RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 08.01.2019 26:30
Boerbokke is uitstekende veldbenutters. Lise Roberts gesels met PW Botha van die Jansenville-omgewing oor sy boerbokboerdery. Hennie Maas gesels met voedingkundige prof. Robin Meeske oor die afloop van die afgelope Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Hy vertel van die vordering wat gemaak is met die gehalte van kuilvoer en lig 'n paar uitdagings uit. En rekenmeester Frans van Eden praat o...
RSG Landbou 07.01.2019 27:03
Veearts dr. Willie Harris praat oor die voorkoms van die gevreesde veesiekte, brusellose, onder skape. Izak van der Merwe van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye vertel van 'n konferensie van Interpol oor die sluikhandel in hout. En Izanne Crous van SOILL gesels oor die afgelope kanolaseisoen en reënvalkorrelasie.
RSG Landbou 04.01.2019 10:07
Eloise Pretorius praat met Ashia Petersen, Jody Wenztel en Nelmarie Saayman van die Wes-Kaapse Department van Landbou oor die droogte in die provinsie. Hulle vertel hoe die department boere ondersteun.
RSG Landbou 04.01.2019 13:53
Eloise Pretorius praat met Peter Keuck, hoofingenieur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Program vir Volhoubare Hulpbronbestuur. Het jy al ooit gehoor van die Leeurivier-weir? Peter verduidelik wat en waar dit is.
RSG Landbou 03.01.2019 26:14
Hennie Maas praat met Johan du Preez oor die mangobedryf in Suid-Afrika. Hy het hom ook uitgevra oor die mangokewer wat in die pit van die vrug ontwikkel. Lise Roberts gesels met Sherike van der Merwe, die Nasionale Wolkwekersvereniging se beste student in kleinveekuddegesondheid. En daar is 'n gesprek met Francois Knowles oor die Agricultural Produce Agents Council se werksaamhede.
RSG Landbou 02.01.2019 28:09
Die bewaring van voëlspesies op plase net so belangrik soos op enige ander plek. Ernst Retief van Birdlife South Africa praat oor die bewaring voëls. Daar is 'n gesprek met Siseko Maqoma, 'n opkomende sitrusboer. En Gerhard Keun van die Proteïennavorsingstigting vertel van 'n vergadering wat gehou is oor die stand van die sojabedryf.
RSG Landbou 31.12.2018 28:40
Daar is 'n gesprek met Frans Wiid, die skaapboer van die jaar. 'n Gereelde deelnemer aan RSG Landbou, Frans van Eden, gesels oor die belangrikheid van opvolgbeplanning. En Carin Venter, ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, praat met Karooboer, Jimmy Truter.
RSG Landbou 31.12.2018 27:38
Whernit Dirks is die Agri SA Toyota New Harvest Boer van die Jaar. Lise Roberts gesels met hom oor die toekenning. Daar is 'n gesprek met Hannes du Plessis wat Wildbedryf Suid-Afrika se Groen Ekonomie-boer vir 2017 is. En Jannie de Villiers van Graan SA lewer 'n boodskap vir die land se graanboere en ander landbouprodusente.
RSG Landbou 28.12.2018 11:30
Eloise Pretorius praat met Lorraine Geldenhuys, 'n wynmaker en dosent by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Elsenburg Kollege. Sy bring drie oudstudente saam om te gesels oor hulle onlangse besoek aan Portugal.
RSG Landbou 28.12.2018 10:42
Eloise Pretorius praat met Eugene Cloete, viserektor van die Universiteit Stellenbosch. Hy is verantwoordelik vir navorsing, innovasie en nagraadse studente. Cloete is onlangs deur die Wes-Kaapse Landbouskrywers-vereniging aangewys as Landboukundige van die Jaar.
RSG Landbou 27.12.2018 26:08
Lise Roberts gesels met Dirkie van As wat vroeër vanjaar aangewys is as Syngenta en Graan SA se graanprodusent van die jaar. Die bekende dok Faffa Malan het ook vanjaar 'n besonderse toekenning van die Rooivleisprodusente-organisasie gekry. Hy vertel van die toekenning, en sy werk as veearts. Dr. Francois van de Vyver van die veevoedingsmaatskappy, Nutri Feeds, praat oor die ontsluiting van potens...
RSG Landbou 25.12.2018 26:32
Hennie Maas praat met dr. Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek oor die vordering wat gemaak word met genomiese wetenskap by veeteling. Daar is 'n gesprek met Warrick Barnard, Wildbedryf SA se wildboer van die jaar. En ons luister na 'n gesprek met 'n ander boer van die jaar, die slag Toyota en Agri SA se jongboer van die jaar, JP van den Berg.
RSG Landbou 24.12.2018 27:54
Mariska Jaars is die wenner van vanjaar se Agri's Got Talent-kompetisie vir plaaswerkers in die Wes-Kaap. Sy sing die bekende Kerslied, Stille Nag, en daarna gesels Lise Roberts met haar. Japie Grobler van die Agri Securitas Trustfonds vertel meer van die welslae wat die fonds bereik het die afgelope jaar. En Albert Loubser, die redakteur van Veeplaas, gee 'n Kersboodskap aan veeprodusente.
RSG Landbou 24.12.2018 26:20
'n Braunvieh-boer, Fanie Els, vertel van sy deelname aan die Veeplaas-kuddeprojek, wat saam met telersgenootskappe en landbouskole onder die vaandel van die nuutgestigte PLAAS Landboujeugstigting plaasvind. Die skoolhoof van Unicom, Francois Hatting, gesels oor die skool se deelname aan spesifiek die Braunvieh-projek. Daar is ook 'n breedvoerige gesprek met Schalk Greyling van Stamboek SA oor die...
RSG Landbou 21.12.2018 9:12
Eloise Pretorius praat met Johan Ehlers en Breyton Milford van Agri-Expo oor die Statebond Landboukongres. Milford is een van 15 jong landbouleiers van Statebondlande wat onlangs aangestel is om 'n missie te onderneem om ander opkomende boere met kennis by te staan.
RSG Landbou 21.12.2018 13:36
Eloise Pretorius praat met dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en seniornavorser in die Direktoraat Plantwetenskappe. Hy is ook 'n kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels, en is passievol oor bewaringslandboupraktyke. Hy vertel van 'n destydse besoek aan die Iguazu-valle in Suid-Amerika wat hom en ander navorsers insig gegee het oor volhoubare praktyke binne...
RSG Landbou 20.12.2018 25:45
Varkprodusente kry in 2019 'n geleentheid om 'n internasionale varksimposium by te woon. Die Ensminger-simposium word aanstaande jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Daar is 'n gesprek met Petrus van Rensburg oor 'n kruisteelstelsel wat hy bedryf met Herefords en Drakensbergerbeeste. En dr. John Purchase van Agbiz het onlangs 'n merietetoekenning van die Franse ontvang.
RSG Landbou 19.12.2018 26:23
Lise Roberts praat met Jahni de Villiers van Agri SA oor werkskepping in landelike gebiede. Daar is 'n gesprek met 'n saalmaker, Ben Liebenberg, wat die saals voorsien het vir 'n perde-uithourit in Mongolië. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie vertel waarom dit belangrik is dat werknemers se werksure aangeteken word.
RSG Landbou 18.12.2018 28:19
Lise Roberts hoor by Helen Lachenicht, 'n teler van Australiese beeshonde, van die kenmerke van hierdie uitsonderlike ras. Daar is 'n gesprek met Daan Bronkhorst van Hinterland oor die uitdagings en prestasies van die maatskappy. Lise gesels met Dewald Olivier van die SA Voerkraalvereniging oor die stand van die voerkraalbedryf. En Dawie Maree van FNB Landbou kyk na die invloed van brandstofpryse...
RSG Landbou 16.12.2018 28:33
Wanneer kan 'n besproeiïngstelsel as doeltreffend beskou word? En wat is die rol van drupbesproeiïng? Daar is ook nuus oor die Nasionale Wolkwekersvereniging wolskaapopleiding- en ontwikkelingsprogram. Louw van Reenen van Beefmaster gesels oor vleisuitvoere na China. En dr. Dirk Strydom van Graan SA vertel van aanpassings in die koringgraderingstelsel.
RSG Landbou 14.12.2018 9:43
Eloise Pretorius praat met twee Suid-Afrikaanse verteenwoordigers by vanjaar se Statebond Landboukongres oor die impak wat die kongres op landbouleiers gehad het.
RSG Landbou 14.12.2018 10:57
Eloise Pretorius praat met Jan Hendrik Venter van die Direktoraat Plantgesondheid by die Departement Landbou, Bosbou en Visserye oor watter peste moontlik die land kan binnekom wat nog nie hier voorkom nie, en hoe om die wat reeds hier is, vroeg genoeg op te spoor. Hulle kyk spesifiek na die Herfskommandowurm.
RSG Landbou 13.12.2018 28:10
Lise Roberts praat met rekenmeester Frans van Eden oor die geheim van 'n suksesvolle landbou-onderneming. Daar is 'n gesprek met Zelda Kingwill van die Kingwill-kaasmakery naby Riviersonderend. Richardt Venter, 'n bekende kuilvoerkonsultant, praat oor die rol van meganisasie in die maak van kuilvoer. Hy sê 'n goeie bunkerstelsel bly gewild, maar daar is deesdae ander opsies, soos om silosakke te g...
RSG Landbou 12.12.2018 29:28
Die Morgenzon Landbou-akademie is onlangs aangewys as Alfa se top landbouskool in die land. Lise Roberts praat met die skoolhoof, Alex Wehmeyer, oor die toekenning en hulle betrokkenheid by die Veeplaas-kuddeprojek. Gert van der Merwe, 'n Brafordboer, vertel ook van sy betrokkenheid by die skool se kuddeprojek. Karin en Manie Wessels het onlangs per uitnodiging besoek afgelê aan China om aan kongr...
RSG Landbou 11.12.2018 30:25
'n Luisteraar het gevra waarom botter deesdae so duur is. Dr. Koos Coetzee van die Melkprodusente-organisasie het die antwoord. Daar is ook 'n bydrae oor vergelingsiekte by makadamias. Nico Claassens van Laeveld Agrochem gee raad oor die plaag. Omri van Zyl van Agri SA gee perspektief op die beoogde grondwetwysiging oor grondhervorming. En Yolande Roodt is op haar pos met die laaste wolmarkverslag...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.