RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Landbou 26.11.2019 25:56
Minder as 10% van landbouers behoort aan 'n vakbond. Jahni de Villiers, 'n arbeidskenner, verduidelik wat die rede hiervoor is. Sy praat ook oor die verwagte minimumloon vir 2020, en verduidelik hoe dit bepaal word. Dr. Raphael Karuaihe van die JSE vertel watter rol sojameel- en sonneblom-oliekoekprodukte by die Johannesburgse Effektebeurs speel. En Frans van Eden van Prioritise gesels oor nuwe te...
RSG Landbou 25.11.2019 26:00
Volgens Adri Kitshoff-Botha, die uitvoerende bestuurder van Wildbedryf Suid-Afrika, het die koopmark vir wild en die jagbedryf gekrimp as gevolg van die droogte. Sy vertel watter uitwerking die die droogte op die bedryf het, en waarom wildboere nie vir droogte- of ander ramphulp kwalifiseer nie. Hennie Maas gesels met Stan Jerling oor windpompe. En op 1 Augustus vanjaar is Lizelle Gerber as kelder...
RSG Landbou 22.11.2019 15:52
Die hooftuinier op die plaas Babylonstoren net buite Franschhoek, Liesl van der Walt, vertel wat die waarde van tuinbou in Suid-Afrika is, en deel interessante feite oor van ons inheemse plantspesies.
RSG Landbou 22.11.2019 15:04
BP Greyling van BPG Langfontein Boerdery naby Wakkerstroom in Mpumalanga het gesorg het dat net mooi almal wat aan sy boerdery verbonde is, van nou af selfoonopvangs by hulle huise sal hê. Verbeterde gesondheidsorg is een van die gevolge van hierdie besluit.
RSG Landbou 21.11.2019 25:51
Pieter Ernst van Bona Bona Game Breeders praat oor die groep se wild- en jagaktiwiteite. Die Old Mutual landboustudent van die jaar in die gewasproduksie-afdeling is Wian Visser van die Universiteit van die Vrystaat. Hy vertel van sy belangstelling in die studierigting, en sy planne vir 2020 wat die pekanneutbedryf insluit. Anina Hunter is die bestuurshoof van Afgri Veevoere. Hy gesels oor die roo...
RSG Landbou 20.11.2019 29:30
Die Wes-Kaapse regering het in Oktober vanjaar R50-miljoen rand beskikbaar gestel vir noodbefondsing in die provinsie se landelike gebiede, wat swaar gebuk gaan onder die droogte. Die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, gesels oor die streke wat hy besoek het, en die hulp wat sy departement aangebied het, veral ten opsigte van emosionele lyding. Hennie Maas praat met Andre Höll v...
RSG Landbou 19.11.2019 24:55
Asiatiese rooiwater by beeste kan met serebrale malaria by die mens vergelyk word. So sê 'n veearts van Humansdorp, dr. Anthony Davis. Hy verduidelik wat veeboere kan doen om dit te voorkom. MJ Ernst van Bona Bona Game Breeders praat oor hulle Angus-stoet, en Hannes Smit van Trogtek gee raad oor voerbakke en watertrôe.
RSG Landbou 18.11.2019 25:24
Chris Derksen was onlangs in Namibië. Hy vertel van die stand van die veebedryf in ons buurland. William Marais, 'n boer van die Prieska-omgewing, vertel hoe hy slim planne gemaak het met die water op sy plaas. Die 2019 Old Mutual Landboustudent van die Jaar in die landbou-ekonomie afdeling, is Michelle Marais. Sy gesels oor haar studies en die werk wat sy in Zambië verrig het. En Anelisa Matutu,...
RSG Landbou 15.11.2019 14:39
Rico Basson en Marisah Nieuwoudt van Vinpro deel opwindende nuus en verhale van vooruitgang met wyntoerisme. Een so verhaal het te make met 'n soort wyn wat op 'n identiese wyse in Suid-Afrika en Nieu-Seeland geproduseer word.
RSG Landbou 15.11.2019 14:13
Spesialis-wetenskapilike, Sigrun Amman, praat oor die ontwikkeling van verbeterde weidingstelsels vir meelkbeeste. Ons hoor watter nuwe tegnologiese ontwikkelings daar onlangs in hierdie veld gemaak is, en watter voordele dit vir melkprodusente inhou. Michelle de Lange van die Melkprodusente Vereniging gesels ook saam.
RSG Landbou 14.11.2019 29:48
Verskeie rolspelers in die landbousektor het die media onlangs toegespreek oor die impak van die droogte. RSG Landbou het daar met die hoof van Agri SA se Rampbestuursentrum, Willem Symington, gepraat oor die uitwerking van die droogte op die plattelandse ekonomie. 'n Meesterplan vir die hoenderbedryf is by president Cyril Ramaphosa se beleggingskonferensie in Sandton bekendgestel. Aziz Sulliman,...
RSG Landbou 13.11.2019 25:41
Johan van der Schyff, 'n eierprodusent van Plettenbergbaai, is aangewys as Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar. En Sewis van den Horst, 'n vrugteprodusent van die Villiersdorp-omgewing, is aangewys as die Toyota New Harvest Boer van die Jaar. In Augustus vanjaar het finalejaar-studente van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde aan 'n dragtigheidsdiagnose-uitdaging deelg...
RSG Landbou 12.11.2019 25:59
Wat is die verskil tussen 'n landbou-ekostelsel en 'n natuurlike een? Pieter Dreyer, 'n landboukundige by Laeveld Agrochem op Marble Hall, verduidelik die verskil, spesifiek by sitrusprodusente. Prof. Charlie Reinhardt is 'n kundige op die gebied van indringerplante. Hy sê boere moet veral aandag gee aan die beheer van inheemse indringers. Die Swarthaak wat in die Noord-Kaap voorkom, is tans van d...
RSG Landbou 11.11.2019 28:55
Plaas Media het in 2018 die Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die hoogtepunt van vanjaar se kompetisie was tydens die Alfa vee-ekspo toe 'n veekunde-, landbou-ekonomie- en gewasproduksie-student van die jaar aangewys is. Ons gesels met Pieter Theron wat in die veekundekategorie geseëvier het. Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association gesels oor die Fresh S...
RSG Landbou 08.11.2019 15:00
Rico Basson en Marisah Nieuwoudt van Vinpro vertel hoekom 2019 tot dusver 'n jaar vol wynhoogtepunte was.
RSG Landbou 08.11.2019 14:19
Spesialis-wetenskaplike prof. Robin Meeske, praat oor melkbeeste en weiding, en die projekte wat by die Outeniqua Navorsingsplaas naby George gedoen word. Ons vind ook uit hoe melkboere hierdeur bevoordeel word.
RSG Landbou 07.11.2019 30:02
'n Groep boere van die Pongola-omgewing in KwaZulu-Natal staan algemeen bekend as die suikerboere. Lise Roberts met Kurt Stock oor hulle rugbyprestasies, die landboutoestande in daardie deel van die land, en hulle onlangse ruim skenking aan die mense van die Noord-Kaap. Phineas Gumede, visepresident van Agri SA, prata oor sy rol as 'n leier in die landbou nadat hy onlangs ook as president van Kwan...
RSG Landbou 06.11.2019 29:27
Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik wat arbeidswetgewing oor velof stipuleer. Kleinjan Gasekoma is 'n Braunvieh-produsent wat passievol is oor sy boerdery. Hy sê as jy suksesvol wil boer en hande vat met mentors, moet jy Afrikaans kan praat. En dr. Johan Cloete van MSD Animal Health gee raad oor die behandeling en voorkoming van rooiwater.
RSG Landbou 05.11.2019 28:35
Volgens Leon Kruger, een van die sprekers by 'n kleinvee-opleidingsessie by vanjaar se Agri-Expo Livestock, word vee dikwels siek as gevolg van stres. Hierdie stres word boonop meestal deur die mens veroorsaak. Janine Byleveld van Agri Noord-Kaap gesels oor hulle strategie om die probleme met hulle paaie aan te spreek, en Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie werp meer lig op intimidasi...
RSG Landbou 04.11.2019 25:16
Wynand Espach, die bestuurshoof van Agricolleges International, vertel watter moontlikhede daar deesdae vir voornemende landboustudente is, en wat die toekoms inhou. Ons medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, het onlangs die Grondwaterdivisie se kongres in Port Elizabeth bygewoon. Die doel van die konferensie was om te kyk na die langtermyn volhoubaarheid van grondwater as hulpbron. Carin het d...
RSG Landbou 01.11.2019 14:47
Eloise Pretorius kyk na gratis aanlyn-innovasies, en die voordele wat dit vir mense binne en buite die landbousektor inhou.
RSG Landbou 01.11.2019 14:53
Eloise Pretorius praat met staatsveearts dr. Annelie Cloete oor die voorkoms van pappegaaikoors. Ons hoor hoe mens dit uitken, en wat troeteldiereienaars te doen staan om dit te bekamp. En dr. Naude Malan van die Universiteit van Johannesburg bring ons op hoogte van die ontwikkeling van kleinskaalboerdery.
RSG Landbou 31.10.2019 29:38
Andries van der Poll van die Gouda-omgewing in die Wes-Kaap is deur Graan SA aangewys as die 2019 nuwe era kommersiële boer van die jaar. Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor die sukses van vanjaar se Nasionale Kuilvoerkompetisie, en die nuutverkose president van die Vereniging van Landbou-ekonome in Suid-Afrika gee sy indrukke van hulle kongres wat in Oktober in Bloemfontein plaasgevind...
RSG Landbou 30.10.2019 29:45
Tonie Linde en Willie Beukes van Haasjeskop Boerdery op Caledon, is aangewys as Graan SA Syngenta se graanprodusent van die jaar. RSG Landbou het die spoggeleentheid bygewoon, en ons hoor wat Tonie Linde vir sy mede-landbouers te sê gehad het. Hennie Maas praat met Lloyd James van Somerset-Oos oor die plaas wat die staat nege jaar gelede vir hom gegee het. Lloyd boer met skape en Angora-bokke. En,...
RSG Landbou 29.10.2019 27:40
Diederick Vermeulen besit 'n pak klere wat spesiaal vir hom gemaak is van die wol van die Merino-skape op sy plaas. Luister na hierdie unieke storie van naspeurbaarheid in die wolbedryf. Die Wes-Kaap Pluimveeklub was baie aktief by vanjaar se Agri-Expo Livestock. 'n Lid van die klub, Piet Olivier, en 'n vierde jaar veekundestudent, Annalise Kotze, gesels met Lise Roberts oor die geveerde vriende....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.