RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 01.08.2019 25:12
Veeboere het verlede week goeie nuus gekry toe China bekendgemaak het dat hy die invoer van vleis uit Suid-Afrika, met sekere voorwaardes, weer sal toelaat. Dit volg nadat invoere gestaak is weens die uitbreking van bek-en-klouseer. Dr. Pieter Vervoort van die Nasionale Dieregesondheidsforum praat oor die omvang van hierdie besluit. Lise Roberts gesels met dr. Trudie Prinsloo van Legalvet Services...
RSG Landbou 31.07.2019 28:50
Dr. Goddy Prinsloo van die Kleingraaninstituut op Bethlehem gesels oor die valskommandowurm wat in plantgewasse voorkom, en dr. Brent Sirrals van MSD Animal Health brei uit oor beesvirusdiarree en hoe dit amok kan maak onder veekuddes. Daar is nuus oor die jaarlikse ALFA vee-ekspo wat in September in Parys plaasvind. En Ayanda Ntshangase praat oor die Gauteng Agri-ekspo wat binnekort plaasvind.
RSG Landbou 30.07.2019 25:43
Die Boran-beesras is 'n tipiese Afrikabees met al die kenmerke wat nodig is vir produktiewe vleisbeesboerdery onder moeilike omstandighede. Die bekende Boranteler en voorsitter van die Boran Beestelersgenootskap, Simeon Hurwitz, vertel van 'n veiling wat binnekort gehou word. Daar is ook 'n gesprek met dr. Bheki Ncube van die Landbounavorsingsraad oor die navorsing wat hulle doen oor die inheemse...
RSG Landbou 29.07.2019 27:49
Lise Roberts het onlangs saam met Bayer in die Badplaasomgewing gaan kuier, waar 'n Dekalb-projek op die been gebring is om saad vinniger by kleinboere te kry. Daar is ook 'n bydrae met Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging oor die afgelope Cleaver-toekennings waarin die land se topslaghuise vereer word. En daar is 'n gesprek met prof. Johnny van der Merwe van die Potchefstroo...
RSG Landbou 26.07.2019 11:37
Eloise Pretorius kyk na die pluk van veldblomme in Suid-Afrika. Ons hoor by Kirsten Retief en Lesley Richardson van die Flower Valley Trust hoe dit volhoubaar gedoen word.
RSG Landbou 25.07.2019 27:08
Hennie Maas praat met Dewald Olivier oor die funksies en werksaamhede van die SA Voerkraalvereniging. Lise Roberts gesels met Hermone Lucke van Wedgewood oor nougatproduksie in die Natalse Middelland. En dr. Trudie Prinsloo van Legalvet is aan die woord oor die Wet op Dieresiektes, en wat boere se verantwoordelikheid in hierdie verband is.
RSG Landbou 24.07.2019 25:44
Lise Roberts praat met dr. Salmina Mokgehle oor die werk wat die Landbounavorsingsraad doen om medisinale plante beter te benut. Rudi van der Westhuizen van die South African Meat Industry Company vertel van hulle jaarlikse karkasbeoordeling en -prysuitdeling wat binnekort op Vryburg plaasvind. Daar is ook 'n gesprek met dr. Zelda Bijzet oor die ontwikkeling van 'n pitlose suurlemoen in Suid-Afrik...
RSG Landbou 23.07.2019 25:37
Hoe belangrik is data en rekordhouding in 'n boerdery? Johan Kock van Pioneer verduidelik watter aksies gepaard gaan met die vroeë plantproses van gewasse, en hoe belangrik die voorbereiding van 'n goeie saadbed is. En Theresa Franken brei uit die gebruike en verbouïng van roosmaryn.
RSG Landbou 22.07.2019 27:55
Lise Roberts praat met die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ivan Meyer, oor die 2019 Prestige Agritoekennings. Daar is 'n gesprek met Johan Steyn oor sy boerbokstoet, en waarom hy so lief is vir die ras. Marianna Purnell gesels oor die Agbiz Grain-simposium wat in Augustus in Pretoria plaasvind.
RSG Landbou 19.07.2019 15:54
Eloise Pretorius gesels met prof. Lizette Joubert, die hoofnavorser by die Landbou Navorsingsraad, en 'n buitengewone professor by die Voedselwetenskappe Departement aan die Universiteit Stellenbosch. Sy vertel van haar 30-jaar lange reis met Rooibostee. Prof. Nina Muller werk ook by die departement Voedselwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy bespreek die onlangse navorsing op Rooibos...
RSG Landbou 19.07.2019 10:08
Dr. Annelie Cloete is 'n staatsveearts by Elsenburg. Sy het al die inligting wat ons nodig het oor Afrika-perdesiekte. Die redakteur van landbou.com, Alani Janeke, sluit ook by ons aan om ons op hoogte te bring van alles waarna ons op die landboukalender kan uitsien in die volgende paar weke.
RSG Landbou 18.07.2019 27:07
Etienne Jordaan is 'n kenner van sonkragstelsels. Hy praat met Hennie Maas oor die doeltreffendheid van die stelsels wat in Suid-Afrika gebruik word, en watter rol Eskom kan speel om krag by boere te koop en te stoor. Lise Roberts praat met Nicolene Neveling oor 'n sogenaamde “go kit” wat mense byderhand moet hê wanneer 'n brand skielik op jou plaas of in jou huis sou uitbreek. En Johan Taljaard v...
RSG Landbou 17.07.2019 28:12
Frans Stapelberg vertel van die Wagyu-beesras van Japan, wat reeds sy intrede in Suid-Afrika gemaak het. Daar is 'n bydrae oor die koolstofvoetspoor van appels en pere in die landbouwaardeketting. Linde du Plessis is 'n Brahmanboer wat sy kudde met 'n fyn oog dophou en 'n spesifieke benadering tot kuddebou het. Hy gesels oor hierdie benadering van hom. En dr. WA Lombard van die Universiteit van di...
RSG Landbou 16.07.2019 25:43
Wanneer boere met arbeidskwessies te doen kry is die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie 'n belangrike liggaam in die onderhandelingsproses. Advokaat Ernst Richter vertel van die verskillende prosesse wat ter sprake kan wees. Dr. Pieter Henning van Meadow Feeds het die jaarkongres van die American Dairy Sciences Association bygewoon, waar hulle oor grootdata gepraat het. En Lise Ro...
RSG Landbou 15.07.2019 26:53
Robbie Meintjies is 'n boer in die Griekwastad-omgewing. Hy vertel hoe hy jare gelede reeds met die prestasietoetsing van sy Dorperkudde begin het. Lise Roberts het ook by Andries van Wyk uitgevind wat die nuwe tendense is met veehanteringstoerusting. Bonne de Bod weer aan die woord oor die stand van renosterstropery in Suid-Afrika. Frans Stapelberg boer met Wagyu-beeste. Hy vertel waarom die vlei...
RSG Landbou 12.07.2019 9:29
Hoor die storie van die eerste appelspesie wat meer as 300 jaar gelede in Suid-Afrika geplant is. Henk Griessel, Tru-Cape se gehalteversekeringsbestuurder, en sy kollega Buks Nel het meer as 'n dekade gelede die geskiedenis van appels in die land begin ondersoek. Ná 'n jarelange gesoek in Nederland het hulle ons eerste spesie opgespoor en teruggebring huistoe.
RSG Landbou 12.07.2019 15:20
Helene Pfeiffer is bestuurder van die Melkprodusente-organisasie se Suiwelinstituut. Sy praat oor die belangrike bydrae wat hulle lewer. Ons vind ook uit hoe melkprodusente kan baat by hierdie dienste.
RSG Landbou 11.07.2019 28:11
Sedert die bekendstelling van sojaboonkontrakte op die JSE het die produksie van die gewas in Suid-Afrika heelwat gegroei. Anelisa Matutu van die JSE verduidelik hoe sojabone in Afrika verhandel word, en watter faktore pryse beïnvloed. Daar is 'n mini-spilpunt beskikbaar vir 'n oppervlakte van so klein as 0,2 hektaar. Frederik Nel is die kommersiële bestuurder vir Lindsay Africa, en hy gesels in m...
RSG Landbou 10.07.2019 27:27
Hoe gaan 'n mens te werk om seker te maak dat jy goeie melkkoeie koop? Dr. Carel Muller van Stellenbosch beantwoord die vraag. Daar is ook 'n gesprek met Hannes Smit oor selfvoerders vir vee en hy verduidelik waarna veeboere moet oplet sodat voer nie vermors nie. Dan praat Lise Roberts met dr. Sonia Steenkamp van die Landbounavorsingsraad (LNR.) oor die beheer van aalwurms. Christopher Havenga gee...
RSG Landbou 09.07.2019 30:01
Lise Roberts het 'n breedvoerige gesprek met Diana Louw van die Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium oor sorghum en die evaluasie van verskillende sorghumkultivars. Dan praat Hennie Maas met Sidney Zeeman oor 'n interessante projek wat ten doel het om renosterstropery hok te slaan. Dawie Maree van FNB Landbou praat ook oor die PLAAS Landboujeugstigting en wat die doelstellings van die organisasie is.
RSG Landbou 08.07.2019 28:28
Een van die projekte van die PLAAS Landboujeugstigting, is 'n Veeplaas Brahman-kudde wat by Boland Landbouskool gesetel is. Lise Roberts praat met 'n Brahmanboer, Jan van Zyl, asook Willie van der Linde van die skool, oor hulle betrokkenheid by die projek. Daar is ook veilingsnuus, en PR de Wet praat oor die voordele wat die stigting van 'n maatskappy vir 'n boer inhou. Kobus Steenekamp van Bayer...
RSG Landbou 05.07.2019 12:24
Die legenadariese landbouskrywer, Amelia Genis, gesels vertel van haar loopbaan-hoogtepunte. Sy deel ook van die mees onvergeetlike stories en oomblikke waaroor sy al geskryf het.
RSG Landbou 05.07.2019 12:03
Eloise Pretorius gesels met 'n Italiaanse mozzarelamaker, wat die afgelope nege jaar in Suid-Afrika woon. Davide Ostuni het al vele toekennings ingepalm vir sy verskillende kase, en hy deel graag sy wenresep met ander klein kaasmakers. Johan Ehlers van Agri-Expo verduidelik ook wat nuut en innoverend by vanjaar se Kaasfees was.
RSG Landbou 04.07.2019 26:23
Landbounuus, nuwe ontwikkelinge op die tegnologiefront en interessante gesprekke met boere is aan die orde van die dag. Soos gewoonlik is daar 'n opsomming van vleisprystendense met Chris Derksen aan die woord. Dan praat Lise Roberts met dr. Bobbie van der Westhuizen van S.A Stamboek oor doeltreffende vleisproduksie. Wat doen 'n mens as 'n geliefde tot sterwe kom? Hennie Maas gesels met Nici McDon...
RSG Landbou 03.07.2019 26:31
Castle de Wildt se jaarlikse veiling is werklik 'n rooiletterdag op die veilingskalender. Lise Roberts praat met Engeline Ferreira oor die geleentheid. Daar is ook 'n uitgebreide gesprek met Willem Eigenhuis van Agri Technovation oor data-ekstraksie om graanaanplantings en die gebruik van kunsmis meer winsgewend te maak. Lise gesels ook met Brunhilde Frohnapfel van die Kommissie vir Versoening, Be...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.