Suid-Afrika.

RSG Landbou 31.12.2015

Dawid Burger van Nardouwsberg is Rooibos Bpk se produsent van die jaar.

RSG Landbou 31.12.2015

RSG Landbou fokus op twee boerderye wat in 2015 geseëvier het. Die Syngenta/Graan SA Boer van die jaar is Genade boerdery, 'n familie bedryf van die Douglas omgewing en die Toyota/Agri SA Boer vir 2015 is Anthony Goble van KZN.

RSG Landbou 30.12.2015

Daar is tydens die uitdagende seisoen ten spyte van die droogte wel gewasse geplant. Opkomsverslae vir versekering is tans in proses en Multi Risiko versekering is ook van toepassing. Lise Roberts gesels met Wilco van Heerden van Agriseker hieroor en wat kan boere doen ter voorbereiding. Dan kyk die landbou ekonoom Wessel Lemmer na die 2016 prysvooruitskouing van Makadamia's en koring.

RSG Landbou 29.12.2015

Agri Ekspo is verantwoordelik vir die jaarlikse Kaasfees op Sandringham en hulle het vanjaar 'n toekenning ontvang as die beste uitstalling in Suider-Afrika. En Wessel Lemmer praat oor die 2016 landbouvooruitskouing van tafeldruiwe en sitrus.

RSG Landbou 28.12.2015

Wyndruifprodusente in Suid Afrika vestig alhoe minder wingerde volgens Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid. Die visepresident van Agri SA, Phineas Gumede sê dat 2016 gesien word as die jaar van hoop vir landbou.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.