RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 28.10.2019 29:10
Die Raad vir Landbouprodukte-agente (APAC) administreer 'n getrouheidswaarborgfonds namens varsprodukagente vir boere. Die registrateur van die fonds, Francois Knowles, verduidelik wat die fonds behels. Etienne van Wyk, een van die sprekers by 'n kleinvee-opleidingsessie by die onlangse Agri-Expo Livestock-ekspo, is 'n suksesvolle Dorper-boer. Hy vertel van sy klein begin in 2008 as voorman op Dri...
RSG Landbou 25.10.2019 13:52
Ons kuier in die Sederberg by twee mikro-brouers. Hulle praat oor hulle passies. Dit sluit vol glase en gelukkige besoekers in. Tania en Melanie Nieuwoudt is die meesterbrouers by Nieubrew, 'n familiebesigheid met 'n lang en interessante geskiedenis.
RSG Landbou 25.10.2019 16:14
Lorraine Geldenhuys, 'n wynmaker en dosent by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Elsenburg College, gesels oor Suid-Afrikaanse brandewyn en waarom dit so hoog aangeskryf word. Gary Patience is 'n jong boer van Saron. Hy vertel waarom hy passievol oor landbou is, en het goeie raad vir ander opkomende boere.
RSG Landbou 24.10.2019 28:03
Hoe lank sal die hitte wat die somerreënvalgebied tans ondervind, nog voortduur? Johan van den Berg van Santam Landbou het die antwoord. Germa Kieser, bemarkingskategorieleier by Pioneer Suid-Afrika, praat oor die uitwerking van die droogte op gewasproduksie. Ons vind ook uit waarna 'n veebeoordelaar kyk wanneer lewende hawe beoordeel word. Die bekende landbouer en interrasbeoordelaar, Llewellyn A...
RSG Landbou 23.10.2019 29:16
Volgens Tiaan Koen van VDT Prokureurs kry hulle heelwat navrae oor vruggebruik, wat deel vorm van 'n persoonlike serwituut. Ian Fourie, 'n skeerdiensbeampte van BKB, vertel van sy werk tydens die onlangse Agri-Expo Livestock, en 'n skaapskeerder van Lesotho gesels oor sy werk sedert 1973. En die voedingsbehoeftes van boerbokke is onder bespreking.
RSG Landbou 22.10.2019 27:47
Regard Erasmus van Hoër Landbouskool Oakdale het tydens die Old Mutual Agri Insure Nasionale Jeugskoukampioenskap die seniorvleisbeeskategorie met 'n Charolais gewen. Hy praat oor die toekenning. Lise Roberts het tydens Agri-Expo Livestock met die Daniël en Jaco van Deventer oor hulle jeugskouprestasies gesels. Hulle is onderskeidelik vyf en twaalf jaar oud. Corne Louw, seniorekonoom by Graan SA,...
RSG Landbou 21.10.2019 28:56
Frans van Eden van Prioritise praat oor Artikel 12J-beleggings, en hoe dit landbou en die ekonomie bevoordeel. Zelda Schwalbach, kommunikasiebestuurder by Sappi Forests in KwaZulu-Natal, vertel watter geleenthede daar vir vroue in die bosbousektor is. Lise Roberts het by die afgelope Agri-Expo Livestock in die Kaap vir Christo Pienaar, voorsitter van die Nasionale Wynskouvereniging, raakgeloop. Sy...
RSG Landbou 18.10.2019 15:11
Eloise Pretorius gesels met twee susters wat in beheer is van die eerste mikrobrouery in die Sederberg, Nieubrew. Melanie en Tania Nieuwoudt verduidelik hoe hierdie familiebesigheid van krag tot krag gaan.
RSG Landbou 18.10.2019 14:53
Dr. Naude Malan van die Universiteit van Johannesburg praat oor die onlangse bevindings van die General Household Survey, wat deur Statistieke SA uitgereik is. En prof. Francois Lategan, medeprofessor in landbouvoorligting en landelike ontwikkeling aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie, het raad vir jongmense wat volgende jaar landboukursusse wil gaan studeer.
RSG Landbou 17.10.2019 28:46
Lise Roberts het die onlangse Agri-Expo Livestock by Sandringham in die Wes-Kaap bygewoon. Sy praat met Breyton Milford, die operasionele bestuur, oor die opleidingsessies vir klein en kommersiële kleinvee- en beesboere wat daar aangebied is. Een van die sprekers was die voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Wes-Kaap, Louis Wessels. Hy praat oor die stand van die rooivleisbedry...
RSG Landbou 16.10.2019 25:12
Die somergraan-plantseisoen is om die draai. Corne Louw, 'n seniorekonoom by Graan SA, verduidelik waarvoor produsente moet oplet wanneer hulle insette aankoop en gebruik. Die spanbestuurder van die Oos-Kaapse Jeugskou-span, Amour Strydom, gesels oor hulle prestasies by die pas afgelope Old Mutual Agri Insure Nasionale Jeugskoukampioenskap wat op Vryburg plaasgevind het. Dan vertel dr. Vicki Tolma...
RSG Landbou 15.10.2019 26:12
Advokaat Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik wat diskriminasie is, waarom landbouers dit moet verstaan. Ons kuier op 'n wildsplaas in die Kimberley-omgewing, waar dr. Anndri Garrett en haar man uitmuntende genetiese eienskappe onder wild monitor met die oog op volhoubare produksie. Ons maak ook weer 'n draai by die ALFA vee-ekspo waar Karlien Greeff vertel van die eienskapp...
RSG Landbou 14.10.2019 30:52
Dit is die elfde jaar wat die Aldam-veeskool, voorheen bekend as die Aldam-vleisbeesskool, aangebied word. Hennie Maas praat met die sameroeper, dr. Michael Bradfield. Die span van die Wes-Kaap het vanjaar vir die veertiende keer die septer geswaai by die 2019 Old Mutual Agri Insure Nasionale Jeugskoukampioenskap op Vryburg. Ons hoor by Anneke de Klerk wat hulle geheim is. En grondeienaars in die...
RSG Landbou 11.10.2019 14:34
Omri van Zyl, die uitvoerende direkteur van AgriSA, verduidelik waarom hy positief is oor die landbousektor, veral in Suid-Afrika. Hy deel ook interessante feite oor die land se handelsgenote, wat Amerika en Nederland insluit.
RSG Landbou 11.10.2019 13:58
Dr. Johann Strauss, 'n senior navorser in die Direktoraat Plantwetenskappe en kenner op die gebied van volhoubare produksie-stelsels, vertel wat die onlangse Wes-Kaap Bewaringslandboukongres opgelewer het. En voormalige koerantredakteur Bun Booyens praat oor wat hy glo mens moet doen om suksesvol te boer.
RSG Landbou 10.10.2019 26:04
Van Rensburg Vleis is 'n huishoudelike naam in die George-omgewing in die Suid-Kaap. Lise Roberts het die eienaar, Jan van Rensburg, by die onlangse ALFA vee-ekspo raakgeloop, en met hom gesels oor hulle besigheid en sy passie vir die verbruiker. Ons het ook meer gaan uitvind oor Bernard Rabe van Fochville se boerdery. Hy is een van twee finaliste in vanjaar se Syngenta/Graan SA GHraanprodusent va...
RSG Landbou 09.10.2019 29:17
Die doeltreffende bestuur van plaagdoders kan boere se winsgewendheid merkbaar verbeter. Só sê George Prinsloo van Laeveld Agrochem. Hy verduidelik wat met doeltreffende bestuur bedoel word. Een van die finaliste in vanjaar se Syngenta/Graan SA graanprodusent van die jaar-kompetisie, Tonie Linde van Caledon, gesels oor hulle boerdery. En Agri-Expo Livestock skop op Sandringham naby Stellenbosch af...
RSG Landbou 08.10.2019 24:48
Die eerste Suid-Afrikaanse windplaas, wat genoeg skoon elektrisiteit aan bykans 95,000 huishoudings sal voorsien, behoort voor die einde van 2020 voltooi te wees. Dit staan bekend as die Perdekraal-Oos Windplaas en is in Witzenberg in die Wes-Kaap. Lise Roberts praat hieroor met die projekbestuurder, Christo Loots. Johan Heyns van Anysbos in die Botrivier-omgewing vertel van hulle Toggenberg-melkb...
RSG Landbou 07.10.2019 26:41
Simon D'Aubrey, 'n suikerrietprodusent van die Eshowe-omgewing in KwaZulu-Natal, is onlangs as die Kwanalu Jongboer van die Jaar aangewys. Hy vertel van sy boerdery, en die uitdagings van die sukkelende suikerrietbedryf. en ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het 'n WRSA Sentraal Kimberley Plaaswerkeropleidingsdag op die plaas, Wintershoek, bygewoon.
RSG Landbou 04.10.2019 13:07
Ontmoet 'n ongewone entrepeneur - 'n vroue wat sowel in die akademie as die sakewêreld volpunte behaal. Volgens haar is dit in landbou waar sy op haar gelukigste is, en dit is haar passie vir grondgesondheid wat gelei het tot vele ander onverwagte avonture. Prof. Karin Jacobs werk al vir die afgelope 16 jaar by die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ook een van die...
RSG Landbou 04.10.2019 14:14
Staatsveearts dr. Annelie Cloete praat oor die voorkomende behandelingsprotokolle en siektebeheer met betrekking tot hondsdolheid. Eloise Pretorius praat ook met plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller oor die voorkoms van aarskroei by koring.
RSG Landbou 03.10.2019 29:22
Insekte as 'n alternatiewe bron van proteïen word al hoe gewilder onder Westerlinge volgens Jean Louwrens van Gourmet Grubb, Suid-Afrika se eerste insekrestaurant. Een van die organisasies wat onverpoos veg teen onbillike handel, is FairPlay. Die stigter van die organisasie, Francois Baird, gesels oor die storting van goedkoop hoendervleis in Suid-Afrika, en wat hulle doen om die probleem aan te p...
RSG Landbou 02.10.2019 27:09
Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp spog met 'n volwaardige landboudepartement. Johan Louw, departementshoof by die skool, het by ALFA met Lise Roberts hieroor gesels. Marina van der Merwe van die MMC Miniatuurperd-stoet vertel van die perdjies wat sy as deel van die skool se kuddeprojek geskenk het. Sytze Smit is die rasdirekteur van die Brahman Beestelergenootskap van Suid-Afrika, en hy gesels oor...
RSG Landbou 01.10.2019 29:27
Wat sê die wet oor die onderverdeel en verkoop van landbougrond? Shirande Schmidt van VDT Prokureurs het die antwoorde. Dr. Pieter Haumann van Fertasa, die Misstofvereniging van Suid-Afrika, is 'n kenner op die gebied van grondsuurheid. Hy praat met Hennie Maas oor die probleem, wat veral ons graanprodusente raak. Dr. Goddy Prinsloo van die Kleingraaninstituut op Bethlehem waarsku teen blaarmyners...
RSG Landbou 30.09.2019 28:56
Brian de Villiers van Villa Crop Protection veruidelik waarom goeie gehalte water so belangrik is vir gewasbeskermingsprodukte. Boebie van Rensburg van Hoërskool Klerksdorp vertel van hulle landboukurrikulum. Landboufinansiering kom ook onder die loep, en dr. WA Lombard van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe die landskap tans daar uitsien. En dr. Jose...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.