RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 12.10.2018 12:29
Die Akademie vir Omgewingsleierskap net buite Upington is drie jaar oud en lok studente van dwarsoor Suid-Afrika. Daar is 'n noue interaksie tussen landbou en omgewingsaspekte, veral bewaringsekologie. Chris Viljoen praat met die bestuurshoof, Gys Botha, en die akademiese hoof, dr. Leopold van Huyssteen, oor die Akademie se vordering.
RSG Landbou 12.10.2018 15:00
Chris Viljoen kyk na die prosedure by die bou van damme, die stoor van water en watergebruik, die terugplaas van Suid-Afrika op die lys van lande wat volstuisvleis na die Europese Unie mag uitvoer, en ultrasoniese klank wat ingespan word om drupbesproeiing funksioneel te hou.
RSG Landbou 11.10.2018 30:23
Dit gebeur dikwels dat mense besoek op plase aflê om grafte te besoek of grondeise te bespreek. Hans-Jurie Moolman praat oor die omstandighede waaronder sulke besoeke op plase mag plaasvind. Daar is ook 'n gesprek oor die gesondheidsvoordele van kanola. En Carin Venter, ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het by Karooboer Jimmy Truter gaan kers opsteek oor die kenmerke van die bekende Karoobossi...
RSG Landbou 10.10.2018 29:48
Chris de Bruin van die Sierduifvereniging en Jumarie Swanepoel, 'n deelnemer aan die Nasionale Jeugskou in George, praat oor sierduiwe. Hennie Maas gesels met Buks Nel wat 'n spesiale toekenning van die vrugtebedryf ontvang het vir sy jarelange diens. Daar is ook 'n gesprek met Hannes Wolvaardt, Agri Limpopo se jongboer van die jaar. En Carin Venter gesels met Breyton Milford oor die afloop van di...
RSG Landbou 09.10.2018 28:05
Kanolaverbouing in die Wes-Kaap word 'n al groter bedryf. Lise Roberts praat met Morne Botes oor die stand van die bedryf. Daar is ook 'n gesprek met dr. Gerrie Scholtz van die Nasionale Luserntrust oor die faktore wat lusernproduksie beïnvloed. Soos gewoonlik op Dinsdae, is Yolande Roodt op haar pos met die wolmarkverslag. En Lise Roberts praat met Ruston Shaw, Kwanalu se jongboer van die jaar vi...
RSG Landbou 08.10.2018 26:38
Hennie Maas kyk na veilings wat binnekort plaasvind. Daar is ook nuus van die Nasionale Jeugskou, wat pas op George plaasgevind het. Carin Venter was daar en gesels met deelnemers en organiseerders oor die skou van vee en ook die kulinêre afdeling wat daar beoordeel is. Een van die interessante items op die program van Agri-Expo Livestock wat eersdaags plaasvind, is werkende skaaphonde. Lise Rober...
RSG Landbou 05.10.2018 12:30
Ná 'n vloed kan 'n boer dikwels nie dadelik met herstelwerk op sy plaas begin nie, aangesien 'n aansoekproses eers gevolg moet word alvorens goedkeuring verkry word. Daar word egter voorsiening gemaak vir 'n pro-aktiewe rivieronderhoudsbestuursplan. Wat behels dit? Chris Viljoen is op Montagu waar boere en inwoners in die verlede erg onder vloedwater en skade deurgeloop het.
RSG Landbou 05.10.2018 15:00
Chris Viljoen kyk na Wêreld Voedseldag op 16 Oktober, 'n pikkewynliedjie wat die aandag op die bedreigde Afrika pikkewyn plaas, die fakulteit Agriwetenskappe op Stellenbosch en AgriSA se inisiatiewe gerig op landbouleierskap, en 'n inisiatief van Agri Oos-Kaap met die vestiging van nuwe kommersiële boere.
RSG Landbou 04.10.2018 30:45
Die toepassing van die veelbesproke Waterwet skep dikwels probleme vir boere. Jaques Marais praat oor die wet en hoe dit die landbou affekteer. Lise Roberts praat met Abraham Metsing oor 'n bekroonde biogas-installasie, wat hy self ontwerp het en tydens Alfa op Parys gedemonstreer het. Daar is ook 'n gesprek met Sanet Thiart van die Aartappelsertifiseringsdiens oor die belangrikheid van gesertifis...
RSG Landbou 03.10.2018 28:57
'n Navorsingspan onder leiding van dr. Johnny van den Berg van die Noordwes-Universiteit, is besig om 'n oplossing te vind vir die herfskommandowurm. Dr. Annemie Erasmus van die LNR Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom, wat ook deel is van die span, vertel wat die jongste bevindings is in hierdie verband. Dr. Hanre Bredenkamp van Afrivet verduidelik wat die uitwerking van die skielike somer...
RSG Landbou 02.10.2018 28:04
Die winsgewendheid van die melkbedryf word ondersoek. Die besturende direkteur van AFGRI Veevoere, Anina Hunter, verduidelik watter uitwerking die dalende melkprys op die produsent het. Die jongste wolpryse wat by veilings op Port Elizabeth behaal is, word gegee. En dr. Gerrie Scholtz van die Luserntrust praat oor die gehalte van lusernhooi.
RSG Landbou 01.10.2018 25:53
Daar is 'n gesprek met een van die verkopers by 'n veiling, Hennie Coetzee, van die stoet Henco Bonsmara. Lise Roberts praat met dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek oor die organisasie se doen en late by die Alfa Vee-ekspo op Parys. Willem Botha van Netafim gesels oor 'n nuwe boek oor die besproeiing van wyndruiwe, en dr. Alicia Cloete van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye gesel...
RSG Landbou 28.09.2018 12:24
Die kritieke droogte in sekere distrikte van die Noord-Kaap laat sy invloed uitkring op mens, dier, omgewing en naasliggende dorpe. Droogte word eers gebreek wanneer daar genoegsame reën geval het. Chris Viljoen verneem by 'n paar boere van die geweste wat op plaasvlak gebeur.
RSG Landbou 27.09.2018 15:00
Chris Viljoen kyk na die grond- en waterbestuur van wingerde ná drie jaar van droogte, Hoërskool Wolmaranstad se voerskenking aan Oakdale Hoër Landbouskool, grondkundiges wat toenemend in aanvraag is, en wat gebeur wanneer boere hulle hekke toemaak weens droogte.
RSG Landbou 27.09.2018 28:09
Die program fokus op die 2018 Alfa Vee-ekspo wat onlangs op Parys plaasgevind het. Ons gesels met vanjaar se Santam Landbou kuilvoerkompetisiewenners in die kategorieë mielies, hawer en kuilvoer. Old Mutual het tydens Alfa gefokus op die landboujeug, en die landbou-, ekonomie-, agronomie- en veekundestudente van die jaar is aangewys. Ons hoor wat hulle te sê het. En 'n skaapboer van Springbok, Jas...
RSG Landbou 26.09.2018 29:48
Dr. Maryke Craven van die Instituut vir Graangewasse praat oor die skade wat onkruid by graan kan aanrig. Die soeklig val weer op Nampo Kaap wat onlangs in Bredasdorp gehou is, en Carin Venter praat met Josh Hamman van SA Brouerye en 'n garsboer, Gert Claassen, oor die interessante bedryf. Daar is 'n gesprek met 'n veearts, dr. Liezel Wasserman, oor die veesiekte, kriptosporidium, wat onder lammer...
RSG Landbou 25.09.2018 31:27
Dr. Gerrie Scholtz verduidelik hoe die Nasionale Luserntrust funksioneer en wat sy doelwitte is. Daar is 'n gesprek met Corrie Bezuidenhoudt oor die knoffelkwekerskonferensie wat eersdaags plaasvind. Hy gesels ook oor die knoffelbedryf in Suid-Afrika. Carl van Heerden is 'n senioragronoom by Agri Technovation. Hulle bied unieke presisieboerdery-oplossings vir groenteboere in samewerking met Laevel...
RSG Landbou 23.09.2018 26:29
Chrisna Coetzee neem jou op reis van die wolskaap tot die verwerkte wol. Carin Venter, ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het tydens Nampo Kaap op Bredasdorp met Andries Wiese van Hollard Landbou gesels. En daar is veilingsnuus.
RSG Landbou 21.09.2018 12:12
'n Opwindende interaktiewe program, wat vir leerders vanaf laerskoolvlak die geleentheid bied om kennis te maak met landbou, vin plaas tydens vanjaar se Agri Expo Livestock van 11 tot 13 Oktober op Sandringham net buite Stellenbosch. Chris Viljoen gesels hieroor met die organiseerders.
RSG Landbou 21.09.2018 14:59
Chris Viljoen kyk na gewasprodusente wat wen deur gereelde insekmonitering, wat met plaaswerkers gebeur wanneer 'n plaas verkoop word, die herfskommandowurm wat in die Wes-Kaap opgemerk is, en Statistieke SA se landswye kommersiële landbousensus wat in Oktober begin.
RSG Landbou 20.09.2018 30:57
Die Veeplaas/Mamre Intensiewe Skaapproduksieskool is onlangs op Bredasdrop aangbied. Carin Venter het met een van die besoekers aan die skool, dr. Casper Gouws, gesels oor sy indrukke. Daar is 'n gesprek met Zanie Veldsman oor die bokvleisbedryf in Suid-Afrika. En en jy meer van gluten wil weet, luister na Lise Roberts se gesprek met Theresa de Beer van die SA Graanlaboratorium oor gluten in die b...
RSG Landbou 19.09.2018 29:05
Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie bereik hierdie week tydens Alfa op Parys, sy hoogtepunt. Die projekleier, dr. Robin Meeske, vertel van die kompetisie wat al 'n paar jaar plaasvind. Hy vertel ook waarom 'n land soos China belangstel in dieselfde model wat in Suid-Afrika ontwikkel is. Nog 'n groot gebeurtenis op die landboukalender is Nampo Kaap wat op Bredasdorp gehou is, en Jannie...
RSG Landbou 18.09.2018 28:07
Dit is vandeesweek tyd vir die jaarlikse ALFA by die Afridome in Parys, en een van die geleenthede is die Hinterland Interrasvleisbeeskampioenskap. Die onwettige handel in sigarette neem ernstige afmetings in Suid-Afrika aan. Francois van der Merwe van die Tabakinstituut vertel hoe dit tabakprodusente raak. En Lynette Louw berig oor die afloop van die eerste Nampo Kaap, wat op Bredasdorp plaasgevi...
RSG Landbou 17.09.2018 29:34
Die Afrikaner-beestelersgenootskap het onlangs 'n suksesvolle veiling en kongres gehou. Hennie Maas praat met die president van die genootskap, dr. Pieter de Kock, oor die geleentheid. Magda du Toit van Landbouskrywers SA het Nederland besoek om die kongres van die Federasie van Landboujoernaliste by te woon, en sy vertel aan Lise Roberts wat hulle in die Laelande gedoen het. Daar is ook 'n gespre...
RSG Landbou 14.09.2018 12:24
'n Passie vir hulle werk en moderne wetenskap is die pilare waarop hulle kwekerybedryf staan. Twee oud-kollegas se kwekery skep werk vir die produksie van onder meer proteas, speldekussings, ericas, boegoe, laventel, bloubessies en vrugtebome, wat onderstamme en okulasies insluit. Chris Viljoen nooi jou saam na die plaas op die walle van die Bergrivier.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.