RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 12.11.2018

Die kunsmisbedryf bied heelwat uitdagings aan vervaardigers en produsente. Lise Roberts gesels met Rossouw Olivier van Atlas Organiese Misstowwe oor die verskillende denkwyses en benaderings in hierdie bedryf. Daar is ook 'n gesprek met Shaun Hobson wat op die plaas Martyrsford in die Jansenville-omgewing met Angorabokke boer. En daar word gepraat oor die kilogram wat herdefinieer gaan word. Dr. W...

RSG Landbou 09.11.2018

Die Elsenburg Landboukollege is 120 jaar oud. Chris Viljoen praat met drie oudstudente, 'n nasionale boer van die jaar, die hoof van veekundenavorsing by sy alma mater, en 'n wynmaker wat die gesogte IWC Lifetime Achievement Award in London gekry het.

RSG Landbou 09.11.2018

Die verbruiker was in die kollig by die pas afgelope Wêreld Inmaakkonferensie in Spanje. Nie alle plaaswerkers is verseker van hulle toekoms op plase wat verkoop of gelikwideer is nie. En daar is 'n groente-opedag op 15 November by die LNR-Roodeplaat met 'n fokus op Afrika-, blaar, medisinale en kommersiële groentegewasse.

RSG Landbou 08.11.2018

Weerstand teen antibiotika is wêreldwyd 'n probleem. Lise Roberts gesels met Albert van Rensburg van Biomin oor die situasie in die veevoerbedryf. Daar is ook 'n uitgebreide gesprek oor die storie agter mango-verbouing. Hennie Maas gesels met Johan du Preez oor die oorsprong van die vrug en die probleme wat deur die mango-snuitkewer veroorsaak word. Die bekende veearts, dok Faffa Malan, verduideli...

RSG Landbou 07.11.2018

Lise Roberts praat met Elrine Strydom van die Instituut vir Graangewasse in Potchefstroom oor die impak van insekplae op mieliesaailinge. Daar is 'n onderhoud met Louis Wilken, 'n finalis in die Syngenta Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Izak Klopper gesels skaapskeersake, en Luan van der Walt van Graan SA praat oor die jongste stand van sake met koringverbouing.

RSG Landbou 06.11.2018

Chris Cloete praat oor die toekoms van kunsmatige inseminasie in Suid-Afrika. Joubert Swanepoel van Agricol gesels oor die veelsydigheid van voersorghum. Lise Roberts praat met Mbali Nkabinde, een van vanjaar se landbouers wat deur Landbouskrywers Noord genomineer is vir 'n toekenning. En daar is 'n wolmarkverslag deur Yolande Roodt.

RSG Landbou 05.11.2018

Prokureur Hans-Jurie Moolman praat oor wettige en onwettige uitsettings op plase. Koos du Pisanie, ons medewerker in die Noord-Kaap, gesels met prof. Johan Kirsten oor die Karoolam-handelsmerk. Lise Roberts praat met Albert van Rensburg van Biomin oor die onlangse agste Wêreld Voedingsforum wat in Suid-Afrika aangebied is. Soos gewoonlik is daar ook veilingsnuus. En daar is 'n gesprek met Lionel A...

RSG Landbou 02.11.2018

Elsenburg is die verhaal van een van die plase wat deur Simon van der Stel toegeken is. Gedurende die vroeë jare was roofdiere soos leeus in die omgewing geen onbekende gesig nie. Dit is dan ook op die plaas waar die Elsenburg Landboukollege in 1898 tot stand gekom het. 'n Paar van die oudstudente en -dosente deel hulle herinneringe met Chris Viljoen.

RSG Landbou 02.11.2018

Chris Viljoen kyk na onkruiddoders wat aangewend word vir optimale benutting met die hulp van sewe hulpmiddels, navorsing op die sperms van swartwildebeeste ná uitdunning, en die voorkoms van mikrobes en bakterieë in die geslagskanaal van ramme wat geen geskiedenis van peestersiekte gehad het nie.

RSG Landbou 01.11.2018

Daar word deesdae ernstig gepoog om 'n klassifikasiestelsel vir boerbokvleis te finaliseer. Pip Nieuwoudt, 'n boerbokprodusent van Nieuwoudtville, het dit op hom geneem, en tydens vanjaar se Agri-Expo Livestock het Lise Roberts met hom hieroor en sy boerdery gesels. Die rooispinnekopmyt is 'n plaag wat veral tydens droogte op appels en pere voorkom. Tia Ferreira van Syngenta gee raad oor hoe om hi...

RSG Landbou 31.10.2018

Aalwurmbeheer is 'n noodsaaklik stap in die saaiboer se bestuursprogram. Dr. Sonja Steenkamp van die Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom, gesels oor die plaag. Die bekende Dorper-boer, Dries Wiese, het pas teruggekeer van 'n besoek aan China. Hy vertel van moontlike uitvoergeleenthede daarheen. Die Dieregesondheidsforum het onlangs 'n buffelwerkswinkel aangebied, en Lise Roberts gesels met...

RSG Landbou 30.10.2018

Fritz van Oudtshoorn, 'n graskenner, vertel wat voldoende weiding is. Daar is ook 'n bydrae deur Ulrich Muller van Voermol Voere oor someraanvullings, en die verskil tussen somer- en winteraanvullings. Lise Roberts gesels met Elaine Benson wat haar hart verloor het op Charolais-beeste, en Koos du Pisanie, ons verteenwoordiger in Noord-Kaap, praat met 'n opkomende boer in die Karoo, Etienne van Wyk...

RSG Landbou 29.10.2018

Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is nou betrokke by Agri-Expo Livestock wat elke jaar by Sandringham naby Stellenbosch plaasvind. Lise Roberts praat met dr. Dirk Troskie en Japie Kritzinger van die departement oor hulle betrokkenheid. Daar is ook 'n bydrae van rekenmeester Frans van Eden oor finansiële voorsorg wat beter is as nasorg. Koos du Pisanie, ons medewerker in die Noord-Kaap, w...

RSG Landbou 26.10.2018

Die verantwoordelike jagter wil nie aanstoot gee nie, maar is ook nie skaam omdat hy jag nie. Chris Viljoen kyk na die samewerking tussen 'n jag- en natuurbewaringsorganisasie.

RSG Landbou 26.10.2018

Wingerdboere se jaar skop af met 'n inligtingsdag op 17 Januarie 2019. Landbousensus in die Noord-Kaap. Groentenavorsing Opedag op 15 November op Roodeplaat. Reeds in 2008 is waarskuwings gerig teen gevaarlike plantegroei wat Knysna omring, en tot 'n brand aanleiding kon gee.

RSG Landbou 25.10.2018

Landbouweerkundige Johan van den Berg, kyk na die vooruitsigte vir die res van die seisoen. Daar is ook 'n gesprek met Elmarie Rabie oor 'n relatief onbekende beesras, die Chianina, wat oorspronklik van Italië afkomstig is. En Lise Roberts gesels met die Toyota Agri SA Jongboer van die Jaar, JP van den Berg van Noordwes.

RSG Landbou 24.10.2018

Lise Roberts praat met Isak van der Merwe van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye oor die sluikhandel in hout. Daar is ook 'n gesprek met Johan Habig van Agri Technovation oor die inenting van sojabone. Lise praat ook met een van die finaliste in die Syngenta Graan SA Graanprodusent-kompetisie, Kobus van Zyl.

RSG Landbou 23.10.2018

Een van die jaarlikse geleenthede wat in Oktober gevier word, is Boomplantdag. Lise Roberts gesels met bosbouwetenskaplike Isak van der Merwe oor die betekenis van die dag. Daar is ook 'n gesprek met Zani Veldsman, 'n voedingkundige van Blend Food, oor die samestelling van melk. Lise het ook tydens die afgelope Agri-Expo Livestock in Stellenbosch met die nuutverkose president van SA Holstein, Hann...

RSG Landbou 22.10.2018

Die Agri-Expo Livestock vee-uitstalling is agter die rug. Lise Roberts praat met Johan Ehlers, die man aan die stuur van die ekspo, oor die afloop van die geleentheid. Daar is ook 'n gesprek met Vki Bikram Singh, 'n Italianer wat daarin spesialiseer om skoudiere voor te berei en 'mooi' te maak vir die groot geleentheid. Prof. Andre de Villiers, 'n dendroloog, gesels oor die kampioenboom-projek, en...

RSG Landbou 19.10.2018

Die Academy for Environmental Leadership net buite Upington voorsien in die behoefte van 'n gestruktureerde omgewing waar skoolverlaters en ander jong belangstellendes die geleentheid kry om te kwalifiseer in omgewingsbestuur.

RSG Landbou 19.10.2018

Moed vir landbou, daarom moed vir Suid-Afrika. Kommentaar op die hoërmaak van Clanwilliamdam. 'n Studierigting in IT of landbou – wat sê 'n matrikulant? Die opstel van 'n nasionale grondstrategie vir Suid-Afrika, en 'n gronddatawerkswinkel met die oog op die pad vorentoe.

RSG Landbou 18.10.2018

Veeprodusente word al hoe meer bewus van die hoe en wat van pynbeheer by vee. Dr. Barry Coates, 'n veearts van Boehringher Ingelheim, gesels oor die relevante onderwerp. En het jy al van permakultuur gehoor? Kobus Kritzinger, 'n permakultuurkonsultant, vertel van 'n tuinprojek waarby hy betrokke is. Dit is 'n unieke projek waar plaaswerkers op die plaas SanLucar by Rooihoogte naby Porterville, sel...

RSG Landbou 17.10.2018

Die Syngenta Graan SA Graanprodusent van die Jaar is verlede week aangewys. Hoor wat sê die Van As-broers van Swellendam oor hierdie groot eer. Philip Lee van Hinterland verduidelik aan Hennie Maas hoe die nasionale interrasvleisbeeskampioenskappe werk wat jaarliks by Alfa plaasvind. Dan is Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie aan die woord. Hy verduidelik wat 'n vastetermyn dienskontr...

RSG Landbou 16.10.2018

Tydens die afgelope Alfa Vee-ekspo in die Afridome in Parys, is talle veeverwante kompetisies aangebied. Albert Loubser praat oor die uitslag van die kompetisies. Daar is ook 'n gesprek wat Carin Venter tydens die onlangse Nasionale Jeugskou opgeneem het met Jan Benson, 'n varkbeoordelaar. Dr. Gerrie Scholtz van die Nasionale Luserntrust gesels oor die verskillende graderings van lusern. En Yoland...

RSG Landbou 15.10.2018

Ons Oos-Kaapse medewerker, Carin Venter, gesels met Ben Hall, 'n pluimveebeoordelaar wat tydens die onlangse Nasionale Jeugskou beoordeel het. Daar is oudergewoonte veilingsnuus, en Albert Loubser vertel van belangrike dinge wat in Oktober in veeboerdery relevant is. Sakkie Burger van VDT Prokureurs verduidelik ook die belangrikheid en werking van trusts en boedelbeplanning.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.