RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 07.02.2019 28:11
Daar het onlangs wysigings in die arbeidswetgewing ingetree waarvan landbouers bewus moet wees. Hennie Maas praat met adv. Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie oor die sake waarna boere moet oplet. Hy sê boere moet hulle arbeidsake in orde kry, aangesien die Departement van Arbeid strenger teen oortreders gaan optree. Chris Derksen is weer op sy pos met die jongste vleispryse. En Lise R...
RSG Landbou 06.02.2019 30:05
Die Toyota Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie lok elke jaar baie belangstelling. Lise Roberts praat met prof. Carlu van der Westhuizen, die sameroeper van die kompetisie. Marike Brits gesels met prof. Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria oor die 2019 Onderstepoort Voerkraaluitdaging. Conrad Herbst praat oor boerbokvleis wat al hoe gewilder word. En daar is 'n gesprek met Danie Slab...
RSG Landbou 04.02.2019 27:23
Die kollig val op die inligtingsdag wat Vinpro op 17 Januarie gehou het. Rico Basson praat oor Vinpro. Francois Viljoen praat oor die invloed van die droogte op wingerde, en Christo Conradie oor die belangrikheid van Vinpro se sakekomponent. Daar is ook 'n gesprek oor die produksieverwagtinge van graan deur Luan van der Walt, 'n ekonoom by Graan SA. En Jacques Marais van VDT Prokureurs werp meer l...
RSG Landbou 01.02.2019 13:00
Eloise Pretorius praat met die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie, Shawn Coetzee, oor hulle planne om te verseker dat gesonde plantmateriaal produsente bereik. Sy praat ook met dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou oor die vennootskap tussen die twee instansies.
RSG Landbou 01.02.2019 15:42
Eloise Pretorius gesels met die operasionele bestuurder van Hortgro, Mariette Kotze, oor 'n finansiële skema wat onlangs deur Hortfin bekend gestel is om boere te ondersteun. Sy praat ook met die direkteur van sake-ontwikkeling en strategie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, dr. Dirk Troskie, oor evaluasies wat deur buitepartye gedoen word by die department.
RSG Landbou 31.01.2019 27:03
Lise Roberts gesels met Estie Badenhorst van Mama Anannas oor die interessante wêreld van pynappelboerdery en -verwerking. Daar is 'n bydrae deur Koos Pienaar oor 'n groep boere wat saamstaan en landbou vorentoe wil vat, veral in droogtegeteisterde gebiede soos Bultfontein. En Hennie Maas praat met Petrus Grove van Ficksburg oor 'n groep boere wat saamgespan het om 'n verskil in hulle omgewing te...
RSG Landbou 30.01.2019 24:45
Rupert Jacobs van Hinterland praat oor hoe aanlynverkope landboumaatskappye raak. Daar is 'n gesprek met Rachelle Cloete van GMP Basic oor die belangrikheid van naspeurbaarheid in die veebedryf. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor die belangrikheid van progressiewe reëls en riglyne in die landbouwerksplek. En Johan Mouton van RCL Foods brei uit oor die belangrikheid van beho...
RSG Landbou 29.01.2019 29:40
Dr. Frikkie Mare van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat praat oor die stand van die ekonomie, veral in die landbou. Daar is 'n gesprek met Kenneth Botha oor moderne melkstelsels wat in Suid-Afrika gebruik word. 'n Prokureur, Harry van Eetveld, verduidelik hoe serwitute werk, en Yolande Roodt lewer die gereelde wolmarkverslag.
RSG Landbou 28.01.2019 29:42
Henk Crafford van Agricol praat oor menggrasse vir weiding. En Johan van den Berg van Santam Landbou gesels oor die dele van die land waar daar nog droogte heers.
RSG Landbou 25.01.2019 9:00
Eloise Pretorius praat met Gerard Martin, uitvoerende bestuurder van Winetech, dr. Albert Strever van die Universiteit Stellenbosch en Jan Tomas, wenner van die eerste innovasie-uitdaging in die wynbedryf. Hy verduidelik hoe sy nuwe selfoontoepassing werk wat mense se wynvoorkeure kan voorspel.
RSG Landbou 25.01.2019 11:19
Eloise Pretorius praat met prof. Maret du Toit van die Department Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Ons vind meer uit oor hulle nuwe graadkursus, en wat jy alles kan gaan doen met so 'n graad agter jou naam.
RSG Landbou 24.01.2019 28:52
Lise Roberts praat met JW van Niekerk van Afgri oor presisieboerdery in veekuddes, en hoe belangrik dit geword het. Daar is 'n gesprek met Barend du Plessis oor hoe 'n mens seker kan maak dat jy goeie gehalte makadamias kweek. En dr. Elizna Boag van Afrivet praat oor die gevreesde siekte, hondsdolheid.
RSG Landbou 23.01.2019 25:34
James Paterson praat oor die gebruik van hommeltuie in vrugteboorde. Lise Roberts gesles met dr. Christo Joubert van die Landboubemarkingsraad oor die uitdagings wat die landbou vanjaar in die gesig staar. Boere weet dat alle beeste volgens wet 'n brandmerk moet hê, maar is dit voldoende? Ons praat met Mort Mortassagne oor brandmerke en 'n nuwe DNS-tegnologie wat gebruik kan word om beeste mee te...
RSG Landbou 22.01.2019 29:17
Hennie Maas praat met dr. Faffa Malan oor sponssiekte en wat die siekte onder vee veroorsaak. Daar is 'n gesprek met Danie van Niekerk van Botswana oor waarom hy met Kalahari Red-bokke boer. Lise Roberts praat met Breyton Milford oor die jaarlikse SA Suiwelkampioenskappe wat in die Wes-Kaap sal plaasvind.
RSG Landbou 21.01.2019 27:33
Hennie Maas praat met Petrus van Rooyen van PANNAR Saad oor die verskillende winterweidingsgewasse waaruit produsente moet kies. Marthinus Stander van Country Bird Holdings vertel wat die stand van goedkoop pluimvee-invoere is, en hoe dit die plaaslike braaikuikenbedryf raak. Izak Hofmeyr het op Reitz gaan kuier toe die Veeplaas/Sernick-Bonsmarakudde by Hoërskool Reitz afgelaai is. Hy het met Nick...
RSG Landbou 18.01.2019 11:54
Eloise Pretorius praat met Rosa Kruger en Andre Morgenthal van die Ou Wingerd-projek. Hulle verduidelik die waarde van ou-wingerdwyn en vertel watter voordele dit vir boere inhou.
RSG Landbou 18.01.2019 11:21
Eloise Pretorius praat met die adjunkdirekteur landbou-ekonomie by die Wes-Kaapse Department van Landbou, Riaan Nowers. Hy vertel watter inligting op die department se webblad beskikbaar is, en watter waarde die inligting en data vir landbouers en die publiek inhou.
RSG Landbou 17.01.2019 30:31
Die bekende veearts, dr. Faffa Malan, praat oor bloednier onder vee, en vertel waarom dit so 'n dodelike siekte is. Frans van Eden verduidelik watter soorte versekering vir landbouers belangrik is.. En daar is 'n gesprek met Danie Vorster van Merino SA oor die Merino Classic, wat in Februarie plaasvind.
RSG Landbou 16.01.2019 27:41
Vergelingsiekte by makadamias is 'n lastige plaag. Nico Claassen van Laeveld Agrochem gesels oor hierdie siekte en die oorsake daarvan. Daar is 'n bydrae oor diarree onder kalwers en lammers. En dr. Requier Wait van Agri SA praat oor die veelbesproke landbousensus wat in die loop van 2019 sal plaasvind.
RSG Landbou 15.01.2019 26:11
Tru Cape is 'n organisasie wat namens appel- en peerboere bemarking doen. Lise Roberts praat met Roelf Pienaar oor die aktiwiteite en uitdagings waarmee die organisasie te doen het. En daar is 'n gesprek oor die Tankwa-bokke wat in die Tankwa-Karoo voorkom.
RSG Landbou 14.01.2019 24:33
Hommeltuie word al hoe meer in die landbou gebruik. Hennie Maas praat met Andre Ferreira van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat oor hoe hierdie tuie vir verskillende doeleindes aangewend kan word. Dr. Peter Oberem gesels oor die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer by Vhembe aan die noordelike grens van Suid-Afrika. Hy vertel watter impak dit op plase en die...
RSG Landbou 11.01.2019 12:19
Eloise Pretorius praat met Carl Opperman, bestuurshoof van Agri-Weskaap, Dappies Smit, voormalige hoofbestuurder van die Droëvrugte Tegniese Dienste, en Andre Roux wat tot onlangs diens gedoen het as programbestuurder by Volhoubare Hulpbronbestuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hulle gee raad aan jong landbouers, en deel hulle loopbaanhoogtepunte.
RSG Landbou 11.01.2019 11:53
Eloise Pretorius praat met Marietjie Cornelissen. Sy is verantwoordelik vir kwaliteitsbestuur by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Elsenburg Kollege. Sy vertel waarna landboustudente vanjaar kan uitsien, en watter kursusse hulle aanbied.
RSG Landbou 10.01.2019 25:50
Johan van den Berg van Santam Landbou vertel waar dit gereën het en waar dit nog droog is. Petru Fourie van Graan SA praat oor die plantsituasie wat grane betref. Hennie Maas gesels met 'n intensiewe skaapboer, Danie Bruwer, oor die korporatiewe sakebeginsels wat hy toepas in die bestuur van sy boerdery. En Frans de Klerk gesels oor die witmielieprys en die wisselkoers.
RSG Landbou 09.01.2019 25:30
Swak waterbestuur kan 'n boerdery maak óf breek. Hennie Maas praat met voedingkundige Wiaan Faber oor optimale waterbestuur in 'n veeboerdery. Zander Spammer van Southern Oil gesels oor die prysdrywers van kanola. En Lise Roberts praat met Hannes Otto, 'n boer van die Ottosdal-omgewing, oor die resultate van bewaringsboerdery wat hy die afgelope dekade of so op sy plaas toepas.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.