RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 05.04.2019 14:37
Toit Wessels van GraanSA praat oor vanjaar se Nampo-geleenthede in Bothaville en Bredasdorp, met die fokus op jong mense. En die redakteur van landbou.com, Alani Janeke, vertel van 'n 60-jaaroue tradisie in Noordwes wat te make het met droogtehulp in die omgewing.
RSG Landbou 04.04.2019 28:27
Hoe gemaak om 'n bedryf te laat blom – letterlik en figuurlik? Lise Roberts met Eugenie Louw. Sy het vir haar doktorsgraad 'n studie gemaak van hoe om speldekussings, wat vir die uitvoermark bestem is, nog meer aantreklik vir verbruikers te maak. Daar is ook 'n gesprek met Michael Brinkhuis van Hortfin oor die doelstellings van die maatskappy, en hoe agripreneurs by hulle dienste kan baat. Lise Ro...
RSG Landbou 03.04.2019 29:18
Soos ons reeds bewus is, het die minister van finansies, Tito Mboweni, tydens sy begrotingstoespraak vanjaar nie vir landbou voorsiening gemaak soos daar verwag is nie. Nico Groenewald, hoof van Agribesigheid by Standard Bank, praat hieroor en ander algemene sake, soos die effek wat beurtkrag op die landbousektor het. Graansilo-tegnologie is nog 'n onderwerp van bespreking en Bonsmara SA se veilin...
RSG Landbou 02.04.2019 29:18
Grensheinings kan soms baie ongelukkigheid en ongemak tussen bure veroorsaak. Petrus van der Walt van VDT Prokureurs verduidelik wat die Omheiningswet oor grensheinings sê. Landbou in Suid-Afrika en Israel het heelwat in gemeen, veral wat water en die optimale bestuur daarvan betref. Die PMA of Produce Marketing Association en die Israelse Ambassade, het hande gevat en drie geleenthede aangebied w...
RSG Landbou 02.04.2019 27:57
Grensheinings kan soms baie ongelukkigheid en ongemak tussen bure veroorsaak. Petrus van der Walt van VDT Prokureurs verduidelik wat die Omheiningswet oor grensheinings sê. Landbou in Suid-Afrika en Israel het heelwat in gemeen, veral wat water en die optimale bestuur daarvan betref. Die PMA of Produce Marketing Association en die Israelse Ambassade, het hande gevat en drie geleenthede aangebied w...
RSG Landbou 01.04.2019 26:58
SA Stamboek se hoogtepunt van die jaar is die Elite-week wat vanjaar weer saam met die Bloemskou plaasvind. Hennie Maas gesels met dr Japie van der Westhuizen oor die kompetisie. Daar is die afgelope jaar heelwat klem geplaas op die waardasie van landbougrond, veral na politieke uitsprake soos die onteiening van grond sonder vergoeding. Petrus Viljoen van Agri Land Projects verduidelik onder ander...
RSG Landbou 29.03.2019 12:16
Staatsveearts dr. Annelie Cloete vertel hoe mooi daar gekyk word na veiligheidshonde. En dr. Emca du Plessis verduidelik die dienspligjaar vir jong veeartse.
RSG Landbou 28.03.2019 10:29
Het sosiale media Suid-Afrikaners se wynverbruik beïnvloed?
RSG Landbou 28.03.2019 26:53
Jannie Strydom is van 1 Maart af die nuwe bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Lise Roberts het gaan uitvind waar en hoe sy loopbaan in die landbou begin het, en hoe hy die uitdagings in die diverse provinsie gaan aanpak. Waarom word antibiotika en groeihormone in voerkrale gebruik? Dawid Olivier, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, beantwoord hierdie en ander vrae oor die voerkra...
RSG Landbou 27.03.2019 29:34
Volgens Johan van den Berg van Santam Landbou lyk dit asof daar einde April ryp kan voorkom. Hy verduidelik ook watter uitwerking die sikloon in Mosambiek op ons weer gehad het. Talle klein kaasmakers kry jaarliks die geleentheid om deel te wees van die SA Kaasfees, en Breyton Milford van Agri-Expo praat hieroor. Dan is die winter amper met ons en dit beteken dat brande makliker in die droë gebied...
RSG Landbou 26.03.2019 31:07
Hoe lyk die produksieverwagtings van somergraanewasse nadat reën in sekere gebiede net-net betyds geval het? Luan van der Walt, 'n ekonoom by Graan SA, het die antwoord. Ruvasa het hulle aanlyn-sertifiseringstelsel uitgebrei. Die voorsitter, prof. Dietmar Holm, verduidelik wat dit behels. Dr. Pieter Henning van Meadow Feeds verduidelik hoe en waarom daar spesiale voorsiening gemaak moet word vir d...
RSG Landbou 25.03.2019 30:08
Dit is algemene kennis dat risiko's hand aan hand loop met landbouproduksie. Lise Roberts gesels met Dawie Maree van FNB Landbou oor onder andere politieke, ekonomiese, klimaats- en biosekuriteitsrisiko's, en hoe om dit te bestuur. Dan praat Hennie Maas met Frans Stapelberg, 'n boer wat met buffels en Wagyu-beeste boer. Hy verduidelik waarom juis hierdie kombinasie op een plaas vir hom werk. Griek...
RSG Landbou 22.03.2019 12:01
Twee agritoerisme-kenners, Riaan Nowers en Sakkie du Toit, vertel van opwindende loopbane in hierdie veld, en waar jy van die lekkerste plekke in Suid-Afrika kan vind.
RSG Landbou 21.03.2019 11:18
Wat het Hongarye, Pole, die Tjeggiese Republiek, Slowakye en Suid-Afrika gemeen? Hoor hoe hierdie lande kragte saamspan om landbougeleenthede, vir veral jongmense, te skep.
RSG Landbou 20.03.2019 27:49
Waarom het ons beestelersgenootskappe nodig? Dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek beantwoord hierdie vraag in RSG Landbou. Dan het die JSE onlangs die Wagyu-beestelersgenootskap genader oor beleggingsmoontlikhede in die vinnig groeiende vleismark. Dr Michael Bradfield vertel meer hieroor. Graan SA en sy lede staar vanjaar heelwat uitdagings in die gesig. Een daarvan is hulpverlening aan kle...
RSG Landbou 20.03.2019 26:45
Sommige skaapboere skram weg van kruipvoeding. Volgens Rache Stofberg, 'n voedingkundige by Wesfed Voere in Moorreesburg, hou dit egter heelwat finansiële voordele in. 'n Staatsveearts, dr Alicia Cloete, vertel hoe 'n boer aan die soönotiese siekte, brusellose, oorlede is en hoe dit voorkom kan word. Christopher Sparks, 'n veeboer van die Swinburne-omgewing, gesels oor sy boerderypraktyke nadat hy...
RSG Landbou 19.03.2019 30:50
Om R530 per kilogram vir sybokhaar te kry, wil gedoen wees! Lise Roberts gesels met Willem Wagener van die Willowmore-omgewing oor sy sybokke, en die rekordprys wat hy onlangs behaal het. Daar is ook inligting oor die rol wat data-insameling in die landbou-omgewing speel. Hennie Maas praat met Marion Delport van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, oor die rol van sogenaamde groot data. Daar is...
RSG Landbou 18.03.2019 28:01
Hennie Maas praat met Emmanuel Nel van die Kwandwe-wildsplaas in die Oos-Kaap. Hy vertel meer oor die plaas en hulle wildveiling wat die einde van die maand plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met Jahni de Villiers van Agri SA oor landbou se reaksie op die inwerkingtreding van die minimumloon. En Lise Roberts gesels met Ken Coetzee oor uitheemse kaktusse wat weidings en veld in Suid-Afrika negatief...
RSG Landbou 15.03.2019 12:27
Bekroonde entrepreneur Jeanne Groenewald verduidelik wat dit verg om bo uit te kom, en deel haar wenresep.
RSG Landbou 15.03.2019 10:35
Cathy Pineo van GreenCape vertel van die waardevolle bydrae wat hulle tot die landbousektor maak, en hoe boere nou meer innoverend as ooit is.
RSG Landbou 14.03.2019 27:13
Water is lewensbelangrik vir enige plaas, en die droogte van die afgelope paar jaar het ons weer intens bewus gemaak hiervan. Geoloog Jordaan Fouche praat oor grondwater en wat ons alles daaroor moet weet. Daar is ook 'n gesprek met Alex Wehmeyer, die hoof van die Morgenzon Landbou-akademie, wat verlede jaar by Alfa as FNB Landbouskool van die Jaar gekroon is. En ons verteenwoordiger in die Noord-...
RSG Landbou 13.03.2019 27:00
OVK vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar. Die landboumaatskappy se besturende direkteur, Stefan Oberholzer, vertel hoe OVK ontstaan het. Oormatig bespierde beeste in 'n kudde het voor- en nadele. Dr. Helena Theron van SA Stamboek gesels oor die interessante onderwerp. Een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse landboukalender, is die jaarlikse Bloemskou. Elmarie Prinsloo vertel waarna besoe...
RSG Landbou 12.03.2019 26:48
Hoe maak 'n boer as hy in 2011 laas noemenswaardige reën gehad het? RSG Landbou se verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het in die Kenhardt-distrik met Andre Nel en sy vrou Marinda gesels oor uithou-boer in die Boesmanland. Dr. Althea Grundlingh van die Landbounavorsingsraad praat oor die belangrikheid van vleilande, en wat Suid-Afrika se vleilandstatus tans is. Lise Roberts praat...
RSG Landbou 11.03.2019 27:53
Ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, praat met Dawie Klopper van PSG oor die toekoms van landbou, wat volgens Dawie positief is. Lise Roberts gesels met Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie oor hoe wangedrag in die werksplek hanteer moet word. En daar is 'n bydrae deur Petrus van Heerden van Beeswinkel oor die tegnologie wat ingespan word om die waardeketting van be...
RSG Landbou 08.03.2019 9:43
Bekende vroue-entrepreneur Jeanne Groenewald deel haar suksesverhaal. Sy vertel hoe sy ontwikkel het van boervrou tot sakevrou, en gee raad aan jong entrepreneurs.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.