RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 03.06.2019 27:22
Agritoerisme is 'n belangrike aktiwiteit in Suid-Afrika se veelsydige en ryk toerismesektor. Hoor wat die sektor aanbied. Koos du Pisanie, ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, gesels met Louis de Jager. Louis was jare by lank betrokke by voorligting in die landbou, en leer opkomende boere steeds hoe om te boer. Lise Roberts praat ook met Agri Wes-Kaap se jongboerfinalis, Johan van der Schyff. E...
RSG Landbou 31.05.2019 12:20
Junie is Jeugmaand. Eloise Pretorius praat met die Direkteur Operasionele Ondersteuningsdienste by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Rashieda Wentzel, oor opwindende loopbane in die landbou. John Constable bestuur die jeugontwikkelingsprogramme by die departement, Hy vertel meer van die ondersteuning wat die regering bied.
RSG Landbou 31.05.2019 12:33
Eloise Pretorius praat met 'n jong innoveerder oor ontwikkelende tegnologie en hoe dit ingespan word binne en buite die landbousektor. Ons vind uit hoe hommeltuie en sensors inligting bymekaar maak, en wat die Vierdie Nywerheidsrewolusie is. Arie van Ravenswaay is assistentdirekteur Innovasie, Tegnologie Ontwerp en Oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Skakel in vir 'n kykie in die wê...
RSG Landbou 30.05.2019 29:14
Parasiete is 'n algemene verskynsel by vee, en kan tot derduisende rande se verliese en skade lei. Lise Roberts praat met dr. Johan Cloete van MSD Animal Health oor rondewurms en lewerslak, en maatreëls om hierdie parasiete te beheer. 'n Paar innoverende boere, Piet Badenhorst en Ronald Goldberg, gesels oor hulle interessante patente – 'n damskoonmaker en 'n skaapnekklamp. Albert Loubser praat oor...
RSG Landbou 29.05.2019 27:27
Die kritiese vroeë rypdatum is verby, en dit lyk of Kaapse koringboere 'n goeie seisoen kan verwag, maar hoe lyk landbouweerstoestande in die algemeen? Bright Breytenbach van BASF vertel hoe só 'n maatskappy in die landbou belê, en daar is 'n bydrae deur Kobus Anderson van die Landbounavorsingsraad oor die berging van water. Rosemary du Preez van die LNR gesels ook oor tropiese en subtropiese vrug...
RSG Landbou 28.05.2019 26:22
Dr. Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie praat oor 'n siekte onder melkkoeie wat elke melkboer maar al te goed ken – mastitis. Ons gesels ook oor die jeugskou, en Hernus le Roux vertel van 'n opleidingskursus vir die jeugskou. En Ulrich Muller van Voermol Voere gesels oor voeding in voerkrale.
RSG Landbou 27.05.2019 25:48
Een van die streke waar die droogte sy stem nog dik maak, is die Williston-omgewing in die Karoo. Koos du Pisanie, ons medewerker in die Noord-Kaap, praat met 'n paar boere oor die droogte, en hoe dit hanteer word. Daar is ook 'n bydrae oor voeding in intensiewe veeboerderystelsels, en Poena van Niekerk vertel meer van 'n suiweldag wat op 11 Junie in die omgewing van Middelburg gehou word.
RSG Landbou 24.05.2019 11:15
Akwakultuur word beskou as die boerdery van die toekoms. Ferdie Endeman is 'n spesialisvoorligter in hierdie veld, en is werksaam by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy het goeie raad vir voornemende boere wat hierdie vorm van verbouing wil aanpak.
RSG Landbou 23.05.2019 9:33
Sunet Vermeulen van die Nasionale Luserntrust op Oudsthoorn praat oor infrarooi-spektrofotometerkalibrasie. Sy vertel van die voordele wat die ontwikkeling van hierdie tegnologie inhou vir landbou.
RSG Landbou 23.05.2019 29:23
Hoe moet 'n Afrikanerbees lyk? Dit is die vraag wat Hennie Maas aan Pieter van der Walt van Limpopo vra. Daar is 'n gesprek met David Human van Zoetis oor 'n kompetisie vir boere wat intensief met skape boer. Lise Roberts gesels met Andries Potgieter oor die bewaring van die enigste oorblywende noordelike witrenosters, en daar is meer inligting oor die byprodukte van die Alpaca-bedryf.
RSG Landbou 22.05.2019 27:24
Die katoenbedryf het 'n hupstoot gekry met die daarstelling van 'n moderne katoenpluismeule in die Loskop-omgewing. Hennie Maas praat met Joseph Kempen van Loskop Katoen oor die nuweling in die katoenstal, en waar Suid-Afrika staan met die produksie van katoen. Daar is ook inligting oor hoe landboumiddels se etikette geïnterpreteer moet word, en wat die wetlike vereistes is.
RSG Landbou 21.05.2019 27:25
Kuilvoermaak is 'n belangrike aspek van enige beesboer se voermaak-aktiwiteite. Hennie Maas praat met Richardt Venter van AgSci oor patogenisiteit in kuilvoer. Dit is gifstowwe waarvan mens bewus moet wees. Daar is ook 'n uiteensetting deur Johan Taljaardt oor hoe boere grafte op hulle plase moet hanteer. Dr. Laetitia Fly van Zoetis gesels oor die maatskappy se ALPHA-projek waardeur landbouers in...
RSG Landbou 20.05.2019 25:43
Dit is belangrik dat boere 'n billike verblyfooreenkoms vir plaasarbeiders in plek moet hê. Clarissa Pienaar gesels oor die fynere detail van so 'n ooreenkoms. Daar is nuus oor 'n paar veilings wat in die volgende dae en weke plaasvind. En Lise Roberts met dr. Hennie Groenewald oor 'n biotegnologie-simposium wat in Maart plaasgevind het.
RSG Landbou 17.05.2019 15:36
Lehman Lindeque is 'n bestuurder by 'n VN-ontwikkelingsprojek oor volhoubare grondbestuur. En Francois Koegelenberg werk by die Geografiese Inligtingstelsel-afdeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hulle was in 2018 deel van 'n span wat gaan kyk het na grondagteruitgang in Madagaskar, en hoe om mense in die land te help met oplossings om woestynvorming teen te werk.
RSG Landbou 17.05.2019 12:36
Ons kuier by kundiges en kleinboere in Oudtshoorn en maak 'n draai by 'n navorsingsplaas, waar ons hoor hoe daar koppe bymekaar gesit word om vooruit te boer met volstruise.
RSG Landbou 16.05.2019 29:03
Lise Roberts gesels met dr. Hannes Viljoen van ANH oor die spysverteringstelsel van pluimvee en die rol van antibiotika, en hoe probiotika hier kan bydra. Hennie Maas gesels met Johan Mouton oor winterlekke vir vee, en hy gee 'n paar wenke oor die bestuur en toediening van hierdie aanvullings op die plaas.
RSG Landbou 15.05.2019 28:10
Die Melkprodusente-organisasie het 'n nuwe ekonoom aangestel. Bertus van Heerden vertel hoe die ekonomiese afdeling van die MPO funksioneer, en hoe belangrik die beskikbaarheid van markinligting is. Hy gesels ook oor melkprystendense, veral in die lig van die feit dat die melkprys in Maart effe kop opgetel het. Dissiplinêre verhore is 'n belangrike aspek van die verhouding tussen werkgewer en werk...
RSG Landbou 14.05.2019 29:10
Volgens 'n opname wat deur Agri SA gedoen is, het landbounavorsing wegbeweeg van die regering na die privaatsektor en opvoedkundige instellings. Daar is ook 'n gesprek met Barco van Niekerk, 2018 se Toyota SA Jong Afslaerskampioen. Die appel- en peerbedryf bied uitdagings en vrugteboere moet bewus wees van die stand van internasionale markte, sê Jaques du Preez van Hortgro.
RSG Landbou 13.05.2019 25:13
Die stompneuskewer is nie 'n boorling van Suid-Afrika nie. Lise Roberts praat met Jan-Hendrik Venter van die Departement Landbou, Bosbou en Vissery oor die pes wat tot redelik onlangs nie hier was nie. Daar is ook 'n gesprek met dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor 'n plan vir beter produksie by verse. En Yolandi van der Merwe van Agri SA vertel van 'n flitsblik op landbou, wat deur Agri SA...
RSG Landbou 10.05.2019 12:58
Die Sentinel2-satelliet is deel van die Europese Ruimte-agentskap se Copernicus-program. Dr. Mike Wallace is die spesialiswetenskaplike en spanleier van die Geografiese Inligtingstelsel-afdeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hy verduidelik hoe hierdie satelliet boere van gratis inligting voorsien, wat groot voordele inhou.
RSG Landbou 10.05.2019 14:47
Spesialis-wetenskapilike Sigrun Amman, wat gemoeid is met die ontwikkeling van verbeterde weidingstelsels vir meelkbeeste, vertel van nuwe tegnologiese ontwikkelings wat onlangs in Suid-Afrika in hierdie veld gemaak is.
RSG Landbou 09.05.2019 29:33
Al ooit gehoor van 'n rooibostee en vodka kombinasie? Dawie Watts vertel vir Lise Roberts waarom hierdie kombinasie so goed werk. Gewone tafelsout is 'n algemene gebruiksartikel in die huis, maar daar is ander soorte sout ook beskikbaar. Lizel Maree gesels hieroor. En Agri SA het 'n memorandum van verstandhouding onderteken met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruiksverenigings oor die d...
RSG Landbou 07.05.2019 26:52
Lise Roberts gesels met 'n paar entrepreneurs wat unieke bydraes maak in die landbou. Een van hulle is Elsabe Visser wat vertel hoe droëvrugte gemaak word. Daar is ook 'n gesprek oor hoe gemmer, knoffel en suurlemoen met groot welslae gebruik kan word. Lise gesels ook met Abraham Burger oor 'n groot boerbokveiling wat binnekort plaasvind.
RSG Landbou 07.05.2019 28:25
Lise Roberts praat met Robert Post oor die belangrikheid van bye vir plante en die landbou. Daar is 'n gesprek oor besproeiingstegnologie met Frederik Nel van Lindsay Africa. Hennie Maas praat met dr. Dave Midgley, 'n skaapveearts, oor die oorgangseisoen tussen somer en winter, en dinge waarna skaapboere moet oplet.
RSG Landbou 06.05.2019 26:06
Alikreukel, suurvye en piekelmossels is van die produkte waaroor die entrepreneur, Sarah Niemand van Blinkwaters Koöperatief op Buffeljagsbaai, gesels. Die groenteboere van Philippi se waardetoevoeging groei van krag tot krag, en Leon Ricks van die Kaapse Vlakte Landbouvereniging vertel van hulle suksesse. En boere in die Karoo is bly oor die reën, maar die droogte is nog lank nie gebreek nie. Dis...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.