RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 03.05.2019 12:05
Eloise Pretorius praat met twee veeartse met uiteenlopende belangstellings. Dr. Adriaan Olivier werk by die Volstruis Sakekamer op Oudsthoorn. Volgens hom is dit te danke aan hierdie beroep dat hy nou 'n lewe op die platteland het wat hy baie geniet. Alfred Kidd is een van die vennote by Stellenbosch Dierehospitaal. Hy sê om die dankbaarheid van diere te aanskou wanneer hulle by hom aankom, bly 'n...
RSG Landbou 03.05.2019 14:54
Prof. Robin Meeske praat oor melkbeeste en weiding, en bespreek van die projekte wat by die Outeniqua Navorsingsplaas naby George gedoen word. Ons hoor ook hoe melkboere hierdeur bevoordeel word.
RSG Landbou 02.05.2019 28:38
Vredesberg is 'n bokmelkplaas in die Kareedouw-omgewing. Elke persoon op die plaas is 'n aandeelhouer in die onderneming. Lise Roberts gesles met Jan van der Merwe oor die produkte wat hulle maak, asook hulle werkerstrusts. Die hoof van landbou by Hollard Insure, Andries Wiese, vertel dat landbouers in die land oor die algemeen onderverseker is. En dan vind ons uit hoe hoenderbiltong gemaak word.
RSG Landbou 30.04.2019 25:49
Sensako is reeds verskeie dekades in die Wes-Kaap besig met kultivarontwikkeling. Dr. Francois Koekemoer vertel hiervan. Ons vind ook uit waar pas die Graanhanteringsorganisasie van Suidelike-Afrika in die graanwaardeketting in. Jersey SA praat oor hulle lede en werksaamhede, en die waarde van Jersey-melk. En Hennie Maas gesels met die nuutaangestelde opleidingsbestuur van die Melkprodusente-organ...
RSG Landbou 30.04.2019 25:32
Volgens Johan van den Berg van Santam Landbou verskuif die reënpatroon in die laatseisoen gewoonlik na die weste. Vanjaar het dit egter nie gebeur nie. Hy gesels oor die weervooruitsigte en die moontlikheid van vroeë ryp. Hennie Maas gesels met dok Faffa Malan oor die belangrike werk wat die veeartsorganisasie, Ruvasa, doen om voedselsekerheid te verseker. En Lise Roberts praat met die Vrystaatse...
RSG Landbou 29.04.2019 24:58
Die energiekrisis wat weens wanbestuur en instandhoudingsprobleme veroorsaak is, raak alle sektore in die land. Lise Roberts praat hieroor met Nico Groenewald van Standard Bank. Hulle kyk ook na die stand van landbou nadat goeie reën op talle plekke geval het. En daar is 'n gesprek met Jan-Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oor ooreenkomste wat gesluit word om aan s...
RSG Landbou 26.04.2019 11:01
Prof. Pieter Goussard het die 1659-erepenning ontvang by die gesogte Wynoes-herdenkingsgeleentheid wat by Groot Constantia in Kaapstad gehou is. Dis die eerste keer dat 'n wingerdboukundige die erepenning ontvang. Hy kyk terug op sy loobaan, en gesels oor van die hoogtepunte.
RSG Landbou 26.04.2019 11:33
Watter soort olywe smaak die lekkerste in 'n Martini? Ons hoor ook wat is Suid-Afrika se plaaslikgeteelde kultivars, en waar word olywe geplant. En as jy van plan is om jou eie olyfboom te plant, het ons vir jou raad wanneer Karien Bezuidenhout van SA Olive by ons aansluit.
RSG Landbou 25.04.2019 30:04
Die onlangse bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo, het die sybokhaarbedryf erg ontwrig toe China 'n verbod op sybokhaar-invoere vanaf Suid-Afrika aangekondig het. Tog het die rekords tydens 'n sybokhaarveiling op 16 April gespat. Lise Roberts praat met Pierre van der Vyver van OVK oor die besondere veiling. Daar is ook 'n gesprek met Rudi van der Westhuizen van die vleisbedryfsmaatskappy, Samic,...
RSG Landbou 24.04.2019 26:18
Wie dra die grootste risiko in landbou – die boer of die bank? Dit is een van die vrae wat Dawie Maree van FNB Landbou beantwoord. Hy gesels ook oor die uitwerking wat die mielieprys en oesskatting op finansiering sal hê. En daar is 'n gesprek met Piet Potgieter van VKB oor die onderneming se betrokkenheid by ontwikkelingslandbou.
RSG Landbou 23.04.2019 27:12
Lise Roberts gesels met Corne Louw, seniorekonoom by Graan SA, oor insetaankope en die sake waarop boere bedag moet wees. Daar is 'n gesprek met plant- en onkruidkenner, dr. Charlie Reinhardt, oor aspekte wat aanleiding kan gee tot stres in plante. En Yolande Roodt staan gereed met die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou 21.04.2019 27:25
Chris Kaempffer vertel van die Rain for Africa-projek. Carin Venter, RSG Landbou se verteenwoordiger in die Oos-Kaap, gesels met met die nuwe hoofbestuurder van Cape Wools, Deon Saayman, oor sy visie en planne vir die organisasie. Daar is soos gewoonlik veilingsnuus, en 'n bydrae oor die Suid-Afrikaanse Varktelersgenootskap wat vanjaar 100 jaar oud is.
RSG Landbou 19.04.2019 12:16
Dr. Ilse Trautmann, Hoofdirekteur Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, en Breyton Milford, Operasionele Bestuurder by Agri-Expo, praat oor 'n eg Suid-Afrikaanse fees wat jou mond sal laat water - die SA Kaasfees. Dit bied dit ook 'n geleentheid aan vele mense om hulle vernuf en talent ten toon te stel, en gee hulle 'n kans om dit verder te ontwikkel.
RSG Landbou 18.04.2019 13:52
Hoor hoe kreatiewe sjefs besig is om disse soos kelp-lasagne en ander geregte op te tower met seeplante. Prof. John Bolton van die Universiteit van Kaapstad verduidelik ook watter produkte nog met kelp vervaardig word. Wynmaker en dosent by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Elsenburg Kollege, Lorraine Geldenhuys, vertel ook hoe wynmaak besig is om jong mense van opwindende loopbaanopsies t...
RSG Landbou 18.04.2019 27:20
Die charismatiese sekretarisvoël is vanjaar as Birdlife Suid-Afrika se voël van die jaar aangewys. Ongelukkig word hulle oorlewing deur verskeie faktore soos kragdrade bedreig. Lise Roberts gesels met dr. Melissa Whitemore van Birdlife Suid-Afrika hieroor. Chris Derksen is soos gewoonlik op sy pos met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. En Fred Camphor, bestuurs...
RSG Landbou 17.04.2019 28:54
Waar het die konsep van 'n trust ontstaan, en wat is die voordele daaraan verbonde? Dit is van die vrae wat Frans van Eden beantwoord. Ronald Heath van Bosbou Suid-Afrika praat oor die waarde van die bosboubedryf, en watter uitwerking hulle doen en late op waterbronne het. En Chris Kaempffer van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water verduidelik wat klimaatsmonitering b...
RSG Landbou 15.04.2019 25:41
Kristaltegnologie en gestruktureerde water hou talle voordele vir die landbou in. Jan du Plessis, algemene bestuurder by Agri Frequencies, verduidelik hoe die bedryf hierby kan baat. Dit is van kardinale belang dat boere 'n omvattende bestuursplan in plek moet hê om veldbrande te voorkom. Lise Roberts gesels weer met Nicolene Neveling van Nevaqu Fire and Rescue oor voorbereiding vir die brandseiso...
RSG Landbou 15.04.2019 26:18
Wildbedryf Suid-Afrika het op 6 April hulle jaarlikse konferensie aangebied. Tydens die geleentheid is verskeie wildboere erken vir hulle bydraes tot die bedryf. Die wenner van die 2018 wildboer van die jaar is ook aangewys. Een van die hoogtepunte op vanjaar se landboukalender, en 'n eerste vir Suid-Afrika, is die Ensminger-simposium wat fokus op wetenskaplike oplossings vir varkproduksie en -tel...
RSG Landbou 12.04.2019 10:51
Joey Potgieter is betrokke is by die Volstruis Sakekamer as verteenwoordiger van die Wes-Kaap, en is voorsitter van Agri Klein Karoo. Hy deel suksesverhale van volstruisboere dwarsoor die land. Piet Kleyn is uitvoerende bestuurder by die Volstruis Sakekamer op Oudtshoorn. Volgens hom is plaaslike volstruisleer wêreldwyd hoog in aanvraag.
RSG Landbou 12.04.2019 12:59
Inge Kuschke van die sektorontwikkelingsagentskap Green Cape praat oor die ontwikkeling van groen energie in landbou. Prof. Pieter Gouws van die Universiteit Stellenbosch verduidelik waarom voedselveiligheid vir opwindende loopbaanmoontlikhede sorg.
RSG Landbou 11.04.2019 27:29
Koos du Pisanie het 'n uithaler-boerbokteler, Theuns Botha, by die Griekwastadskou raakgeloop. Luister na die wyshede wat Theuns kwytraak. Daar is 'n gesprek met Mario van den Heever oor alternatiewe kragopsies op die plaas. En Hennie Maas praat met adv. Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie oor arbeidswetgewing en seisoenale werkers.
RSG Landbou 09.04.2019 26:20
Vir veeboere is die voeding van diere in die wintermaande van uiterste belang. Lise Roberts praat met Phillip Meiring van Voermol Voere oor winterlekke. Dis weer tyd vir die jaarlikse Bloemskou, en Elmarie Prinsloo brei uit oor wat besoekers vanjaar te wagte kan wees. Koos du Pisanie, ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, gesels met twee dames wat 'n interessante nismark betree het as uitbreidin...
RSG Landbou 09.04.2019 26:27
Koos du Pisanie praat met Larry Snyders van die Vanzylsrus-omgewing. Larry is 'n opkomende boer met groot planne. Hennie Maas praat met Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap oor die nuwe laboratorium waarmee die SSA mee spog. Philip Meiring van Voermol Voere gesels oor vleisbeesproduksie, en Frans Hugo praat oor die belangrikheid van streekskoerante op die platteland.
RSG Landbou 08.04.2019 28:34
As jou kaas meeding teen 882 ander top suiwelprodukte in die land en met die eerste prys wegloop, wil dit gedoen wees! Lise Roberts praat met Rina Belcher oor Belnori Boetiekkaasmakery se oorwinning in vanjaar se SA Suiwelkampioenskap en Qualite-toekennings. Daar is 'n gesprek met dr. Faffa Malan oor die seisoen wat besig is om te draai, en vir watter veesiektes boere op die uitkyk moet wees. Koos...
RSG Landbou 05.04.2019 9:41
Staatsveearts dr. Annelie Cloete deel van die mooiste dierestories van haar loopbaan met ons. Emca du Plessis is besig met haar gemeenskapsdiensjaar as veearts, en verduidelik waarom sy ten gunste is van die verpligte jaar van diens deur jong veeartse.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.