RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 30.08.2019 15:16
Eloise Pretorius gesels met doktor Rene Prins, die hoof van 'n plantgenetika-laboratorium wat molekulêre werk doen vir die graan- en-vrugtebedryf. Ons hoor hoe jy kan baat by haar navorsing, en hoor die storie van 'n gedugte span vroue.
RSG Landbou 29.08.2019 29:29
Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer, gesels oor 'n onlangse vergadering met die premier van die provinsie, Alan Winde. Hy fokus op die uitdagings en suksesse van landbou. Ons vertel ook van die koor-extravaganza, SING, wat op 7 September by die Grand West-arena in Kaapstad plaasvind ten bate van beurse vir die landboujeug in die Wes-Kaap. Die Noord-Kaap gaan gebuk onder die ergste...
RSG Landbou 28.08.2019 25:20
Die Charolais Beestelersgenootskap is reeds 'n paar jaar via die Plaas Landboujeugstigting by Hoërskool Stella betrokke. Die president van die genootskap, Freddie Wasserfal, en Julian Finscham van die skool, vertel hoe hulle leerlinge bystaan met hulle landboustudies. Die lente kruip nader, en volgens Phillip Meiring van Voermol is dit nou tyd om aandag te gee aan die regte lekaanvullings vir klei...
RSG Landbou 27.08.2019 25:53
Dr. Christo Joubert van die Nasionale Bemarkingsraad verduidelik hoe werkloosheid en voedselsekerheid mekaar beïnvloed. Daar is 'n bydrae deur dr. Marlene van Rooy oor gewasbeskerming en digitale landbou. En dr. Dirk Strydom van Graan SA praat oor graandiefstal.
RSG Landbou 26.08.2019 27:37
Argentinië en Suid-Afrika werk nou met mekaar saam op landbougebied. Lise Roberts praat met Hendrik Jordaan, 'n Suid-Afrikaner wat in Argentinië woon en werk, oor hierdie samewerking en 'n geenbewerkingsboeredag wat die land in Suid-Afrika gaan hou. Daar is ook 'n gesprek met 'n gesin op Vosburg in die Noord-Kaap oor hoe nismarkte op die plaas ontwikkel kan word. En dr. Althea Grundling van die La...
RSG Landbou 23.08.2019 15:04
Prof. Karin Jacobs van die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch is al jare lank besig om te wikkel met betekenisvolle eksperimente in die laboratorium van die lewe.
RSG Landbou 23.08.2019 14:46
Eloise Pretorius gesels met 'n vrou wat dwars oor die wêreld gewerk het aan projekte, wat wissel van die ontwerp van hawe-infrastruktuur tot kusbeskerming. Maria le Roux is aangestel as Kaapstad se kusingenieur. Hulle bespreek kwessies soos akwakultuur, besoedelingsbeheer en biodiversiteit.
RSG Landbou 22.08.2019 30:16
Die Syngenta Graan-akademie het in 2013, danksy Jannie de Villiers en Graan Suid-Afrika, hulle eerste program aangebied. Dis nie net gemik op graanprodusente nie, maar op enige persoon wat 'n verskil wil maak. RSG Landbou het verlede week 'n unieke reünie van die akademie en sy deelnemers bygewoon, en daar met verskeie mense gesels om uit te vind watter impak die program op hulle lewe en werk het....
RSG Landbou 21.08.2019 29:46
Die verbouing van uie verg besonderse aandag. Steyn van Aardt van Agri Technovation gesels oor die stappe wat gevolg moet word om uie suksesvol te plant en te voed. Ursula Human het onlangs 'n insiggewende artikel oor voedselveiligheid plaaslik en wêreldwyd geskryf, en sy gesels oor die tendense wat in haar artikel uitgelig word. Dan gesels Nelia Pienaar oor 'n projek waarin honde opgelei word om...
RSG Landbou 20.08.2019 28:53
Die feit dat Suid-Afrika sogenaamde oop grense het, kan daartoe lei dat peste en plae die land maklik binnekom. Lise Roberts praat met Jan-Hendrik Venter van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye oor die probleem. Hy praat ook oor biosekuriteitsmaatreëls wat mooontlik kan help. Daar is 'n bydrae met Theresa Franken oor die waarde van laventel, en dan kan jy hoor wat 'n besoldigingsbevel is,...
RSG Landbou 19.08.2019 28:22
Wat is die verskil tussen konvensionele en bewaringslandbou? Josef van Wyngaard van Voermol vertel van hulle skaap- en beesboer van die jaar-kompetisie. Albert Loubser van Plaas Media gesels oor die Alfa vee-ekspo wat in September plaasvind, en dr. Pieter de Kock van die Afrikanerbeestelersgenootskap gesels oor hulle nasionale veiling.
RSG Landbou 16.08.2019 14:51
Eloise Pretorius praat met 'n vrou wat duisende kilometers stap om geld in te samel vir droogtehulp. Estelle van Dyk is 'n ouma van Napier, wat op haar manier besig is om 'n groot bydrae te maak tot die lewens van mense en diere.
RSG Landbou 16.08.2019 14:54
Inge Kuschke en Lindiwe van Staden is verbonde aan die sektorontwikkelingsagentskap, Green Cape. Hulle het onlangs hulle landboumark-intelligensieverslag bekend gemaak. Hulle het ondersoek ingestel na onder meer volhoubaarheid en hernubare energie.
RSG Landbou 15.08.2019 30:42
Matthew Morgan is onlangs by Agri Oos-Kaap se kongres as die provinsie se jongboer van die jaar aangewys. Hy is 'n skaapboer van die Tarkastad-omgewing. Lise Roberts gesels met hom oor sy boerdery. Hendrik Strydom, 'n Dexter-teler, vertel hoe hy by die Landbouskool Hendrik Potgieter se kuddeprojek betrokke geraak het. Die skoolhoof, Christie Swarts, kan ook nie uitgepraat raak oor die klein beesra...
RSG Landbou 14.08.2019 29:30
'n Besigheidsplan is in enige bedryf uiters belangrik, so ook in 'n boerderybesigheid. Nico Groenewald van Standard Bank praat oor die belangrikheid van besigheidsplanne en hoe dit moet lyk. Daar is 'n gesprek met dr. Trudie Prinsloo van LegalVet oor die wetgewing wat miltsiekte reguleer. En Voltan Senekal van Villa Crop Protection praat oor die doeltreffende toediening van chemiese middels op lan...
RSG Landbou 13.08.2019 25:36
Lise Roberts praat met Doug Stern van Agri Oos-Kaap oor hulle pas afgelope kongres. Daar is 'n gesprek met Isak Staats, die hoofbestuurder van wol en bokhaar by BKB, oor die jongste stand van sake in die natuurlike veselbedryf. Frans Stapelberg gesels oor 'n besonderse Wagyu-veiling, en Johan van den Berg is weer aan die woord oor weersake.
RSG Landbou 12.08.2019 30:25
Graanboere word dikwels gekonfronteer met die vraag of hulle nie hulle eie voerkraal op die plaas tot stand moet bring nie. Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat vertel watter opsies beskikbaar is vir die benutting van graan as veevoer. Daar is ook inligting oor die afname in aasvoëlgetalle, en die belangrike rol wat hierdie voëls in die ekostelsel speel. En Johann Kotze van die Var...
RSG Landbou 09.08.2019 10:22
Liesel Kasselman is mede-eienaar van die Kasselshoop-kaasfabriek naby Stilbaai in die Suid-Kaap. Sy vertel van die innoverende maniere waarmee sy die lede van haar span se lewens probeer verbeter. Sy's een van vele merkwaardige Suid-Afrikaanse vroue met wie Eloise Pretorius in Vrouemaand gesels. Helene Pfeiffer is bestuurder van die Melkprodusente-organisasie se Suiwelinstituut. Sy het raad vir pr...
RSG Landbou 08.08.2019 14:28
Stewart Reed is hoof van datawetenskap by 'n maatskappy wat spesialiseer in agri-tegnologie, wat van hommeltuie gebruik maak om boere by te staan met nuttige inligting en om meer te wete te kom oor hulle gewasse. Ons hoor van die hedendaagse gebruik van satelliet-data in landbou, asook 'n onlangse vennootskap met AGRI SA.
RSG Landbou 08.08.2019 29:31
Die Vereniging van Landbou-ekonome van Suid-Afrika is in 1961 gestig, en bied vanjaar hulle 57e kongres in Bloemfontein aan. Lise Roberts praat met die president van die vereniging, prof. Ferdi Meyer, oor hulle werksaamhede en die inhoud van die kongres. Een van die fokuspunte van die Landbounavorsingsraad is opleiding vir ontwikkelende boere. Die hoof van opleiding, Erika van den Heever, verduide...
RSG Landbou 07.08.2019 28:48
Carin Venter was by 'n intensiewe lamstelsel-inligtingsdag in die Oos-Kaap, en sy gesels met Dirk Odendaal van BKB oor die dag se program. Daar is 'n gesprek met Arnaud le Roux van Wildbedryf Suid-Afrika oor die stand van kleinwildboerdery. Dr. WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat praat oor swak biosekuriteit, wat die landboubedryf duur te staan kan kom. En Anton Gresse gesels oor geou...
RSG Landbou 06.08.2019 26:16
Skaapboere in die Somerset-Oos-omgewing kon hulle onlangs verlustig in 'n rits voordragte by 'n inligtingsdag van BKB en Zoetis, wat op intensiewe lamstelsels gefokus het. Lindie Botha het by vanjaar se internasionale landbouskrywerskongres in Minneapolis in die VSA 'n toekenning ontvang vir 'n artikel wat sy oor grondhervorming geskryf het. Lise Roberts gesels met haar oor hierdie eer wat haar te...
RSG Landbou 05.08.2019 28:20
Die Famacha diagnostiese metode is wêreldwyd bekend in veekringe. Hennie Maas praat met die grondlegger van die program, dr. Faffa Malan. Hy vertel hoe die metode werk en hoe skaapboere daarby baat kan vind. Lise Roberts gesels met Renier Esterhuizen oor die opleidingsaktiwiteite van die Agri Sales Academy Africa. En daar 'n gesprek met die nuutaangestelde assistent-wynmaker by Delheim, Nomi Langa...
RSG Landbou 02.08.2019 11:52
Eloise Pretorius gesels aan die begin van Vrouemaand met Lesley Richardson en Kirsten Retief van die Flower Valley Conservation Trust oor vroue in natuurbewaring.
RSG Landbou 02.08.2019 15:16
Plantwetenskaplike by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Lizette Nowers, verduidelik wat jou te doen staan wanneer jy die voorkoms van Sclerotinia, 'n swamsiekte van kanola, opmerk. Ons hoor ook by die adsistentdirekteur vir innovasie, tegnologie-ontwerp en oordrag by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Arie van Ravenswaay, van 'n nuwe modegier waar skoene gemaak word van mango's.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.