RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 02.07.2019

Lise Roberts praat met Ina Smit oor die sogenaamde Chenin Blanc-uitdaging. Daar is ook meer inligting oor volhoubare varkboerdery – Hennie Maas praat met een van die bekende Mockford-broers van Polokwane oor hulle varkboerdery en benutting van die waardeketting. Die skoolhoof van Balfour Gekombineerde Skool, Philip Breedt, praat oor die skool se Veeplaas-kudde wat in samewerking met die Hugenoot-t...

RSG Landbou 01.07.2019

Daar is lande in Suid-Amerika wat strawwe mededinging bied aan plaaslike tafeldruifprodusente. Hennie Maas praat met Tokka van den Heever oor tafeldruifproduksie in Suid-Afrika en hulle kyk na watter lande die meeste druiwe uitgevoer word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Pieter de Kock van die Afrikanerbeestelersgenootskap wat oor die besonderse ras gesels. Prof Frikkie Neser van die Universiteit v...

RSG Landbou 28.06.2019

Die viserektor van die Universiteit Stellenbosch, prof. Eugene Cloete, deel van die lesse wat hy in sy loopbaan geleer het. Hy het ook 'n spesiale boodskap vir jongmense.

RSG Landbou 28.06.2019

Dr. Ilse Trautman, die Hoofdirekteur Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou praat oor die alternatiewe gewasse-fonds van die departement. Eloise Pretorius kyk ook na die ekonomiese bydrae van die appelbedryf.

RSG Landbou 27.06.2019

Ons is in die hartjie van die winter en veeboere moet oplet na sogenaamde wintersiektes onder hul vee. Dr. Chriche du Plessis van MSD Animal Health praat oor die siektes waarna boere veral moet oplet. Albert Loubser praat ook oor vanjaar se Alfa vee-ekspo wat in September in Parys plaasvind. Dr Clive Marwick vertel op sy beurt meer oor die funksies en werksaamhede van die SA Veterinêre Raad.

RSG Landbou 26.06.2019

Vir enige veeboer is die toestand van sy veld van kardinale belang. Piet Roux vertel hoe hy sy veld met behulp van meganiese herstel op peil hou. Daar is ook 'n gesprek met dr. Bernice Mostert van SA Stamboek oor teelwaardes, en Johan Stadler van die Rooivleisprodusente-organisasie brei uit oor die stand van veediefstal in die Vrystaat. Dan is daar 'n gesprek met Fanie Smit van die Oakdale Landbou...

RSG Landbou 25.06.2019

Die Nasionale Wolkwekersvereniging het onlangs kongres gehou en in RSG Landbou praat ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter, met twee mense oor die kongres: Gillau du Toit, die voorsitter van die NWKV, en die organisasie se hoof uitvoerende beampte, Leon de Beer. As 'n mens die woord kommandowurm hoor, dan dink jy aan 'n spesifieke soort wurm wat gewasse verniel. Daar is egter verskeie...

RSG Landbou 24.06.2019

Klimaatsverandering speel 'n belangrike rol die rigting waarin die besproeiingsektor ontwikkel. In RSG Landbou praat Willem Botha van Netafim oor die uitdagings en hoe besproeiing doeltreffend aangewend kan word. Nico Jansen van Agri Noord-Kaap vertel ook hoe planne in die provinsie beraam word om die droogte die hoof te bied. Ons praat met twee mense wat betrokke is by een van die PLAAS Landbouje...

RSG Landbou 21.06.2019

Eloise Pretorius kyk na die jaar se goeienuusstories in die landbousektor. Volgens die viserektor van die Universiteit Stellenbosch is daar ook nog heelwat om na uit te sien in die res van die jaar.

RSG Landbou 21.06.2019

'n Plantpatologienavorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, dr. Gert van Coller, praat oor die voorkoms van poeieragtige meeldou op koring. Hy vertel wie om te kontak indien jy raad nodig het of meer wil uitvind oor hierdie en ander plantsiektes.

RSG Landbou 20.06.2019

Tendense in die bemarking van rooivleis word bespreek, vleispryse word verskaf en FNB Landbou se Dawie Maree bespreek die stand van die landbousektor.

RSG Landbou 19.06.2019

Waarom is groentenavorsing so belangrik? Dit is een die vrae aan dr. Sonja Venter van die Landbounavorsingsraad. Danie Erasmus praat oor 'n skolekuddeprojek waaraan hy met sy Simmentalers deelneem by die Hoërskool Sannieshof. Koos du Pisanie het die onlangse Rooivleisprodusente-organisasie se Noord-Kaap-kongres bygewoon en met Johan van der Colff, voorsitter van die RPO Noord-Kaap, gepraat oor lan...

RSG Landbou 18.06.2019

Een van die fokuspunte is die pas-afgelope kongres van die Nasionale Sybokhaarkwekersvereniging. Carin Venter het op Graaff Reinet besoek gaan aflê en met die voorsitter van die vereniging, Kobus de Klerk, asook met 'n kongresganger, Michael Brosnahan, gepraat oor die bedryf. Daar is ook 'n gesprek met Stefan Oberholzer van die landboumaatskappy, OVK, wat vanjaar 'n eeu oud is. Daleen van Zyl van...

RSG Landbou 16.06.2019

Maandae is tyd vir veilingnuus en ons praat met twee produsente oor hulle komende veilings. Ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het onlangs met die Karoo-boer, Ferdie Jordaan, gepraat oor die droogte in sy gebied. Kom luister na wat die boer beplan vir wanneer die reën gaan val. Luan van der Walt is 'n landbou-ekonoom by Graan SA en hy gee terugvoer oor 'n graan-akademie wat d...

RSG Landbou 14.06.2019

Eloise Pretorius gesels met 'n derdejaar landboustudent by Elsenburg Kollege buite Stellenbosch, Christiaan Bosman. Hy het 'n spesiale boodskap aan ander jong Suid-Afrikaners in Jeugmaand.

RSG Landbou 14.06.2019

Ons praat met die hoofekonoom by die landbousakekamer, Agbiz. Wandile Sihlobo praat oor die bruto binnelandse produksyfers wat onlangs bekend gemaak is met landbou wat in die eerste kwartaal die sektor was wat die meeste ingekrimp het. Dr. Naude Malan van die Universiteit van Johannesburg verduidelik ook die toekoms van vertikale boerdery in Suid-Afrika.

RSG Landbou 13.06.2019

Die belastingseisoen is om die draai en Frans van Eden gee raad oor individuele belasting. Jan-Frederik van Schalkwyk, 'n boer van die Williston-omgewing, praat met Koos du Pisanie oor die droogte en hoe hy en sy twee seuns dit bestuur. Die 2019 PMA Fresh Connections-konferensie vind in Julie vanjaar in Kaapstad plaas. Lindie Stroebel vertel wat by hierdie belangrike geleentheid op die landboukale...

RSG Landbou 12.06.2019

Die Hoërskool Bekker se Veeplaas-kuddeprojek word onderneem in samewerking met die PLAAS Landboujeugstigting en die Afrikanerbeestelersgenootskap. Die president van die genootskap, dr Pieter de Kock, verduidelik waarom hulle by die projek betrokke geraak het en Jannie Badenhorst van die hoërskool vertel hoe die leerders met die diere te werk gaan. Daar is ook 'n gesprek met Simeon Hurwitz oor die...

RSG Landbou 11.06.2019

Lise Roberts praat met 'n boer, Fanie Els, wat van sy Braunvieh-beeste geskenk het vir die PLAAS Landboujeugstigting se Veeplaas-kuddeprojek by Unicom Landbouskool. Daar is ook 'n breedvoerige gesprek met MC Loock van Standard Bank oor risiko in die landbou. Daar is ook meer inligting oor die tegnologie wat in die kuilvoerbedryf gebruik word om kuilvoerhope mee te bedek en teen suurstof te beskerm...

RSG Landbou 10.06.2019

Die jaarlikse Royal-skou het onlangs in Pietermaritzburg plaasgevind. Izak Hofmeyr praat met twee mense wat by die skou betrokke was, Mike Moncur en Angus Williamson. Daar is ook 'n gesprek oor versekering en meer spesifiek veeversekering, waarna Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie praat oor alkoholgebruik in die werksplek. Lise Roberts praat ook met Francois Hattingh oor die Unicom L...

RSG Landbou 07.06.2019

Landbouweekblad vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar. Eloise Pretorius het met die redakteur, Chris Burgess, gesels oor die ontstaan van hierdie bekende tydskrif. Sy het hom ook uitgevra oor die positiewe bydrae wat die media in die land kan maak.

RSG Landbou 07.06.2019

Wat is die verband tussen stikstof en grond? Hoe belangrik is stikstof? Dr. Pieter Swanepoel is 'n senior dosent aan die Universiteit Stellenbosch en 'n kenner op die gebied van verbeterde grondkwaliteit. Hy praat oor biomassa en suksesvolle bestuursparktyke.

RSG Landbou 06.06.2019

Spilpunttegnologie en genetika word onder meer bespreek en Agri S.A se Christo van der Rheede gee terugvoer oor droogtehulp.

RSG Landbou 05.06.2019

Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad praat oor natkarkassindroom by skape, en die navorsing wat tot dusver hieroor gedoen is. Corne Louw van Graan SA praat oor die monitering van saadpryse wat deur die organisasie onderneem word, en Louis de Jager deel weidingswenke vir opkomende boere. Daar is ook 'n gesprek met Henri Swiegers van die wynplaas, Badsberg, wie se 2017 Rooi Muskadel m...

RSG Landbou 04.06.2019

Wêreldmelkdag is onlangs gevier. Lise Roberts praat met Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie oor die betekenis van die dag en hoe dit in Suid-Afrika gevier is. Daar is ook meer inligting oor die Raad vir Landbouprodukte-agente. Francois Knowles vertel hoe hierdie agente hulle werk doen. Ons Noord-Kaapse verteenwoordiger, Koos du Pisanie, gesels oor goeie plaasbestuur met die landbou-e...

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.