RSG

RSG Landbou

Society AF ↓ 3567 episodes

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RSG Landbou 24.12.2019

Die wenner van vanjaar se Agri's Got Talent-kompetisie, is Nonku Sambo. Sy is 'n landbouwerker by KMI Farming op Nelspruit, waar sagte sitrus en makadamias geproduseer word. Dit is die sesde keer dat die kompetisie deur Hortgro aangebied word, en die eerste keer wat die Sitrusprodusentevereniging ook daarvan deel is. As deel van ons kersprogram, sing Nonku vir ons en vertel hoe sy die kompetisie e...

RSG Landbou 24.12.2019

Richardt Venter, 'n kuilvoerkonsultant van Agsci Unlimited, praat oor die sukses van vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. het jy al gewonder watter stappe gevolg moet word om uie suksesvol te plant? Steyn van Aardt van Agri Technovation beantwoord hierdie vraag. En Maretha Vermaak, 'n dieetkundige van Melk SA se verbruikersopvoedingsprogram, gesels oor die waarde van suiwel, en...

RSG Landbou 23.12.2019

Inskrywings vir die 2020 SA Suiwelkampioenskappe open op 6 Januarie. Die bestuurshoof van Agri-Expo, Johan Ehlers, praat oor die kompetisie wat sedert 1834 jaarliks plaasvind. 'n Oog-naspeurbaarheidstudie wat gebruik is om verbruikers in die Bloemfontein-omgewing se rooivleisvoorkeure te bestudeer, is vanjaar van stapel laat loop. Dr WA Lombard van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universi...

RSG Landbou 20.12.2019

Rosa Kruger van die Ou Wingerd-projek gesels oor die plaaslike oeste van 2019. Sy verduidelik ook hoe haar wingerdopleidingsprogram daadwerklik besig is om die lewe van 'n groot aantal Suid-Afrikaners te verbeter.

RSG Landbou 20.12.2019

Wat het rockmusiekgroepe en landbou gemeen, en wat is die boodskap oor landbou in Suid-Afrikaanse musiek? Eloise Pretorius vind uit op watter innoverende maniere stories van hoop en inspirasie gedeel word.

RSG Landbou 19.12.2019

Volgens dr. Maggie Wepener van die Landbounavorsingsraad op Irene, is daar talle siektes wat tydens droogtetoestande voorkom. Vee vreet byvoorbeeld alles wat hulle sien, selfs plastiek, en dit kan ernstige komplikasies meebring. Hennie Maas praat met haar hieroor. Ná die oorstromings in die noorde van die land en KwaZulu-Natal, wonder ons of die res van die somer enige verdere verrassings inhou. J...

RSG Landbou 18.12.2019

Die Kempen-voerstelsel is in 2009 in Suid-Afrika bekendgestel. Hennie Maas vra vir SP Els, 'n herkouerspesialis by Afgri Veevoere, hieroor uit. Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad, vertel wat vanjaar op haar kerstafel sal wees. Die bestuurshoof van Agbiz, dr. John Purchase, praat oor die landboubesigheidsvertrouensindeks. Dit blyk dat landbou in 2020 sal moet fokus om groei te verse...

RSG Landbou 17.12.2019

Die elfde BRICS-beraad en sakeforum, waarin Suid-Afrika 'n volwaardige speler is, is onlangs in Brasilië gehou. Dr. John Purchase, bestuurshoof van Agbiz, gee terugvoer oor die uitkomste van die landboubesigheidswerkgroep. 'n Veearts by CapeCross Veeartsenydienste in Tsitsikamma praat oor mastitis wat, volgens hom, 'n mensgemaakte siekte is. Whernit Dirks is in 2018 aangewys as die wenner van daar...

RSG Landbou 15.12.2019

Daar is baie regsaspekte oor die ontginning en bottelering van fonteinwater op 'n plaas. Petrus van der Walt van VDT Prokureurs vertel watter wetgewing van toepassing is. Dr. Klaas-Jan Leeuw van die LNR Diereproduksie-eenheid praat met veeprodusente oor hittestres. En tydens vanjaar se Toyota Agri SA jongboer van die jaar toekenningsgeleentheid, het die 2018-wenner, JP van den Berg van Tosca in No...

RSG Landbou 13.12.2019

Eloise Pretorius besoek die Alternatiewe Voedselproduk-bekendstellingsdag by die Universiteit Stellenbosch. Marbi Schwartz en Trudie Rust verduidelik hoe nuwe prosesseringsmetodes ook insekte insluit, en vertel meer van innoverende maniere waarop daar oor voedselsoorte van die toekoms besin word.

RSG Landbou 13.12.2019

'n Boer maak 'n plan, en om vooruit te boer, moet daar daagliks nuwe planne gemaak word. Eloise Pretorius kyk terug na van die kreatiefste planne wat in 2019 deur boere gemaak is.

RSG Landbou 12.12.2019

Die invloed wat klimaatsomstandighede op vanjaar se kanolaproduksie in die Wes-Kaap gehad het, is duidelik sigbaar. Izane Crous, 'n landboukundige by Southern Oil, vertel wat die stand van sake is. Hennie Maas praat met Chris de Wit van J&B Sitrus oor die sitrusbedryf in die Cookhouse-omgewing. En ekonoom dr. Roelof Botha praat oor die faktore wat veroorsaak dat Suid-Afrika se ekonomie so sukkel o...

RSG Landbou 11.12.2019

TWK spog met 'n bedryfswins van 30%. Die bestuurshoof van die maatskappy, Andre Myburg, verduidelik waaraan hulle sukses toegeskryf kan word. Dr. Ian Heyns van LNR Kleingraan op Stellenbosch, gee terugvoer oor die afgelope seisoen se koringproduksie in veral die Swartlandstreek. Abrie Venter van an Laeveld Agrochem praat oor swamsiektes by mielies, en Johnathan Toxopeus van Algar gee raad oor veeh...

RSG Landbou 10.12.2019

Daar is slegs een okkerneutprodusent in Suid-Afrika. Die bestuurshoof van Rotondo Walnuts, Percy Watkins, vertel hoekom dit die geval is. Hy praat ook oor hulle behoefte aan uitbreiding. Die inskrywings vir die jaarlikse Cleaver-toekennings is oop. Hierdie toekennings vereer plaaslike slaghuise en vleismarkte. Dewald Olivier, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, verduidelik ho...

RSG Landbou 09.12.2019

Johann Kotze, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, praat oor die lesse wat hulle die afgelope jaar geleer het en wat tot voordeel van die bedryf gebruik word. Bonne de Bod het die jongste nuus oor die die oorlewing van ons renosterspesies. En 'n fasiliteerder by Agriskills Transfer, Duif Joubert, vertel van die landbou-opleiding wat hulle aanbied, en waarom praktiese la...

RSG Landbou 07.12.2019

In RSG Landbou kuier ons verder by die grootste Alapaca-plaas in Suid-Afrika. Ons vind uit hoe die Suid-Amerikaanse spesie die suidpunt van Afrika gehaal het, en hoor by Dietmar Keil van Alpaca Loom in die Paarl waarom hulle sulke misterieuse diere is.

RSG Landbou 06.12.2019

Eloise Pretorius kyk na die onlangse navorsing wat oor bloubessies gedoen is, en het goeie raad vir voornemende bloubessie-boere. Sy ondersoek geleenthede met betrekking tot marktoegang in die buiteland.

RSG Landbou 05.12.2019

Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad, praat oor boerekos. Onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk, kyk na die beweging van verskeie kommoditeite die afgelope jaar. Hy verduidelik ook waarom pryse nie deur die dak gaan as gevolg van die droogte nie. En Corne Louw, 'n senior ekonoom by Graan SA, praat oor somergraan-aanplantings.

RSG Landbou 04.12.2019

Die Graanakademie trek van volgende jaar af 'n nuwe baadjie aan, en sal voortaan as die Ag Academy for Leaders bekendstaan. Jannie de Villiers, die bestuurshoof van Graan SA, het sewe jaar gelede met die idee vorendag gekom. Hy vertel wat hulle planne behels. Yolande Roodt is op haar pos met die jongste wolpryse, en Christo Bester van die LWO-werkgewersorganisasie praat oor rooi vlae in die werksp...

RSG Landbou 03.12.2019

Boerekos bly deel van ons erfenis, en Suid-Afrikaners is altyd op soek na die kos wat ouma op die plaas gemaak het. Dit is egter meer as net daardie resepte van ouds. Arina du Plessis, die kosredakteur by Landbouweekblad, praat hieroor. 'n Appel, peer en nektarienprodusent van die Villiersdorp-omgewing is aangewys as vanjaar se Toyota SA/Agri SA New Harvest boer van die jaar. Sewis van den Horst v...

RSG Landbou 02.12.2019

Wat is 'n serwituut, en wat is die verskil tussen 'n persoonlike en 'n grondserwituut? Die Veearts Netwerk stel volgende jaar 'n nuwe plan bekend met talle voordele vir veeboere. Dit sluit dragtigheidsondersoeke deur 'n veearts in. Lourens Erasmus, president van die Inheemse Veldboktelersgenootskap, gesels oor die land se interessante inheemse veldbokke.

RSG Landbou 29.11.2019

Eloise Pretorius vind uit wat die verskil is tussen 'n llama en 'n alpaca. Sy het onlangs die grootste plaaslike alpaca-plaas besoek, en meer oor die oulike diere wyser geword.

RSG Landbou 29.11.2019

Eloise Pretorius praat met die redakteur van Landbouweeklblad, Chris Burgess, oor grondlewe en van die mees onlangse bevindings wat hieroor gemaak is. Agri-technovation is 'n platform wat landboudata versamel en integreer. Skakel in om uit te vind hoe dit jou boerdery kan bevorder.

RSG Landbou 28.11.2019

Die Rooivleisbedryfsforum het onlangs met die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ontmoet vir 'n gesprek oor die rooivleisbedryf en die bek-en-klouseersituasie. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie, vertel hoe dit verloop het. Derick Hanekom van Sutherland praat oor die droogte in die streek. Hy vertel van 'n projek, Save the Sheep, wa...

RSG Landbou 27.11.2019

Volgens Johan van den Berg van Santam Landbou het net sowat 30 tot 40% van die boere in die mieliegebied sedert 1 November voldoende reën gekry. en die voorsitter van die Veediefstalvoorkomingsforum, Willie Clack, praat oor die misdaadstatistiek wat in September vanjaar deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekendgemaak is.

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.