RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 24.12.2015 13:56
Skaapvleis SA gee raad vir die Kersfees skaapvleis wat oorgebly het en ons kuier op 'n plaas in die Kakemasomgewing. Ockert Vermeulen vertel van die uitdagings op die plaas, veral met die regering.
RSG Landbou 23.12.2015 11:47
Oranjerivier Wynkelders bestaan reeds 50 jaar. Lise Roberts het tydens haar besoek aan die streek met Altus Theron, hoof produksiebestuurder by die kelder meer oor hulle gaan.
RSG Landbou 21.12.2015 15:03
Agri SA was vroeg in Desember by Cop 21 teenwoordig, maar wat word van landbou verwag? En dan kuier ons in die Noord-kaap by Oranjerivier kelders.
RSG Landbou 17.12.2015 13:34
Adri Kitshoff-Botha, 'n bekende in die professionele jagterskringe, is op 1 Desember aangestel as bestuurshoof van Wildbedryf Suid-Afrika. Lise Roberts gesels met haar oor haar rol. Verder praat dr. Flippie Cloete van die Noordwes Universiteit oor die navorsing wat hulle gedoen het oor die winsgewendheid van die wildbedryf.
RSG Landbou 15.12.2015 15:21
Die koringseisoen het ten einde gekom maar watter plae het ten spyte van die droogte wel voorgekom. Dr. Goddy Prinsloo van die Kleingraaninstituut praat hieroor. Verder vind ons uit watter impak die droogte op 'n boer se versekering het.
RSG Landbou 15.12.2015 15:26
Melkboere staar alhoe meer kontraktuele uitdagings in die gesig en die MPO se strategie vir 2016 fokus daarop. Bertus van Heerden praat met Lise Roberts hieroor. En boere word aangemoedig om aasvoëlrestaurante op hulle plase te begin. Kate Webster van Vuplro in die Ooskaap gee raad.
RSG Landbou 14.12.2015 11:36
Sal kunsmispraktyke wêreldwyd moet aanpas weens klimaatsverandering, en volg ons die regte praktyke in Suid-Afrika? Adam Mostert van die Misstof-vereniging van Suid-Afrika het die antwoorde. En Omri van Zyl praat oor sy paar maande by Agri SA as nuwe uitvoerende direkteur.
RSG Landbou 11.12.2015 14:55
Groenteplae wat nie van die daglig hou nie, is slegs in die nag aktief .
RSG Landbou 10.12.2015 14:29
Die jaarlikse Beesfees op Stella het vir 'n wêreld spitbraairekord gesorg. Marina Bester van Skaapvleis SA gee terugvoer. Ons hoor hoe Sakkie Fourie die wenskaap voorberei het. Dr. Andre Jooste van Aartappel SA praat oor die 2015 mark en waarop die produsent in 2016 moet fokus.
RSG Landbou 09.12.2015 13:28
Minder as die helfte van die somergraanaanplanting in KZN en die Oosvrystaat is gedoen aangesien die spertyd vir aanplantings hier is. Petru Fourie van Graan SA kyk ook hoe lyk aanplantings in die res van die land. Dr. Annelie Barnard van die Kleingraaninstituut praat oor die voordele en nadele van koringsaadterughouding.
RSG Landbou 08.12.2015 12:09
'n Groot melkery in die Oos-Kaap het 500 bale voer vir droogtehulp geskenk. Philip Swart van die MPO het meer besonderhede. Daar is 'n groep wat bekendstaan as Boere in Nood, en NC Schoombie deel hulle storie en vertel hoe hulle graag help.
RSG Landbou 04.12.2015 14:48
Alle vroue word genooi om aan te sluit by hulle plaaslike Vroue Landbouvereniging-sirkel.
RSG Landbou 03.12.2015 10:50
Boere word aangemoeding om die plant van sonneblomme en sojabone sterk te oorweeg. Wessel Lemmer van Absa Agribesigheid praat hieroor en oor oliesaadprysverwagting. En Lutz Nell fokus op Agribonus in 2015.
RSG Landbou 02.12.2015 13:52
Daar is 'n verband tussen haelskade en kop- en stamvrot in mielies, volgens die Instituut vir Graangewasse. En die senior ekonoom van Absa Agribesigheid, Wessel Lemmer, praat oor die mielieprysverwagting vir 2016.
RSG Landbou 01.12.2015 15:26
Dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie gesels oor invoere, hulle besoek aan kleinhandelaars en banke, asook uitvoermoontlikhede wat in 2016 met erns aangepak moet word. Kleinveeboere moet ook naderstaan vir die Nasionale Wolkwekersvereniging se raad vir Desember.
RSG Landbou 30.11.2015 15:29
Ná 15 jaar se diens aan landbou in Suid-Afrika en Uitvoerende Direkteur van Agri SA, tree Hans van der Merwe einde November af. Lise Roberts het gaan uitvind waar sy loopbaan in landbou begin het, en wat sy grootste wens vir die sektor is.
RSG Landbou 27.11.2015 15:00
Hoe vergelyk die huidige droogtetoestande met vorige droogtes in Suid-Afrika?
RSG Landbou 26.11.2015 11:17
Die Rooivleisprodusente-organisasie is bekommerd oor dierewelsyn, wat gepaard gaan met die droogte. Gerhard Schutte van die RPO skets die realiteit en waarsku verbruikers. Dan is Riaan Fielies van Robertson aangewys as die 2015 Kelderwerker. Lise Roberts gesels met hom oor sy loopbaan.
RSG Landbou 25.11.2015 13:32
Die Kleingraaninstituut op Bethlehem het onlangs vyf koring-teellyne internasionaal beskikbaar gestel. Die lyne het genetiese weerstand teen sowel die Russiese koringluis as roessiektes. Lise Roberts gesels ook met 'n landbou-ekonoom oor hoe boere hulle praktyke kan aanpas om die droogte te oorleef.
RSG Landbou 24.11.2015 11:09
Wat is teen landbou, en wat is vir landbou? En watter geleenthede moet produsente nou aagryp? Lise Roberts kyk, na 'n plaaslike bank se vooruitskouing vir die landbousektor.
RSG Landbou 23.11.2015 13:45
Die werwing van reserviste vir landelike veiligheid is een van die punte op die agenda van Agri SA se landelike beleidskomitee. Hulle het verlede week vergader, en die voorsitter Kobus Breytenbach gesels hieroor. Veilingpryse vanaf Kroonstad kom ook aan die beurt, en volgens Chris Derksen is skaappryse nie so onder druk nie.
RSG Landbou 20.11.2015 15:00
Chris Viljoen kyk na die rol wat landbou in klimaatsverandering speel.
RSG Landbou 19.11.2015 12:59
Die debat oor kleurvariante in die wildbedryf is die president van Wildebedryf SA se onderwerp van bespreking. Lise Roberts gesels ook met hom oor die biodiversiteitsindaba wat onlangs in Durban plaasgevind het. Verder is die Landbouskrywers SA se 2015 Boer van die jaar aangewys. Hy is van die Noord-Kaap.
RSG Landbou 18.11.2015 10:16
Die 2015 Graan SA/Syngenta Kleinskaalse boer van die jaar is van die Umtata-omgewing. Lise Roberts gesels met Danie van den Berg van Graan SA oor die kriteria van die kompetisie. Hy vertel ook waarom die boer gewen het. Trevor Abrahams van Ceres het in 2014 ook 'n kompetisie gewen, en hy vertel van sy betrokkenheid by sy gemeenskap die afgelope jaar.
RSG Landbou 17.11.2015 12:13
Melkboere in die Oos-Kaap kan uitsien na werkswinkels oor goeie waterbestuur. Lourens Gildenhuys, voorsitter van die MPO in die provinsie, gesels ook oor die moontlikheid dat dit landswyd gedoen kan word. En die Sitrusprodusente-vereniging se Sitrusakademie doen baie om te verseker dat die opleiding en ontwikkeling van kleinboere op standaard is. Lise Roberts gesels hieroor met Jacomien de Klerk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.