RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 27.09.2019 14:12
Eloise Pretorius gesels met 'n boervrou van die Overberg, Pippa Philip, wat die afgelope 30 jaar 'n spesiale pad met Suid-Afrikaanse skaaphonde stap. Sy vertel staaltjies van die slim brakke.
RSG Landbou 27.09.2019 15:21
Die Derde Landbou Jeugforum is onlangs in Suid-Afrika gehou. Eloise Pretorius gesels met lede van die Afrika Ontwikkelingsbank en die Wes-Kaapse Departement van Landbou wat die geleentheid aangebied het. Ons hoor hoe lande in Afrika saam werk en van die vele suksesstories.
RSG Landbou 26.09.2019 30:07
Dr. Chriche du Plessis van MSD Animal Health gesels oor die veesiekte, beesbrusellose. Sy verduidelik watter gevaar dit ook vir die mens inhou. Ons medewerker in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat, Izak Hofmeyr, het onlangs 'n Argentynse geenbewerkingsdag op die plaas van Hendrik Odendaal bygewoon. Hy gesels met van die rolspelers daar. Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie-wenners is ver...
RSG Landbou 25.09.2019 26:17
Hennie Maas praat met die wildboer, Ellalien Davey. Sy boer op Romaco Ranch naby Naboomspruit, en vertel hoe hulle sukses toegeskryf kan word aan 'n familie wat goed saam boer. Die Suid-Afrikaanse Makadamiabedryf se grootste uitdaging is diefstal, maar dit bly 'n bedryf waarop die plaaslike landbou trots kan wees. So vertel die bestuushoof van SAMAC, Lizel Pretorius. en prof. Robin Barnard, 'n raa...
RSG Landbou 23.09.2019 29:36
Volgens dr. Phillip Strydom van die Landbounavorsingraad op Irene, is dit belangrik dat veeprodusente vandag meer produksiedoeltreffend as ooit moet wees om in die wêreldvraag na diereproteïen te voorsien. Lise Roberts gesels met Frans van Eden van Prioritise oor resessie, en hoe dit die landbou raak. Mossie Mostert van die Droëboonprodusente-organisasie praat oor die stand van die bedryf, en twee...
RSG Landbou 22.09.2019 26:59
Die Droëboonprodusente-organisasie het vroeg in September hulle jaarkongres aangebied. RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het dit bygewoon. Sy gesels met die hoofbestuurder van die organisasie, Chris Kleingeld, en met die politieke ontleder en spreker, Theo Venter. Dr. Johan Cloete van MSD Animal Health praat oor die oorsake van knopvelsiekte, en hoe die oordrag daarvan verho...
RSG Landbou 20.09.2019 12:51
Volgens kruieboer Elmarie de Bruyn is dit belangrik om posititief oor die sektor in Suid-Afrika te wees. Sy vertel hoe sy 'n suksesvolle besigheid in vlugtige olies op die been gebring het.
RSG Landbou 20.09.2019 12:51
September is Boomplant-maand in Suid-Afrika. Ons kyk na 'n nuwe stelsel van vrugteboomproduksie, die sogenaamde sakkieboom. En ons kyk wat op die olyfbedryf se kalender is.
RSG Landbou 19.09.2019 25:46
Die boereworsmaker van die jaar, Olivier Kritzingeren van Joubertina se wêreld, gesels oor sy suksesresep. Johan Potgieter is 'n tegniese adviseur by Nutri Feeds, en hy praat oor kommersiële konynboerdery en wat nodig is om so 'n boerdery suksesvol te bestuur. Dr. Hendrik du Toit van Geneco vertel van hulle werksaamhede onder skaapboere in Engeland. Daar is vanjaar 'n rekordgetal leerders wat aan...
RSG Landbou 18.09.2019 26:33
Rolspelers in die besproeiingsbedryf het onlangs vir die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut bymekaargekom. Die bemarkingsbestuurder van Netafim Suid-Afrika, Willem Botha, gee terugvoer oor die sake wat daar bespreek is. Die voordele van die teling- en tegnologieheffing op sojabone is reeds sigbaar, en Corne Louw, seniorekonoom by Graan SA, gesels hieroor. Dr. Frikkie Mare va...
RSG Landbou 17.09.2019 27:44
Veeboere moet 'n droogtebestuurplan in plek hê om die elemente te trotseer. Dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekersvereniging het wenke hieroor in sy nuwe boek. Ernstige veeboere weet wat kunsmatige inseminasie is, en waarom dit so belangrik in 'n kommersiële veeboerdery is. Hennie Maas praat met dr. Hendrik du Toit van Geneco oor hoe kommersiële en kleiner veeboere hierdie tegnologie kan...
RSG Landbou 16.09.2019 30:00
Ondergrondse steenkoolvergassing wek groot kommer in landboukringe. Lise Roberts praat met Janse Rabie van Agri SA oor die jongste verwikkelinge op hierdie front, en oor die organisasie se standpunt hieroor. Albert Loubser van Plaas Media gesels oor hulle jaarlikse vee-ekspo, ALFA, by die Afridome in Parys. Hy fokus veral op die jeug se betrokkenheid by die geleentheid. Willem Barnard van die Brah...
RSG Landbou 13.09.2019 14:52
Kruieboer Elmarie de Bruyn praat oor die geskiedenis van vlugtige olies, en gee wenke oor hoe om die bedryf te betree.
RSG Landbou 13.09.2019 14:48
Die SmartArgi-plan het onlangs twee groot toekennings ontvang. Dr. Ilse Trautmann, die hoofdirekteur van navorsing en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, verduidelik hoe die plan ontwikkel is om die landbousektor in die provinsie klimaatsbestand te maak. Ons vind ook meer uit van SIZA se rol in die landbousektor.
RSG Landbou 12.09.2019 30:18
Watter bydrae het tegnologie die afgelope tien jaar gelewer tot die landbousektor se groei? Die Landbounavorsingsraad se Vleisbeestoekennings gee jaarliks erkenning aan veeprodusente wat 'n verskil maak. Een so 'n persoon is dr. Pieter de Kock, president van die Afrikanerbeestelergenootskap. Hennie Maas met hom oor sy toekenning gesels. Dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek praat oor hulle...
RSG Landbou 11.09.2019 29:04
Lise Roberts praat met die Agri Gauteng jongboerfinalis, Anita Brown, oor haar betrokkenheid by die kweek van wortels by Greenway Farms. Yolande Roodt is op haar pos met die wolmarkverslag, en daar is 'n gesprek met dr. Danie Odendaal oor mankheid by beeste, en watter rol 'n hoeftrimmer hierin kan speel. Prof. Danie Brandt het tydens die onlangse Agri Noord-Kaapkongres in Kimberley, 'n aanbieding...
RSG Landbou 10.09.2019 28:08
Koos du Pisanie praat met prof. LJ Grobler oor die knelpunte waarmee landbou deesdae te doen het, veral Eskom. Fanie de Lange gesels oor die bestuur van grondwater, en dr. Japie van der Westhuizen van SA Stamboek gee terugvoer oor diere-aantekeningsake wat tydens die onlangse ICAR-kongres in Praag aangeroer is. Joubert Fourie is 'n bekende melkboer in die noorde van die land, en hy gesels oor hoef...
RSG Landbou 09.09.2019 25:58
Lise Roberts gesels met 'n bewaringsboer, Hendrik Odendaal, oor 'n boeredag wat saam met 'n Argentynse navorsingsinstansie op die plaas Holmdene naby Standerton gehou gaan word. Hennie Maas vra vir Riaan van Zyl van DairySmid uit oor die werk van 'n hoeftrimmer, en hy verduidelik waarom hoefversorging by vee belangrik is. En Janse Rabie van Agri SA brei uit oor 'n onlangse hofbeslissing wat skalie...
RSG Landbou 06.09.2019 13:28
Doret Smith van Laingsburg het van kleins af geweet sy sou eendag boer. Sy vertel waaroor sy passievol is, en deel haar suksesresep oor hoe om groentesaad te verbou. Sy deel ook haar liefde vir wingerdstokke.
RSG Landbou 06.09.2019 15:46
Ons loer in by die Koejawilinligtingsdag wat onlangs gehou is, en vind meer uit van die vele gebruike van hierdie vitamienryke vrug. Het jy geweet die blare van die koejawelboom word deesdae ingespan tydens die vervaardiging van sjampoe?
RSG Landbou 05.09.2019 26:04
Die gebruik van tegnologie word al hoe belangriker vir boere. Wiaan van der Linde van Wintershoek Wild vertel van 'n toep wat hulle bekendgestel het om die lewe van voornemende wildkopers makliker te maak. En ons praat met 'n paar wenners in landboukompetisies wat die afgelope tyd plaasgevind het.
RSG Landbou 04.09.2019 26:32
Op elke landbou-agenda in die Noord-Kaap is die droogte tans bo-aan die lys. Dit was ook so by die pas afgelope Agri Noord-Kaapkongres. Koos du Pisanie het die kongres bygewoon, waar hy met die president, Nicol Jansen, gepraat het. Dawie Rothmann van Brits is vroeër vanjaar aangewys as Agri Noordwes se jongboer vir 2019. Frans van Eden praat oor die voordele van diversifikasie. Hennie Maas vind me...
RSG Landbou 03.09.2019 28:40
Watter rol speel mikrobes in grondgesondheid? Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik hoe die optrede van werknemers die welstand van 'n onderneming kan beïnvloed. Die soeklig val ook op die uniekheid van suiwel in 'n voedingsomgewing. En byeboer, Kai Hichert, gesels oor hierdie interessante boerderyvertakking.
RSG Landbou 02.09.2019 27:06
Die ontwerp en installasie van spilpuntbesproeiingstelsels verg heelwat kundigheid. Lise Roberts praat met Gerrie Wiese van Obaro oor besproeiingsontwerp. Geenbewerking is deesdae 'n steutelkonsep vir volhoubare landboupraktyke, en in September vind 'n Argentynse boeredag in Suid-Afrika plaas om die konsep verder te bevorder. Carlos Galarza van die Argentynse navorsingsagentskap, INTA, verduidelik...
RSG Landbou 30.08.2019 15:01
Ons kuier ons by die sensoriese paneel by die Voedselwetenskappe Departement aan die Universiteit Stellenbosch. Ons vind uit wat gebeur agter die skerms wanneer gehalte-evaluerings gedoen word op produkte voor dit jou inkopiemandjie beland.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.