RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 08.03.2019 12:40
Het jy geweet daar word elke dag meer as een miljoen bottels Suid-Afrikaanse wyn wêreldwyd verkoop? Eloise Pretorius praat hieroor met die besturende direkteur van Vinpro, Rico Basson.
RSG Landbou 07.03.2019 30:42
Die Melkprodusente-organisasie se Grootkudde-konferensie is 'n hoogtepunt op melkboere se kalender. Hennie Maas gesels met Philip Swart van die organisasie oor die geleentheid wat vanjaar in Port Elizabeth plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Thea van Zyl oor die Agri's Got Talent-kompetisie wat jaarliks onder plaaswerkers plaasvind en al eho groter belangstelling lok. En Dirk Coetzee van AGT Foo...
RSG Landbou 06.03.2019 28:00
Satelliettegnologie sal in die toekoms 'n baie belangrike rol in die landbou speel. Hennie Maas praat met dr. Japie van Zyl van Hydrosat in Kalifornië oor 'n nuwe stel satelliete wat elke twee of drie dae waarnemings van die aarde sal doen, en veral belangrike werk vir die landbou sal doen. Daar is ook 'n gesprek met prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad oor die debat oor landbou se...
RSG Landbou 04.03.2019 30:13
Lise Roberts praat met die nuutverkose voorsitter van die Lewendehawe Registrerende Federasie, Wayne Porter. Gert Heyns verduidelik hoe die organisasie, SACTA, statutêre heffings in die landbou bestuur, veral met betrekking tot sojabone. Dr. John Purchase van Agbiz vertel meer van die impak van die begroting op landbou, en finansiële adviseur Frans van Eden gesels oor belasting.
RSG Landbou 01.03.2019 12:10
Eloise Pretorius praat met joernalis Max du Preez oor sy onlangse optrede by die Vinpro-inligtingsdag in die Kaap. Sy praat ook met internasionale skrywer en kenner Robert Joseph om uit te vind wat die wynbedryf in 2019 sal oplewer.
RSG Landbou 01.03.2019 13:01
Eloise Pretorius praat met prof. Danie Brink, dekaan by die Fakulteit Agriwetenskappe by Stellenbosch Universiteit oor Agrijob. Dit is 'n nuwe webportaal wat jongmense in landbou kan besoek om geleenthede in die sektor te vind, en waar maatskappye wat internskappe bied, van hulle kan laat hoor.
RSG Landbou 28.02.2019 45:17
Gaan ons 'n vroeë winter hê? Dit is die vraag wat Hennie Maas aan Johan van den Berg van Santam Landbou stel. Johan vertel ooo van die laat reën wat op baie plekke geval het. Die Bonsmara-beesras is vanjaar 55 jaar oud, en ons gesels met Louis Steyl van Bonsmara SA oor die welslae wat oor die jare met die ras behaal is. En Dawie Maree praat oor FNB Landbou se betrokkenheid by die Castle de Wildt L...
RSG Landbou 28.02.2019 30:00
Gaan ons 'n vroeë winter hê? Dit is die vraag wat Hennie Maas aan Johan van den Berg van Santam Landbou stel. Johan vertel ooo van die laat reën wat op baie plekke geval het. Die Bonsmara-beesras is vanjaar 55 jaar oud, en ons gesels met Louis Steyl van Bonsmara SA oor die welslae wat oor die jare met die ras behaal is. En Dawie Maree praat oor FNB Landbou se betrokkenheid by die Castle de Wildt L...
RSG Landbou 27.02.2019 28:36
Die vrugtebedryf se deelname aan die Fruit Logistica-byeenkoms in Berlyn is die hooffokus van die program. Lise Roberts gesels met Konanani Liphadzi, die bestuurshoof van Fruit SA, oor haar belewenis van die byeenkoms. Roelf Pienaar van Tru-Cape gesels oor Suid-Afrika se deelname aan Fruit Logistica. Daar is ook 'n gesprek met dr. Louis Boag van Afrivet oor aanvullings ten opsigte van die voedings...
RSG Landbou 26.02.2019 26:29
Carin Venter, ons verslaggewer in die Oos-Kaap, het by die Merino Classic op Richmond gaan kuier en met 'n paar kenners en boere gesels. Een van hulle is Garth Cloete wat vertel waarom hy so lief is vir die Merino-ras. Lise Roberts praat ook met 'n jong kommersiële landbou-entrepreneur, Rikalize Reynecke, wat haarself op 'n kommersiële basis by akwakultuur ingegrawe het.
RSG Landbou 25.02.2019 25:28
Lise Roberts praat met Frederick Nel van Lindsay Africa oor presisiebesproeiïng. Daar is ook meer inligting oor Castle de Wildt se heel eerste Landbou-, Wild- en Jag-ekspo, wat later die week in Modimolle plaasvind. En Abraham Vermeulen van Syngenta verduidelik wat die Syngenta 2019 Grain Academy behels.
RSG Landbou 22.02.2019 9:43
Die stigters van die Women Lead Movement, Brian Pritchard en Melene Rossouw, praat oor die ontwikkelingsprogramme waaraan jongmense in landbou vanjaar kan deelneem.
RSG Landbou 22.02.2019 13:28
Rico Basson is besturende direkteur van Vinpro, 'n liggaam wat 'n skakel is tussen wynprodusente en die regering. Hy vertel van Suid-Afrika se 22 wynroetes, en die loopbaangeleenthede wat daar in wynboutoerisme is.
RSG Landbou 21.02.2019 30:55
Agritoerisme het nog nie behoorlik in Suid-Afrika posgevat nie. Hennie Maas praat met prof. Neels van Heerden van die Tshwane Universiteit van Tegnologie oor die potensiaal van hierdie soort toerisme. Daar is ook 'n gesprek met sekuriteitspesialis, Mike Bolhuis, oor die redding van 'n aantal flaminkkuikens by Kimberley. En Lise Roberts gesels met Engeline Gericke oor die Castle de Wildt Landbou-,...
RSG Landbou 20.02.2019 26:47
Siektes wat van dier na mens en andersom versprei, trek al hoe meer aandag, en staan bekend as soönoses. Lise Roberts praat met prof. Armando Bastos oor die probleem. Daar is ook 'n gesprek met EP Nel van die Suid-Afrikaanse Landbou-onderwysersvereniging, Salov, oor die organisasie se doelwitte en waarom hulle deel van die PLAAS Landboujeugstigting is. Philip Lee van Hinterland gesels oor die bela...
RSG Landbou 19.02.2019 27:39
Dawie Maree van FNB Landbou is die voorsitter van die Plaaslandboujeugstigting. Hy vertel waarom hulle by die projek betrokke geraak het. Hennie Maas praat met dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie oor die risiko's waarna melkboere moet oplet. Lise Roberts gesel met Luan van der Walt, 'n ekonoom by Graan SA, oor die voorlopige graanaanplantingsyfers. En Yolande Roodt sit gereed met...
RSG Landbou 18.02.2019 26:08
Albert Loubser van Veeplaas praat oor die Plaaslandboujeugstigting wat verlede jaar tydens ALFA in die lewe geroep is. Hy vertel van die rolspelers wat intussen deel geword het van die projek. Daar is ook 'n gesprek met dr. Dirk Strydom van Graan SA oor 'n studie wat hy gedoen het om te vergelyk wat die effek van die droogte op boerderye en besighede is. Frans de Klerk is 'n tegniese ontleder, en...
RSG Landbou 15.02.2019 10:04
Hoor hoe GraanSA se ontwikkelingsprogram talle mense se lewe verbeter het. Alfreda Mars, 'n graanboer van Saron en een van die boere wat deelgeneem het aan die program, vertel van haar ervaring.
RSG Landbou 15.02.2019 15:38
Prof. Wessel du Toit van die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch praat oor 'n wynmaak-kursus wat hy vir die publiek aanbied. Alani Janeke is redakteur van landbou.com. Sy gesels oor die loopbaangeleenthede van landboujoernaliste.
RSG Landbou 14.02.2019 25:14
Dr. Johan van Rensburg van ABE Biotech is ook betrokke by die dieregesondheidsmaatskappy, Afrivet. Hy sê dat dit nou piektyd is vir eksterne parasiete, veral bosluise. Hy vertel wat boere moet doen om hierdie parasiete te bestry, veral omdat hulle weerstandig raak. Daar is 'n gesprek met Hendrik Louw van World of Birds wat, danksy 'n skenking van Astral Foods, nou hulle geveerde vriende behoorlik...
RSG Landbou 13.02.2019 25:09
Hennie Maas praat met 'n spesialisveearts in volksgesondheid, dr. Jan du Preez, oor hoe hittestres by veral melkbeeste negatiewe finansiële gevolge vir produsente kan hê. Hy gesels ook oor die dorp waar die sogenaamde hittestres-indeks die hoogste is, Komatipoort. Prof. Charlie Reinhardt gesels oor 'n gevreesde Amerikaanse onkruid wat sy verskyning in Suid-Afrika gemaak het.
RSG Landbou 12.02.2019 24:56
As jy wil boer, is dit nie altyd nodig om 'n groot plaas te hê of voltyds daar te wees nie. Hennie Maas praat met naweekboer Jaco Geldenhuys. Hy het 'n unieke kampstelsel vir sy skaapboerdery op die been gebring, wat hom in staat stel om net naweke sy hand op die boerdery te hou. Daar is ook 'n gesprek met die graskenner, Fritz van Oudtshoorn, oor die optimale benutting van natuurlike hulpbronne s...
RSG Landbou 11.02.2019 26:15
Willem van Jaarsveld van die Limpopo Dieregesondheidsforum praat oor die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie se Vhembe-gebied. En Lise Roberts gesels met Mariaan van der Laarse oor die unieke Agrijob-projek wat in Stellenbosch begin is.
RSG Landbou 08.02.2019 10:21
Phyllis Burger is 'n spesialis op die gebied van tafeldruifteling. Sy praat oor die jongste verwikkelinge in die ontwikkeling van nuwe tafeldruifkultivars.
RSG Landbou 08.02.2019 14:23
Prof. Wessel du Toit van die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch praat oor 'n nuwe toepassing wat fenole in wyn meet, spesifiek vir wynmakers. Annalene Swanepoel is hoof van Direktoraat Plantwetenskappe aan die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Sy gesels oor die analitiese dienste wat die department aanbied vir mense binne en buite die landbou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.