RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 10.12.2018 28:36
Is daar 'n korrelasie tussen die weer 'n week voor en 'n week ná volmaan? Dit is 'n vraag van 'n luisteraar wat ons aan Johan van den Berg van Santam Landbou stel. Ons praat ook met Francois Fivaz, 'n boer van die Vrystaat, oor sy planne met vervangingsverse. En dr. Gerhard Verdoorn van Croplife SA vertel meer van die organisasie se nuwe webwerffunksionaliteit.
RSG Landbou 07.12.2018 10:53
Eloise Pretorius praat met Johan Ehlers en Breyton Milford van Agri-Expo oor die Statebond Landboukongres wat elke twee jaar aangebied word. Hulle vertel meer oor die kongres wat in Kanada aangebied is, en verduidelik wat hulle daar geleer het. Hulle praat ook oor die projekte wat Agri-Expo vanjaar aangepak het.
RSG Landbou 07.12.2018 12:10
Eloise Pretorius praat met een van die provinsiale koördineerders van die Nasionale Landcare-program, Francis Steyn, oor die onlangse kongres wat in Bloemfontein gehou is, en oor 'n nuwe boek wat eersdaags bekendgestel word. Hy vertel ook hoe kinders van dwarsoor Suid-Afrika aan die program deelgeneem het.
RSG Landbou 06.12.2018 28:23
Die Rooivleisprodusente-organisasie het 'n kode vir beste praktyk beskikbaar gestel aan vleisprodusente. HG Human en sy seun, Johannes, vertel waarom die kode vir hulle van waarde is. Daar is nuus oor die volhoubaarheid van varsproduktemarkte. En Lise Roberts gesels met Dylan Weyer oor die Harry Gwala Agri-projek wat in KwaZulu-Natal begin is om kleinboere te help.
RSG Landbou 05.12.2018 27:33
Lukas Eksteen vertel hoe 'n mens 'n relatiewe klein voerkraal winsgewend kan bestuur, veral as ekonomie van skaal ter sprake kom. Daar is 'n gesprek met Deidre Fourie van die Instituut vir Graangewasse oor die keuse van 'n droëboonkultivar. Die bekende veearts, dok Faffa Malan, verduidelik hoe siekterapportering werk. En voedingkundige Claire Julsing-Strydom praat oor die voedingswaarde van aartap...
RSG Landbou 04.12.2018 26:23
Dr. Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad vertel van die toekennings wat hulle elke jaar maak om prestasietoetsing by veeprodusente aan te moedig. Daar is ook 'n gesprek met Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie oor die heilsaamheid van melk. En dr. Johan van Rensburg van die dieregesondheidsmaatskappy, Afrivet, gesels oor die verskillende soorte brommers wat daar is, en hoe die p...
RSG Landbou 03.12.2018 26:24
Dr. Christo Joubert van die Nasionale Landboubemarkingsraad verduidelik wat agro-prosessering behels. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk vertel hoe insekoorgedraagde virussiektes versprei word, en hoe dit voorkom kan word. En Hennie Maas gesels met Theo Boshoff van Agbiz oor die sake wat tydens die onlnagse werksberaad bespreek is.
RSG Landbou 30.11.2018 11:00
Eloise Pretorius hoor by prof. Pieter Gouws van die nuwe Sentrum vir Voedselveiligheid by Stellenbosch Universiteit, en met prof. Gunnar Sigge van die Department van Voedselwetenskap by US, waarom die sentrum onlangs tot stand gebring is.
RSG Landbou 30.11.2018 13:11
Eloise Pretorius praat met prof. Danie Brink, dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe by Stellenbosch Universiteit, oor die hoogtepunte en uitdagings van die afgelope jaar by die fakulteit, en die belangrikheid van menslike hulpbronne.
RSG Landbou 29.11.2018 27:28
Die landbousektor se vooruitgang hang grotendeels af van boere se vermoë om tegnologie tot hulle voordeel te gebruik. Juan van Loggerenberg van Geospace praat oor lugfotografie met vastevlerkvliegtuie en die moontlikhede wat hierdie vorm van fotografie bied. Dr. Christien Engelbrecht van die Landbounavorsingsraad gesels oor weer- en klimaatsverandering. Daar is ook 'n gesprek met dr. Andre Jooste...
RSG Landbou 28.11.2018 28:06
Jane McPherson van Graan SA vertel van die van die sukses en uitdagings wat opkomende graanboere beleef. Kobus Bester en Oubaas Breytenbach praat oor die Veeplaas-skolekuddeprojek met Simbra-beeste by die Hoër Landbouskool Wagpos op Brits. En daar is 'n gesprek met Hendrik Odendaal oor die waarde van dekgewasse.
RSG Landbou 27.11.2018 26:06
Bonne de Bod vertel van 'n internasionaal bekroonde dokumentêre film wat sy gemaak het om die probleem van renosterstropery onder die wêreld se aandag te bring. Derrick Burger van Hinterland praat oor die deregulering van 93-oktaan brandstof, en die implikasies wat dit vir die landbou inhou. Daar is 'n gesprek met Daneel Fourie oor die voordele van kuilvoer. En Dawie Maree van FNB gesels oor die h...
RSG Landbou 26.11.2018 25:45
'n Rooibosboer wat in die omgewing van Clanwilliam sy bestaan maak, Nicolaas Slinger, vertel hoe rooibos gesny moet word om uiteindelik die bekende tee te kan maak. En die voormalige president van Agri SA, Johannes Möller, vertel wat hy deesdae doen: sy eerste liefde – om te boer tussen Keimoes en Kakamas.
RSG Landbou 26.11.2018 28:25
'n Rooibosboer wat in die omgewing van Clanwilliam sy bestaan maak, Nicolaas Slinger, vertel hoe rooibos gesny moet word om uiteindelik die bekende tee te kan maak. En die voormalige president van Agri SA, Johannes Möller, vertel wat hy deesdae doen: sy eerste liefde – om te boer tussen Keimoes en Kakamas.
RSG Landbou 23.11.2018 12:31
Eloise Pretorius kyk na die onlangse Prestige Agri-werker van die jaar kompetisie. Sy praat met 'n beoordeelaar, Cathryn Matysse-Stoffels, hoofdirekteur Landelike Ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Antonia Xaba, waarnemende direkteur van Plaaswerkerontwikkeling by dieselfde department, Gertrude Jacobs, en die algehele wenner van die kompetisie, Isaac Ntonto.
RSG Landbou 23.11.2018 13:44
Eloise Pretorius praat met dr. Ilse Trautmann, hoofdirekteur Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en ook voorsitter van die redaksionele komitee van Agriprobe, oor innoverende nuwe kommunikasiemiddele in die departement. Dr. Johann Straus van dieselfde department vertel ook van volhoubare produksiestelsels wat gebasseer is op bewaringslandboupraktyke.
RSG Landbou 22.11.2018 28:04
Wiaan van der Linde is 'n suksesvolle wildboer wat tussen Kimberley en Hopetown boer. Hy vertel vir Maas hoe hy by wildboerdery betrokke geraak het en waarom hy besluit het om die waardeketting wat wild bied, te benut. Lise Roberts het onlangs die Agri-Expo Livestock-byeenkoms buite Stellenbosch bygewoon waar sy met drie Brahman-boere gesels het. Daar is ook 'n gesprek met prof. Johan Willemse oor...
RSG Landbou 21.11.2018 29:28
Die Internasionale Suiwelfederasie het vanjaar sy kongres in Suid-Korea gehou. Dr. Koos Coetzee van die Melkprodusente-organisasie het die kongres bygewoon, en hy gee terugvoer van die sake wat bespreek is. Daar is 'n gesprek met Batman Longile, wat 'n grondberaad in die Oos-Kaap bygewoon het. Dit bly droog en warm in sommige dele van die land, en Johan van den Berg van Santam Landbou gee 'n oorsi...
RSG Landbou 20.11.2018 30:12
Die kuddeprojek wat Veeplaas saam met telersorganisasies en skole onderneem, verloop uitstekend. Frikkie van Zyl vertel van die sogenaamde Blouskool op Kroonstad en oor hulle samewerking met die Santa Gertrudis-beestelersvereniging. Daar is ook 'n bydrae van George Prinsloo van Laeveld Agrochem oor die belangrikheid van mentorskap in die landbou. En Carin Venter het onlangs by 'n grondberaad op Ha...
RSG Landbou 19.11.2018 25:06
Lise Roberts praat met dr. Pieter Vervoort van die Dieregesondheidsforum oor die redes waarom naspeurbaarheid in diereproduksie so belangrik is. Daar is ook 'n gesprek met Janse Rabie van Agri SA oor die noodsaaklikheid van samewerking tussen die landbou- en mynbousektore. Willem Botha van Netafim gesels verder oor besproeiing, die keer oor die voor- en nadele van drupbesproeiing teenoor konvensio...
RSG Landbou 16.11.2018 12:29
In die laaste program oor Elsenburg Landboukollege se 120ste bestaansjaar, verneem ons van die jongste uitdagings, sportprestasies en waarmee daar eerste geboer is in die Kaap.
RSG Landbou 16.11.2018 15:00
Chris Viljoen kyk na die SA Vroue Landbou-unie se kongres in Windhoek, bergopvanggebiede, vure en uitheemse plante, 'n dierebedryfsdag op 21 November, die grootmaak van kalwers, sojadoppe wat mielies in kragvoer vervang, en graanoestyd in die Wes-Kaap.
RSG Landbou 15.11.2018 28:27
Daar is heelwat faktore wat in ag geneem moet word wanneer daar vir drupbesproeiing beplan word. Talle rolspelers moet insae hê in hierdie beplanning. Hennie Maas praat met Willem Botha van Netafim oor die stappe wat gedoen moet word vir 'n suksesvolle stelsel. Daar is ook 'n gesprek met Kerryn Ross oor haar passie vir landboufotografie. Whernit Dirks is die Toyota Agri SA New Harvest Boer van die...
RSG Landbou 14.11.2018 28:37
Miniatuurperde trek nogal baie aandag by boeredae en landbouskoue. Lise Roberts gesels met Mias Nortje oor die klein perderas. Daar is ook 'n gesprek met prokureur Hans-Jurie Moolman oor hoe 'n uitsettingsbevel op 'n plaas werk. En dan praat Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association oor die Fresh Summit wat sy onlangs in die VSA bygewoon het.
RSG Landbou 13.11.2018 24:39
Hanlie Kroese van Santam praat oor die Nasionale Kuilvoerkompetisie en waarom hulle as hoofborg betrokke is. Daar is ook 'n gesprek met dr. Riaan du Preez van Afrivet oor die One Health-kongres wat hy onlangs in Kanada bygewoon het. Hennie Maas praat ook met adv. Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie oor die wettiging van dagga, en die impak wat dit op plaaswerkers en werkgewers kan hê.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.